PDA

View Full Version : Lyk jy anders??



Ta-An
Mar 24th 2010, 12:25 PM
Ek wonder nou net.....
Sal iemand jou herken as 'n Christen, of lyk jy soos die węreld??

Wat maak jou as Christen vrou anders lyk as 'n vrou in die węreld??

Ek hoor graag van julle :)

Ta-An
Apr 8th 2010, 06:13 PM
Ek hoor van niemand niks nie....???

Ek wou maar net hoor, wat doen jy wat anders is as wat die węreld doen..... daar is so baie dinge wat die kerk eers gedoen het wat nou deur nie-kerklike organisasies oorgeneem is... so, die węreld en die kerk lyk dieselfde.

Is daar iets wat jy doen wat anders is as wat die węreld doen??

Ek wonder maar net..:D

protea
Apr 9th 2010, 05:53 AM
Ek DOEN nie iets anders nie. Ek IS anders want hopelik kan mense Jesus se karaktereienskappe in my raaksien soos heiligheid (Wees heilig want Ek is heilig), die vrede en geluksaligheid van God omdat ek weet my tye is in Sy hand, liefdevolle kommunikasie en gasvryheid teenoor my medemens ens. Die toets is: Is ek n spieelbeeld vir Christus?

Ta-An
Apr 9th 2010, 06:54 AM
Ja, soos van, jy is Sy aroma..... in jou spraak en hoe jy teenoor ander optree... Mooi so!

Mia Ashton
Apr 21st 2010, 05:57 PM
Liewe Ta-an,
Ek loop en dink al so lankal met hierdie vraag van jou in my gedagte.......... hoe lyk ek, is ek anders? Dit is tog nie moeilik om in die openbaar 'n sekere gesindheid te openbaar en tuis weer my masker te laat val nie. Iets van 'n engel in die straat, maar 'n duiwel by die huis. Dit klink vreeslik om so te wees, maar weet jy, somtyds na 'n lang dag en die uitsien na 'n rustige sit en gesels met my man, of sommer net sit in die tuin, of kyk na 'n program op TV, sal een van my 'kinders' kom met 'n lang storie hoekom hy nou my aandag en my volle aandag nodig het. Dan het dit al gebeur dat ek nukkerig en vies en kortaf is en hom daar en dan beveel om te gaan slaap. Of ek is vies vir my man wat nie my punt kan insien nie en gee hom 'n lelike antwoord. Ek blaas vir die taxi toeter wat voor my inry .......... maw ek is nie ander as die wereld nie.!!!!

Agterna sal ek skuldig voel en weet dat dit maak nie saak hoe goed ek vir die wereld lyk nie, maar lyk ek soos 'n kind waarop my Vader trots kan wees waar niemand my sien nie. Ek is bevrees nie altyd nie. Jou vraag Protea: is ek 'n spieeld vir Christus? Ongelukkig nie altyd nie en dit stem my oneindig hartseer. Maar tog ek is so lief vir Hom dat dit nie veel verg om soos 'n lieflike aroma vir Hom te wees nie en agterna vir Hom te vra om my te vergewe vir my ongeduld en die kere wat ek Hom so teleurstel. Dan gaan ek maar na my 'kind' se kamer en gee hom 'n drukkie en se dat ek lief is vir hom en dat ons die volgende dag weer sal gesels of se vir manlief eks jammer vir my lelike houding.

My gebed is dat ek so met my heiligmaking kan groei, selfs in die grysjare, dat ek Hom al minder en minder mag teleurstel en meer en meer sal wees soos my Here Jesus.

Struikel julle ook???
Liefde
Mia

protea
Apr 23rd 2010, 03:40 PM
Maar natuurlik struikel ons almal. Ons Vader tel egter nie die kere wat jy val nie , maar die opstane... En ook HOE jy opstaan . Het jy berou en vra jy vergifnis of bly jy n wrok koester? Die Here beloof nie net dat ons oortredinge vergewe nie , maar dat HY NOOIT WEER DAARAAN DINK NIE! Loof ons Vader van genade!

Ta-An
Apr 27th 2010, 12:31 PM
Ek lees vanoggend die stukkie oor die Barmhartige Samaritaan......
.....
maar....
.....
Kan 'n mens vandag nog so 'n kans neem??