PDA

View Full Version : Bespreking Aan wie behoort Gaza?

Johnny
Mar 29th 2010, 12:31 PM
Met oorlogswolke wat weer oor Gaza hang sit ek met die vraag. Aan wie behoort die Gaza Strip nou eintlik?

Johnny
Mar 29th 2010, 01:45 PM
Ok......kom ek gee julle 'n "clue". Eindtyd gebeure. Phone a friend if you have to.

Zep 2:4 Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.
Zep 2:5 Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die KretiŽrs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanašn, land van die FilistyneóEk verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
Zep 2:6 En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.
Zep 2:7 En dit sal wees Ďn deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lÍ, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander. :pp

David2
Mar 29th 2010, 02:12 PM
Johnny jou vraag sal so 'n bietjie verder gekwalifiseer moet word.
Aan wie behoort Gaza (1) wettiglik op die oomblik
(2) in die lig bam die Bybel op die oomblik
(3) in die lig van die Bybel na die komende oorlog van Ps. 83
(4) volgens die Balfour deklarasie
(5) volgens die Arabiese state
(6) volgens Israel
(7) volgens die wÍreldmening

Johnny
Mar 30th 2010, 06:20 AM

David, ek dink dit is irrelvant wat die Balfour deklerasie, menslike wette, state of wereldmenings daaroor se. Die feit is dat die Gaza strook nog altyd deel was van die fisiese land Israel wat juis aan die Jode behoort. Ek glo dit is del van hul grondgebied van die verbond af. Inteendeel, hulle grondfgebied gaan so vergroot word na die Psalm 83 oorlog dat dit sal strek tot teen die Eufraat. Ek dink ook dat Israel op hierdie stadium nog kleiner is as wat ons dit regtig sien. As jy die Wesbank en Gaza uitneem, dan bly daar maar min oor vir die Jode, maar dit sal binnekort verander.

Foto's voor die Psalm 83 oorlog en na die Psalm 83 oorlog van Israel se grondbesit.

Ta-An
Mar 30th 2010, 06:30 AM
Gaza behoort aan die Here van die LeŽrskare :)

Johnny
Mar 30th 2010, 06:40 AM
Gaza behoort aan die Here van die LeŽrskare :)

Ja Ta-An.....alles behoort aan die Here, my goed en my bloed.........maar die vraag was eintlik wie kom dit toe as ek dit so kan stel ongeag wat wette en mense of regerings daaroor se.

David2
Mar 31st 2010, 05:33 AM
Johnny
Vanwee Israel se ongeloof en hulle verwerping van die Messias is hulle uit die land uitgedryf en hulle land is vir hulle woes gelaat (Matt. 23:38). Niks hiervan het intussen verander nie. As volk verwerp hulle Jesus Christus nog steeds. Daarom sou ek sÍ dat Gaza nie aan hulle behoort nie, ook nie eers Tel Aviv, Jerusalem, Bersheba of enige ander area wat hulle nou bewoon nie. Dat hulle wel op die oomblik daar woon, is maar net God se genadige beskikking want Hy laat toe dat hulle nou reeds begin terugkeer na die land, in voorbereiding op die groot oordeel van die verdrukking en daarna hulle geestelike herstel by die wederkoms. Nee, op die oomblik het die Jood geen Bybelse aanspraak op een duim van die grond in Israel nie. As gevolg van hulle ongeloof is hulle daaruit verwyder en daardie ongeloof duur nou nog steeds so voort.

Ek sal dus maar liewer soos Ta-an sÍ. Die grond behoort aan die Here. Deur ongeloof het Israel geen seggenskap daarop nie. Die Here bring hulle nou terug om in die verdrukking in gerig met hulle te tree.

Johnny
Mar 31st 2010, 07:22 AM
Johnny
Vanwee Israel se ongeloof en hulle verwerping van die Messias is hulle uit die land uitgedryf en hulle land is vir hulle woes gelaat (Matt. 23:8). Niks hiervan het intussen verander nie. As volk verwerp hulle Jesus Christus nog steeds. Daarom sou ek sÍ dat Gaza nie aan hulle behoort nie, ook nie eers Tel Aviv, Jerusalem, Bersheba of enige ander area wat hulle nou bewoon nie. Dat hulle wel op die oomblik daar woon, is maar net God se genadige beskikking want Hy laat toe dat hulle nou reeds begin terugkeer na die land, in voorbereiding op die groot oordeel van die verdrukking en daarna hulle geestelike herstel by die wederkoms. Nee, op die oomblik het die Jood geen Bybelse aanspraak op een duim van die grond in Israel nie. As gevolg van hulle ongeloof is hulle daaruit verwyder en daardie ongeloof duur nou nog steeds so voort.

Ek sal dus maar liewer soos Ta-an sÍ. Die grond behoort aan die Here. Deur ongeloof het Israel geen seggenskap daarop nie. Die Here bring hulle nou terug om in die verdrukking in gerig met hulle te tree.

Goed so.....:rolleyes:

RR van Wyk
Mar 31st 2010, 09:59 AM
Dan hoop ek wraggies die Jode gaan vinnig tot bekering kom voordat julle psalm83 oorlog uitbreek.... anders gaan daar nie veel van die Jode oorbly nie en gaan hulle maar net weer oor die aarde versprei soos dit was vir die laaste honderde jare...

Ek dink as konflik, ernstige konflik binnekort hier gaan plaasvind sal die meeste van ons antwoorde beantwoord word oor hierdie kwessie. Aan die een kant hoop ek oorlog sal nooit uitbreek nie en aan die ander wens ek iets wil drasties gebeur dat dit nou eens en vir alteid uitgesorteer word...

Johnny
Apr 1st 2010, 05:28 AM

RR, ek het ongelukkig slegte nuus vir jou. Met die Psalm 83 oorlog gaan daar nie Moslems oorbly nie, maar nog BAIE Jode. Israel gaan al die lande direk aan hulle soos Libanon, Sirie, Jordanie, Saudi Arabie, Egipte heeltemal uitwis of neutraliseer. Inteendeel gaan Israel se grondgebied vergroot word tot teen die Eufraat rivier. Die Jode gaan wel BAIE uitgewis word tydens die 7 jaar verdrukking waar omtrent 2 derdes van die volk geraak gaan word. Maar dan aan die ander gaan gaan 2 deredes van die hele wereld se bevolkng ook uitgewis word wanneer God die parskuip gaan trap na die verdrukking in die dal van Josafat.

RR van Wyk
Apr 1st 2010, 07:02 AM
Ek glo glad nie dit is so eenvoudig nie Johnny. Ek dink baie moet eers nog gebeur voordat ons dele van die Bybel beter sal verstaan.

Wat maak die persone wat hulself huidiglik Jode noem beter as die Moslems? Niemand kan regtig met my stry as ek sÍ die Jode sit die pot mis op die oomblik nie. Net so die Moslems ook. So wat nou? Is verkeerd verkeerd en reg reg, of kry mens nader aan reg, nader aan verkeerd?

Regverdig dit die Jode dan om nader aan reg te wees as Moslems? Soos ek my God ken is reg reg en verkeer verkeerd, geen grade tussenin.

Ek weet nie Johnny, dalk sien ek alles verkeerd of mis dalk iets belangrik, Maar Jesus het vir ons ALMAL gesterf, die wÍreld moet dit net aanvaar as die waarheid. Dit is 'n jammer dat so baie mense verlore moet gaan omdat hulle dit nie glo nie, insluitend die Jode.

Alles maak net nie op die oomblik vir my sin nie. die hele situasie met die Jode voel uit plek uit.

Johnny
Apr 1st 2010, 07:17 AM
RR, dit is profesie in die Bybel. Ons kan tog nie teen die Bybel gaan vir dit wat God beplan het vir Israel en die Midde Ooste. Ek sal graag vir jou die dvd, "Die laaste 9 oorloe" wil stuur wat jou dalk meer insig kan gee oor wat binnekort daar gaan gebeur. Ons sal nie alles verstaan wat God doen nie.

1Co 13:9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.
1Co 13:10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

RR van Wyk
Apr 1st 2010, 07:34 AM
:) Ek kan nie regtig met jou stry nie, ek weet net dit pluis nie. Dit maak nie heeltemal sin nie. Dit voel asof iets uitgelaat word, 'n belangrike detail. Dit stem nie ooreen met antwoorde wat ek die laaste tyd ontvang het nie. Dit voel net asof daar meer is aan hierdie storie.

Groot oorloŽ en die verwoesting van twee derdes van die mensdom... klink soos iets wat Satan wil hÍ, nie God nie... Dit maak die wegraping groter realiteid vir my... want nie almal soek die wil van Satan nie.

Ek weet nie jong, ek sal alles maar van voor moet gaan bestudeer, ek mis iets..

Johnny
Apr 1st 2010, 07:39 AM

Ek sal graag vir jou dvd's wil stuur. Stuur my 'n e-pos (jvandmerwe@g5.co.za) met jou posadres. Dit sal vir my 'n voorreg wees om vir jou te stuur.