PDA

View Full Version : Sit aan die regterhand van God



Ta-An
Mar 10th 2010, 01:29 PM
Verskeie verse in die NT verwys na die vers in Psalms 110:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=110&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.

Wat beteken dit??

En hoe hou dit met die vers Jes 66:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=66&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1)1 So sÍ die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

Paul Pienaar
Mar 11th 2010, 05:32 AM
Hallo Ta-an,

Hier is slegs 'n gedagte wat jou dalk kan help
met jou vraag. Kyk gerus na die volgende verse.


Exo 15:6 o HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.

a 48:10 (48:11) Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

Isa 41:10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.



Dit lyk my nie dat die regterhand van God op iets letterlik dui nie,
maar eerder of dit 'n toestand is waar die HERE die vyand verpletter,
'n toestand vol geregtigheid is, en ook reddend is.

Ta-An
Mar 11th 2010, 06:55 AM
So meer 'n aksie van beskerming eerder as fisies... maar kan ook fisies wees?.... maar dit 'imply' beskerming....

So is ek reg om dan te verstaan dat die verwysing na Christus aan die Vader se regterhand.... Hy onder die Vader se beskerming is.?

Paul Pienaar
Mar 12th 2010, 05:26 AM
Hallo Ta-an,

Ek dink jy is reg as jy sÍ dit 'imply' beskerming.
Christus is ten volle sondeloos gewees, so Hy sit nou aan die
regterhand van God, waar Hy onder andere ten volle beskerming
geniet. Ons nie, want ons is nie sondeloos nie, en ons is nog
besig met ons bekering. Ons sondes word ons vergewe, maar by tye
oortree ons, en daarom dink ek dat ons kan sÍ dat ons nie ten volle
beskerming geniet nie.
Maar beskerming is slegs een ding waarop "sit aan die regterhand" neerkom.
Daar is ander dinge ook.
Wat ek dink nodig is om hierdie goed te begryp is om
te kyk na wat en waar die Hemel/e is, en wat met hierdie term/s bedoel word.

Om dit 'n bietjie meer in te kleur, kyk gerus na Gen. 48, waar dit handel oor
Israel, Josef, Ephraim en Manasse, en hoe die 'regterhand' in hierdie
gedeelte genoem word.
In Openbaring word daar ook genoem van die regterhand.
Baie interessant!

Groete