PDA

View Full Version : MMC2010: God glimlag, satan is die duiwel in



Son of the South
Apr 30th 2010, 01:54 PM
http://www.krant.co.za/index.php?opt...mid=71&lang=en (http://www.krant.co.za/index.php?option=com_lyftenbloggie&view=entry&year=2010&month=04&day=29&id=3%3Ammc2010-god-glimlag-satan-is-die-duiwel-in&Itemid=71&lang=en)

Na raming het tussen 250 000 en 300 000 mans verlede naweek die Mighty Men Konferensie: 2010 op die plaas Shalom buite Greytown bygewoon wat deur die evangelis Angus Buchan gelei is. Chris Smith, Krant se sportredakteur, het dit bygewoon.

Hoe was die naweek? Vra almal wat jou sien nadat jy die naweek by die MMC 2010 was.
Dit was eenvoudig, kan ‘n mens antwoord. ‘n Gewone boodskap van God deur ‘n gewone boer aan 250 000 gewone mense.
‘n Boodskap van hoop vir Suid-Afrikaners. ‘n Tik op die vingers van al die mans wat daar was om hul huise in orde te kry. Om beheer van hul huise te neem (nie doodgewoon baasspelerig te wees nie). Om goeie pa’s vir hulle kinders te wees en hul vroue soos prinsesse te laat voel.
Om op jou knieë te gaan as jy hulp nodig het. Om doodgewoon antwoorde op probleme in die Bybel te soek.

Soos in 2009 was ek nie teleurgesteld nie. Dit was nog beter en lekkerder en duisende mans het hul harte vir die Here gegee. Wat kon dan skeefloop?
Ek was geskok toe ek na die naweek mense se kommentaar lees. Gelukkig het ek dadelik besef dat nie een van die duisende wat negatiewe kommentaar lewer, self daar was nie.

Buchan was weer gekruisig vir vals leerstellings, hy is te ‘eenvoudig’ en onopgelei om God se woord uit te dra, hy beïnvloed mans om beheer oor hul huise te neem en daardeur hul vroue te onderdruk, hy bied net die naweke aan om miljoene daaruit te maak omdat sy boerdery nie suksesvol is nie.
Buchan word na die naweek weer beledig as die eenvoudige boer wie se boerdery nie goed doen nie en nou oes hy “koolkoppe” wat elk R150 betaal om die naweek op sy plaas bymekaar te kom.

Nou vermenigvuldig hulle R150 met 250 000 mense en sien Buchan het byna R40miljoen gemaak.
Ek sidder om te dink wat die kostes is wat Buchan en die trustees aangegaan het om hierdie naweek moontlik te maak.
Afgesien van die verhoog, klankstelsels en massiewe grootskerm-televiestelle wat honderde duisende rande, dalk miljoene moes kos om op te rig, is minstens 250 000 grasbale gebaal wat as sitplekke kon dien. Altesaam agt kilometer se waterpype is aangelê met 2800 sit-toilette en 2500 storte! Voorts word die buurplase se eienaars vergoed vir hul grond waarop hulle nie kan plant nie en waar die besoekers hul tente opslaan.
Gelukkig is daar ‘n eenvoudige boer wat ‘n eenvoudige boodskap van God aan eenvoudige mense soos ek en 250 000 ander mans kan bring.
En in Matteus 5:10,11 en 12 sê Jesus vir die mense: gelukkig is almal wat deur ander mense beledig en vervolg word omdat hulle doen wat God vra. Hy sal sorg dat daar vir hulle plek in sy nuwe wêreld is.

Gelukkig is julle wanneer ander mense julle te lyf gaan, julle slegsê en ‘n klomp leuens oor julle vertel omdat julle My volgelinge is. Wanneer dit gebeur moet julle sommer baie bly wees. Spring op en dans rond van vreugde! Want dan wag daar ‘n baie groot belonging op julle in die hemel.
En ek weet, hoewel satan nie die naweek kon keer nie, hy tog na die tyd mense gekry het om te kritiseer. God glimlag steeds oor wat die naweek op Shalom gebeur het, terwyl satan sommer nou erg die duiwel in is.

:amen:

CFJ
May 1st 2010, 11:34 AM
Hi SOS,

Jy was 'n eerstehandse getuie, maar iets wat mens graag sal wil uitlig, is hoe 'n sendeling wat saam met julle daar was, iemand ontmoet het wat moontlik kon/kan help met vele middele wat nodig is vir 'n sendingstasie/Kerk/buitepos in Lesotho. Sulke dinge gebeur nie sommer net nie en dit is hierdie soort getuienisse wat mense moet hoor, dat alles nie oor Angus Buchan persé gaan nie, maar oor hoe God werk en hoe groot Hy is.

Die Filadelfieer
May 3rd 2010, 07:48 AM
Dankie vir die plasing SOS, ek hou baie van die opskrif, en beaam dit : ek glo die ou satan is goed die blikkies in oor die sukses wat die Here van MMC gemaak het.

Ek het hierdie jaar weereens gesien dat die mense wat so vreeslik tekere gaan oor die geld wat Angus sou maak uit MMC gewoonlik nie weet waar die voorkant van 'n trekker is nie, watwou nog hoeveel geld die omliggende boere verloor deur nie hulle lande te bewerk nie, en waarvoor hulle natuurlik vergoed moet word. "Ons" vergeet gou dat 'n boer ook 'n mense is met paaiemente (gewoonlik BAIE groter as die res van ons) en 'n familie waarvoor gesorg moet word.

Ek het intussen heelwat magtige manne raakgeloop wat deelgeneem het aan MMC2010, en, soos altyd, is did duidelik dat dit weereens 'n geseende naweek vir baie was. Dit eintlik al "ou nuus" hoe familielede vertel hoe hulle eggenote/broers/vriende as ander mense terug gekom het, soveel so dat dit amper as vanselfsprekend aanvaar word !

Ta-An
May 3rd 2010, 08:21 AM
AOV Matt5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Amen SoS

Willem
May 3rd 2010, 08:13 PM
SOS

Msikien slaan jy die spyker op die kop... dis eenvoudig en reguit soos die Woord, jy hoef nie jare te swot om te leer om gered te kan word nie en snaaks genoeg na 4 jaar toe verstaan ek om in geloof te loop vir die eertse keer.....omdat 'n eenvoudige boer op eenvoudige manier vir 'n dorpsjapie geleer het hoe mens ploeg.... As jy jou hand aan die ploeg slaan en omkyk... nou soek ek vir die land om te ploeg waar en dan is dit tyd om te boer... die oes is wit en die arbeiders min .... wanneer laas het mens in die kerk eenvoudig gehoor gaan vertel vir iemand wat Jesus vir jou gedoen het... ( verkondig die evangelie ? ) partykeer raak ons so gewoond aan die geleerde taal dat ons dit hoor en nie verstaan nie... ( ons het ds'e wat regtig die Here liefhet en volg ) .... miskien moet ons bietjie opstaan en se " ek verstaan nie mooi nie ... verduidelik wat nou gese is weer ? " of miskien is dit juis wat volgende is , ons wat uitgaan en vertel en ons herders wat ons leer en dat ons weer leer om te praat en nie net te luister nie, want hoe lei jy skape as hulle nie bler nie?