PDA

View Full Version : Tee



Ta-An
May 3rd 2010, 07:26 PM
Hoe drink jy jou tee??

Ek drink deesdae heelike warm Heuningbos tee (Cyclopia spp.), met vrugte sappe.
Rooi Druiwe sap meng lekker saam met die tee, en Appel sap en Granaatsap.... maar oooweee net nie Pomelosap nie :o

Mia Ashton
May 4th 2010, 09:46 AM
Dis interessant om al die verskillende teesoorte te probeer. Daar is so baie lekkeres. Ek hou ook van Heuningbos tee.......... in my Royal Albert koppie (net nie in 'n beker nie ) sonder melk met ekstra heuning.

Ek besef nou-eers ek het nognie teetyd gehad vanoggend nie!! Cheers .........

mari
May 6th 2010, 08:52 AM
En as ek my staalpunt veiligheidskoene politoer gee, sal dit dan aanvaarbaar wees vir die teeklub? Ek lig darem my pinkie as ek teedrink...:blush:

Kyk, Rooibos tee moet kook. As ek nou regtig lekker Rooibos wil maak, dan sal ek my Carmién rooibos in my (LW myne) vlekvrye staal teepotjie op die stoofplaat maak. As ek nou gaste het wat so bietjie haastiger is, dan sal ek dit in 'n glas teepot maak en darem net so bietjie in die mikrogolf laat tiekiedraai voor ek skink...nie heeltemal dieselfde nie, maar dit is vinniger.

Kondensmelk is vir koffie. Of jy kan 'n knertsie vanielje geursel bygooi. Of kitskoffie gemeng met warm sjokolade...

My vroulief gooi doodgewone koue melk in die gewone moerkoffie beker (plunjer) en wiks dit dan so paar keer op en af - siedaar skuimmelk soos by die kêffie. Sprinkel warm sjokolade poeier bo-oor vir fênsiegeid. :cool: Dit doen niks vir my nie, maar my vrou is mal daaroor. :P
Sos ....

..... jy's jou nou tusse die pienk slippers begewe ... vertel nou.... kan jy darem tee maak ???? ......

wat jy van praat is menseltee- rooibos en ingelse tee ( ja dit moet nogal daai romantiese 5 rose wees ... die Joko jive werk nie dieselfde nie .... ) saam in die potjie .... my man is ook mal daaroor, maar met so 'n knertsie kondensmelk .......

gewone rooibos is lekker, maar dit maak my vreeslik honger ..... gebeur dit met iemand anders hier ook ? .....

.... m

Ta-An
May 6th 2010, 02:19 PM
mari, jy's reg, hulle gee aan die anoreksie-pasiente Rooibos tee om hulle eetlus aan te wakker :)