PDA

View Full Version : Registreer jou Denominasie



Ta-An
Mar 15th 2010, 08:24 PM
... okay okay... ek het alweer net met 'n halwe oor geluister. maar soos wat ek vertstaan, moet volgens die wet, wanner 'n klompie gelowiges bymekaar kom om te aanbid, 'n/hulle denominasie registreer.

Blykbaar vereis die wet dit...:hmm:

Al is julle nie deel van 'n kerk nie,,, varal as jy nie deel is van 'n kerkgemeenskap is nie... die "wet" wil weet wie jy /julle is.... :hmm: :hmm: :hmm:

Dit was oor Radiokansel, iemand anders wat hiervan weet??

Die Filadelfieer
Mar 16th 2010, 06:04 AM
Ek sal ook graag meer wil weet hiervan. Dit maak nie sin dat 'n regering wat godsdiensgelykheid voorstaan so iets sal voorskryf nie, maar enige iets is seker moontlik in die nuwe Suid Afrika.

RR van Wyk
Mar 16th 2010, 06:39 AM
So, as ek reg verstaan, as ek nou bv. mŰre 'n nuwe kerk stig, dit geregestreer moet word? Dit maak sin. Snaakse dinge gebeur, ek kan verstaan as die regering deursigtigheid verlang deur die hele land.
Dit sal bv die polisie se werk ook makliker maak in bv. okkultiese bedrywighede... al probleem is dit is juis ondergrondse bedrywighede wat juis nie sal regestreer nie.
Mens kan uit so iets ook maklik data opbou wat oor jare 'n trend uitwys... bv. die gesondheid van 'n samelewing, of die invloed van geloof teenoor geweld... kan eintlik ontaard in 'n interresante studierigting...

Philip dT
Mar 19th 2010, 11:53 AM
Ja dit kan nogal lastig raak. Wat daarvan as ek dan nou met my vriende wat nie aan 'n kerk behoort nie 'n gereelde bybelstudie by my huis hou en saam aanbid, moet ons dan ook registreer?

JPR
Mar 19th 2010, 06:41 PM
Dit hang seker af wat by registrasie bedoel word? Die ware gemeente is al twee duisend jaar gelede in die hemel geregistreer. Om dit Írens in SA aan te teken gaan geen verskil maak nie. Om die lede te registreer is onmoontlik want die hele skepping wag met reikhalsende verlange dat God bekend gaan maak wie dit is. (Rom 8;19) Die regering kan agteroorval maar hulle gaan dit nie uitvind voor God dit bekend maak nie. SÍ gerus vir die regering dat Christus die hoof van die gemeente is (1 Kol 1:18) is en as hulle iets verder wil weet moet hulle Hom ga-loop vra. SÍ vir die regering daar is geen doel in registrering van namaaksels nie, so ons stel nie belang nie. As hulle afgodstempels en afgodskerke wil registreer kan hulle dit seker maar doen, dis hulle reg.

Ta-An
Mar 19th 2010, 07:48 PM
Ja dit kan nogal lastig raak. Wat daarvan as ek dan nou met my vriende wat nie aan 'n kerk behoort nie 'n gereelde bybelstudie by my huis hou en saam aanbid, moet ons dan ook registreer?

Yup, dit is 'n denominasie....

Philip dT
Mar 19th 2010, 08:19 PM
Yup, dit is 'n denominasie....

Dan is dit so goed ons leef in Rooi China

Ta-An
Mar 20th 2010, 10:30 AM
Dan is dit so goed ons leef in Rooi China

Het jy die boek, Gold fears no fire al gelees... ??

Philip dT
Mar 20th 2010, 10:36 AM
Het jy die boek, Gold fears no fire al gelees... ??

Nee, waaroor gaan dit en waar kry ek dit?

Ta-An
Mar 20th 2010, 12:35 PM
Ek het die boek seker 20 jaar terug gelees...... gaan oor die vervolging van die kerk en Christene..... afgespeel in Rusland, waar die staat die kerk beheer....

mari
Mar 26th 2010, 09:33 AM
ja, die staat verwag verantwoordelikheid saam met vryheid ........... godsdiens vryheid beteken nie vry van die belastingkas nie, daarom seker die "registrasie" ....

"denominasie" .... vreemde woord daardie ........ kyk net wat gebeur as jy per ongelik die n & m omruil ......

waar 2 of meer saam staan ....... ens ....
waar twis is .... ens ...

1 kan 'n duisend aanvat, 2 kan tienduisend oorwin ...... die duiwel se suksesvolste wapen in die ware kerk ( bruid van Christus as geheel ) is juis verdeeldheid .......... as ons nie eenders glo nie kan ons nie saam glo nie !

shalom
m

paidforinfull
Mar 28th 2010, 03:12 PM
Ja dit kan nogal lastig raak. Wat daarvan as ek dan nou met my vriende wat nie aan 'n kerk behoort nie 'n gereelde bybelstudie by my huis hou en saam aanbid, moet ons dan ook registreer?

Ek ken nie die wet nie, maar dit maak nie vir my sin om 'n huisgroepie wat saamkom as a denominasie te registreer nie.

Is kerke steeds vrygespreek van belasting betaling? Indien nie, kan dit wees dat die regering registrasie verlang waar gelde ingesamel word. Indien geen geld hande wissel nie, en as mens net saamkom in iemand se huis kan ek nie sien hoe die regering kan of wil verwag dat so 'n groepie moet registreer nie.

Dit maak geen sin nie, maar ek kan verkeerd wees. Beste is om by 'n prokureur te probeer uitvind wat die wet presies se.

Blessings.
B.