PDA

View Full Version : Bediening onder Moslems



David2
Mar 31st 2010, 08:43 AM
Ons het onlangs op 'n ander draad gesÍ dat ons miskien minder oor die oorloŽ van die laaste dae moet praat (nie dat ons nie daaroor mag praat nie, ons mag wel) en meer oor die werklike chisten-oorlog - veldtog - stryd om die evangelie by die vyande van die kruis uit te bring.

President Ahmadinejad van Iran het pas by die begin van die Iranese viering van die nuwe jaar die mense aangespoor om gereed te wees vir die koms van die twaalfde Imam en die vernietiging van Israel en ander Christelike vestings. Westerse leiers beraadslaag tans oor die moontlikheid om sanksies teen Iran te verskerp, maar sommige bronne meen dat dit dalk te laat mag wees en dat Iran waarskynlik reeds oor die vermoŽ beskik om kernwapens te vervaardig.

Maar intussen is daar die groot geestelike triomf wat hom elke dag in Iran afspeel en waarvan die media nie berig nie. Meer mense in Iran gaan hierdie komende naweek die kruis en opstanding van Jesus vier as ooit in die geskiedenis van die land! 31 Jaar gelede was 'n bose dag toe die Islamietiese revolusie Iran oorgeneem het en met hulle haatveldtog en terrorisme teen Israel en die weste begin het. Maar was 1979 so 'n kwade dag vir die christendom in Iran?

Nee, dit was nie! Statistieke bewys nou dat meer mense in Iran die afgelope 31 jaar uit Islam verlos is en by Jesus uitgekom het as in die hele vorige 14 eeue gesamentlik!

Hormoz Shariat was in 1979 een van die aktiviste wat slagspruike geskreeu het (Death to SAmerica!) en die Islamitiese revolusie van die Ayatholla Khomeini verwelkom het. Vandag is hy 'n evangeliedienaar van Jesus Christus in Iran en word deur baie die "Billy Graham" van Iran genoem. Hy is bekend op televisie en baie plekke oral in Iran waar hy byeenkomste hou om die evangelieboodskap van verlossing in Christus Jesus uit te dra.

Hormoz en sy span "Iran alive ministries" bereik weekliks sowat 7 miljoen Iranese moslems met hulle TV uitsendings op sateliet.

Gaan lees Joel Rosenberg se onderhoud met Hormoz (http://flashtrafficblog.wordpress.com) , kry ook al die nodige inligting op die blog en begin om Hormoz se bediening in die gebed en andersins te dra en ondersteun.

Johnny
Mar 31st 2010, 09:00 AM
Die Here kan enige iemand gebruik (natuurlik moet jyself eers gered wees) om die evangelie uit te dra, maak nie saak wie of wat hulle is nie. Selfs waar ons werk het ons die geleentheid om dit te doen. By my werk nou nie Jode nie, maar hier is 'n hele paar Indiers en swart kulture van oral in Suid Afrika. Een van ons reps in Pietersburg is 'n Moslem, en ek het met my kersboodskap (bekering boodskap) ook met hom gedeel. So die geleentheid is daar vir ALMAL van ons om vir Jesus te werk, in plaas daarvan om te vra: "Wat het jy al gedoen?"

Miskien moet ons nie vra wat kan God vir ons doen nie, maar wat kan ons vir God doen?

Die Filadelfieer
Mar 31st 2010, 09:20 AM
Sjoe, dankie vir die skakel David, ek het letterlik hoendervleis gekry terwyl ek die onderhoud met Shariat gelees het.

Bietjie van die punt af, maar ek is bly Rosenberg skryf 'n nuwe boek, ek het sy voriges nogals geniet !