PDA

View Full Version : Balans



Ta-An
Mar 15th 2010, 08:01 PM
So baie al het ek gehoor mense s: Hou balans in jou lewe.
Nog nooit het ek gestop om uit te vind wat dit regtig beteken nie, tot vanoggend....

Ek het op "Uitbrand" se vlakte gesit...
My stiltetyd ..... wel, was nie meer dit wat ek weet dit kon wees nie, dus amper net 'n skietgebedjie en in die wreld in ploeter ek voort....

... en ek eet my in 'n toestand in!! Ek bly honger en eet uit frustrasie en eet alles wat voorkom, sommer 'n hele melktert op 'n slag!! Die skaal kreun, sommer 2kg 'n week skuif die skaal se naald aan, my klere krimp, my enkels en voete pyn... maar ek eet vir die wenspan!!

Gisteraand huil ek voor die Here..... Here ek is honger en ek raak nie versadig nie!! En die Here bly stil, ek weet Hy het my gehoor.... maar Hy bly stil...

Ek probeer die ooreet regverdig, want ek hardloop my bene stomp agter almal aan om hulle te bedien..... en my lewe se skaal tiep, dit word al hoe swaarder van stress oor ander.....
Ek kon net nie meer nie, word sommer fisies siek en ongenaakbaar teenoor ander...


En toe hoor die Here my :)
Johannes 6:35 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=35) En Jesus s vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Een van die rampspoedige nagevolge van uitbranding is 'n verharde hart wat verhoed dat jy toelaat dat die Here jou verkwik!!
Met kos kan mens nie die honger na God stil nie, net HY kan dit doen

Hoe swaarder die lewensskaal met goed wat jou tyd in beslag neem, hoe meer moet ons toelaat dat die Here ons verkwik, in Sy teenwoordigheid, aan Sy voete!! ...Balans!!