PDA

View Full Version : En nou, wat nou??

Ta-An
Apr 4th 2010, 08:51 PM
Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
Gaan ons De La Rey nodig h?
Gaan dit nag word in SA??

RR van Wyk
Apr 5th 2010, 06:11 AM
Hierdie storie het die vermo om dinge vir ons baie moeiliker te maak vorentoe. Emosies hardloop hoog die hele land vol. Ek hoop net mense kan probeer om hul emosies te tem voordat onverantwoordelike dinge gedoen word.

Gaan dit die AWB laat opstaan? Heel moontlik, maar ek hoop eintlik nie so nie. Ek het myself nog alteid morsdood geskaam vir die AWB. En daardie verspotte Nazi-agtige vlag... Dit was regtig net 'n bespotting van die Afrikaner, iets waarmee ek myself nie wou vereenselwig mee nie.
Het ons De La Rey nodig? Nee, dit kan rassekwesies net erger maak.

Gaan dit nag word in SA? Ek hoop werklikwaar nie so nie. Wel eintlik is dit allankal nag in Suid Afrika. Mense word gevoelloos doodgemaak, en die algemene houding van die regering en nie-blankes is: "maar dit is nie net blankes wat vermoor word nie, maar ander mense ook,so wat is hulle probleem?"
Die probleem is, mensies, mense word koelbloedig vermoor, punt. Wanneer gaan mense daadwerklik iets daaromtrent doen? Waar is die weermag en polisie? Gee die mense beter opleiding en selarisse en maak interne sekeriteit in hierdie land prioriteid.

protea
Apr 5th 2010, 05:34 PM
Hallo julle,
Eugene T het my baiekeer laat giggel van ongemaklikheid oor sy manier van praat wanneer hy n skare toespreek. Iemand het eenkeer die stelling gemaak dat Eugene as een van die 5 beste sprekers ter wereld beskou word . Nie oor wat hy se nie ,maar HOE hy dit se. Aan sy liefde vir sy land en Boerevolk het ek nooit getwyfel nie. Ook my gebed is verhoor: Ek het so gebid dat die AWB nie geweld met geweld beantwoord nie. Maar dat die prop een of ander tyd van die drukkoker gaan afskiet is n feit. Die provokasie raak net te veel.
Ek het ook gedink wat n Christen se reaksie moet wees : Moet ons die ander wang draai en vergewe en ons vyand seen soos die Bybel ons beveel (die Here se : My kom die wraak toe) of moet ons soos koning Dawid geweld gebruik en die volke wat hulle aangeval het, verdelg ? Ek dink die plaasmoorde se getal staan nou al op 3500 van 1994 af. Sal graag julle opinies wil hoor.

paidforinfull
Apr 5th 2010, 10:05 PM
Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
Gaan ons De La Rey nodig h?
Gaan dit nag word in SA??

Ta-An, ek glo dit gaan nag word - ek glo dinge gaan net erger en erger in SA word. Ek voel dit al 'n geruime tyd, en raak soms so frustreerd as ek met vriende en famielie in SA gesels en al wat hulle kan se is "Ag, daar is kriminele bedrywighede oral in die wereld', of 'Ag, mens raak dit maar gewoond', of so iets. Raai wat - dis nie waar nie. Dis BAIE erger in SA as in meeste ander lande. Die mense in SA lewe amper in oorlogstoestande. Die stres is vreeslik hoog; daar is onsekerheid oor kinders se toekoms ens. Dis regtig erger as wat meese Suid-Afrikaners besef, en dis abnormaal om onder sulke stres te lewe. Regtig.

Ek wil hier oor 'n baie teer sakie gesels, en baie mense sal nou seker nie met my saamstem nie, maar dis ook maar goed so. Ek glo daar is mense wat dit al lankal oorweeg om uit SA pad te gee, maar nog net nooit tot by daardie punt gekom het nie. Ek voel om vir hulle te se dat die tyd vir loop min word. Dit raak al hoe moeiliker om na ander lande te gaan - immigrasie wette is strenger; die rand is swakker; daar is te veel mense wat 'n heenkome in ander lande soek ens. ens. Tog is dit nie onmoontlik nie.

As jy dalk voel dat die Here met jou praat om in SA te bly, dan moet jy dit natuurlik doen. As jy dalk voel dat die Here se pak jou tassies en loop, dan moet jy dit ook doen - hoe gouer hoe beter.

As jy iets het wat jou vashou - raak daarvan ontslae. Sit jou huis in die mark - verkoop jou besigheid ens. ens. As jy nie in 'n Engelssprekende land kan inkom nie, leer dan 'n ander taal. Gaan hoor by die Here wat Hy wil he jy moet doen, en doen dit.

Daar is natuurlik mense wat nie kan loop nie. Dalk het hulle ouers wat op hulle sorg staatmaak, of so iet. Wel, het jy geweet dat jy jou ouers mag oorbring na ander lande as jy kan bewys dat jy die enigste een is wat hulle kan versorg? Wie gaan jou versorg as jy eendag oud is en dinge erger is as nou? Wil jy regtig he jou kinders moet in SA bly om na jou te kyk as hulle dalk iewers anders in vrede kan gaan lewe?

Dis vreeslike harde vrae wat mens jouself moet afvra. Dis nie maklik nie. Die beste is om vir God te vra om vir jou die pad aan te wys en gelyk te maak.

Vir die wat regtig geen ander heenkome kan vind nie, asook die wat voel die Here wil hulle in SA hou om ander te bedien - mag die Here julle genadig wees.

(Daar sal seker mense wees wat dink dat die wat na ander lande trek weghardloop - miskien is dit so, miskien nie. Wat sal mens dan se het ons voorvaders gedoen toe hulle Europa en Engeland verlaat het om 'n nuwe heenkome en lewe in SA, Amerika ens. te soek? Was hulle lafaarde wat weggehardloop het? Laat God hulle oordeel. God self het Israel aangeraai om na die berge te vlug wanneer hulle die 'Abomination that causes desolation' sien. Hy het nie gese wees braaf en word vermink, gemartel of vermoor nie. Lees maar Matt 24:16, Markus 13:14, Lukas 21:21 )

Mag die Here SA genadig wees; mag Hy al Sy kinders gedurigdeur beskerm. Dit is my gebed.

Die Filadelfieer
Apr 6th 2010, 05:51 AM
Die moord op Eugene Terreblanche ..... gaan dit die AWB laat opstaan??
Gaan ons De La Rey nodig h?
Gaan dit nag word in SA??

Ja
Ja
Ja

Ek was nog nooit 'n AWB aanhanger nie .... inteendeel dink ek ons sou dalk 'n ander SA vandag gehad het as dit nie vir sekere handelinge van die AWB destyds was nie , maar die gemoedere loop hoog, die manne se houding is anders as wat ek al ooit gesien het : dit is 'n smeulende stil woede wat op niks goeds gaan uitloop nie.

Die indruk wat ek kry is dat wit-swart verhoudinge so beskadig is met al die dinge wat veral hierdie jaar gebeur het dat dit onherstelbaar geraak het.

Johnny
Apr 6th 2010, 06:06 AM
Baie sal natuurlik nou se :"Die nag van die lang messe het begin", want ET is met 'n panga vermoor. Die Suidlanders se dvd se dat wanneer Mandela sterf dit die teken van die "messe" is. Ons glo natuurlik dat so dag nie sal aanbreek nie. Ek verneem dat ET in die tronk 'n ontmoeting met die Here gehad het. Ek verneem ook van een van sy plaaswerkers op die nuus dat hy 'n "ander" mens is na sy tronkstraf. Die Here KAN enige iemand se hart draai. As ET waarlik berou gehad het en sy hart vir die Here gegee het, dan is hy vandag in die hemel. Wraak is nie die antwoord nie. Die antwoord is dat jy jou saak met die Here moet reg maak as jy dit nognie gedoen het nie. Waar jy die ewigheid spandeer is BAIE belangriker as om nou te vlug na 'n ander land. Die gras IS NIE groener aan die ander kant nie. Jy kan daar ook sterf......en waarheen gaan jy as jy sterf.....dit is die vraag.

Verseker gaan SA al hoe donkerder word.....die HELE wereld gaan donkerder word. Dit is wat die HERE beplan het vir die laaste dae. Verdrukking, vervolging, moord, doodslag, geen liefde vir die naaste, ens, ens. Elke mens het 2 definitiewe punte op sy lewenslyn. 'n Geboorte dag en 'n dag om te sterf. Jy kan NIKS daaraan doen nie, maar jy kan wel iets daaraan doen waar jy die ewigheid gaan spandeer. Bekeer (http://www.oospoort.co.za/source/bekering.html) jou self en neem Jesus aan as jou Verlosser.

Kyk na dit wat in die HELE wereld aan die gang is, veral die Midde Ooste. Dit is God se horlosie!

Lukas 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

RR van Wyk
Apr 6th 2010, 06:59 AM
Ek stem saam met jou Johnny, dinge raak erger wreldwyd, dit is nie net iets unieks aan SA nie. Dalk is geweld erger hier as in ander lande, maar hierdie is Afrika. Die plek werk maar nou net anders as westerse en europese lande. Ons behoort dit nou al te weet, ons bly mos nou al lank genoeg hier.

Vir die wat die land wil verlaat, dit is reg so, ek sal julle net alle sukses en welfaart toewens. Vir die wat bly...hierdie bly steeds die beste land om in te bly ondanks al die donker goed wat uitkryp.

Ons moet net onthou dat geweld van die bose afkom. Dit is nie mens teen mens nie maar die bose teen die mens. Daar is iets agter die skerms aan die gang wat ons nie moet miskyk nie. Die laaste goed wat gebeur het val te netjies in plek, is te goed vir blote toeval. Die vraag wat ons moet vra: Gaan ons in Satan se strik val? Dit is presies wat hy wil h, moord en doodslag.

Ons staan op 'n landmyn, die geringste beweginkie en hy ontplof. Ons moet bid dat ons as land die regte besluite sal neem.
En as oorlog dan die laaste onvermydelike uitweg is, dan moet ons bid dat dit ook die laaste sal wees. Dat dinge behoorlik uitgesorteer word eens en veralteid.

Johnny
Apr 6th 2010, 08:05 AM
RR....dinge gaan vir eens en altyd uitgesorteer word....die 1000 jarige vrederyk gaan dit vir die wereld bring. Slegs DAN sal daar vrede wees. As ons deel is van die wegraping glo ek met my hele hart dat ons die verdrukking van ALLE verdrukkings vryspring, maar wee die een wat agter bly. Vir hulle SAL dit NAG wees. Daar is beslis ander "magte" ageter die skerms aan die werk, nes daar 'n Illuminati agter die wereld regering is.....die pous ingesluit! Malema het 'n "goeie" alibi om in Zimbabwe te sit. Hoe dit ook al sy, ons moet gereed wees om ons Skepper enige oomlblik van die dag/nag te ontmoet, want nie ek of jy weet of ons more die son sien opkom nie.

Pilgrimtozion
Apr 6th 2010, 01:56 PM
Help een arme Nederlander...wie is De la Rey?

Ta-An
Apr 6th 2010, 02:06 PM
Help een arme Nederlander...wie is De la Rey?

Pilgrim, dit is 'n liedjie in Afrikaans wat gaan oor De la Rey wat 'n Boere Leier was in 'n oorlog wat verligting vir die Boere gebring het...

De la Rey Lyrics

De La Rey

Op 'n berg in die nag
l ons in die donker en wag
in die modder en bloed l ek koud,
streepsak en ren kleef teen my

en my huis en my plaas tot kole verbrand sodat hulle ons kan vang,
maar daai vlamme en vuur brand nou diep, diep binne my.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Oor die k@kies wat lag,
'n handjie van ons teen 'n hele groot mag
en die kranse l hier teen ons rug,
hulle dink dis verby.

Maar die hart van 'n Boer l dieper en wyer, hulle gaan dit nog sien.
Op 'n perd kom hy aan, die Leeu van die Wes Transvaal.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey.

Want my vrou en my kind l in 'n kamp en vergaan,
en die k@kies se murg loop oor 'n nasie wat weer op sal staan.

De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei?
De La Rey, De La Rey
Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val.
Generaal De La Rey

http://www.youtube.com/watch?v=429AUoAWQdY&mode=related&search

De la Rey Translated

On a mountain in the night
we lie in the darkness and wait
In the mud and blood
I lie cold,
grain bag and rain cling to me.

And my house and my farm,
burned to ashes
so that they could catch us
But those flames and that fire
burn now deep, deep within me.

De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we'll fall in around you
General De la Rey

And the Khakis (Brits) that laugh
-- [just] a handfull of us
against their whole great might --
With the cliffs to our backs,
they think it's all over [with us]

But the heart of the Boer lies deeper and wider,
that they'll still find [out]
At a gallop he comes,
the Lion of the West Transvaal

De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we'll fall in around you
General De la Rey
De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?

De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we'll fall in around you
General De la Rey

Because my wife and my child,
lie in a concentration camp and perish
And the Khakis' vengence
is poured over
a nation that will rise up again

De la Rey, De la Rey,
will you come to lead the Boers?
De la Rey, De la Rey
General, General, as one man
we'll fall in around you

General De la Rey
De la Rey, De la Rey,
will you come for the Boers?

http://www.youtube.com/watch?v=429AUoAWQdY&mode=related&search

Ta-An
Apr 6th 2010, 02:08 PM
Nog (http://vikingbosch.blogspot.com/2007/06/de-la-rey-lyrics.html)'n bladsy oor die song

Ta-An
Apr 6th 2010, 02:14 PM
Geloof oorkom Vrees :pray:

RR van Wyk
Apr 7th 2010, 06:05 AM
Die hele spul se intensies is ontbloot. Wat die oorsaak is wat gelei het tot die insedent van ET se dood, of dit nou 'n selaris geskil was of pleinweg 'n rassekwessie, dit het daartoe gelei dat ons vroegtydig gewaarsku word van dinge wat kom.. Die vraag is net wat ons nou van hier af vorentoe maak...

http://www.thezimbabwemail.com/zimbabwe/4955.html

http://www.thezimbabwemail.com/zimbabwe/4978.html

Nou weet ons wat Maleme beplan. As dit nie vir ET se dood was nie sou dit seker nie op die lappe gekom het nie. Maar juis hieroor fokus almal hulle o op Malema.

Lyk my die kerk is uit. Ons begin al meer 'n punt bereik waar ons teen 'n muur vasgedruk word en daar nie meer plek vir omdraai is nie. Hierdie mense verstaan nie, hierdie is nie Zim nie, om dieselfde hier te probeer doen teken hulle hul eie doodsvonnis. Die Afrikaner is nog van die begin af 'n vredeliewwende sageaarde geduldige volkie, maar ons kan ook net so ver. Die geskieddenis is verdraai om hulle intensies te pas.

As die wreldbeker sokker gekanseleer gaan word en 'n ander land bied dit aan, gaan dit seker ook die witmense se skuld wees?

Die Filadelfieer
Apr 7th 2010, 06:07 AM
Geloof oorkom Vrees :pray:

Ek loop hierdie laaste paar dae met die einste gedagte in my kop rond Ta-An.
Ek glo dat baie van die dinge wat ges en gedoen is die laaste paar dae is in vrees gedoen. Woede ook ja, maar mense is bang vir die toekoms. Kan Suid Afrikaners kwalik geneem word vir hulle vrese ? Nee, ek dink nie so nie, nie na alles wat met die land aan te gebeure is nie, maar ek glo ook dat daar wel sekere uitkomste is, en dat wanneer enige iets in opregte geloof in God Drie-Enig aangepak gaan word dit sal slaag.
Ek verstaan dat daar redelik negatiewieteit rondom die gedagte van "die volk" en as 'n voorbeeld die bloedrivier-gelofte is, maar ek twyfel nie daaraan dat 'n volk wat hom voor God verootmoedig groot dinge kan bereik nie.
Een ding is verseker : so' kan dit nie aangaan nie. Ek lees vanoggend weer van 'n kind wat deur sy kamervenster geskiet is en beswyk het aan sy wonde. In die laaste paar weke is daar tientalle boere op hulle plase vermoor. Hierdie dinge sal moet stop, op welke manier ook al.

Die Filadelfieer
Apr 7th 2010, 06:38 AM
Hierdie artikel (http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/6c5e36b4d359496b9a0d2088c2e996e9/07-04-2010-05-46/Terre%E2%80%99Blanche-moord_glo_%E2%80%98polities_gemotiveerd%E2%80%99)v erwoord die algemene gevoel van die boere in my omgewing perfek. Ben Marais , voorsiter van TLU-SA s die volgende :

Ons vrees hierdie is nie die einde nie tensy die regering of burgers ingryp. Polarisering van die rasse is n werklikheid en die sneller vir verdere konflik l in die hande van die die ANC-jeugliga en hul radikale leier (Julius Malema), wat glo nie deur die ANC tot orde, verantwoordelikheid en dissipline gebring kan word nie,

Niks hiervan is goeie nuus nie !

Ons kan hierdie nie langer duld nie. Die feit is dat die ANC beheer oor homself en die land verloor het. Wat tans in ons land voorkom is niks minder as gewapende propoganda vir n vryheid wat ons gedink het ons 16 jaar gelede gehad het,

Ons glo dat ons net die begin van groter probleme in die gesig staar.

Wat die afrikaanse nuus om een of ander verbysterende rede uit die berig gelos het, maar wel in die engelse berig (http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/27c05cf1b4434b6d89057b0486adbc53/06-04-2010-10-33/TerreBlanche_murder_political)verskyn :

"Perhaps the time has now come to make a serious appeal to farmers to reduce their workforce and to mechanise for the sake of security and peace of mind.

Ek hoop julle lees mooi wat hierdie man s , die TLU is groot, en Ben Marais is nie 'n grapmakertjie nie. Hierdie raak al hoe meer 'n oorlogsverklaring.

Johnny
Apr 7th 2010, 07:21 AM
Ek dink hoe gouer ons besef ons leef in die laaste dae hoe beter. Sorg dat jou saak met God reg is. Dit is nie HOE en WANNEER jy sterf nie, maar waar gaan jy heen WANNEER jy sterf! Verseker is dit NIE lekker om in vrees te lewe nie, maar daar is 'n ewigheid wat wag.

Wat wag vir die wereld in die laaste dae:

2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2Ti 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2Ti 3:3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
2Ti 3:4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
2Ti 3:5 mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verlon het. Keer jou ook van hierdie mense af.
2Ti 3:6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
2Ti 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
2Ti 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses tegestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid te, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
2Ti 3:9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook di van daardie manne geword het.

Php 3:19 Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

Wat wag vir die kind van die Here:
2Ti 3:10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
2Ti 3:11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch, in Iknium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
2Ti 3:13 Maar goddelose mense en bedriers sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
2Ti 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
2Ti 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Php 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
Php 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

RR van Wyk
Apr 7th 2010, 07:23 AM
Dink jy ons is al by "the point of no return?" Is ons rugte al teen die muur en al uitweg is om onself daar uit te baklei?
Hierdie land was oorgegee aan die ANC sonder geweld of millitere teenstand, maar lyk my dit was nie genoeg nie.

Johnny
Apr 7th 2010, 07:33 AM

As ons God op Sy Woord moet neem, dan kom daar beslis vir die hier en nou niks goeds vir die wereld nie.

Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Dink net hoe sal dit dan wees wanneer die Heilige Gees ook nie meer hier sal wees om mense te oortuig nie! Enige burgerloorlog in ons land sal 'n bloedbad wees....en dit sal voorwaar reg oor die wereld iets verskrikliks wees tydens die groot verdrukking. Na my mening nie baie ver in die toekoms nie.

Ta-An
Apr 7th 2010, 07:35 AM
Weet jy wat Fila.....

Ek stel voor die Boere raak van al die plaas werkers ontslae en neem die mense in witplakkerskampe in om vir hulle te werk..... so 'n klein Orania op elke plaas:idea:

Die Filadelfieer
Apr 7th 2010, 07:37 AM
Ek dink hoe gouer ons besef ons leef in die laaste dae hoe beter. Sorg dat jou saak met God reg is. Dit is nie HOE en WANNEER jy sterf nie, maar waar gaan jy heen WANNEER jy sterf! Verseker is dit NIE lekker om in vrees te lewe nie, maar daar is 'n ewigheid wat wag.

Wat wag vir die wereld in die laaste dae:

2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
2Ti 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
2Ti 3:3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
2Ti 3:4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
2Ti 3:5 mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verlon het. Keer jou ook van hierdie mense af.
2Ti 3:6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
2Ti 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
2Ti 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses tegestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid te, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
2Ti 3:9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook di van daardie manne geword het.

Php 3:19 Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

Wat wag vir die kind van die Here:
2Ti 3:10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
2Ti 3:11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch, in Iknium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
2Ti 3:13 Maar goddelose mense en bedriers sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
2Ti 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
2Ti 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Php 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
Php 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

Uitstekende pos Johnny ! Al lyk dit hoe donker, het ons nog steeds Hoop om aan vas te klou.

protea
Apr 7th 2010, 07:38 AM
Ja
Ja
Ja

Ek was nog nooit 'n AWB aanhanger nie .... inteendeel dink ek ons sou dalk 'n ander SA vandag gehad het as dit nie vir sekere handelinge van die AWB destyds was nie , maar die gemoedere loop hoog, die manne se houding is anders as wat ek al ooit gesien het : dit is 'n smeulende stil woede wat op niks goeds gaan uitloop nie.

Die indruk wat ek kry is dat wit-swart verhoudinge so beskadig is met al die dinge wat veral hierdie jaar gebeur het dat dit onherstelbaar geraak het.

Fila , dis juis vir daardie stil smeulende woede waarvoor ek so bang is. Dit bly n feit dat dat hierdie moord die polarisasie tussen wit en gekleurd net verder beklemtoon het en ek wil so ver gaan om te se dat dit nou met hierdie gebeure weer die ergste in dekades is. In my finale jaar op Wellington in die laat 70's is ons huisfunksie uitgestel weens onluste in die Paarl. Saans na donker het jy tuis gebly!

Die punt wat ek wil maak is: Die groep wat eerste gaan skiet of reageer gaan die simpatie van die wereld verloor! En ek bid so dat dit nie die AWB is nie. Hulle is al klaar so n klein-klein minderheidsgroep. Maar dat probleme verwag kan word is n feit soos n koei. Ek probeer nou werklik nie teatraal raak nie maar hoeveel moet nog vermoor word voordat iemand se vinger die sneller trek.....?

Ta-An
Apr 7th 2010, 07:43 AM
Ek is besig in Markus en vanoggend hfst 13:8 Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is 'n begin van die smarte.

Die hele hoofstuk, maar hierdie vers het my bemoedig :hug:

Die Filadelfieer
Apr 7th 2010, 07:45 AM
Dink jy ons is al by "the point of no return?" Is ons rugte al teen die muur en al uitweg is om onself daar uit te baklei?
Hierdie land was oorgegee aan die ANC sonder geweld of millitere teenstand, maar lyk my dit was nie genoeg nie.

Ek weet werklik nie meer nie RR. Ek het vror geskryf dat wit-swart verhoudinge onherstelbaar vernietig is. Ek bly by daardie stelling. Die hartseer is dat hierdie skade nie deur die man op straat bewerkstellig is nie, maar deur politkuste wie se gretigheid en haat nooit ooit versadig sal word nie.
Soos met enige ding gaan daar 'n breekpunt kom. Ons moet net baie hard saambid dat daar nie 'n burgeroorlog uitbreek nie, want ek glo dit sal 'n bloedbad wees soos nog min deur die wreld beleef.

CFJ
Apr 7th 2010, 07:50 AM
Hier is 'n interessante stukkie leesstof, vir wat dit werd mag wees...

Plaasbesettings kom teen einde 2010 - Malema

Julius Malema, die omstrede jeugleier van die ANC, het eergister in Zimbabwe ges dat sy party ZANU-PF se voorbeeld gaan volg en teen die einde van die jaar gaan begin om plase in blanke besit oor te neem.

Luidens die Zimbabwe Mail, het Malema di opmerkings by 'n myn 160 kilometer van Harare af gemaak. Hy het aan 'n skare ZANU-PF-aanhangers ges: "Julle is nie alleen nie. Julle stryd is ons stryd."

Volgens Malema het "Zimbabwe die weg aangewys in die stryd oor grond". Hy het ook belowe dat "Zimbabwiese metodes gebruik gaan word" om grond van blanke boere in Suid-Afrika af te neem.

Malema het ook aan die skare ges dat hy sal aanhou om sy liedjies met woorde soos "Skiet die Boere" te sing, ongeag Suid-Afrikaanse hofuitsprake daarteen.

Gisteraand het Malema aan die SAUK TV-nuus ges dat hy "sulke liedjies sing sedert hy nege jaar oud is en toe het dit niemand se dood veroorsaak nie".

Die ANC-jeugleier het Zimbabwirs aangemoedig om maatskappye in blanke en buitelandse besit oor te neem. Volgens hom moet "die mense bevryding omhels en aanhou om teen die Westerse imperialisme te veg".

Dieselfde koerant het 'n week gelede berig dat die ANC beplan om met die hulp van Robert Mugabe se oorlogsveterane grond in Suid-Afrika te beset.

'n Lid van ZANU-PF se veiligheidsdepartement het verlede week aan die Zimbabwe Mail ges dat Malema se besoek aan Zimbabwe in opvolg van 'n geheime hovlakgesprek tussen Robert Mugabe en Jacob Zuma geskied het. Blykbaar het Mugabe reeds vir Zuma oortuig en sy "volgehoue steun in Suid-Afrika se grondhervormings- en verinheemsingsproses verseker".

Verlede week het 'n hovlakafvaardiging van Suid-Afrika se veiligheids- en intelligensiedienste, wat noue bande met die ANC het, in Harare aangekom waar hulle 'n tyd lank aan die Zimbabwiese Nasionale Weermag se Stafkollege in Harare opleiding sal ondergaan.

Die Suid-Afrikaanse minister van Landelike ontwikkeling, Gugule Kkwinti, het die blaam vir die mislukking van die ANC se grondhervorming op blanke boere geplaas deur hulle daarvan te beskuldig dat hulle die prys van grond opjaag.

"Indien Suid-Afrikaners wat grond besit nie die werklikheid op voetsoolvlak erken nie en nie met die regering kan saamstap wat sy planne betref nie, dan gaan hulle verantwoordelik wees vir die skep van chaos wat erger kan wees as wat ons in Zimbabwe gesien het," het Nkwinti ges.

Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het tydens die tydvak van Mbeki se presidentskap ges dat sy land met radikale grondhervorming en die verdrywing van blankes gewag het om die ANC tyd te gee om homself eers behoorlik in te grawe en seker te maak dat hy beheer oor die weermag en polisie geniet Volgens Mugabe kon die skouspel in Zimbabwe in die vroe negentigerjare die onderhandelings tussen die NP en ANC laat skipbreuk lei het aangesien Suid-Afrikaanse blankes daardeur ontstel kon gewees het.

http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/7707-plaasbesettings-kom-teen-einde-2010-malema.html

Ta-An
Apr 7th 2010, 07:50 AM
Ken julle die song
The love of God is greater far
Than tongue or pen can ever tell;
It goes beyond the highest star,
And reaches to the lowest hell;
The guilty pair, bowed down with care,
God gave His Son to win;
His erring child He reconciled,
And pardoned from his sin.

Vanoggend loop ek en sing.....The wrath of God is greater far.......

Die Filadelfieer
Apr 7th 2010, 08:00 AM
Fila , dis juis vir daardie stil smeulende woede waarvoor ek so bang is. Dit bly n feit dat dat hierdie moord die polarisasie tussen wit en gekleurd net verder beklemtoon het en ek wil so ver gaan om te se dat dit nou met hierdie gebeure weer die ergste in dekades is. In my finale jaar op Wellington in die laat 70's is ons huisfunksie uitgestel weens onluste in die Paarl. Saans na donker het jy tuis gebly!

Die punt wat ek wil maak is: Die groep wat eerste gaan skiet of reageer gaan die simpatie van die wereld verloor! En ek bid so dat dit nie die AWB is nie. Hulle is al klaar so n klein-klein minderheidsgroep. Maar dat probleme verwag kan word is n feit soos n koei. Ek probeer nou werklik nie teatraal raak nie maar hoeveel moet nog vermoor word voordat iemand se vinger die sneller trek.....?

Ek onthou daardie tye maar alte goed Protea, alhoewel dit 'n groot avontuur vir my as 'n klein seuntjie was ! Pappas met 'n R1 uitgereik, mammas wat met uzi's en HMK's kinders by die skool oplaai, ons skoolbus wat met gepantserde voertuie begelei word, boere wat beurte maak om patrollies te ry en die skole op te pas : as dit my pa se beurt was kon ek saamry ! Dit was toe nog groot pret vir ons kinders gewees, nou eers besef ek werklik hoe sleg dit eintlik was. As ek reg kan onthou was die kerke egter vol en die meeste van ons huisvriende nie bang om Godsdiens te praat nie ..........

Johnny
Apr 7th 2010, 09:10 AM
Uitstekende pos Johnny ! Al lyk dit hoe donker, het ons nog steeds Hoop om aan vas te klou.

Dankie Fila. Dit is maar genade van BO.:)

Johnny
Apr 7th 2010, 09:20 AM
Lees gerus die PDF wat ek aangeheg het van Prof WA Liebenberg

www.hrti.co.za

RR van Wyk
Apr 7th 2010, 09:28 AM
Dankie vir daardie een Johnny, interresante realiteit, dit gee my weer 'n bietjie hoop..

protea
Apr 7th 2010, 04:49 PM
Hier is 'n interessante stukkie leesstof, vir wat dit werd mag wees...

Sjoe Ferdie , mens moet liefs hierdie berig in die oggend lees..... Ek het al vantevore ook hierdie suggesties gehoor. Wat my opval is die goeie dosis magsbehebdheid en rassehaat wat in al hierdie berigte saamgeroer word om een groot 'koek' van vrees en onsekerheid by die lesers tot gevolg te he. En weereens : Wat is dit anders as terrorisme? Nie wat die vyand gaan doen nie ,maar wat hy KAN doen. Ons Vader het al ons sake in die holte van Sy hand en Hy het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie. Daarom is my hoop op die Hoop van die wereld! Ons Vader is bewus van al hierdie verwikkelinge EN hy sien die eindpunt daarvan. Ons mense sien maar ten dele. As ons ons verootmoedig voor die Vader SAL Hy ons help in hierdie uur van benoudheid!

Die Filadelfieer
Apr 8th 2010, 05:50 AM
Iemand s gisteraand vir my iets wat bly vassteek in my kop :

"Malema is die Afrikaner se Farao"

Dink bietjie daaroor, en wat God met die Farao se hart gemaak het.........

Ta-An
Apr 8th 2010, 08:49 AM
Miskien het ons ook 'n Ester nodig??

protea
Apr 8th 2010, 05:11 PM
Fila en Ta-An , julle raak darem heerlik filosofies. Beslis sake om oor na te dink.....

n Afrikaanse geestelike leier het eenmaal die opmerking gemaak: Die Afrikaner is huidiglik in sy eie land in ballingskap..... SELF iets om te herkou......

RR van Wyk
Apr 9th 2010, 06:49 AM
In die bybelse tyd voordat God iets drasties aan Sy volk gedoen het, soos balingskap, het Hy profete uitgestuur as waarskuwing wat gaan gebeur, sodat die mense geen verskoning kan h dat hulle van niks geweet het nie.

As dit dan nou wel die geval is dat die Afrikaner in balingskap in sy eie land is, het ons waarskuwings van God in die verlede om ons te waarsku, om dit te staaf?

Die Filadelfieer
Apr 9th 2010, 07:35 AM

Ons profeet is die Bybel !

Ek dink vir geen oomblik dat die Afrikaner DIE volk van God is nie, ek wens eerder dat ons 'N volk van God kan wees.
Ietsie persoonliks :
In hierdie tye het verskillende tekste vir verskillende mense spesifieke betekenise, ek het gisteraand een van my tekste ontvang :
Ek maak my Bybel oop, en "toevallig" val dit oop by Filippense 4, ek is nie besig om Filippense te lees nie, so onmiddelik begin ek te blaai na die deel waar ek besig is, maar skielik kom daardie liedjie wat ons as kinders gesing het by my op , en dit oordonder absoluut my (deurmekaar) gedagtes : Filippense 4 vers 4 s .......... , soveel so dat ek toe maar besluit om Filippense 4 te lees, en ja, dit het my erg bemoedig ! Ek het gebid vir die krag om "die goeie raad" van daardie hoofstuk te kan volg.

Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -- watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

Ta-An
Apr 9th 2010, 08:04 AM
Fila, Ja, Vanoggend se die Woord vir my : Ps 124:7 Ons siel het vrygeraak soos 'n vol uit die vangnet van die volvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

Eergisteraand wurg iets my in my slaap, ek roep myself wakker na Jesus....Hy is ons Koning!! en JA Hy is naby!!

...... maar die is die begin van smarte....

Die woord "smarte" is 'n baie donker woord vir my, MAAR..... die HERE is naby!! Hallelujah!!

Naby het 'n ander betekenis vir my begin kry..... :D

RR van Wyk
Apr 9th 2010, 08:20 AM
Ek hou baie van wat julle s en is baie bemoedigend. Dit is ongelooflik hoe vinnig haat in hierdie land opgewek word deur haat. Haat word beantwoord met haat. Een groep gil op ander om iets te stop, maar die volgende maak hulle hulself skuldig aan iets anders wat die ander groep nou weer ontstel. So word haat gekweek, meer en meer, vinniger en vinniger. Dit lyk asof die ding geen briekke het nie.

Om te dink jy het net een nodig om soveel skade aan te rig.

Haat is presies die teenoorgestelde van wat 'n Christen moet wees. Wat sou julle reken watter rol moet ons speel van hier af?
Hoekom is die ander partye so stil? Partye soos die ACDP, watter rol is hulle veronderstel om te speel?

Of moet ons maar rustig eenkant staan en wag vir die tydbom om af te gaan...

Wanneer word die haat beantwoord met verdraagsaamheid en liefde, en is dit moontlik?

Die Filadelfieer
Apr 9th 2010, 08:40 AM
Naby het 'n ander betekenis vir my begin kry..... :D

Ja ! Jy is nie die enigste een nie ! In die verlede sou ek selfs gedink het dit wys op die wederkoms, maar nee, nou beteken dit eenvoudig die Here is by Sy kinders, en die Gees is in ons.
Ek het gisteraand saam met manne gebid van verskillende denominasies, wat nooit bymekaar sou wees as dit nie vir ET se ding was nie, en ons het vir dieselfde God gebid, afgesien van dogmatiese verskille wat ons in die verlede uitmekaar gehou het.

RR van Wyk
Apr 9th 2010, 08:44 AM
Al hierdie vrae is seker vrae wat geen mens werklik kan beantwoord nie. kwaad is besig om alles wat goed is te verdelg en te vernietig. Ek glo nie ons handjievol Christenne kan werklikwaar dit alles keer nie. Dit is tye soos hierdie wat ons net op ons Skepper kan vertrou en staatmaak.

Dit is hier waar die Christen op die proef gestel gaan word, waar sy karakter tevoorskyn gaan kom. Ons gaan baie klappe ontvang, van alle kante af.

Die Filadelfieer
Apr 9th 2010, 08:52 AM
RR,
Ek het verseker nie al die antwoorde nie, en dan is daar nog van my antwoorde wat heeltemal verkeerd gaan wees ook boonop, maar vir een glo ek nie ons "heil" l in partypolitiek nie. Ek stem heeltemal saam met jou : NOU is die tyd wat jou Christenskap op die proef gestel gaan word, en waar ons as Christene 'n verskil kan maak. Klappe gaan ons verseker ontvang, ek hou my maar by kleuterskoolrels in die verband : Moet nooit eerste byt nie, maar as jy moet terug byt ......... byt HARD.

Willem
Apr 9th 2010, 09:18 PM
Wys die hele storie nie vir ons dat ons fokus op die wereld is en nie op die Here nie?

protea
Apr 10th 2010, 05:52 AM
SOveel gebede is beantwoord met die dat daar geen geweld was met ET se begrafnis nie! Ek loof die Here daarvoor!

Fila en Ta-An , die Bybel bring ALTYD hoop en vertroosting en vrede soos julle so tereg aanhaal . Dankie vir daardie oorbekende maar beminde tekste. DIT het ons nodig in hierdie tye. Die wete dat ons Vader ons in die holte van Sy hand hou en sal beskerm wanneer dit nodig is. Mag ons medemens SIEN dat ons Jesus se vrede binne-in ons dra voordat ons nog nog n woord ge-uiter het.

RR van Wyk
Apr 10th 2010, 07:26 AM
Wys die hele storie nie vir ons dat ons fokus op die wereld is en nie op die Here nie?

Wie se fokus is op die wreld en nie die Here nie? Die boere wat so uitgemoor word? Daar was blykbaar weer twee plaasmoorde gewees...

Ek is doodseker die meerderheid boere is groot Christenne, wat beslis fokus op hulle Skepper. As dit maar so was vir die hele land se mense, was daar dalk glad nie moord nie...

Dit is so 'n klein persentasie wat moeilikheid maak... dit grens aan terrorisme, al verskil is hierdie ouens is te rugraatloos om verantwoordelikheid op te eis. Dit is sommer net koelbloedige moord.

Hierdie bly 'n teer sakie en ek hoop net die land kan begin saamstaan om hierdie probleem op te los. Maar ek is bevrees as die ANC verskuilde agendas het wat ek dink die geval is sal die boere internasionale hulp moet kry, hulle stemme moet dik maak in die buitewreld, onself laat hoor, die media ten volle gebruik dat die buitewreld hulle o op hierdie land bigin fokus.
Duitsland, Frankruik en China het baie om te verloor as hierdie land ten gronde gaan, hulle bel baie geld hier. Dit is die eerste lande wat genader moet word.
As hierdie land nie sy weermag kan gebruik om ons mense te beskerm, bring NATO troeppe!

Ta-An
Apr 10th 2010, 12:01 PM
As hierdie land nie sy weermag kan gebruik om ons mense te beskerm,
Weermag...??? :lol:

Hulle wat die reg voorbehou om te mag toi-toi...

RR van Wyk
Apr 10th 2010, 12:29 PM
Presies my punt... dit is eintlik 'n skande wat hierdie land was en tot wat hy na afgebreek is.

David2
Apr 10th 2010, 03:12 PM
Ferdi
Hier is die skakel na die koerantberig in Zimbabwe waarna jou artikel verwys.

http://www.thezimbabwemail.com/zimbabwe/4904.html

paidforinfull
Apr 10th 2010, 03:17 PM
...sal die boere internasionale hulp moet kry, hulle stemme moet dik maak in die buitewreld, onself laat hoor, die media ten volle gebruik dat die buitewreld hulle o op hierdie land bigin fokus.
Duitsland, Frankruik en China het baie om te verloor as hierdie land ten gronde gaan, hulle bel baie geld hier. Dit is die eerste lande wat genader moet word.
As hierdie land nie sy weermag kan gebruik om ons mense te beskerm, bring NATO troeppe!

Ek wonder maar net - het die lande wat in SA bele het nie dalk meer voordele as die land heeltemal ten gronde gaan nie? Dan kan hulle instap en die land 'red' - en lekker score met al die 'regte' waarvoor hulle dan kan onderhandel. Moet nie vergeet dat SA 'n baie belangrike bron van verskeie grondstowwe is nie.

Nog 'n ding wat my hinder is dat daar gewoonlik bitter min nuus oor SA in die internasionale pers is. Dis amper asof SA onder 'n wolk toegegooi is. Wanneer daar wel nuus uitgesaai word, word die boer as die vark in die verhaal voorgestaan.

Stel die internasionale leierskap regtig belang in wat met mense gebeur? Gee hulle werklik vir mense om, of gaan dit oor wat hulle dalk uit die land kan maak? Persoonlik voel ek dat dit nie oor mense gaan nie, maar oor mag en geld. Bottom line - moet nie te veel op internasional steun staatmaak nie.

Nog iets wat deur my kop gaan is dat, sou daar 'n volkstaat geskep word (met die regering se blessing, natuurlik), sal dit gou-gou so goed gaan daar dat die res van SA in 'n slegte lig gestel gaan word. Ek dink nie die regering sal daarvan hou nie. Dit sal natuurlik ook te veel van 'n versoeking vir rowers en kriminele wees, en dit kan dan so 'n volkstaat in gedurige gevaar stel.

Soos ek genoem het - ek wonder maar net.

Ek bid vir SA - baie. Ek het famielie en vriende daar, en ek is bekommerd oor hulle.

Die Here het gisteraand vir my 'n droom gegee waarin baie mense die land verlaat - sonder die nodige dokumentasie en met amper niks. Was dit my verbeelding? Ek dink nie so nie.

Ek is jammer as ek negatief klink, maar ek voel die Here wil he ek moet hierdie dinge noem. As julle wil he dat ek liewers nie verder hieroor praat nie, se maar net en ek sal stilbly.

protea
Apr 10th 2010, 05:37 PM
Belinda,
Dit help nie om hierdie feite te ontken nie. Vir die buitewereld gaan hulle betrokkenheid by SA slegs oor 'what's in there for me'. Net soos ons beriggewing oor TV hoor ons bitter min buitelandse nuus en ons voel werklik geisolleer daarvan. Dankie vir die internet om wel daar die interessante buitelandse nuus te lees! Dis werklik soos jy dit stel of nuus van SA onder n kombers is en dood geswyg word. En as daar nuus is, word die waarheid so verdraai dat n leuen in die wereld ingestuur word. G'n wonder die buiteland dink hier loop nog leeus in ons strate nie.

Maar daar is baie lojale landsburgers wat nie die middele het om die land te verlaat nie of diegene wat kies om hier te bly soos ons. Ons GLO dat die Here ons nie maar sommer net hier kom 'dump' het aan die suidpunt van Afrika nie. Ons GLO Hy sal ons uitred as ons in ons nood na Hom roep. En ons GLO Hy sal alles tot Sy beswil laat uitwerk, hoe donker die prentjie ook huidiglik daar uitsien.

Ek dink wat julle bekommer in die buiteland is die gebrek aan nuus wat NIE sensasie is nie. En daarmee se ek nie alles is 'hunky dory' hier nie. Die buitelandse nuus verskaf nie die agtergrond om die hele prentjie in perspektief te plaas nie.

Ek praat later verder hieroor. Hier stop nou kuiermense.
Toedels

Ta-An
Apr 10th 2010, 05:55 PM
Ken julle die Eng. lied wat so gaan :

Be still and know that I AM God,
be still and know that I AM God,
be still and know that I AM God.

I AM the Lord that healeth thee,
I AM the Lord that healeth thee,
I AM the Lord that healeth thee.

In thee, O Lord, I put my trust,
In thee, O Lord, I put my trust,
In thee, O Lord, I put my trust.

:hug:

paidforinfull
Apr 11th 2010, 02:16 AM

Dankie vir jou bemoedigende antwoord, Protea. Alhoewel ek van mening is dat die Here vir sekere mense se om te emigreer, glo ek natuurlik ook dat die Here Sy kinders wat daar bly sal beskerm. Gebed is hier allerbelangrik.

Ek bid ook dat mense deur al die dinge wat gebeur na die Here draai. Ek hoor graag weer van jou.
:hug:

paidforinfull
Apr 11th 2010, 02:20 AM
Ken julle die Eng. lied wat so gaan :

Be still and know that I AM God,
be still and know that I AM God,
be still and know that I AM God.

I AM the Lord that healeth thee,
I AM the Lord that healeth thee,
I AM the Lord that healeth thee.

In thee, O Lord, I put my trust,
In thee, O Lord, I put my trust,
In thee, O Lord, I put my trust.

:hug:

My gunsteling 'naby aan God' liedjie. Is dit al ooit in Afrikaans vertaal?

protea
Apr 11th 2010, 12:56 PM
Belinda,
Dit help nie om hierdie feite te ontken nie. Vir die buitewereld gaan hulle betrokkenheid by SA slegs oor 'what's in there for me'. Net soos ons beriggewing oor TV hoor ons bitter min buitelandse nuus en ons voel werklik geisolleer daarvan. Dankie vir die internet om wel daar die interessante buitelandse nuus te lees! Dis werklik soos jy dit stel of nuus van SA onder n kombers is en dood geswyg word. En as daar nuus is, word die waarheid so verdraai dat n leuen in die wereld ingestuur word. G'n wonder die buiteland dink hier loop nog leeus in ons strate nie.

Maar daar is baie lojale landsburgers wat nie die middele het om die land te verlaat nie of diegene wat kies om hier te bly soos ons. Ons GLO dat die Here ons nie maar sommer net hier kom 'dump' het aan die suidpunt van Afrika nie. Ons GLO Hy sal ons uitred as ons in ons nood na Hom roep. En ons GLO Hy sal alles tot Sy beswil laat uitwerk, hoe donker die prentjie ook huidiglik daar uitsien.

Ek dink wat julle bekommer in die buiteland is die gebrek aan nuus wat NIE sensasie is nie. En daarmee se ek nie alles is 'hunky dory' hier nie. Die buitelandse nuus verskaf nie die agtergrond om die hele prentjie in perspektief te plaas nie.

Ek praat later verder hieroor. Hier stop nou kuiermense.
Toedels

Ta -An , waar sal ons meer bemoedig word as met so n liedjie?!

Ek gaan aan met my redenasie . Om n vb te noem van waar die media hier en oorsee die waarheid verdraai het : n Blanke boer het een van sy plaaswerkers wat besope by die werk opgedaag het beveel om op die bakkie te klim sodat hy hom tuis kon gaan aflaai want tussen al die masjienerie was hy nie net vir homself n gevaar nie maar ook vir ander werkers. Erens op pad huis toe het hy in sy besopenheid van die bakkie afgeval en is toe raakgery. Die storie wat die media toe gryp is hoe die boer HEEN EN WEER oor die werker gery het en vir weke was dit hoof nuus hier en internasionaal . n Hof het later die boer onskuldig bevind MAAR DIE MEDIA HET DIE SAAK NOOIT IN DIE PERS OF OP TV NUUS REGGESTEL NIE! Die media se beleid is : As jy nie iets negatiefs oor Blanke boere kan skryf nie, is it nie die moeite werd om te publiseer nie. En so word baie negatiewe nuus (meestal leuens) oor die blanke spesifiek die wereld ingestuur. So PFIF, glo nie alles wat jy lees nie...

Jesaja 17 : 14 lui :
Die aand nog saai die nasies verskrikking, maar voor dit more is, is hulle weg. Dit is wat sal gebeur met die wat nou ons land stroop, dit is die bestemming van die wat ons besittings plunder.

Net soos wat dit in die Ou Testament van toepassing was , maak ek dit vandag ook op ons situasie in SA van toepassing. Ons God SAL ons te hulp kom met Sy leermagte. Daaraan twyfel ek vir geen oomblik nie! Daarom kan ek vrede in my hart he wetende : My saak is veilig in God se hande!!!

Kan ek maar verder vir julle preek?
Gaan kyk na 2 Kronieke 20 se 'koning Josafat scenario' . Die koning het gesien dat al die '-iete' hom sit en 'opcheck'. Die Moabiete , Ammoniete en Mueniete het saamgespan teen Koning Josafat en in sy nood het koning Josafat tot God om hulp geroep. En luister nou na die vreemde opdrag wat die Here vir hom gee in vs 17 :

Julle hoef nie te veg nie, NEEM NET POSISIE IN en KYK na die oorwinning van die Here vir julle.

Dis so in ons menslike aard om iets te wil DOEN. Maar die toets is hier vir GELOOF! Ek glo die toets vir ons in SA is ook : Gaan julle julle eie ding doen of gaan julle God vertrou om die geveg VIR julle te wen (Onvoorskriftelik asb.....!!!)

Ons ken die verloop van die Bybel geskiedenis. Die '-iete' het letterlik aanmekaar gespring en mekaar uitgewis en omdat koning Josafat die geloofskeuse gemaak het, het hy letterlik gestaan en KYK hoe die Here die geveg in sy guns beklink.

Gaan ons in SA self iets aan die sitasie wil DOEN of gaan ons die geloofskeuse maak. Dis dalk die bepalende keuse vir ons voortbestaan in hierdie land.....!

Groetnis

paidforinfull
Apr 11th 2010, 04:17 PM
En so word baie negatiewe nuus (meestal leuens) oor die blanke spesifiek die wereld ingestuur. So PFIF, glo nie alles wat jy lees nie...

Hi weer, Protea. Ja, ek weet die pers se nie goeie dinge van boere nie, en ek glo in elk geval nie wat hulle skryf nie. Wat my pla is dat, wanneer daar wel bietjie nuus oor SA is (ek kyk meesal CNN en BBC), kan ek sien dinge gaan erg daar. Wanneer ek op die internet nuus soek, lyk die situasie baie plofbaar. Ek praat nie eers oor rasse-verskille nie, maar van kriminele bedrywighede. Dis regtig vreeslik erg!

Noudat ET op so 'n aaklige manier vermoor is, glo ek gebed is baie, baie nodig vir SA en al sy mense - veral vir die kinders van die Here, maak nie saak of hulle donker of lig is nie.

Die punt wat ek probeer maak is dat ek voel die Here se daar is mense waarmee Hy al lankal praat om uit die land uit te gaan, en hulle moet dit so gou as moontlik doen. Hoekom? Ek weet nie. Ek glo een rede is dat die hele wereld in 'n geweldige gemors is (spiritueel gesproke). Ek glo ook die Here gebruik die situasie in SA om van Sy kinders uit te kry om weer Sy Woord aan 'n sterwende wereld oor te dra.

Ek ken 'n hele paar mede Suid-Afrikaners hier in Paraguay (ons is nie meer baie wat hier oor is nie), wat werklik 'n impak hier maak. Dit gaan nie net oor SA nie, maar oor al die siele wat wereldwyd verlore gaan. Geld vir sendelinge vanoor die wereld word al hoe minder.

In elk geval, ek gaan nou van 'topic' af. Miskien sal ek 'n ander draad hieroor oopmaak.

Lekker dag vir julle almal.
B.

protea
Apr 11th 2010, 05:35 PM
PFIF,
EK bid saam met jou dat daardie mense op wie se harte die Here dit le om die land te verlaat en die Woord te gaan verkondig gehoorsaam sal wees. Dis egter die Heilige Gees se taak om vir hulle die versekering te gee dat hulle waaragtig deur die Almagtige God geroep word tot diens buite ons land se grense. En dit kan slegs hulle by ons Vader gaan hoor.

Ek lees vandag dat daar so baie kansellasies vir die wereldbeker is a.g.v. die misdaad en veral ook nou met ET se moord wat al die toegesmeede misdaad weer oopgeruk het. Maar dat ons op n kookpot sit is nie weg te redeneer nie.

Ten spyte van al die slegte nuus: My Koning Jesus sit nog al die tyd op die troon en sal ALLES tot Sy eer laat gebeur!

Groetnis

paidforinfull
Apr 11th 2010, 07:26 PM
PFIF,

Ten spyte van al die slegte nuus: My Koning Jesus sit nog al die tyd op die troon en sal ALLES tot Sy eer laat gebeur!

Amen en amen!

Blessings.
B.