PDA

View Full Version : Hy het opgevaar......



Johnny
May 12th 2010, 08:05 AM
More is hemelvaart. 'n Dag wat nie meer hier by ons gedenk word nie. Hier is 'n paar Skrifte wat ek kry oor "opgevaar" in die Bybel.

(Gen 17:22) En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.
(Gen 35:13) Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
(Jdg 13:20) toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE (Verwys na Jesus) in die vlam van die altaar opgevaar; en Manag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
(2Ki 2:11) En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Ela het in die storm na die hemel opgevaar.
(Joh 3:13) En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
(Joh 20:17) Jesus s vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en s vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
(Act 2:34) Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self s: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
(Eph 4:8) Daarom s Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
(Eph 4:9) Maar dt: Hy het opgevaarwat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
(Eph 4:10) Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
(Rev 11:12) En hulle het n groot stem uit die hemel vir hulle hoor s: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

Jesus sit aan die regterhand van God die Vader waar Hy vir ons intree vir ons ongeregtighede.....dag en nag. Hy is ons Voorspraak.....ons advokaat.

1Jn 2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

Kan julle glo dat Hemelvaart nog in Holland gevier word?

Hemelvaartsdag 2010
Hemelvaartsdag valt dit jaar op donderdag 13 mei
Hemelvaartsdag valt op de 39e dag na eerste Paasdag, en 10 dagen voor Pinksteren

http://www.allevrijedagen.nl/index.php/algemene-vrije-dagen-feestdagen-2010/hemelvaartsdag2010

Ta-An
May 13th 2010, 03:15 PM
Hemelvaart is inderdaad 40 dae na Paasfees.
Toe die volheid van tyd bereik is... die volmaakte (bestemde) tyd het verloop tussen Opstanding tot Hemelvaart.

Hallelujah!!

Willem
May 16th 2010, 09:41 PM
en Hy kom weer... gouer as wat ons dink...?!

Son of the South
May 17th 2010, 08:01 AM
en Hy kom weer... gouer as wat ons dink...?!Net soos wat Hy gegaan het....

Johnny
May 17th 2010, 11:08 AM
Net soos wat Hy gegaan het....

.......en op GEEN ander manier nie, maak nie saak wat se watter boek op CUM boeke se rakke nie.....behalwe die Bybel natuurlik.:)

RR van Wyk
May 17th 2010, 12:21 PM
.......en op GEEN ander manier nie, maak nie saak wat se watter boek op CUM boeke se rakke nie.....behalwe die Bybel natuurlik.:)

Die Jode en Moslems glo egter die Mesias gaan mens wees, soos Jesus 2000 jaar terug was... Interresante tye l voor...

Johnny
May 17th 2010, 12:39 PM
Die Jode en Moslems glo egter die Mesias gaan mens wees, soos Jesus 2000 jaar terug was... Interresante tye l voor...

Daar is 'n ligpunt aan die einde van die tonnel....die Jode sal ontdek tydens die verdrukking dat wie hulle gedink het die Messias is...dit nie is nie en as 'n volk tot bekering gaan kom. Kan ongelukkig nie dieselfde van die Moslems se nie.

Willem
May 17th 2010, 08:35 PM
Amen! en Amen

Hei Johnny,

CUM het terloops 53/33 vertaling in afr op mp3 cd... dit' is nou anders, jy kry die verhaal sonder die vers nommers wat ons so onbewustelik tred hou mee... het al goed gehoor wat ek gelees het ,maar nie gehoor het nie... faith comes by hearing .... selfs al die ... dit kan nie wees nie ek het verkeerd gehoor en teruggegaan en weer geluister ervaring gehad... maak my oegies oop so tussen deur die traffic en taxis

:hug: miskien tyd om in die leeukuil in te gaan en die' een gaan loer ;)

Shalom boet :D

Johnny
May 18th 2010, 06:38 AM
... faith comes by hearing ....

.....en hulle wat die evangelie GEHOOR het, het hulle bekeer en hulle laat doop. Eenvoudig ne. Kan nie verstaan dat mense dit nie kan verstaan?

Willem
May 18th 2010, 09:31 PM
.....en hulle wat die evangelie GEHOOR het, het hulle bekeer en hulle laat doop. Eenvoudig ne. Kan nie verstaan dat mense dit nie kan verstaan? Amen.

Dis hoekom die mp3 so lekker is, ek hoor en groei en versterk my geloof so! Ek maak my kop en geheue en hart vol met " the GOOOOD stuff" soos hulle sal se en dan los dit later nie meer plek vir al "die bad stuff" nie !
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.