PDA

View Full Version : Oppas dat jy nie val nie!



Johnny
Apr 21st 2010, 01:05 PM
1 Korinthiers 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Baie van ons het seker al een of ander stadium gese: “Dit kan nie ek wees nie!” Tog dink ons almal op die forum dat ons siening in ‘n mindere of meerdere mate reg is. Ek hoor julle al: “Ja……veral jy Johnny!”

Ek vra die Here elke dag juis dat dit nie die geval moet wees nie…..dat ek NIE in hierdie strik sal val nie. As ‘n mens dinge aan die Woord meet, dan kan dit maklik lyk of dit die geval is, dat ander sal dink jy sondig nooit, of sit nooit ‘n voet verkeerd nie. Jy dik jy is altyd reg, ens.


Romeine 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
Romeine 2:2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
Romeine 2:3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

Dat ons verskil op die forum is beslis ‘n feit. As ek dus verkeerd is in my sienings dan beteken dit dat iemand anders reg (of so mag dink) moet wees. Dit gebeur baie min dat almal saam stem oor ‘n onderwerp…..dus iemand moet reg wees en iemand moet verkeerd wees. Die manier hoe ek praat laat dit lyk asof ek ALTYD dink ek is reg. Dit is nie waar nie. Die probleem dink ek le daarin dat weinig my aanvat met Skrif waar ek Skrif gee.
Ons staan ALMAL in sak en as voor die Here. Ons sal elkeen self eendag voor die Here verantwoording doen. Gestel een van julle sien dat ek met verkeerde lering of dinge besig is, en julle vermaan my nie, dan sal julle aan God moet rekenskap gee hoekom julle dit nie gedoen het nie, want ek kan dalk in die hel beland a.g.v daarvan. Dit is nie lekker om dinge vir mense te se as jy weet jy gaan teenstand kry nie, of as jy weet hulle gaan dit nie aanvaar soos wat jy wou he hulle moet nie, en tog doen jy dit, want jy weet dat jy dalk eendag skuldig voor God kan staan. Meer nog, jy doen dit omdat jy NIE wil he dat ‘n mede broer of suster verlore moet gaan nie. Vir my bestaan daar nie ‘n ding soos “Eenkeer gered altyd gered nie”.
Ek glo dat ek my saligheid kan verloor….of jy. Baie sal nie saam met my stem nie. Wat ek wil se met hierdie plasing is dat ek NIE dink ek altyd reg is nie. Ek vermaan liewer te veel as te min…..en ek verwag dat ander dit met my ook sal doen. Ek ondersoek liewer alles as wat ek alles opslurp vir die waarheid, maak nie saak wie dit is nie, of dit nou Angus, die Pous of my eie gemeente is.

2 Timoteus 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2 Timoteus 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlę, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
2 Timoteus 4:3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
2 Timoteus 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
2 Timoteus 4:5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Sal ons vashou aan die Woord!

Titus 1:9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlę.
Titus 2:1 Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.

Mag ek NOOIT dink ek is beter, slimmer, wyser of verhewe bo ander op die forum nie, maar mag ek ALTYD na die WAARHEID streef.....want ook EK kan val!