PDA

View Full Version : Inligting Een volle jaar.....



Johnny
Mar 26th 2010, 09:32 AM
Ek is vandag een volle jaar op die forum.....en 'n 1000 plasings later. Dit was nie altyd maanskyn en rose nie.

1.) Het goeie bydraes en minder goeies gebring.
2.) Het mense bemoedig en is self bemoedig
3.) Het mense vermaan en is self vermaan.
4.) Het mense laat lag en laat huil.
5.) Het vriende gemaak.......en vyande!
6.) Bo alles het ek altyd opgestaan vir God se Woord, die Jode en Israel, dit waarin ek glo en die ware boodskap probeer uitdra volgens my beperkte kennis.

Aan almal wat ek ooit te na gekom het, ek is jammer, aan almal wie ek kon bemoedig, ek is bly, aan almal wat my vermaan het, ek is dankbaar, aan almal wat my vriende/vriendinne geword het, ek is bevoorreg......aan God, dankie vir Sy genade wat NOOIT ophou nie

MercyChild
Mar 26th 2010, 09:54 AM
Hey Jhonny,

Jesus Christus is die weg die waarheid en die lewe. Selfs al voel jy dat jy vyande gemaak het weet ons, jy het opgestaan vir wat jy as die waarheid aanskou. Iets wat ons almal soms moet leer om as mens te doen. Ons mag nie beskaamd staan vir die waarheid nie. Verniet het ons ontvang, verniet moet ons weer gee. ‘n Mens leer tog deur onderwysing en teregwysing van ander.

Dankie vir jou bydra, deel van kennis, getuienisse en ondervinding. Mag jy nog ‘n jaar op hierdie forum deurbring. Mag jy nog mense laat lag of ander laat huil. Mag jy nog vriende en selfs vyande maak, maar staan altyd op vir die waarheid wat jou vry gemaak het.

Liefde in Christus, ‘n vriendin wat deur jou getuinisse aangeraak is.

Johnny
Mar 26th 2010, 10:07 AM
MC, dankie. Jou "signature" getuig alles. EK het trane in my oe van dankbaarheid.:pray:

Saved by Grace.......ons ALMAL.