PDA

View Full Version : Vul ons met U Liefde ('n gedig)



paidforinfull
Mar 14th 2010, 07:04 PM
http://i553.photobucket.com/albums/jj382/lindievr/Jesusinthewind.gif

Vul ons met U Liefde
Mag, O Heer, ons liefde
Toeneem en groei in U;
Mag dit nooit lou of koud word;
Nimmer verkluim, verflou nie.

Blaas die vuur in ons harte
Sodat dit warm kan gloei;
Kap elke vruglose tak af,
Hou and en aan met snoei.

Ons slim argumente, debatte;
Ons dooie woorde en werke
Het geen Ewige waarde
Al sit ons in stampvol kerke.

Alles help niks as ons liefde
Vir U en mekaar verflou;
Kom vul ons tog, Here Jesus
Met U ware liefde nou.

2010 Belinda van Rensburg

protea
Mar 15th 2010, 02:33 PM
Hi Pretty Belinda!
Dis pragtig! Mag Hy ons daagliks vul met Sy oorvloed liefde en ons gees brandend hou vir Jesus, ons Meester!

JPR
Mar 19th 2010, 07:54 PM
Belinda, mag baie hierdeur getuig van die Ware lewe.
Want veral die tweede strofe het die aarde laat bewe
En die waarheid registreer op die die Richter skaal
En ek is seker jou gedig gaan baie harte haal.