PDA

View Full Version : Benodig raad Kinders bang vir iets



Eloise
May 12th 2010, 10:56 AM
Hello julle,

ek het raad nodig. My kinders is bang vir iets. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Agtergrond: Ons het so 5 jaar terug in ons dupleks ingetrek. My dogter het toe net 3 geword. Sy was glad nie bang nie en sommer net skielik het sy doodbang geword om alleen by die trappe op te gaan en om alleen op die boonste vlak te wees. Ek het dit toe afgemaak as "skeidings angs". Sy is vandag 8 en nogsteeds bang om alleen bo te wees en as ons haar vra om iets bo te gaan haal kan jy sommer sien dat sy nie alleen boontoe wil gaan nie. Sy dink altyd 'n verskoning uit dat iemand saam moet opgaan. Ons het al mooi met haar gepraat en gebid omtrent die saak. My seuntjie word die einde van die maand 2. Hy het nou ook begin. Was die heeltyd okay en die laaste week het ons 3 geleenthede gehad. 1) hy was dood tevrede in die sitkamer besig om te speel (dagtyd) en skielik toe begin hy verskriklik te huil. Toe ek inkom toe wys hy na die voordeur toe en is bang. 2) hy het na die trappe gewys en verskriklik begin huil. 3) gister aand het hy begin huil en na die voordeur gewys.

mens kan sommer sien dat hy bang is. Ek vermoed dat my dogtertjie nagangs het, maar dat sy so bang deur die dag ook is pla vir my. En nou my seuntjie ook. Ek het al gesien dat wanneer ons bv by my ma kuier sal my dogtertjie alleen rondloop en ure lank alleen in my ma se kamer of iewers speel.

Wat moet ek van die situasie maak, enige raad. Ek het al gaan soek na antwoorde,maar ek loop my teen mure vas.

Groete

Die Filadelfieer
May 12th 2010, 12:06 PM
Hi Eloise,
'n Paar vragies om beter agter die kap van die byl te kom :

- Is jy getroud ?
- Indien wel, hoe is jy en jou man se verhouding met mekaar ?
- Hoe sou jy jou eie optrede in die huis beskryf ? Is jy bang om alleen te wees ? Is jy bang vir boewe/inbrekers wat julle dalk kan leed aandoen ?

protea
May 12th 2010, 12:22 PM
Hallo Eloise,
Ons kinders is baiemaal baie meer bewus van die bo-natuurlike. Want dat die bo-natuurlike wel bestaan , staan soos n paal bo water. Deur dit te ontken , gaan dit nie wegneem nie. Die bestaan van 'goodies en baddies' in die geestelike realm (alhoewel onsigbaar) is n feit net soos wat jy goeie en slegte mense hier in die fisiese wereld kry. Ek vermoed dat daar n 'baddie' verantwoordelik is vir jou kinders se vrees. Hulle kan hom sien maar nie noodwendig julle nie. Nou se ek nie gaan lees boeke en woon kursusse by oor die moontlike oorsake daarvan nie. WANT DIE OPLOSSING VAN AL HIERDIE BO-NATUURLIKE PROBLEME LE OPGESLUIT IN DIE NAAM VAN JESUS! Die bose sidder net met die aanhoor van die Naam onder alle name! Jy kan jou huis salf met olie en jy kan n gebed bid soos: Demoon, in die Naam van Jesus Christus, gee vir goed pad uit ons huis uit! Hierdie huis se inwoners is Koningskinders en hier word die bose nie geduld nie! So UIT! Jesus het ons o.a. aan die kruis ook die outoriteit gegee om in Sy Naam te opereer. So bestraf die bose in Sy Naam ! Mense wat ek ken, ken elke moontlike demoon se naam.... dis vir my so n mors van tyd . Bestee eerder jou tyd aan lofprysinge aan ons Verlosser omdat Hy ook jou huis en sy inwoners vry gemaak het van die bindinge van die bose.

Son of the South
May 12th 2010, 02:00 PM
Hi Eloise,

Ons kan maar net spekuleer oor die oorsaak, maar ons dien 'n Vader in die Hemel wat vir ons sorg. Ek besef jou seuntjie kan dalk nog nie praat nie, maar leer jou kinders van kleins af om skuiling te soek by ons Vader. Leer jou dogtertjie dat as sy bang word, moet sy bid.

Eloise
May 12th 2010, 02:20 PM
Dankie vir julle antwoorde. Om julle terug te antwoord:

Ek is getroud. Ek en my man het 'n goeie huwelik. Ons is nie bakleierige mense nie, eintlik heel rustig. Pas goed bymekaar. Ek was op 'n tyd baie bang gewees. Het ondertussen rustigheid daaroor gevind nadat ek die "post" "be not afraid" gelees het. Ek het al lankal besef dat my bangheid kan oorspoel na die kinders toe en ek het gelet daarop. Op hierdie staduim praat ons nie te veel oor inbrekers en geweld ens nie, juis sodat die kinders nie bang moet word nie.

Ek het ook al aan geeste/demone gedink. Ek was tot in my vroe 20's nog baie oop daarvoor. Ek het nog nie te doen gehad met die slegte kant nie. Ons het vir ons dogtertjie geleer dat Jesus altyd by haar is en dat sy net moet bid as sy bang voel. Wanneer sy alleen by die trappe oploop en bo is s sy die heeltyd vir haarself dat Jesus by haar is.

Ta-An
May 12th 2010, 02:44 PM
Vrees is regtig 'n Gogga!!

Soos Mona se: Spreek die ding aan, maar noem dit by sy naam 'Vrees', en vertel dit om jou huis te verlaat in Jesus se Naam, en stuur dit na die put van die afgrond (bottomless pit) ....
maar voor jy dit doen moet jy eers beskerming oor jou gesin bid...

Wanneer vrees my kom pla, dan lees ek (eintlik sing en dans ek) Psalm 23 hardop... en ek weet dat al loop ek deur die dal van Doodskaguwee, my God saam met my is.... lees die Bybel voor aan jou kinders, vertel vir hulle van Jesus, en vertel dat Jesus ons Redder is.

Loflaaitjies saam met Jan de Wet het baie mooi musiek CD's speel dit vir jou kind, dat sy daarmee groot word, dat die woorde op daar hartjie geskryf staan, dat sy Jesus sal ken, en weet al gebeur daar slegte goed in die wereld, Jesus haar lief het en haar Berskermer is.
Psalms 59:2 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my testanders!
Psalms 20:2 Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die Naam van die God van Jakob u beskerm!
Leer haar om na Jesus te roep wanneer sy bang is...

Ek kan onthou, toe ek jonger was, kon ek nie in die donker in die gang afloop nie, daar was 'n lig skakelaar aan beide kante van die gang.... dan het my ouer broer my laat 'oefen' om in die donker te loop..... ek was so bang..... toe vertel hy my van Jesus wat se dat Hy die Lig van die wereld is, en dat Sy Lig in ons altyd brand, al is Eskom af, brand Jesus se Lig in ons, en geen spook kan in Lig loop nie....Johannes 8:12 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=8&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=12) En Jesus het weer met hulle gespreek en ges: Ek is die lig van die wreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe h.

Wanneer ek bang word in die nag, dan begin ek sing :)

Paul Pienaar
May 13th 2010, 04:53 AM
Hallo Eloise,

As julle dalk 'n praktiese benadering wil volg, kan
julle dit oorweeg om van 'n kinder-sielkundige
gebruik te maak.

Een van hul metodes wat baie goed werk met kinders
is om die kinders te laat teken oorsekere 'dinge'.
Dit is baie keer makliker vir kinders om te teken (minder direk)
as om te praat oor iets wat hulle kwel (baie keer te direk).
Moet dit egter asb. eerder nie self probeer doen
met die kinders nie. Dit sou belangrik wees dat die kinders
self die oorsaak/bron aan julle of iemand oordra. Menende,
hul verduidelik self soos hulle dit verstaan i.p.v. dat andere
vir hulle die idees 'gee'. Die moontlikheid bestaan dat hulle
dan die ander idee 'neem' asof dit die oorsaak/bron is,
terwyl dit dan moontlik glad nie die oorsaak is nie.

As jy en jou man dalk sou twyfel oor die metodes en oortuigings
van kinder-sielkundiges, wees gerus. Heelwat onder hulle
is gelowiges. Baie was selfs vroer onderwysers wat toe verder in
die veld studeer het - goeie mense wat kinders geniet en
baie versigtig te werk gaan met hulle.

Groete

Die Filadelfieer
May 13th 2010, 07:24 AM
Dankie vir julle antwoorde. Om julle terug te antwoord:

Ek is getroud. Ek en my man het 'n goeie huwelik. Ons is nie bakleierige mense nie, eintlik heel rustig. Pas goed bymekaar. Ek was op 'n tyd baie bang gewees. Het ondertussen rustigheid daaroor gevind nadat ek die "post" "be not afraid" gelees het. Ek het al lankal besef dat my bangheid kan oorspoel na die kinders toe en ek het gelet daarop. Op hierdie staduim praat ons nie te veel oor inbrekers en geweld ens nie, juis sodat die kinders nie bang moet word nie.

Ek het ook al aan geeste/demone gedink. Ek was tot in my vroe 20's nog baie oop daarvoor. Ek het nog nie te doen gehad met die slegte kant nie. Ons het vir ons dogtertjie geleer dat Jesus altyd by haar is en dat sy net moet bid as sy bang voel. Wanneer sy alleen by die trappe oploop en bo is s sy die heeltyd vir haarself dat Jesus by haar is.


Dankie Eloise,
Ek vermoed jy besef hoekom ek jou die vrae gevra het : kinders se breine werk soos badsponsies : hulle suig al die inligting rondom hulle op maar weet nog nie hoe om alles te verwerk nie. Dit sluit ongelukkigheid en spanning tussen pappa en mamma in, en verseker ook as daar vrees in die huis is, ongeag wat die bron vir daardie vrees mag wees. Jy sal weet waarna om te let in hierdie verband.

Mens kan natuurlik glad nie 'n bonatuurlike invloed uitskakel nie, en ek wil spesifiek iets wat Protea geskryf het uitlig :


Bestee eerder jou tyd aan lofprysinge aan ons Verlosser omdat Hy ook jou huis en sy inwoners vry gemaak het van die bindinge van die bose.

Dit is, wat my betref, so eenvoudig soos dit ! Ek is baie versigtig vir allerhande rituele en rympies wat mense gebruik, en wat in elk geval meer van 'n Rooms-Katolieke oorsprong het as wat sulke dinge enige Bybelse fondasie het. Maak seker dat jy en jou huis die Here dien, en Hy doen die res. Vra vir beskerming teen die bose, en doen dit sommer hardop dat almal teenwoordig dit kan hoor. Die Here Jesus het self daarvoor gevra toe Hy die "Onse Vader" vir die mense geleer het ! ( Verlos ons van die BOSE )

Dit sal sommer vinnig-vinnig ontslae raak van enige "goggas" wat daar mag wees.

CFJ
May 13th 2010, 08:01 AM
Hallo Eloise,
Ons kinders is baiemaal baie meer bewus van die bo-natuurlike. Want dat die bo-natuurlike wel bestaan , staan soos n paal bo water. Deur dit te ontken , gaan dit nie wegneem nie. Die bestaan van 'goodies en baddies' in die geestelike realm (alhoewel onsigbaar) is n feit net soos wat jy goeie en slegte mense hier in die fisiese wereld kry. Ek vermoed dat daar n 'baddie' verantwoordelik is vir jou kinders se vrees. Hulle kan hom sien maar nie noodwendig julle nie. Nou se ek nie gaan lees boeke en woon kursusse by oor die moontlike oorsake daarvan nie. WANT DIE OPLOSSING VAN AL HIERDIE BO-NATUURLIKE PROBLEME LE OPGESLUIT IN DIE NAAM VAN JESUS! Die bose sidder net met die aanhoor van die Naam onder alle name! Jy kan jou huis salf met olie en jy kan n gebed bid soos: Demoon, in die Naam van Jesus Christus, gee vir goed pad uit ons huis uit! Hierdie huis se inwoners is Koningskinders en hier word die bose nie geduld nie! So UIT! Jesus het ons o.a. aan die kruis ook die outoriteit gegee om in Sy Naam te opereer. So bestraf die bose in Sy Naam ! Mense wat ek ken, ken elke moontlike demoon se naam.... dis vir my so n mors van tyd . Bestee eerder jou tyd aan lofprysinge aan ons Verlosser omdat Hy ook jou huis en sy inwoners vry gemaak het van die bindinge van die bose.

Hoe verbaas was ek om iets te lees wat ek self wou skryf, maar miskien moes ek dit nie self skryf nie, want mens kan dit nie beter stel nie... Demone is 'n werklikheid wat geen mens 'n vrees voor hoef te h nie, maar as mens naef hieroor is kan dit mens onkant vang, want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar o.a. teen die bose geeste in die lug.

Eloise
May 13th 2010, 09:34 AM
Julle antwoorde is wonderlik, dankie baie! Ons konsentreer meer op die goeie as die slegte, dit vang mens net partymaal as die kiddies so bang raak en jy kan maar s en doen net wat jy wil, bang bly hulle bang. Ek is op 'n staduim wat ek enige iets sal probeer maar ek is versigtig om nie met die verkeerde dinge besig te raak nie. Ek moet ook erken dat ek nie te veel wil gaan rondkrap in die dinge van demone ens nie. Ek gaan almal se antwoorde ondersoek

Ta-An, ek het gisteraand Ps 23 op die kinders se spiel in hulle kamer geskryf en hardop vir hulle gelees, alhoewel net die oudste kon verstaan. Haar antwoord later aan my was dat sy is nie bang nie, Liewe Jesus pas haar mos op! Jay!!!!! Ek dink ek gaan dit sommer met permanente koki skryf! :)

Ek sal julle op hoogte hou !

Willem
May 13th 2010, 09:15 PM
Hi ELoise,

ek het my laaitie vertel van Jesus en sy groot omies met groot swaarde wat die slegte ooms wegjaag en ons oppas en dat dit Jesus se huis is en niemand anders daar mag wees nie. ( Het alles vir Here oorgegee, Hy werk nog met my ... ) Punt is dit is Sy eiendom Sy kinders, ek is net tydelik vorreg gegee ( al vergeet ek soms ) en hulle behoort aan Hom... so vertrou op Hom en spreek wat ook al aan en staan op jou Rots. Rus in Hom want Hy het reeds oorwin en aan Sy naam MOET hulle wyk. ( Jy ken die Here so dis nie ek en jy wat die krag het nie , maar Jesus ons Here wat ons verlosser is en ons ook beskerm )

Verhoed die kindertjies nie... ek het ook vir laaitie saam met my laat se gaan weg , dit is Jesus se huis die en soms geskrik as hy dit vanself gedoen het , maar dan die Here gedank en net weer gebid.

Jy en veral jou man mag en moet ook vir die kinders bid. Vra dat die Here hulle sal bewaar en dat geen bose hulle sal pla nie, dat Hy hulle sal leer wat ons nie kan nie en dat hulle Hom sal leer ken en liefkry en weet wie Hy is en wat Hy gedoen het. ( word 5 en vertel my gedurig dat Jesus uit die dood opgestaan het as hy kruis op koppie sien , dis dan wat jy knop in keel kry en net kan se dankie Here! ) Doen wat jy kan en los die res vir die Here en vertrou Hom! ( p.s. tande kry is selfs as nie jy of die kleintjies meer kan nie op die lys vir rus vir jou en hulle ! )

Ta-An
May 14th 2010, 08:42 AM
..... vertel my gedurig dat Jesus uit die dood opgestaan het as hy kruis op koppie sien , dis dan wat jy knop in keel kry en net kan se dankie Here! ) En Hy LEEF!! en Hy het opgevaar na die Hemel en...... Hy sien....

Willem
May 16th 2010, 09:47 PM
Ja en toe begin poppelops se daar is monsters n.a.v Tobie se avonture ( kids dvd wat Jesus en skepping en stilmaak v storm uitbeeld ) die begin met Tobie wat tv kyk na monster movie en dan bang is as ga slaap en Jesus in hart kom praat en se Sy Woorde sal die monsters wegjaag...

So nou leer kleinsus ook "weg monsters, die is Jesus se huis " en sy het mos nou al gesien op ddvied hoe Tobie se weg en met Jesus in sy hartjie gaan hulle weg en is hy nie meer bang nie... amazing hoe die Here mens kanse gee om te leer en te kies en te getuig !

Tonton
May 17th 2010, 02:24 PM
Hallo Eloise,
Ons kinders is baiemaal baie meer bewus van die bo-natuurlike. Want dat die bo-natuurlike wel bestaan , staan soos n paal bo water. Deur dit te ontken , gaan dit nie wegneem nie. Die bestaan van 'goodies en baddies' in die geestelike realm (alhoewel onsigbaar) is n feit net soos wat jy goeie en slegte mense hier in die fisiese wereld kry. Ek vermoed dat daar n 'baddie' verantwoordelik is vir jou kinders se vrees. Hulle kan hom sien maar nie noodwendig julle nie. Nou se ek nie gaan lees boeke en woon kursusse by oor die moontlike oorsake daarvan nie. WANT DIE OPLOSSING VAN AL HIERDIE BO-NATUURLIKE PROBLEME LE OPGESLUIT IN DIE NAAM VAN JESUS! Die bose sidder net met die aanhoor van die Naam onder alle name! Jy kan jou huis salf met olie en jy kan n gebed bid soos: Demoon, in die Naam van Jesus Christus, gee vir goed pad uit ons huis uit! Hierdie huis se inwoners is Koningskinders en hier word die bose nie geduld nie! So UIT! Jesus het ons o.a. aan die kruis ook die outoriteit gegee om in Sy Naam te opereer. So bestraf die bose in Sy Naam ! Mense wat ek ken, ken elke moontlike demoon se naam.... dis vir my so n mors van tyd . Bestee eerder jou tyd aan lofprysinge aan ons Verlosser omdat Hy ook jou huis en sy inwoners vry gemaak het van die bindinge van die bose.
AMEN!

Eloise,

Ek stel voor jy en jou man bestraf enige onreine geeste in die Naam van Jesus. Doen dit gereeld. Elke keer as 'n kind bang is. Lofprys die Here in die Naam van Jesus. "Claim" jou grond as rein en as terrein van Jesus.

Lees saam, bid saam. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir jou kinders om die Woord in werking te ervaar.

Groete in Jesus,
Anton