PDA

View Full Version : Bid vir kinders



Willem
May 3rd 2010, 08:41 PM
Mar 10:13 En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
Mar 10:14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle ges: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
Mar 10:15 Voorwaar Ek s vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Mar 10:16 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gel en hulle gesen.

Ons klompie en al die besoekers wat net kom kuier, kom ons bring die kinders na Hom toe in gebed.
Plaas details ( hoef nie alles te wees nie, Hy weet reeds van alles ) van kinders wat siek is, aangerand is, verkrag is, mishandel is, wees gelaat is..... al die goed wat hulle wereld laat ineenstort. Dan tree ons vir hulle in.

Willem
May 3rd 2010, 08:43 PM
A six-month old girl was raped in Mthatha on Saturday, Eastern Cape police said on Sunday.
Her mother was not at home at the time, Colonel Mzukisi Fatyela said.
"The baby girl was alone when she was raped. Her sister later found her bleeding and crying, and took her to the hospital."
No arrests had been made yet

Willem
May 3rd 2010, 08:52 PM
n Driejarige meisie van Edenburg is na bewering s erg deur haar tante se vriend aangerand en verkrag dat sy in die pediatriese waakeenheid van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein om haar lewe veg.

Die Filadelfieer
May 4th 2010, 08:02 AM
Mag die Here my vergewe vir die gedagtes wat ek rondom hierdie "mense" koester.....




S klein en weerloos (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/S%C3%B3-klein-en-weerloos-20100501)
2010-05-01 23:19
evanwyk@rapport.co.za

Hier is sy, die eenjarige Marzanne Kruger, wat onlangs wreed in haar ouerhuis in Johannesburg deur rowers aangerand is.
Rapport publiseer vandag die eerste foto van di pragtige kleinding wie se brose lyfie in skrille kontras staan met die gespierdheid van haar vermeende aanvallers.



n Familievriend van haar ouers, mnr. Kobus Grobler, het in n openhartige onderhoud met Rapport vertel van die hel waardeur mnr. Bertus en mev. Madelein Kruger die afgelope paar dae is.

Marzanne kan nog nie eens praat nie. Sy kruip nou eers. Hoe kon s haar aanvallers keer? vra Grobler.

Marzanne is verlede Donderdag saam met haar oppasser, me. Francina Sekhu, in haar ouerhuis in Robindale aangeval.

Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en word steeds in die Sandton Medi-Clinic se waakeenheid behandel. Sekhu het ook kopbeserings opgedoen en sterk aan in die Helen Joseph-hospitaal.

Hoe kan jy s iets aan n weerlose kind doen? vra Grobler.

Ons wil bitter graag reg en geregtigheid laat geskied. Uit al die oproepe wat ons gekry het van weerskante van die politieke spektrum is een ding duidelik: Suid-Afrikaners oor die algemeen is regtig moedeloos oor misdaad. Dit is nie n rasse-ding nie. n Swart vrou en n wit kind is hier aangeval. Dit is misdaad net sinlose misdaad, een voorval van baie.

Dit laat n mens jou afvra: waar is ons dan veilig? Vir Bertus, waar is s gesin dan veilig? het Grobler gister namens die Kruger-egpaar aan Rapport ges.

Die aanval was net twee dae n die Krugers se baie spesiale kind se eerste verjaardag. Grobler s die Krugers het lank gesukkel om n baba te verwek en Madelein (40) se ouderdom het swangerskap later amper medies gevaarlik laat raak. Haar man is 42.

Marzanne is n groot geskenk n hul enigste kind. Die hele familie was so opgewonde oor haar koms.

Teen Woensdag het Marzanne se toestand n positiewe wending geneem en sy is Vrydag van die asemhalingstoestel afgehaal.

Dit gaan ook fisiek beter met Bertus en Madelein. Hulle word emo*sioneel sterker.

Tog is dit so n dilemma: As ouer wil jy sien dat jou kind vinnig genees. Maar n klein baba het baie tyd nodig daarvoor. Hulle is baie positief en optimisties dat sy gaan herstel, maar dit bly n frustrerende tyd, s Grobler.

Die Kruger-egpaar is net n paar maande voor di aanval deur n erg traumatiese tyd. Bertus, n kranige fietsryer, het vroeg in Desember van sy fiets geval. Sy pedaal het gebreek en hy het op sy kop geval.

Nes sy dogtertjie is hy ook weke lank in die waakeenheid behandel vir ernstige kopbeserings.

Grobler s Bertus moes omvattende rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig kry en sy spraak moes ook weer herstel. Hy is laat Desember uit die hospitaal ontslaan en kon eers in Februarie weer begin werk.

Madelein is deur erge trauma die laaste paar maande, s Grobler.

Die Kruger-egpaar sien nog nie kans om met die media te praat nie, want hulle fokus ten volle op hul dogtertjie se herstel. Hulle het wel by monde van Grobler ges wat die motief vir die aanval was, is vir die polisie om op te los: Dit wat gevat is, is nie goed wat n lewe werd is nie. Volgens berigte is slegs n rekenaar en modem gesteel.

* Toe Madelein die Donderdag omstreeks 13:00 by die huis gekom het, het sy op n bebloede Sekhu afgekom wat teen die muur in die sitkamer gesit het.

Francina het probeer praat, maar kon nie. Madelein het Marzanne op die kombuisvloer aangetref. Haar lyfie was slap en haar koppie blou.

Die rol wat die beamptes van die Piranha-veiligheidsmaatskappy gespeel het, was ongelooflik. Bertus-hulle behoort aan n ander, baie bekende veiligheidsmaatskappy.

Maar di het nie daardie dag ge*reageer op Madelein se noodoproep nie. Tot vandag toe was hulle nog nie eens in kontak met die Krugers nie.

n Buurvrou het Piranha gebel, wat blitsvinnig daar was en met Madelein en Marzanne hospitaal toe gejaag het.

Hulle was bekommerd oor haar asemhaling en het haar op haar sy gedraai om dit ordentlik te kon monitor.

Piranha het ook ander nooddienste gekontak om Francina te gaan help.

Madelein was baie bekommerd oor Francina. Ek het Francina se ma gekontak om vir haar te s haar kind het baie seergekry en ook deurentyd met die dokter by die hospitaal gepraat om op hoogte te bly van haar toestand.

Madelein het Francina reeds die volgende dag in die hospitaal besoek en sedertdien weer. Dit is ook n ma met n kind wat deur dieselfde trauma gaan.

Grobler s daar is nog baie onbeantwoorde vrae, soos hoekom Francina die vermeende aanvallers in die huis ingelaat het.

Dit is vrae wat die polisie-ondersoek sal beantwoord.

Mnre. Geraldt Nyantumbo en Nelson Maphosa, albei Mosambiekers, is verlede Sondag gearresteer en het reeds in die hof verskyn.

Die polisie soek nog na die hoofverdagte, mnr. Chakhoma Machaba, ook van Mosambiek.



Die polisie soek ook nog na mnr. Chakhoma Machaba (28), wat vermoedelik na sy tuisland, Mosambiek, gevlug het. Hy is die hoofverdagte in die aanval op Marzanne Kruger en haar oppasser, me. Francina Sekhu. Hy was glo deel van n konstruksiespan wat bouwerk by die Krugers se huis gedoen het.

Johnny
May 4th 2010, 08:38 AM
Matteus 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek s vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

God weet van elke kindtjie wat gemolesteer/mishandel word. Dit behoort ons as ouers te laat sidder met die wete dat hulle engele elke dag aan God verslag doen hoe ons ons kinders hanteer.

Willem
May 9th 2010, 08:14 PM
Matteus 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek s vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

God weet van elke kindtjie wat gemolesteer/mishandel word. Dit behoort ons as ouers te laat sidder met die wete dat hulle engele elke dag aan God verslag doen hoe ons ons kinders hanteer.

Daai versie kom baie by my op as ek kwaad geword het of nie doen wat ek seg nie, maar juis dit help dat ek verander en beter pa word , dan ook boek wat ek lees oor pa wees wat die ding van hy doen wat hy sien en nie wat jy se nie so direk met voorbeelde uitlig uit ervaring en simpel en eenvoudg maak om te verstaan.

My popolops word drie die jaar as ek so na haar kyk en dink oor die pa wat ek van gehoor het , dink ek net die Satan gaan verantwoording moet doen vir hoe hy mense laat siek word en VERKEERDE goed doen

Hy het sy 3 en 4 jarige dogters verkrag en hulle het ma gese en die is polisie toe en hy is toegesluit, die ma kort medalje dat sy guts gehad het om kinders te glo en te beskerm en ek dink die hele familie kort gebed van ons af.

Ta-An
May 9th 2010, 08:28 PM
S klein en weerloos (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/S%C3%B3-klein-en-weerloos-20100501)
2010-05-01 23:19

Hier is sy, die eenjarige Marzanne Kruger, wat onlangs wreed in haar ouerhuis in Johannesburg deur rowers aangerand is.
vermeende aanvallers.


.ALMAL Dra asb PIENK Woensdag 12 Mei vir Baba Marzaan wat aangerand is! Die saak is tot 12 Mei uitgestel op aansoek vir borgtog!

Ta-An
May 9th 2010, 08:36 PM
Pas asseblief julle kinders op.
'n Kinderoppasser is Vrydag geld aangebied om die kleintjie wat sy in 'n stootkarretjie by die skool kom haal het te 'koop'!!! :B


'n Vriend was in Korea by tye van Marzaan se aanval. Die TV omroeper het gese: "Al het julle sokker kaartjies gekoop, bly asseblief by die huis"

Willem
May 10th 2010, 08:56 PM
Vanoggend update gekry oor Marzanne, besig om uit medikasie te kom, het vir pappa gelag , maar huil nog en deurmekaar , dokters dit verwag want medikasie vat tydjie om uit te werk... MAAR kan nie wag om te hoor hoe goed dit gaan en hoe Here vir mamma Madelein en pa Bertus en hulle klein wonderwerkie in Sy hande hou en oppas en troos nie!

Die Filadelfieer
May 11th 2010, 06:25 AM
Sjoe, dit IS goeie nuus, baie dankie Willem. Het jy kontak met die Krugers ?

Ta-An
May 11th 2010, 12:39 PM
Fila, dit het gebeur hier wAar ek bly.... Willem se kerk is loopafstand van my huis af.

Zani
May 12th 2010, 06:16 AM
Sjoe ... wat se goeie nuus? Wanneer het sy dan uit koma uitgekom? Ek dra haar so in my hart en bid gedurig vir haar ... kon nie glo toe ek vanoggend lees wat jy skryf oor dat sy wakker is nie. Dit is wonderlik!!

Ta-An
May 12th 2010, 03:05 PM
Marzaan is nog steeds in ICU ...

Zani
May 13th 2010, 04:50 AM
Ek besef sy is nog in ICU ja ... :-( ... maar dit was vir my sulke goeie nuus om te hoor dat sy nie meer in 'n koma is nie. Ek is so nuuskierig om te hoor hoe dit met daai klein lyfie gaan ... sy bly gedurig in my gedagtes en dan wonder ek hoe dit met haar gaan ... orals in die media, lees mens net dat sy nog in ICU is ... maar nie veel meer nie. Ek was heeltyd onder die indruk dat haar toetstand nog dieselfde is en dat sy nog steeds in 'n koma is ... weet julle dalk hoe dit met haar gaan? Al is sy nog in ICU ... wat se die dokters? Ek glo en vertrou in my hart dat sy volmaak gaan genees ... dat God daai pragtige klein gesinnetjie in die holte van Sy hand sal hou en sal maak dat hierdie aaklige situasie waarin hulle hulleself bevind het, sal omdraai na iets wonderliks en dat Jesus se naam verheerlik sal word daardeur ...

Son of the South
May 13th 2010, 08:01 AM
Haai julle....sug....ek het nie woorde nie. :cry: Bid maar net:

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Weggooibaba-gryp-harte-aan-toestand-kritiek-20100513

Zani
May 13th 2010, 10:16 AM
Dit is verskriklik ... kan nie glo hoe mens so iets aan 'n ander mens kan doen nie!! Wat nog van 'n klein weerlose babatjie?? Aai ... Maar ek stem saam ... GEBED .. GEBED ... dis vir my darem gerusstellend om te weet dat God die Vader alles sien en dat ek kan bid vir sulke kindertjies ... maar dit maak my nogtans hartseer om sulke artikels te lees ... ek sal aanhou bid ...

Ta-An
May 13th 2010, 11:11 AM
Zani, Welkom hier by ons :hug:

Mag die Here jou seen en die vir wie jy bid bewaar.

Willem
May 13th 2010, 08:58 PM
Hi,

ek kry maar van 2 bronne, altwee vriendinne , een direk, een vriendin v vriendin. Soos ek verstaan was daar medikasie om haar in koma te hou sodat sy kan herstel en soos die nou verminder word moet dit uitwerk soos sy weer "wakkerder?" word.

Dis maar moeilik vir ouers om hulpeloos te wees langs jou kind en ons moet vir ma en pa ook bid vir Sy vrede in hulle harte dat Hy weet en sal voorsien wat beste is en dat hulle nie in huwelik en persoonlike verhoudings nou as hulle so kwesbaar is aangeval word nie.

Tyd om in die gap te staan ne'?

Zani
May 14th 2010, 05:01 AM
Dankie Ta-An ...
En dankie vir die info Willem. Ek waardeur dit baie. Ek stem 100% saam met jou. Ek wil my nie eers indink wat die ouers die afgelope paar dae moes deurgaan nie, want ek wat self mamma van 3 wonderlike geskenkies is, sien daai 3tjies as geskenkies van God af .... hulle is vir my so kosbaar en my grootste vreugde sal wees dat hulle AL3 eendag vrouens en 'n man so na aan God se hart sal wees ... dat hulle sal streef daarna om in AL hulle besluite, JESUS EERSTE te stel. Maar dat hulle sommer van kleintyd af vir Jesus sal leef en 'n verskil sal maak in SA. Maar so is dit my gebed ook vir MARZANNE en vir al die kinders in SA. Dat GOD so in die kinders van SA se harte kom werk, dat hulle almal op 'n ander vlak van commitment sal kom.

Maar ek sal aanhou bid vir Marzanne se ma en pa ... vir beskerming en dat God se liefde hulle sal bly bewaar en dat die hele situasie hulle net sal nader bring aan mekaar EN AAN GOD.

Son of the South
May 14th 2010, 08:42 AM
Ons Vader weet waarlik die beste:
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Asblikbaba-sterf-organe-gee-in-20100513
Toe ek gister gebid het, het ek die gewaarwording gehad dat dit is hoe Hy besluit het.

Nou vir die ouers...

Ta-An
May 14th 2010, 09:35 AM
Ons Vader weet waarlik die beste:
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Asblikbaba-sterf-organe-gee-in-20100513

:cry:
Here help ons!!

Die Filadelfieer
May 14th 2010, 09:45 AM
Ons Vader weet waarlik die beste:
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Asblikbaba-sterf-organe-gee-in-20100513
Toe ek gister gebid het, het ek die gewaarwording gehad dat dit is hoe Hy besluit het.

Nou vir die ouers...

Snaaks/toevallig dat ek die selfde idee gekry het ?

Ta-An
May 14th 2010, 08:17 PM
kinders wat vermis raak.... veral nou tydens die sokker....

Willem
May 16th 2010, 02:46 PM
MET TOESTEMMING VAN MARZANNE SE OUERS KAN EK BEVESTIG DAT DIT GOED GAAN, SY IS AF VAN SUURSTOF AF, MEESTE MEDIKASIE IS GESTOP EN SY DRINK EN EET SELF... DIT GAAN BAIE GOED MET ONSE MEISIE.. DAAR IS NOG n LANG PAD WAT VOORLE MAAR SY DOEN BETER AS WAT ENIGIEMAND KON VERWAG HET IN DIE LIG VAN HAAR BESERINGS! HAAR OUERS BERTUS EN MADELEIN BEDANK ALMAL VIR DIE OMGEE EN GEBEDE VIR HULE EN MARZANNE.... BAIE GROETE
ANDRE

Net update oor een kleintjie wat julle in gebed na Here geneem het. Andre werk in die saal en laat weet mense op FB groep wat ook vir haar bid.
Die Here werk in harte soos net Hy kan en die laat ons maar net weer terug na Hom draai ne'?

Zani
May 17th 2010, 04:41 AM
Dankie Willem. Dit is sulke goeie nuus ... die Here is so goed. Prys sy groot en ongelooflike naam. Niks is vir ons Hemelse Vader onmoontlik nie.

Die Filadelfieer
May 17th 2010, 06:46 AM
MET TOESTEMMING VAN MARZANNE SE OUERS KAN EK BEVESTIG DAT DIT GOED GAAN, SY IS AF VAN SUURSTOF AF, MEESTE MEDIKASIE IS GESTOP EN SY DRINK EN EET SELF... DIT GAAN BAIE GOED MET ONSE MEISIE.. DAAR IS NOG n LANG PAD WAT VOORLE MAAR SY DOEN BETER AS WAT ENIGIEMAND KON VERWAG HET IN DIE LIG VAN HAAR BESERINGS! HAAR OUERS BERTUS EN MADELEIN BEDANK ALMAL VIR DIE OMGEE EN GEBEDE VIR HULE EN MARZANNE.... BAIE GROETE
ANDRE

Net update oor een kleintjie wat julle in gebed na Here geneem het. Andre werk in die saal en laat weet mense op FB groep wat ook vir haar bid.
Die Here werk in harte soos net Hy kan en die laat ons maar net weer terug na Hom draai ne'?


Is daar 'n manier hoe ons 'n Lighuis-boodskap by haar kan uitkry Willem ?

Willem
May 17th 2010, 07:53 PM
Sal namens julle pos, of anders op facebook soek vir marzanne kruger as groep.

Willem
May 17th 2010, 08:37 PM
Andre Human
HALLO VRIENDE!! EK HET NOU NET MET MADELEIN, MARZANNE SE MAMMA OOR DIE FOON GESELS.... DIT GAAN BAIE GOED MET ONS DOGTERTJIE... AL DIE DOKTERS IS BAIE TEVREDE MET HAAR EN SY SAL NOG n PAAR DAE IN DIE HOSPITAAL MOET BLY VIR OBSERVASIE EN n PAAR TOETSE WAT GEDOEN MOET WORD... MAAR MADELEIN IS BAIE GELUKKIG MET HAAR VORDERING EN SY SE GROETE AAN JULLE ALMAL... PRYS DIE HERE!!!

:cry::pray::hug::pp Dankie Here!

protea
May 18th 2010, 11:59 AM
Mag ek hierdie selfde draad gebruik en voorbidding vra vir die 2 jarige Ille Snyders en haar boetie Jannes (6 mde) wat albei met n virus infeksie in n Kaapse hospitaal opgeneem is? Hulle koors bly hier om en by die 40 grade.

Vader , U is die Heler wat ALLE terreine in ons lewens genees. Ons kom pleit vir hiedie 2 kleuters se lewens. U is n God van lewe en die Gewer van alle lewe in die heelal. Dankie dat ons die outoriteit wat U aan die kruis verdien het, mag gebruik in ons gebede. Ons dank U dat U hulle in die Naam van Jesus gaan genees en aan hulle ouers sal terugbesorg. Amen.

Son of the South
May 18th 2010, 05:58 PM
KLEIN Shiloh Zo Hope se lewe was dalk kort, maar dit was geensins betekenisloos nie.
http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2010/05/18/VB/1/ecshiloh.html

Willem
May 18th 2010, 09:07 PM
Mag ek hierdie selfde draad gebruik en voorbidding vra vir die 2 jarige Ille Snyders en haar boetie Jannes (6 mde) wat albei met n virus infeksie in n Kaapse hospitaal opgeneem is? Hulle koors bly hier om en by die 40 grade.

Vader , U is die Heler wat ALLE terreine in ons lewens genees. Ons kom pleit vir hiedie 2 kleuters se lewens. U is n God van lewe en die Gewer van alle lewe in die heelal. Dankie dat ons die outoriteit wat U aan die kruis verdien het, mag gebruik in ons gebede. Ons dank U dat U hulle in die Naam van Jesus gaan genees en aan hulle ouers sal terugbesorg. Amen.
Dis presies wat ek gedink het ons moet doen, enige kind wat ons voor kan instaan in gebed onde rmekaar se aandag te bring en dan vir die Here te vra om tot Sy eer alleenlik daar in te gryp en te help.

Al kry ons die' laat , God is ook Here oor tyd en ek weet Sy tydsberekening is altyd perfek , soos ook met Lasarus! Ek staam saam met jou en ons vertrou op die Here. Amen.

Willem
May 18th 2010, 09:20 PM
KLEIN Shiloh Zo Hope se lewe was dalk kort, maar dit was geensins betekenisloos nie.
http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2010/05/18/VB/1/ecshiloh.html

Die Here is besig om harte te verander !

Zani
May 19th 2010, 04:47 AM
Dit is ongelooflik!! Mag dit wat die vrou nou doen iets losmaak in ander mense se harte in Suid-Afrika, sodat ons 'n nuwe en opwindende era instap waar ons nie net omgee vir ander nie, maar saam met die vrou ook IETS DOEN aan sulke situasies ... PRYS DIE HERE!!:pp :pray:

Zani
May 19th 2010, 05:04 AM
Willem ... dankie ook weer vir die nuutste info oor Marzanne ... dit is so ongelooflik om te sien hoe die Here beweeg deur Sy kinders en wonderwerke doen ... ek ken klein Marzanne van GEEN aard nie, maar Sy bly in my gedagtes ... dit gee my groot vreugde om te hoor van haar en dat sy elke dag beter doen en dat haar ouers ook nou beter doen ... PRYS ONS GROOT EN WONDERLIKE VADER!!

Dan wil ek saambid vir daai klein 2jarige en haar boetie met die virus en die hoe koors, wat opgeneem is in hospitaal in die Kaap:
Father, in the Name of Jesus, we call upon You right now to bring forth the power of Your Son's shed Blood in behalf of the 2yr old and her brother. You were wounded LORD and by Your stripes, dear God they are healed and by faith in Your Word, they are made every whit whole. We speak that right now in the Name of Jesus. Lord, You are the God of the impossible. You are the God that makes a way out of no way, You are Sovereign, You alone reign, rule, sitting high and looking low upon us Your people, hearing even the faintest of our cries. Those two precious children, look upon them, hear their cry and heal them LORD, turn this event around for their good. We speak forth strength, vision of Your purpose be given to their parents. As they "sees" dear LORD, give them joy and peace. Jesus the Christ! Hallelujah, we're giving You the praise in advance dear God Amen.

Ta-An
May 19th 2010, 07:33 AM
KLEIN Shiloh Zo Hope se lewe was dalk kort, maar dit was geensins betekenisloos nie.
http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2010/05/18/VB/1/ecshiloh.html

Ek lees die berig, en dit maak in my weer wakker die gevoel dat Maatskalke werkers daarvan "hou" om "god" te speel.... entlik gee die wet hulle die mag om 'god' te speel in die lewens van andere...... :(...

maar ai, mens moet seker maar binne die strepe van die wet bly ...???

Die Filadelfieer
May 19th 2010, 09:03 AM
Ek lees die berig, en dit maak in my weer wakker die gevoel dat Maatskalke werkers daarvan "hou" om "god" te speel.... entlik gee die wet hulle die mag om 'god' te speel in die lewens van andere...... :(...

maar ai, mens moet seker maar binne die strepe van die wet bly ...???

Ta-An, ek is amper seker jy het dit ook al beleef dat die landswette nie altyd ten goede meewerk vir die kinders nie, veral as die maatskaplike ouens die ding interpreter soos hulle goed dink........

Die Filadelfieer
May 19th 2010, 10:55 AM
Is daar nie perdalks iemand hier wat 'n mooi kaartjie kan ontwerp wat ons vir Marzanne se ouers kan e-pos nie ?

Ta-An
May 19th 2010, 11:06 AM
Is daar nie perdalks iemand hier wat 'n mooi kaartjie kan ontwerp wat ons vir Marzanne se ouers kan e-pos nie ?

Fila, ek is ongelukkig nie so oulik nie...

Zani
May 19th 2010, 06:35 PM
Willem ... ek het iewers gelees dat Marzanne se ogies nie kan sien nie ... is dit waar? Dit het my hart gebreek toe ek dit lees ... maar ek wil nou seker maak of dit die waarheid is ...:cry: :cry:

Willem
May 19th 2010, 08:17 PM
Hi Zani,

tot op hede, weet ek nie van iets wat op die fb forum gepos is nie, het ook nie toegang nie aangesien ek so biejie met fb se privacy settings gaan speel het en dis scary verby dat hulle kopiereg op alles wat ek daar pos en se en bekend maak het....

Wat ek wel weet is dat God in beheer is en dat Hy alles kan doen, so as dit so is, wat verhoed ons om te bid? Vir Hom is ALLES moontlik.

Sal sodra ek kan update stuur.


En Fila, ek sal maar pos dat klompie hierso ook vir haar bid. Dink dit sal vir hulle meer beteken?

Zani
May 20th 2010, 04:55 AM
Weet jy wat Willem ... as jy nie mag update stuur nie, is dit reg so. Ek respekteer die privaatheid van die ouers ... ek kan dink dat hulle seker oorval word met mense wat hoor hoe dit gaan en met goeie woorde en gebede van mense af. Almal bedoel so goed, maar miskien het die gesinnetjie net so bietjie privaatheid en rus nodig. So, jy is reg ... eers nadat ek die vraag aan jou gestuur het van haar oe het ek besef dat (soos jy gese het ook) niks vir ons hemelse Vader onmoontlik is nie. En het ek in my hart gevoel dat ek nou kan rustig raak, omdat Ons Vader in beheer is. Hy hoor al ons gebede en al weet ons nie regtig presies wat nog aangaan met Marzanne nie, is ek gewillig om dit daar by te laat, en nie nuuskierig te wees nie, maar om eerder haar en haar ouers in my hart, in die hande van die Here te laat. Wat 'n plek om by te wees? In God se hande ... Sowaar die beste plek. My menselike geaardheid van nuuskierigheid wil altyd die oorhand kry en ek wil dit neerle een eerder aan God die Vader die eer gee ... Hy is tog immers in beheer ...
LOOF ONS WONDERLIKE GOD EN VADER!! Seen vir julle ...

Zani
May 20th 2010, 05:18 AM
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/5-babies-die-at-Joburg-hospital-20100518

Hemelse Vader ... vir U is NIKS maar NIKS onmoontlik nie ... sal U asb ingryp in hierdie hospitaal en daai virus heeltemal smoor ... dat dit nie in enige van die ander babas of kinders se liggame verder versprei nie. En kom gee 'n spesiale drukkie vir elkeen van die familie lede wat 'n babatjie verloor het. Heer ... net U kan 'comfort' gee ... sal U in die familie se harte kom werk en vir hulle 'n nuwe vreugde gee in die lewe? .. genees hul harte sodat restorasie kan plaasvind ... dankie dat U omgee ... U is so groot en ons wil U loof en U prys vir wat U gaan doen in daai ouers se harte ... Ek bid en vra dit alles in die wonderlike naam van Jesus. AMEN

protea
May 20th 2010, 05:30 PM
Terugvoer van die Snyders sussie en boetie: Hulle is baie beter en kan moontlik more ontslaan word. BAIE dankie vir julle gebede! In die pediatriese saal is daar langs elke kinderbed n heerlike gerieflike stoel wat snags as n uitskop slaapbank vir n ouer diens doen. Omdat die mamma van die kleingoed nog die boetatjie borsvoed , het sy by hom gebly terwyl die pappa by sussa diens gedoen het. Gister was die pappa erens heen en die mamma moes toe na altwee kyk en dis toe net daar waar kleinsus besluit : Hierdie drip is net nonsense en sy pluk hom toe uit sodat die bloeddruppeltjies op die beddegoed drup. Toe beskuldig die klein 2 jarige haar ma: Sies, Mamma, jy mors! Nodeloos om te se hulle het haar maar toe gelos en nie weer probeer om die drip weer op te sit nie.....
Alle eer aan die Vader wat ons gebede verhoor het en genesing geskenk het!

Zani
May 21st 2010, 04:48 AM
Baie dankie dat jy dit met ons deel in soveel detail ... ek is so dankbaar vanoggend ... Loof die Here!!

Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,
wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos di van 'n arend.
Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.
Hy het aan Moses sy we bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.
Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
Die mens -- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.
As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om di te doen.
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
Loof die HERE, al sy lerskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel! -PSALM 103

Die Filadelfieer
May 21st 2010, 06:22 AM
Die skok is nog baie groot, en die nuus is baie sleg .......................

Marzanne is blind (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Marzanne-is-blind-n%C3%A1-gruaanval-20100520)

Die Filadelfieer
May 21st 2010, 07:32 AM
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/5-babies-die-at-Joburg-hospital-20100518

Hemelse Vader ... vir U is NIKS maar NIKS onmoontlik nie ... sal U asb ingryp in hierdie hospitaal en daai virus heeltemal smoor ... dat dit nie in enige van die ander babas of kinders se liggame verder versprei nie. En kom gee 'n spesiale drukkie vir elkeen van die familie lede wat 'n babatjie verloor het. Heer ... net U kan 'comfort' gee ... sal U in die familie se harte kom werk en vir hulle 'n nuwe vreugde gee in die lewe? .. genees hul harte sodat restorasie kan plaasvind ... dankie dat U omgee ... U is so groot en ons wil U loof en U prys vir wat U gaan doen in daai ouers se harte ... Ek bid en vra dit alles in die wonderlike naam van Jesus. AMEN

Ek verstaan besmetting deur die spesifieke virus kan voorkom word deur bloot mens se hande skoon te hou ................

Ta-An
May 22nd 2010, 08:24 AM
Ek verstaan besmetting deur die spesifieke virus kan voorkom word deur bloot mens se hande skoon te hou ................

Inderdaad so... net bietjie beter hygiene

Ta-An
May 22nd 2010, 08:28 AM
Here U is die Een wat gesond maak, en daarom bring ons vandag vir Marzaan voor U... en asseblief Here, raak haar ogies aan...
Hierdie kleine mensie wat soveel harte oor die hele wreld aangeraak het, asseblief Here...

Willem
May 23rd 2010, 08:29 PM
Die skok is nog baie groot, en die nuus is baie sleg .......................

Marzanne is blind (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Marzanne-is-blind-n%C3%A1-gruaanval-20100520)

Amazing hoe die media alles as absoluut verkondig en uitbasuin.... wat ook al skok en keorante verkoop ne'?

Wonder wat hulle sal se as die Here haar sig herstel... ? dit was net tydelik ...? of sal hulle erken... God kan alles doen en IS magtig on alles te doen. Wat ook al julle in My naam vra....

Ta-An
May 25th 2010, 03:31 PM
Van :http://www.eyewitnessnews.co.za/articleprog.aspx?id=40088

A joint Eyewitness News/Carte Blanche investigation has revealed that babies and young children are available for rent on the streets of Johannesburg - for as little as R20 a day. Beggars are renting the children in order to earn more money from motorists. The probe has also found that many of these children could be deliberately hurt or drugged to garner sympathy from the public. An estimated 300 mothers with babies and toddlers stand at intersections across the city every day begging for cash. Over the past few weeks, Eyewitness News and Carte Blanche have gone undercover and spoken to women begging at traffic lights. The investigation has found that many are hiring children because holding a baby while begging is far more lucrative. They are not my children; I hire them for R20 a day, said one woman. With a child, a woman can earn hundreds of rands more each day. If it is the end of the month in some areas you can earn between R300 to R400 a day, said another woman. Charity worker Elsabe Coetzee has made it her personal crusade to remove these children from the streets. These women actually admit they are renting the children, said Coetzee. Occupational therapist Velda Frankim, who treats the babies and toddlers once they are in Coetzees care, believes that the so-called "mothers" are deliberately harming these children. A child who is under the influence is compliant and a child who is drunk will not cry when he is hungry because he is passed out, said Frankim. She warned of short term life threatening medical effects and long term social implications.

protea
May 25th 2010, 04:52 PM
Dis n RILLER! En met die wereldbeker op hande gaan daar net nog meer handjies wees wat bedel. Maar my vraag is: Hoe gaan mens die uitbuiting van die kinders stop??? Wette in SA is al laaankal net nog iets om te breek.... skuus vir hierdie siniese toon ,maar ek krimp ineen as kinders en bejaardes 'abuse' en uitgebuit word vir watter redes ook al.

Die Filadelfieer
Aug 13th 2010, 08:24 AM
Tadaaa ! (http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Baba-Marzanne-se-sig-besig-om-terug-te-keer-20100813-2)

Wie s wonderwerke gebeur nie meer nie ?



Baba Marzanne se sig besig om terug te keer2010-08-13 07:31
.
Johannesburg - Die misdaadslagoffertjie baba Marzanne Kruger (1) se sig is besig om te herstel.

Volgens Kobus Grobler, familiewoordvoerder, het Marzanne se pediater met die kind se laaste besoek sowat ’n week gelede vasgestel dat haar sig besig is om terug te kom.

Marzanne is blind gelaat n ’n grusame aanval op haar en haar oppasser, Francina Sekhu, in haar ouerhuis in Robindale, Randburg, in April vanjaar. Di jaar oue babameisie het veelvuldige skedelbreuke in die aanval opgedoen.

Volgens Grobler is Marzanne se ouers, Bertus en Madelein Kruger, “baie verlig” dat hul dogter weer begin sien.

Marzanne ontvang steeds gereelde neuro-fisioterapie by die Sandtonse Medi-Clinic, waar sy ook n die aanval behandel is. Volgens Grobler gaan dit goed met di behandeling.

Twee van Marzanne en Sekhu se vermeende aanranders, Nelson Maphosa (28) en Gerald Nyantumbo (25), verskyn op 30 Augustus weer in die landdroshof in Johannesburg op aanklagte van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Chakhoma Machaba (28), die derde verdagte, was tydens die laaste hofverskyning op 26 Julie nog in Mosambiek waarheen hy n die aanval gevlug het.


- Volksblad

protea
Aug 13th 2010, 04:11 PM
Dankie Here Jesus vir U wonderlike genesingskrag! Vergewe ons ons skeptisime en ongeloof. Versterk ons geloof sodat ons kan onthou om U al die eer te gee!

Willem
Aug 15th 2010, 12:43 PM
Hy is gister vandag en more dieselfde ! Amen.

en elkeen van ons kan na Hom gaan in gebed en met Hom oor alles praat! Wat 'n ongelooflike voorreg en eer! En Hy het jou en my so lief soos beste pa op aarde nie sy eie kinders liefhet nie...

Ta-An
Sep 22nd 2010, 09:46 PM
Ons dink nogsteeds aan die klein dogtertjie :)
Prosecutor Colleen Ryan asked the court to postpone the case against Gerald Nyantumbo, 28, and Nelson Maphosa, 25, to allow the defence attorneys to access the contents of the docket.

Nyantumbo's attorney Mirriam Mashishi and Maphosa's, who only identified herself by her surname Ramos, did not object to the postponement.

Magistrate Hein Louw put the matter down for October 8.

The two faced charges of robbery and attempted murder.

They allegedly severely attacked two-year-old Baby Kruger during a robbery at the Kruger family home in Robindale in April.

The baby temporarily lost her sight as a result of the attack.

During the proceedings, Mashishi and Ramos apologised for not being in court for the previous appearance.

Mashishi said she had difficulty accessing the court due to the public servants' strike and Ramos said she had car problems.

Louw accepted the apology and postponed the matter.

Willem
Oct 18th 2010, 06:43 PM
Laas week het ons Here weer gebed verhoor waar baba ophou groei het en keiser moes doen en sou 1,8 kg wees, maar na keiser is dit toe 2,24 ? kg en alles ok, die wat dr gese het ( met abie ondervinding ) het niks van gekom nie ! Baie mense gebid , vriende kollegas sellers familie en Hy het gehoor gegee en gedoen.

Dankie Here dat U intree!

Die Filadelfieer
Jan 7th 2011, 10:21 AM
Kyk net hier ! (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kyk-net-hoe-lyk-sy-nou-20110106)

Die Here is voorwaar genadig en groot.

Son of the South
Oct 6th 2011, 08:23 AM
Maar Sion s: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! Kan n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal k jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
(Isa 49:14-16)
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ongewenste-babas-al-op-treinspore-vasgebind-20111005

Die Filadelfieer
Oct 6th 2011, 11:31 AM
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ongewenste-babas-al-op-treinspore-vasgebind-20111005

Wanneer hou 'n mens op om een te wees ? Kan 'n mens dit aan 'n ander doen ?