PDA

View Full Version : Voorbidding asb



Willem
Apr 12th 2010, 07:10 PM
HI Julle,:hug:

gaan weer Greytown toe die naweek en wil graag vir voorbidding vra . Een opegte gebed kan berge versit.:pp

Ek weet Hy sal ook daar wees omdat ons in Sy naam bymekaar sal wees.:pray::cry::D

Wat ek voor vra,dat julle asb vir ons in gebed dra dat dit alles slegs tot Sy eer sal wees ( die hele naweek en alle gevolge en uitvloeisels daarvan ) en dat ons slegs Sy wil en Sy Gees se leiding sal kry.:pray:


Groete
Willem

Johnny
Apr 13th 2010, 06:05 AM
Willem, wat is die aangeleentheid as ek mag vra?

Die Filadelfieer
Apr 13th 2010, 06:40 AM
Willem, ek weet dat daar nie net een opregte gebed gaan wees nie, maar honderde duisende.
Die lelike dinge in die land het die fokus vir so baie mense geskuif dat ons weer terug geruk moet word , ek glo MMC2010 gaan dit doen vir baie, baie mense.
Geniet dit, ek bid dat die naweek die Here se sŽen weg sal dra, en dat wonde genees word wat net God kan gesond maak.

Johnny
Apr 13th 2010, 07:30 AM
Dankie Fila, jy het sommer my vraag beantwoord. Ek moes geweet het toe ek "Greytown" sien.

Willem
Apr 13th 2010, 05:04 PM
Jong sommer vandag opgewonde geraak, my oom en neef gaan en dan is die hele familie geraak en as wat met my en pa en en gebeur het is die gebed van 3 jaar terug verhoor!

Vriendin by werk my hart ook laat juig, want haar man en die drie wat vir hom werk maak winkel toe om te gaan..

Dankie Fila, Hy genees nie net wonde nie maar maak vry , drank , dwelms , pornografie , haat ... ek weet persoonlik van al die wat Hy verlossing van gebring het vir mans en nuwe mense wat huis toe gegaan het.

P.S sien draad oor ware Jesus wat ek moet pos, dis van Reinhardt Bonke af... facebook en toe se die man iets wat ek oor wonder

Johnny
Apr 14th 2010, 10:36 AM
"Raised From The Dead" by Reinhard Bonnke
Oh Really?
by Sandy Simpson

:hmm:

http://www.deceptioninthechurch.com/bonnke.html
http://www.deceptioninthechurch.com/bonnke2.html

Son of the South
Apr 14th 2010, 11:06 AM
Hi Johnny,

Interessante skakels en om die minste daaroor te sÍ: "Ek ruik 'n rot."

Is jy egter seker jy het dit onder die regte draad geplaas? Ek sien nie dadelik die verband tussen jou plasing en 'n versoek vir voorbidding nie?

Johnny
Apr 14th 2010, 11:55 AM
Hi Johnny,

Interessante skakels en om die minste daaroor te sÍ: "Ek ruik 'n rot."

Is jy egter seker jy het dit onder die regte draad geplaas? Ek sien nie dadelik die verband tussen jou plasing en 'n versoek vir voorbidding nie?

Het dit net geplaas omdat Willem na hom verwys in sy vorige pos.

Son of the South
Apr 14th 2010, 12:29 PM
Ah, so jy sÍ Willem ontspoor sy eie draad. In daai geval ontspoor ek dit sommer ook:

Ernstig: Sal julle asb. voorbidding doen vir almal wat niť hierdie komende naweek Greytown toe kan gaan nie. Vra vir veiligheid en rustigheid in ons landjie en dat almal 'n nabyheid van God sal beleef en die grootheid van Sy genade sal sien. :pray:

Johnny
Apr 14th 2010, 01:15 PM
Ah, so jy sÍ Willem ontspoor sy eie draad. In daai geval ontspoor ek dit sommer ook:

Ernstig: Sal julle asb. voorbidding doen vir almal wat niť hierdie komende naweek Greytown toe kan gaan nie. Vra vir veiligheid en rustigheid in ons landjie en dat almal 'n nabyheid van God sal beleef en die grootheid van Sy genade sal sien. :pray:

Het vir jou ietsie ge e-pos. Lekker lees.

Willem
Apr 14th 2010, 10:08 PM
Hi Johnny,

dankie vir link, het gelees en sal later bietjie research, het al die website gerbruik as ek reg onthou en sal regtig jammer wees.

Vraag oor die word faith ouens, hulle glo God genees nog, doen ons? ( se nie noodwendig ons is reg nie, miskien eerder dat hulle sukses behaal omdat die kerk nie lsuiter na Woord nie => Jas 5:13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.
Jas 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
Jas 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
Jas 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van Ďn regverdige het groot krag.
Jas 5:17 ElŪa was Ďn mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reŽn nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereŽn nie;
Jas 5:18 en hy het weer gebid, en die hemel het reŽn gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

protea
Apr 15th 2010, 02:42 AM
Dis min dat ek SO vroeg op die forum is...... My man is nou net saam met 24 van ons omgewing weg MMC toe. EK bid dat die Here hulle almal spesiaal sal aanraak .Die rede hoekom hulle gaan is om as manne van SA te gaan verklaar: Ons hoop is op Jesus die enigste Verlosser van die wereld! My bede is dat hulle ook sal verklaar soos n Josua van ouds : Ek en my huis, ek en my volk, ONS SAL DIE HERE DIEN!

Die Filadelfieer
Apr 15th 2010, 06:33 AM
Dis min dat ek SO vroeg op die forum is...... My man is nou net saam met 24 van ons omgewing weg MMC toe. EK bid dat die Here hulle almal spesiaal sal aanraak .Die rede hoekom hulle gaan is om as manne van SA te gaan verklaar: Ons hoop is op Jesus die enigste Verlosser van die wereld! My bede is dat hulle ook sal verklaar soos n Josua van ouds : Ek en my huis, ek en my volk, ONS SAL DIE HERE DIEN!

Amen Protea. Hoe kan hierdie gebede NIE verhoor word nie ? Soos ek vroŽr geskryf het, het so baie dinge gebeur in die laaste paar weke wat die mense se fokus weg geskuif het van dit wat rerig belangrik is, soveel so dat ek nie meer vir 'n oomblik wonder oor die satan se hand daarin nie.

SA se mense het nou 'n MMC nodig soos nog nooit tevore nie. Sa se mense het nou vir Jesus nodig soos nog nooit tevore nie.
Sa se mans het nou nodig om die juk van vrees en spanning wat ons almal vasgevang het finaal af te gooi en die toekoms, en wat dit ookal vir ons inhou, vol in die oŽ te kyk, en uit volle bors te erken : Met my God loop ek 'n bende storm, met My God spring ek oor 'n muur !
Daar is niks meer om voor bang te wees nie. God hou ons styf vas in Sy hand.

protea
Apr 15th 2010, 05:15 PM
Hallo Fila,
Jou woorde is voorwaar pleisters vir die gees OMDAT dit woorde is wat Jesus sou gebruik het in hierdie tydsgreep in ons land se geskiedenis. Daar kom so n vrede oor my wat werklik alle verstand te bowe gaan. Ek WEET en GLO my God is in beheer al lyk die wereld erg onderstebo. Ek VERTROU dat Hy alles ten goede sal laat meewerk.

Ons tuis DRA letterlik ons mans op pad in die gebed op aan die Here God. Vandag het ons motor se outmatiese ratkas 2 keer in 1e en 2e rat vasgehaak . Dan moes hulle in daardie genoemde ratte ry tot by n Merc garage wat op die rekenaar kyk waar die probleem le. Toe was daar n 'virus' op die ratkas se rekenaar en in n japtrap is hulle toe weer weg om net weer te gebeur. En daardie voertuig is in n PUIK kondisie hier weg. Die bo-natuurlike aanslag is ontsettend sterk om daardie manne se planne om MMC toe te gaan te fnuik, MAAR hulle hou nie rekening met my God nie wat ALLES ten goede laat meewerk!!!Ons glo die Here beplan n wonderlike ontmoeting met hulle by die MMC!

Ta-An
Apr 16th 2010, 06:54 PM
Mag die Here die gebede van Sy kinders hoor en hulle antwoord soos Hy dit gedoen het met 16 Des. Bloed Rivier se tyd..... :pray:

protea
Apr 17th 2010, 02:41 PM
My hubby hulle het toe veilig daar aangekom . Die ratte het die derde keer in vierde rat vasgehaak , maar ek GLO daar sal nie n sweempie van n probleem wees met hulle terugkeer nie. Hubby se daar was teen middagete al 480 000 mans wat klaar geregistreer was en toue was nog in aantog. Die kans is baie goed dat hulle die half miljoen merk kan bereik. Die Here is besig om deur ons mans ons nasie aan te raak op n geweldige groot skaal, WANT ONS HERE JESUS IS GROOT! Hoe dan anders?! Alle eer aan Hom wat in ons mans se harte werk om n volk se fokus op Hom te vestig!

Ta-An
Apr 17th 2010, 03:26 PM
Die kamp gronde (http://www.mmc10.co.za/gallery?func=viewcategory&catid=12)
Ai man, mag hulle veilig terug ry :pray:

protea
Apr 18th 2010, 06:27 AM
Dis AWESOME fotos! Dankie daarvoor en ook vir jou gebede vriendin. Ons bid dat ALMAL veilig sal terugkeer na hulle families toe!
Die fotos moes redelik onlangs opgesit gewees het want gistermiddag etenstyd was hulle nog nie op die Shalom ww nie. Die elektronika is darem net wonderlik ne?!

Die Filadelfieer
Apr 19th 2010, 06:15 AM
Ek sal graag terugvoer wil hoor van die manne wat daar was, die ding wat my die meeste opval van hierdie jaar se MMC is hoe die hoofstroom pers die byeenkoms probeer "downplay". Ek lees dinge soos die 100de duisende wat beskryf word as "tienduisende" , "daar was nie soveel mans soos verwag nie", ensovoorts, terwyl die mense wat daar was heeltemal 'n ander storie vertel. My swaer was in die tou tussen Harrysmith en Greytown : dit is 'n tou voertuie van oor die 100 km lank !

Johnny
Apr 19th 2010, 11:49 AM
Die kamp gronde (http://www.mmc10.co.za/gallery?func=viewcategory&catid=12)
Ai man, mag hulle veilig terug ry :pray:

Ek het gaan kyk na die foto's. Man......daar is BAIE MANNE. Ek was al menigmaal op die Berg van Saligspreking daar by die See van Galilea. Ek glo nie eers Jesus het op Sy dae so BAIE aanhangers gehad nie.

Markus 6:44 "En die wat van die brood geŽet het, was omtrent vyf duisend manne. "

Son of the South
Apr 19th 2010, 11:55 AM
Ek het gaan kyk na die foto's. Man......daar is BAIE MANNE. Ek was al menigmaal op die Berg van Saligspreking daar by die See van Galilea. Ek glo nie eers Jesus het op Sy dae so BAIE aanhangers gehad nie.

Markus 6:44 "En die wat van die brood geŽet het, was omtrent vyf duisend manne. " Hoeveel manne daar presies was en hoeveel van hulle erns met God gemaak het sal ons nooit weet nie, maar ek kan jou verseker dat Jesus op daardie dag (waar die fotos geneem is) BAIE aanhangers gehad het.

Johnny
Apr 19th 2010, 11:57 AM
Hoeveel manne daar presies was en hoeveel van hulle erns met God gemaak het sal ons nooit weet nie, maar ek kan jou verseker dat Jesus op daardie dag (waar die fotos geneem is) BAIE aanhangers gehad het.

Dit is nou waarlik vir jou goeie nuus.

Willem
Apr 20th 2010, 10:58 PM
Hi,

weer terug in God se provinsie ( GP ) en paar goete deel..

1. die vrede .. was rustig gewees, paar ouens met rooimiere, maar atmosfeer was rustig.... vriendelik gemoedelik, dis wit swart bruin indier deurmekaar en oral saam gekamp.
2. mense wat sommer net help en raad gee ... waar is die storte? die' een is naaste en "O" derde kraan is die een met warm water rofl
3. mense het familie tussen al die' baie opgespoor, vriende, my swaer en sy oudste ( wat ek nie eens gedink het dit sou kon maak nie ) het ek by verbygeloop 5 voet van hulle af ... gereeld dit gesien , iemand wat iemand ken en groet
4. die baie pa en seun of broers wat saam gestaan het hand om lyf Saterdagaand
5. die hande vat as broers... sonder enige ander str***** hoe vreemd die ouens ook al was
6. ou ooms wat gesmile het oor jong laaities wat gespring het ( soos by rock konsert ) terwyl hulle sing en aanbid
7. dan die perfekte goete : Alle eer aan Jesus, dis net Hy alleen wat al die glorie kry, Hy is die weg en die waarheid, Hy het opgestaan en lewe, Hy kom weer, as jy ploeg en omkyk loop jy nie in geloof nie en gaan jou land 'n gemors wees... as hand aan ploeg slaan en omkyk ( ek verstaan nou ) Just shall walk by faith -- vier jaar later maar ek HET dit ( dankie Here ) , soos jy is so sien jy ( wat die hart van vol is loop mond van oor ) is jy vol van Here, sien jy Hy is in beheer, is jy nie, gaan jy die wereld in chaos sien... waiting on God... 'n waiter/butler bedien sy Heer, hy is nederig en doen wat sy Heer vra. Watchmen of the house ( die tema ) blaas die basiun ( alarm ) maak die mense wakker oor verhouding met Here, sorg dat jou huis en gesin Hom ken.. vertel mense van wat Hy vir jou gedoen het ( one hungry beggar showing another hungry beggar where to find food .... verstaan die ook nou dis hoe evangelie verkondig werk , ek se vir jou hoe wonderlik Here is en hoe lief Hy ons het )

8. die minder goed.. paar drade wat gebreek is, mense wat rommel gelos het, ons ongeduld in verkeer ( het die beslis nodig gehad, vriend het by teerpad gekom na Mooi Rivier en toe staan tou Sondag met terugkom , Delores se toe 40km N2 toe ( gps = Delores die ingilse antie 8-) ) toe ry hy ma Greytown Weenen Colenso oor. Maar self met die was dit goed, niemand het road rage uitgepak nie ...

9. die Funny en AWESOME.. om in Wimpy te hoor Amen, en die hele plek hop soos almal saam AMEN! getuiens ! want AMEN = SO IS DIT = Christen wees
10. om die Amen te hoor eggo oor die vlaktes.... tot SY eer alleen .... priceless

Willem
Apr 20th 2010, 11:02 PM
Die regverdig sy eie post!
amper verbatim gesprek vandag by werk!

My man was ook die naweek daar. Hoe het hy dit geniet? Baie, hy is ander mens vandat hy terug is. ( en daai girl se oe blink AMEN! )

Julle wat baie weet en dogma en teologie ken, dis tyd, julle moet die skape laat wie en vir hulle lei , daar is baie nuwe lammers !
Net een ding asb ouens, wees leif vir die skape en werk saggies met hulle soos Ons Herder ook met ons doen.

protea
Apr 21st 2010, 07:40 AM
Hier in die Suid-Kaap is al die manne ook veilig tuis na 2 nagte se deur ry met die opgaan en terugkom. Dis my man se 3e MMC en as my man wat n BAIE sterk introvert is, vir jou met trane in sy oe kom vertel van die sy ervarings, spreek dit baie harder as die sterkste woorde....

Angus se reaksie oor hoeveel manne daar was het my so laat dink aan Koning Dawid wat n sensus gehou het sonder om God se goedkeuring te kry. Die uiteinde van Dawid se hoogmoedige hart was dat daar 70 000 manne gesterf het. Angus se woorde was weer : Ek is nie geinteresseerd om die syfers te weet nie!!! (Tear up the paper!) AL WAT BELANGRIK IS, IS DIE NUWE BEKEERLINGE WAT TOT JESUS SE KUDDE TOEGEVOEG IS! So spreek n nederige hart....

Johnny
Apr 21st 2010, 08:01 AM
Ek bid soos julle dat mense wat hulle harte opreg vir Jesus gegee het sal VOLHARD tot die einde toe. Regtig....ek bedoel dit!:pray:

Research suggests that ďFaith Has a Limited Effect On Most Peopleís Behavior.Ē Another words, by the behavior of many Christians, it is hard to tell they are really Christians. Many are finding a large portion of high school graduates who make decisions for Christ prior to graduating high school are leaving our churches. ďDawson McAllister, national youth ministry specialist, remarked that 90 percent of youth active in high school church programs drop out of church by the time they are sophomores in college.Ē[1]

Other research suggests at least three-quarters of students who have once professed faith in Christ, fall away from the faith within two years after graduation (From a 2001 report to the SCB Executive Commitee, and the 2002 Report to the SBC Council on Family Life). These reports indicate 70 to 90 percent of churched children are leaving the church. Some may want to label once professing Christians as ďbacksliders.Ē However, the evidence may also suggest that many have never slid forward in the first place.

http://gospelplantedlife.com/2009/12/07/are-there-problems-with-todays-gospel-part-1/

Willem
May 3rd 2010, 09:08 PM
Hi Johnny,

miskien le die verskil by " making a decision for Christ" en "church programs" vs God ontmoet en uit genade gered word.....
Dis wat ek ondervind het... tussen klomp mans was ek skielik alleen voor God ( in my hart het ek NET GEWEET ... God is GOD en ek is vuil sondaar met lewe wat die hel verdien ) dit was dit .....

programme kan dit nooit doen nie, tog... as ons saam bid en saam vergader in Sy Naam is Hy by ons en dan kan Hy werk terwyl ons getuig en Hom verkondig.. dis immers Sy Gees wat ons oortuig en bekeer nie so nie?
Persoonlik dink ek dis Angus se opregte soeke na Sy wil en die "liggaam van ons Here" saam met hom wat almal saam bid en op die Here vertrou en dat God hulle geloof en gebed verhoor.. om siele te red en mense na God te lei... vraag vir elkeen van ons is, het ek al vir enige wildvreemde mens vertel van die Here en wat Hy vir jou gedoen het?

Johnny
May 4th 2010, 05:43 AM
Hi Johnny,

miskien le die verskil by " making a decision for Christ" en "church programs" vs God ontmoet en uit genade gered word.....
Dis wat ek ondervind het... tussen klomp mans was ek skielik alleen voor God ( in my hart het ek NET GEWEET ... God is GOD en ek is vuil sondaar met lewe wat die hel verdien ) dit was dit .....

programme kan dit nooit doen nie, tog... as ons saam bid en saam vergader in Sy Naam is Hy by ons en dan kan Hy werk terwyl ons getuig en Hom verkondig.. dis immers Sy Gees wat ons oortuig en bekeer nie so nie?
Persoonlik dink ek dis Angus se opregte soeke na Sy wil en die "liggaam van ons Here" saam met hom wat almal saam bid en op die Here vertrou en dat God hulle geloof en gebed verhoor.. om siele te red en mense na God te lei... vraag vir elkeen van ons is, het ek al vir enige wildvreemde mens vertel van die Here en wat Hy vir jou gedoen het?

Willem, persoonlik glo ek ook dat dit Angus se hartsbegeerte is. En soos jy se, ons almal staan ALLEEN voor God die dag as Hy jou op jou kniee bring in ware berou. Net HY kan red.

Willem
May 9th 2010, 08:01 PM
En soos jy se, ons almal staan ALLEEN voor God die dag as Hy jou op jou kniee bring in ware berou. Net HY kan red.

AMEN! en ek is so dankbaar dat Hy doen en as ek mag getuig, gisteraand raak ek toe skoon opgechoke toe ek besef Hy het my gebed vir al die mans in my familie ( beide my en vrou se kante ) om by Angus, maar meer belangrik by Hom to kom verhoor! ek wil net tjank as ek dink hoe goed Hy vir ons is en hoe getrou en hoe lief Hy ons het en genade gee en red en vertroos en herstel ... daar is net een GOD! Kom Here kom!

Johnny
May 10th 2010, 06:17 AM
God is die een wat wonders doen. Mense kan nie red nie, maar ons kan en moet die evangelie uitdra sodat mense gered KAN word.