PDA

View Full Version : Bespreking Kom ons dra die evangelie uit soos Jesus vra.

Johnny
Mar 31st 2010, 08:33 AM
Ek kom al 'n tydtjie op die forum.....en BAIE het my al aangevat as ek oor die "onheilige" en groot sondige nasie...die Jode praat. BAIE het my al gevra hoekom bekeer ek hulle nie, hoekom ondersteun ek hulle terugkeer want dit is immers nie ons as CHRISTINNE se plig nie. Wel, ek het al die evangelie met Jode gedeel nie, nie net hier nie, maar in hulle eie land, Israel.

Nou ja, kom ek maak dan 'n uitnodiging aan ALMAL wat my gedurig vermaan om tog asseblief versigtig wees dat ek nie te veel vir hulle moet omgee nie. Ek is beried om een Saterdag af te staan 'n maand om na die Joodse gemeenskap te gaan in JHB en aan die Jode die evangelie te verkondig. Dit sal so gepas wees, want dit is dan ook Sabat vir hulle en ons kan hulle sommer in die Sinagoge's besoek.

Ek kan aan 'n hele paar name dink aan wie ek die uitnodiging persoonlik kan rig, maar kom ons kyk wie het die rugraat om dit te doen.

Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesÍ: Gaan die hele wÍreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (Dit sluit tog die Jode in....of hoe?)

As ons as bekeerde christinne dit NIE doen nie......dan vra ek: "Wie moet dit dan doen"?

David2
Mar 31st 2010, 09:36 AM
Dankie Johnny
As jy die evangelie aan Jode uitdra is ek baie dankbaar. Ek het jou nie daaroor aangevat en vermaan nie. Dit is maar net iets wat ek altyd sÍ en het dit ook dikwels aan die engelse kant van die forum gesÍ want daar is baie Amerikaners wat dink die Jode is OK soos hulle nou is en hulle is "God se volk". En soos jy weet is hierdie 'n onderwerp wat baie deur die "Christelike teenstaanders" van Israel aangehaal word. Hulle beskuldig ons altyd dat ons sÍ God het nou twee liggame, Die kerk en Israel. So asof ons sÍ dat Israel nou gered is en God se volk is. Nee hulle is nie. Ek glo geheel aan die herstel van Israel, maar hulle is nou nog nie herstel nie en het die evangelie amper meer nodig as iemand anders.

Ek het ook al met Jode in 'n sinagoge gepraat oor die komende verdrukking wat o.a. in die Bybel beskryf word as die tyd van Jabob se oordeel. As hulle daaruit verlos wil wees, moet hulle Jesus as Verlosser aanneem. Ek het ook heelwat gesprekke met ons Israeli toergids in 1987 gehad. As ek weer sien dan was hy weer terug by my en het dikwels by my en my vrou kom sit tydens ontbyt om van nog iets te hoor wat hom gepla het.

Vir die Moslems was ek nog altyd 'n bietjie bang, maar ek is nou in kontak met minstens drie Moslem sendingaksies en ek glo die tyd is vir hulle nou so ryp as wat dit kan kom.

MercyChild
Mar 31st 2010, 10:13 AM
Jhonny, as jy ernstig is, laat my weet. Ek is in Jhb ek sal jou 100% ondersteun. Ek het dalk nie die nodige teologiese kennis nie, maar die Heilige Gees as helper.

CFJ
Mar 31st 2010, 10:46 AM
Ek kom al 'n tydtjie op die forum.....en BAIE het my al aangevat as ek oor die "onheilige" en groot sondige nasie...die Jode praat. BAIE het my al gevra hoekom bekeer ek hulle nie, hoekom ondersteun ek hulle terugkeer want dit is immers nie ons as CHRISTINNE se plig nie. Wel, ek het al die evangelie met Jode gedeel nie, nie net hier nie, maar in hulle eie land, Israel.

Nou ja, kom ek maak dan 'n uitnodiging aan ALMAL wat my gedurig vermaan om tog asseblief versigtig wees dat ek nie te veel vir hulle moet omgee nie. Ek is beried om een Saterdag af te staan 'n maand om na die Joodse gemeenskap te gaan in JHB en aan die Jode die evangelie te verkondig. Dit sal so gepas wees, want dit is dan ook Sabat vir hulle en ons kan hulle sommer in die Sinagoge's besoek.

Ek kan aan 'n hele paar name dink aan wie ek die uitnodiging persoonlik kan rig, maar kom ons kyk wie het die rugraat om dit te doen.

Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesÍ: Gaan die hele wÍreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (Dit sluit tog die Jode in....of hoe?)

As ons as bekeerde christinne dit NIE doen nie......dan vra ek: "Wie moet dit dan doen"?

Hallo Johnny,

Ek is oortuig dat as die Here jou 'n bediening op die hart lÍ, jy gehoorsaam moet wees en dit wat jy wil doen, moet jy met oorgawe doen. Miskien is dit nie wys om ander uit te daag deur presies dieselfde bediening nie, maar sou hulle self betrokke wil wees, weet hulle waar om jou in die hande te kry.

Die Filadelfieer
Mar 31st 2010, 11:39 AM
As ons as bekeerde christinne dit NIE doen nie......dan vra ek: "Wie moet dit dan doen"?

Die antwoord is tog eenvoudig : daar is niemand anders as die Kinders van Jesus wat dit moet doen nie. Dit is ons opdrag.
Ek sal saam bid dat jou bediening die sŽen wegdra wat dit verseker verdien.

Son of the South
Mar 31st 2010, 02:44 PM
Pawson reken dat al wat 'n Jood nodig het is om te besef dat Jesus leef. Ek het ook intussen geleer dat daar nie reseppies is wanneer mens by die uitdra van die evangelie kom nie, maar dat mens telkens op die leiding van die Heilige Gees kan staatmaak om die gesprek in die regte rigting te lei. Johnny, jy het nie 'n fÍnsie kwalifikasie nodig of 'n spesifieke opleiding nie. Soos jy sÍ, die Gees sal julle lei.

Sedert ek weg is daar uit Sodom uit en myself hier op die platteland kom vestig het, vermy ek Gauteng so ver ek kan. Dit verhinder my darem nie om julle in woord en daad by te staan in gebed nie. Laat weet asseblief vir die hele Lighuis wanneer julle sal gaan. Intussen sal ons so lank vra vir arbeiders vir die oes.

Johnny
Apr 1st 2010, 06:39 AM
Dankie vir julle bydra. MC, as ons weer na die Jode gaan dan gaan ek jou laat weet. Ek was ook laasweek weer by SAZF en het daar met Reeva Forman gesels. Sy ondersteun 'n Sinagoge in Hilbrow finasieel en sy het my uitgenooi om een Saterdag daar besoek af te le. Sy is elke Saterdag daar. AS ons weer SAZF toe gaan sal ek jou ook laat weet.

http://www.sazionfed.co.za/

MercyChild
Apr 1st 2010, 07:22 AM

AWESOME!!! Dankie Johnny.

Johnny
Apr 1st 2010, 07:36 AM
AWESOME!!! Dankie Johnny.

Sal onthou. Dit sal GREAT wees.