PDA

View Full Version : Help asseblief Wat gebeur as ek as gelowige vandag doodgaan?



Lizzie
May 12th 2010, 01:11 PM
Wat gebeur as ek as gelowige vandag doodgaan? Verstaan nie die dinge nie.

Ta-An
May 12th 2010, 02:26 PM
Hallo Lizzie ((hug))

Weet jy, daar is al boeke hieroor geskryf, maar ek glo nie ons as mens weet nie, ek glo dat wanneer ons ons oe oopmaak, dit vir ons sal wees om wakker te word, dit sal voel soos, "Vandag" net soos wat Jesus aan die man aan die kruis langs hom gese het.

God is buite tyd, dus wanneer ons doodgaan, glo ek ons ook die realm van "buite tyd" betree.

As jy 'n gelowige is, maak seker dat jy God se stem ken... :hug:

Johnny
May 13th 2010, 10:14 AM
Isak Burger het 'n dvd en boek (CUM Boeke) en die tema is: "5 minute na die dood".

mari
May 14th 2010, 01:30 PM
Liewe Lizzie .....

my verstaan van hierdie tameletjie ; ......

die term "ewigheid" ( die hede met die ewige verruil ) word verkeerdelik verstaan as "tyd sonder end ", dit is eerder tyd sonder perke.... 'n realm ver anderkant linere tyd en 3 dimensionele ruimte soos ons dit op aarde ken ........

wanneer ons liggame sterf, gaan ons onsterflike gees oor in God se geestesrealm, wat nie gebind is aan tyd/ruimte nie ........ ons ou square koppies kan nie dit nie heeltemal begryp nie ....... want al wat ons ken is hier en nou ..... makliker om net te GLO .....

in "ewigheid" is daar nie 'n verlede om oor te wroeg nie, en nog minder 'n more om oor te worrie ......... daar is net God se teenwoordigheid om na uit te sien !!!! .......

hoop dit help ....
m

Willem
May 16th 2010, 09:55 PM
Liewe Lizzie .....

my verstaan van hierdie tameletjie ; ......

die term "ewigheid" ( die hede met die ewige verruil ) word verkeerdelik verstaan as "tyd sonder end ", dit is eerder tyd sonder perke.... 'n realm ver anderkant linere tyd en 3 dimensionele ruimte soos ons dit op aarde ken ........

Mari herinner my aan iets hierso...

dink aan tyd soos 'n koki pen , so lekker dik swart permanent marker. Jy begin een punt en werk anderkant toe soos die tyd aanstap en as jy die doppie op ander punt opsit is dit verby.... MAAR uit God se oogpunt uit kan Hy die koki so omdraai en van enige kant af bekyk ens. want hy kan alles sien en tyd is maar net soos hoe lank is dit van hier tot daarso ? 2 meter , 2 dae....

Die LEKKERSTE van doodgaan is die huis toe gaan en die BESTE DEEL is om in God se teenwoordigheid vir altyd te wees ! Mari sit nogal haar vinger op die regte punte neer....