PDA

View Full Version : BELANGRIK Kom ons BID!



Johnny
Mar 26th 2010, 10:16 AM
Het julle al gewonder hoekom is daar meer moderators as deelnemers op die forum? Hoekom daar so min nuwe mense aansluit by Lighuis?

Kan ons nie elkeen in ons binnekamer gaan en God vra dat Hy sal byvoeg....mense met 'n honger vir die evangelie en ook dat ons (veral ek) met verdraagsaamheid hulle sal bedien nie. Ek wil ook bid vir Lanie. Sy le diep en swaar op my hart.

Here, sal U deur U genade Lighuis maak soos 'n mosterdsaad wat groei......Amen

Lukas 13:19 Dit is soos n mosterdsaad wat n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en n groot boom geword, en die vols van die hemel het nes gemaak in sy takke.

Ta-An
Mar 26th 2010, 11:31 AM
Dankie Johnny.

Ons as Christene het nodig om saam te staan, want as ons nie kan nie, dan gaan die "Kwaai Molema's" van die wreld mos maklik kan "divide and concur "

CFJ
Mar 28th 2010, 06:43 AM
Dankie vir jou gebed Johnny. Wat mens ook kan byvoeg, is dat ons ongeag die getalle, dankbaar moet wees dat hier so forum beskikbaar is vir ons in Afrikaans en dat die Here ons waardig sal ag om 'n deeltjie te kan bydra, tot Sy koninkryk. As dit sou beteken dat hier later groot getalle mense kom aansluit, sal mens dankbaar wees, maar vir eers moet ons wat hier is, die voorbeeld stel en ook leer om dit te doen, sodat ander deur ons voorbeeld ge-inspireer sal word. :pray:

Johnny
Mar 29th 2010, 05:24 AM
CFJ, met ander woorde, kry eers ons huis in orde! Ons kan nie ander bedien as daar onenigheid onder almal op die forum is nie. Ek kan onthou hoe baie deelnemers hier was toe ek 'n jaar gelede hier aangesluit het. Twee derdes het verdwyn.........hoekom?

CFJ
Mar 29th 2010, 07:22 AM
CFJ, met ander woorde, kry eers ons huis in orde! Ons kan nie ander bedien as daar onenigheid onder almal op die forum is nie. Ek kan onthou hoe baie deelnemers hier was toe ek 'n jaar gelede hier aangesluit het. Twee derdes het verdwyn.........hoekom?

Johnny,

Ek dink ook dit is meer 'n kwessie van die deelnemers wat minder deelneem en nie noodwendig net verdwyn het nie. Tog hoef ons nie t bekommerd te wees oor getalle nie, maar mens moet bekommerd wees oor die passie en die vuur wat geblus raak, wanneer satan mens aanval en saad saai, wat afbrekend is tot Jesus se liggaam. Dit is aan die een kant goed, as mens aangeval word, want satan val nie aan as jy in sy kraal is nie en ek glo persoonlik, dat ons wat hier is, moet veel meer fokus op wat ons skryf en s in elke plasing en veel meer fokus op die verantwoordelikheid om 'n voorbeeld te stel en veel meer fokus op Jesus Christus en die kruispad, waar die eie ek moet sterf, sodat Hy deur mens kan werk.

Dit is goed as mens jou gebrokenheid besef, want slegs dan, kan mens werk aan die oorwinning waarna jy smag. Ons sal nie na oorwinnings smag, as ons nie gebroke is nie. As ons net geniet wat ons doen en dit verantwoordelik doen, sal die res vanself volg (mens hoef mos nie net iets te geniet omdat 1000 mense saam is nie, mens kan dit mos net so geniet as 3 of 4 mense saam is), mens hoef nie spesifiek getalle te jaag nie, want dan begin mens dinge fabriseer wat nie noodwednig substansie gaan h nie en is jou fokus nie in node en swakhede nie. Paulus het 'n passie vir swakheid gehad, want nt as hy besef het hoe swak hy is, nt dan was hy sterk, want dan werk Jesus deur mens en nie die eie ek nie.

Johnny
Mar 29th 2010, 07:32 AM
Ek stem met jou 100% saam. As daar waarlik 'n herlewing is daar buite (vol stadions en plase), dan moes hierdie forum so vol gewees het dat ek 1 keer 'n week kans gekry het om met jou te praat. Miskien nog 'n teken van "min sal gered word" maar "baie sal probeer". Ek beleef op ander forums (mense wat hulleself christinne noem) dat jy nie welkom is as jy oor God of bekering wil praat nie. Hulle het my omtrent gestenig (100 keer erger as Fila en Philip:lol:), maar die ledetal op daardie forums oortref alle rekords. Is dit nie die "afval" waarvan Jesus ons waarsku oor die eindtyd nie? Dat ons die uiterlike skyn van christinskap sal he, maar die innerlike krag verloor het!