PDA

View Full Version : Bespreking Dei Laaste Basuin.



Johnny
May 14th 2010, 10:16 AM
Wanneer gaan die wegraping plaasvind. Hierdie draad is nie daar om te bespiegel of daar 'n wegraping is of nie. Daar gaan een wees.....ek wil weet wanneer dink julle.:hmm:

1Co 15:51 Kyk, ek deel julle n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
1Co 15:52 in n oomblik, in n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

David2
May 16th 2010, 05:43 AM
Johnny
Daar bestaan die siening dat "die laaste basuin" iets te doen het met die basuine wat op die Joodse fees van die basuine geblaas word (Lev. 23). Volgens die siening sal die wegraping dan een of ander jaar saamval met die laaste basuin van hierdie fees van basuine. Vir my lyk dit nie moontlik nie. Die wegraping is nie iets wat vir Israel onder die wet gegee is nie. Ons lees self ook in die verse wat jy aanhaal dat die wegraping as 'n verborgenheid aangekondig is. Dit was dus 'n nuwe waarheid vir die kerk, die liggaam van Christus. Ek sou dus eerder s dat die laaste basuin dui op 'n basuin wat op God se bestemde tyd aan die einde van die tyd van die kerk (vandaar die woord "laaste") geblaas gaan word. Presies wanneer dit gaan wees, weet ons nie, en behoort ons ook nie te weet nie, anders as om net die tekens te beoordeel en te besef dat die tyd nou baie naby is.

Johnny
May 17th 2010, 11:23 AM
Alhoewel ons nie kan se watter jaar die wegraping gaan plaasvind nie, is ons oortuig dat dit op die Fees van die Trompette gaan plaasvind. (Rosh Hashana)

http://www.bibleprophesy.org/introtrumpets.htm