PDA

View Full Version : Nuwe mens-aap oorgangspesie gevind ?



Die Filadelfieer
Apr 14th 2010, 07:32 AM
Die meeste van ons het reeds die berigte gelees rondom die fossiele van 'n voorheen ongekende mensagtige of "homonoid" spesie wat in die Malapa grotte sowat 40 km van Johannesburg gevind is. ( BERIG (http://www.news24.com/SciTech/News/New-humanoid-species-found-20100408) )

Die eerste ding wat mens opval is die bemarking wat rondom hierdie fonds gedoen word : dit is finominaal om te sien hoeveel geld deur veral WITS en die regering in hierdie ding gepomp word. Wat 'n mens kon sien van die bekendstelling aan die publiek was absoluut "mind-blowing" , en baie goed gedoen : ek dink mens kan maar krediet gee aan die persone wat hierdie bemarkingsveldtog beheer : hulle weet wat hulle doen.

Ek dink mens moet ook in alle eerlikheid sÍ dat kreatonis-wetenskaplikes nog nie werklik die geleentheid gehad het om die gebeentes in detail te bestudeer nie, en soos hierdie AIG skrywe (http://www.answersingenesis.org/articles/2010/04/10/news-to-note-04102010)tereg opmerk :



Creationists, in particular, do not routinely have access to such finds until much time has passed, preventing an investigation based on the biblical perspective.


Mynsinsiens moet dit duidelik gemaak word dat die mense wat glo dat die letterlike skepping soos vervat in Genesis waar is, nog altyd van mening is dat hierdie spesifieke fondse van mens-ape, of aap-mense, of verlore skakels, of watookal dit genoem word deur die hoofstroom wetenskap, in slegs drie groepe kan val, naamlik OF mens, OF dier (aap) , OF 'n liegstorie. (hoax) . Ek sit spesifiek die derde by aangesien daar so baie voorbeelde hiervan in die geskiedenis is.

Bogenoemde artikel (http://www.answersingenesis.org/articles/2010/04/10/news-to-note-04102010)begin met die kommentaar :



Is it time already for the announcement of yet another alleged ďmissing linkĒ? Apparently so!


en gaan dan voort om te wys dat daar alreeds onsekerheid bestaan oor die presiese klasifikasie van die gefosileerde bene wat gevind is : is dit nou klasifikasie Homo of Australopithecus ? Ek glo dat die politiek waarin hierdie fonds vasgevang is eerder sal seevier as die waarheid, maar kom ons kyk maar of die geskiedenis homself gaan herhaal.

Ek glo ons moet egter vasstaan by een waarheid, soos wat hierdie artikel (http://www.answersingenesis.org/articles/2010/04/09/rewriting-human-evolution-again)tereg afsluit mee :



As creationists, we can be confident of one thing: the Creator God created humans distinct from all animals, and we were made in His image and not from an ape-like creature (Genesis 1).


Besef julle dat hierdie waarheid nog nooit impiries verkeerd bewys kon word nie ?

Willem
Apr 14th 2010, 10:04 PM
Het Oom Fila dalkies die lys van die vorige hoaxes? Met skoonma wat my boek het gaan dit lank vat om al die mp3's te luister en lys te kry, maar as ek reg onthou is 6 uit 10 ongeveer hoaxes en die ander van 2 of 3 stukke been afgelei

Die Filadelfieer
Apr 15th 2010, 07:33 AM
Hier (http://www.answersingenesis.org/Docs/263.asp)is 'n artikel wat die sogenaamde "bewyse" van ons afstameling van ape lys Willem.

Ek hoor oor die nuus vanoggend dat die Wits wetenskaplikes al hoe meer teenstand begin kry oor hulle beweringe rondom die fossiele, nou ook vanuit sekulÍre kringe in Amerika, waar hulle besig is om rond te toer op die oomblik. Dit wil vir my voorkom asof Australopithecus sediba PRESIES dieselfde paadjie gaan stap as Australopithecus africanus, wat 'n groot eier in die gesigte van Suid afrikaanse evolusiniste en veral die SA regering geraak het. (Vir die van julle wat nie weet nie : die dermiljoene wat geblaas is op Maropeng en "die wieg van die mensdom" (http://www.maropeng.co.za/)is gemors op 'n leun, gebore uit ons eie regering se absolute behepteid met evolusie.... BRON (http://www.answersingenesis.org/creation/v16/i1/taung.asp) )

Die Filadelfieer
Apr 15th 2010, 07:52 AM
Met die her-lees van die oorspronklike News24 artikel (http://www.news24.com/SciTech/News/New-humanoid-species-found-20100408)kom ek op 'n interesante gedeelte af :


Paul Dirks of James Cook University in Australia, who also worked on the study, said he and a team of researchers from around the world identified the fossils of at least 25 other species of animals in the cave, including sabre-toothed cats, a wildcat, a brown hyena, a wild dog, antelopes and a horse.


25 spesies waarvan die meeste wat genoem is vandag nog bestaan, op dieselfde plek as hierdie "oer" gebeentes ? Dit blyk nog 'n probleem te wees vir die stellings wat rondom die fonds gemaak is.

RR van Wyk
Apr 15th 2010, 08:11 AM
En dit wil voorkom of daardie oer aapspesie STEEDS bestaan....Of ten minste oermentaliteit...

Son of the South
Apr 15th 2010, 08:15 AM
KENNISGEWING: Moenie die evolusioniste voer of terg nie.

Fila, ek geniet hierdie draad van jou baie. Goeie werk!

chisel
Apr 15th 2010, 05:21 PM
Dankie vir die artikels, Filadelfieer. My vrou het nou die dag juis vir my hiervan vertel so eks is bly dat ek op hoogte kan kom met die nuutste evolusionÍre stories.

Iets wat my altyd opval is die spekulatiewe aard van ewolutionere 'wetenskap'. Ek weet news24 is nou nie juis 'n wetenskaplike joernaal nie, maar ek wonder tog wat presies hierdie ontdekking so spesiaal maak?
Ek meen, wat het ons hier:

a) 2 miljoen jaar oud (volgens evolutionÍre datterings metodes) Niks spesiaals daarmee nie.
b) Die bene suggereer dat die dier regop geloop het....suggereer.
c) Dis is "highly transitional". Hierdie is 'n baie wye term. Wat presies maak iets "highly transitional" maar tog nie 'n verlore skakel nie? Hierdie is marketing speak.
d) Dit het lang arms soos 'n aap. Let wel die woordkeuse "soos 'n aap". Om die indruk te skep dat hierdie nie net 'n plein aap is nie, maar eintlik is daar niks spesiaals hieraan nie.
e) Kort kragtige hande.....soos 'n aap.
f) Lang bene (relatief gesproke, neem ek aan) waarme die aap moontlik kon hardloop...moontlik.
g) Gevorderde pelvis. Wat presies maak 'n pelvis "gevorderd"? Weer eens ewolutionÍre marketing speak.
h) Brein grootte is 'n kwart van die van 'n mens. Waarom word die ding se brein vergelyk met die van 'n mens? Heel moontlik om die indruk te skep dat hierdie ding nog nie mens is nie, maar oppad is na menswees toe. Die realiteit is dat hierdie dier 'n aap se brein het. Niks spesiaals as mens dit met ander ape vergelyk nie. Om dit mens 'n mens brein te vergelyk is nou nie juis goeie wetenskap nie, maar wel goeie propaganda.

So, ons het 'n lang-armige, kort handige, stomme aap met 'n gevorderde pelvis? So what? Wat is so uniek hieromtrent? Waaroor al die bohaai?

Is dit wat twee jaar se navorsing deesdae oplewer? Vae spekulasies...Romantisisme sonder substansie. Waar is die wetenskap?

Ek stem saam Filadelfieer, net nog 'n soort aap. Al die bewyse dui daarop.

PS. My vrou wonder of hierdie nie 'n bietjie sokker wÍreldbeker bemarking is nie. Die geraamtes is immers alreeds in 2008 ontdek. Waarom nou skielik die bohaai? Ek meen as mens na nie bevindinge kyk lyk dit nou nie juis na twee jaar se intensiewe ondersoek nie.
Maar ek is seker Maropeng is nietemin nogals dankbaar vir die publisiteit kort voordat die toeriste hier aankom.

Die Filadelfieer
Apr 16th 2010, 06:28 AM
Chisel,
Jy som die storie baie mooi op, alhoewel ek meer van jou ringtailed lemur vs. Elvis Presley opmerking gehou het ! :)

Ek dink jou vrou is heeltemal reg, ek het nie daardie koneksie gemaak nie maar ek stem heeltemal met haar saam : die bemarkingsmasjien moet nou momentum behou, ek glo die onderhoud op Maropeng is erg duur.

Johnny
Apr 19th 2010, 08:23 AM
Enige bevindings ouer as 6000 jaar is buite Bybels en onwaar. Die Skepping is net 6000+ oud en ons is reeds in die begin van die 7000ste jaar. Net nog 'n poging van satan om die mens van God en Sy Skepping af weg te rokkel. Ek steur my nie eers aan hierdie fee verhale nie.

chisel
Apr 24th 2010, 05:06 AM
Dr Carl Wieland (CMI, AustraliŽ) het onlangs deelgeneem aan ’n SAfm radiobespreking oor die jongste fossielvonds. Ander deelnemers was prof Francis Thackeray, Direkteur, Instituut vir Menslike Evolusie, Universiteit van die Witwatersrand, en Dr Louw Alberts,’n afgetrede fisikus wat voorgestel is as ’n toegewyde Christen.

http://creation.com/australopithecus-sediba-sa-radio-broadcast

Ek dink Dr. Wieland som dit goed op met die woorde, "This isn't a question of science versus religion, but rather the science of one religion, the Biblical Judeo-Christian religion, versus the science of another religion, scientific naturalism: that things basically made themselves".

Willem
Apr 27th 2010, 08:58 PM
So, ons het 'n lang-armige, kort handige, stomme aap met 'n gevorderde pelvis? So what? Wat is so uniek hieromtrent? Waaroor al die bohaai?

:idea:

Ek ken die een!

dis die bibliotekaris van Unseen University van Discworld faam....daar was ongeluk en toe word hy eorang-oetang en wou nie weer terug vernader nie want hy kan hom in die publiek krap sonder dat mense skeef kyk....:lol: Oooook!

Dis fiksie wat ek vorige lewe gelees en baie geniet het.... ek het onder andere geleer dat ek alle tale magtig is ... ek kan in almal van hulle skree :rofl:

Die Filadelfieer
Apr 29th 2010, 06:48 AM
:idea:

Ek ken die een!

dis die bibliotekaris van Unseen University van Discworld faam....daar was ongeluk en toe word hy eorang-oetang en wou nie weer terug vernader nie want hy kan hom in die publiek krap sonder dat mense skeef kyk....:lol: Oooook!

Dis fiksie wat ek vorige lewe gelees en baie geniet het.... ek het onder andere geleer dat ek alle tale magtig is ... ek kan in almal van hulle skree :rofl:


Ek is nou nog 'n Discworld aanhanger Willem ! Ek dink oom Terry kry dit reg dat ons vir onself ook kan lag, wat nooit 'n slegte ding kan wees nie. :)

Willem
Apr 29th 2010, 08:53 PM
Ek is nou nog 'n Discworld aanhanger Willem ! Ek dink oom Terry kry dit reg dat ons vir onself ook kan lag, wat nooit 'n slegte ding kan wees nie. :)

Weet, probleem was ek het begin versamel en erg begin raak oor discworld en kon goed aanhaal ..... kon nie uit Woord aanhaal nie, so MY prioriteite was verkeerd ! Terloops lspace het uitstekende lys van quotes uit reeks ( sien na 3 jaar is dit nog net daar in kop )