PDA

View Full Version : Paradigma Skuif



Johnny
May 20th 2010, 11:26 AM
Is "Paradigma Skuif", of in engels "Paradigm Shift" dalk nog 'n New Age konsep?:hmm:

Britain's Best Loved Spiritual Magazine
Shift your paradigm with Paradigm Shift magazine!

Are you ready for the global shift in consciousness that is sweeping our planet at this very moment?
We are on the threshold of a quantum shift in the perception and experience of our reality – it is as profound as the introduction of speech, or the development of the wheel.
Our authors are pioneers in consciousness, people with the profound knowledge that there is more to life than meets the eye - find out what they have to say . . .

http://www.paradigmshift.info/

PARADIGM SHIFT
A paradigm (pronounced "paradime") is a world view.
We all look at the world around us in accordance with a certain paradigm. The paradigm we use depends on what we believe is reliable and true. Scientific materialism is a very powerful paradigm that many people use today to find answers to some of the issues that face humanity.
But does this paradigm really explain our world?
We believe that it cannot. This web site will tell you about our shop, where we sell all sorts of stuff to do with science and nature. We hope that in some small way, it will help you discover the wonders of creation. A discovery that may cause you to experience a paradigm shift that will change the way you look at the world.

http://www.paradigmshift.org.uk/

Oprah and Eckhart Do the New Age Shift
I stared at the huge stack of books in the Barnes & Noble bookstore. The title of the book was A New Earth: Awakening to Your Life Purpose. The title sounded like a new book by Purpose-Driven pastor Rick Warren (http://herescope.blogspot.com/2008/01/rick-warren-brian-mclaren-at-davos.html), but it was actually the latest selection in Oprah’s Book Club. A colorful orange and blue paper band around the book invited the reader to “Join Oprah and Eckhart for a worldwide web event… Every Monday night beginning March 3, 2008 for 10 weeks… Register at Oprah.com/anewearth (http://www.oprah.com/anewearth).” A personal message from Oprah stated: “Get ready to be awakened.”

It was clear to me that Oprah was no longer content to just popularize New Age beliefs, she would now teach them. This was a bold move by a woman who was obviously willing to do everything in her power – which is considerable – to convert the world to her New Age worldview.

http://www.crossroad.to/articles2/08/discernment/3-27-oprah-eckhart.htm

mari
May 20th 2010, 11:57 AM
Johnny ...die s.g. paradigma skuif is juis alles waaroor new age gaan ....... dit gaan oor 'n globale kopskuif ......

dit is die skadu van ons Bybelse lering van " renewing the mind " ........

die Waarheid wat die Kerk ( gelowiges as geheel, nie denominasies nie ) as bruid van Christus moet insien as teengif vir hierdie idees is " having the Mind of Christ" ..... ( returning to Christ contiousness ) .....

shalom...m

Johnny
May 20th 2010, 12:07 PM
Johnny ...die s.g. paradigma skuif is juis alles waaroor new age gaan ....... dit gaan oor 'n globale kopskuif ......

dit is die skadu van ons Bybelse lering van " renewing the mind " ........

die Waarheid wat die Kerk ( gelowiges as geheel, nie denominasies nie ) as bruid van Christus moet insien as teengif vir hierdie idees is " having the Mind of Christ" ..... ( returning to Christ contiousness ) .....

shalom...m

Met ander woorde jy stem saam met my dat dit 'n buite-bybelse konsep is?

mari
May 20th 2010, 12:43 PM
Ja Johnny .... ons stem sowaar saam !!!!!

.... met 'n twist darem ...new age propageer 'n global shift in "new thinking" wat maar meestal humanisties is ...... waar die Bybel praat van die bruid van Christus wat haar in die eind tye voorberei vir die werderkoms ..... daar is 'n wereldwye herlewing in "back to basics" lering in die kerk, in vele uiteenlopende denominasies , vir 'n terugkeer na basiese Christus gefundeerde lering ..... om menlikke teologie wat meer verwarring en verdeling as iets anders veroorsaak, eenkant toe te skuif en terug te keer na dit wat die kerk voor geskep is - persoonlike verhouding met God

shalom
.......... m

Johnny
May 21st 2010, 05:29 AM
Ja Johnny .... ons stem sowaar saam !!!!!

.... met 'n twist darem ...new age propageer 'n global shift in "new thinking" wat maar meestal humanisties is ...... waar die Bybel praat van die bruid van Christus wat haar in die eind tye voorberei vir die werderkoms ..... daar is 'n wereldwye herlewing in "back to basics" lering in die kerk, in vele uiteenlopende denominasies , vir 'n terugkeer na basiese Christus gefundeerde lering ..... om menlikke teologie wat meer verwarring en verdeling as iets anders veroorsaak, eenkant toe te skuif en terug te keer na dit wat die kerk voor geskep is - persoonlike verhouding met God

shalom
.......... m

Ek glo ook dat daar 'n magtige verdeeldheid in die kerk is en die lering wat ontvang word. Dit is ook die mens se skuld want hulle gaan soek antwoorde op ander plekke en ander bronne, soos bv. die honderde buite bybelse lering wat in boeke aangebeid word in christelike boekwinkels. Miskien juis omdat ons leraars afgedwaal het van die Ware Woord van God.

Wederkoms en bekering word net nie meer van die kansels af gepreek nie.....en ons is die geslag wat die wederkoms gaan ervaar. Geen wonder Jesus se: "Dit sal wees soos in die dae van Noag".

Iewers het ek gelees dat omtrent elke 3de persoon op die strand sit met "The Shack" in sy/haar hande........plaas van die Woord wat Jesus vir ons gegee het.

mari
May 21st 2010, 03:04 PM
Johhny ....... aai jong .... :B

verdeeldheid in die kerk het nie juis veel met buite bybelse boeke te doen nie ...... die denominasies was daar laaaaaaank voor die shak ........... dit kom juis van vermensliking van teologie sonder die Gees as Leermeester en Wysheid .... wanneer die Bybel uitmekaar gehaal word volgens menslike interpretasie, en buite verhouding met die Skrywer en die Lewende Woord in Christus ........

dit raak tyd dat ons mensekinders ons modder kerkmure afbreek en in gees begin saamstaan teen al hierdie deurmekaar skadus wat as "new age" voorgegee word...... ons het die Waarheid en die Lewe ......... maar ons is so besig om vingers na mekaar te wys, dat die soekendes daarbuite hulle vererg vir wat as "kerk" uitgegee word en val vir al die spookdenkery ..........

as die kerk terugkom na haar oorspronklike rede ..... om as bruid van Christus voor te berei vir die wederkoms van haar Bruid, en die liefde van God ......., wat in ons harte uitgegiet is, ophou teenstaan en begin uitleef ...... sal die wat geestelike vervulling in skadus soek, die Lig sien .........

ons glo ons is vergewe, maar ons kan nie vergewe nie ...

ons glo God is Liefde, maar leef in 'n bakleiery in Sy Huis .....

ons glo gebed verander sake, maar is te besig om mekaar te kritiseer .......

nou preek die new age klomp vergifnis en liefde, en die wat dit nie in die kerk kry nie, soek dit daar ....... en weer wys ons vingers, pleks van in nederigheid voor ons Vader gaan en die bose teenstaan vir dit wat dit is ....... ons baklei die mense en die magte sit rustig agteroor terwyl ons die werk vir hulle doen ......

new age preek 'n nuwe aarde van mense wat mekaar aanvaar, van liefde en respek tussen man en vrou, tussen gesinnetussen volkere, tussen rasse ........ 'n wereld met van rigting en perspektief........., en die soekendes vergeet van dit wat ons reeds het in Christus ...... en ons nog beskore is met die wederkoms .......

die kerk moet oppas om nie soo teen die new age skadu kopskuif op moddevlak te veg dat ons op die ou end ons eie, baie nodige, Lewende Waarheid kopskuif afterlaat nie .....

..... shalom
m

DanieB
May 25th 2010, 09:02 PM
Paradigma skuif kan 'n mens ook sien as dit wat die mens moet doen om sy denke te verander (te vernuwe) vanaf vleeslike of natuurlike denke na geestelike denke. Paradigma skuif beteken tog net om totaal anders te dink. En dit is presies wat ons nodig het volgens Rom.12:2 (vernuwing van julle verstand). Ons kan nie meer na onsself kyk soos wat die mens na homself gekyk het voor Christus se kruisdood nie. Na Jesus se dood en opstanding het alles totaal verander. Hy het gekom en met sonde afgehandel. As Hy nie opgestaan het nie, was ons nog in sonde, maar omdat Hy opgestaan het is ons nie meer in sonde nie. (1Kor.15:17 "en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes" Ons is dus nie meer sondaars nie maar deur Jesus se verdienste is ons nou volgens 1Kor.1:30 heilig, geregverdig en verlos - vry van sonde! Dit is wat ek noem 'n totale "paradigm shift".

Johnny
May 26th 2010, 05:43 AM
Paradigma skuif kan 'n mens ook sien as dit wat die mens moet doen om sy denke te verander (te vernuwe) vanaf vleeslike of natuurlike denke na geestelike denke. Paradigma skuif beteken tog net om totaal anders te dink. En dit is presies wat ons nodig het volgens Rom.12:2 (vernuwing van julle verstand). Ons kan nie meer na onsself kyk soos wat die mens na homself gekyk het voor Christus se kruisdood nie. Na Jesus se dood en opstanding het alles totaal verander. Hy het gekom en met sonde afgehandel. As Hy nie opgestaan het nie, was ons nog in sonde, maar omdat Hy opgestaan het is ons nie meer in sonde nie. (1Kor.15:17 "en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes" Ons is dus nie meer sondaars nie maar deur Jesus se verdienste is ons nou volgens 1Kor.1:30 heilig, geregverdig en verlos - vry van sonde! Dit is wat ek noem 'n totale "paradigm shift".

Dus se jy dat toe Jesus uit die dode opgestaan het het hy 'n "Paradigma Skuif" gemaak?

Gene
May 26th 2010, 08:05 AM
Ek stem saam met DanieB. Die woord "paradigma skuif" dui bloot op 'n "nuwe manier van dink" Dit beteken om anders te dink oor goed en op 'n ander (nuwe) manier na die wereld om jou te kyk. Romeine 12:2 roep ons inderwaarheid op om God toe te laat om 'n paradigma skuif in ons te laat plaasvind, sodat ons nie langer aan die wereld gelykvormig sal wees nie, maar sal kan onderskei wat God se volmaakte wil is, en wat vir Hom aanneemlik is. Ons denke is die somtotaal van die persepsies waarmee ons grootgeword het en wat gevorm is deur ons ervaringe van geboorte (self voor geboorte) af. Maar omdat ons in 'n skewe wereld leef, is baie van die ervarings waarop ons denke en persepsies gebasseer is, ook skeef. 'n Paradigma Skuif is dus nodig om totaal op 'n nuwe manier na dinge te kyk en alles in perspektief te beskou. Die konsep is dus heeltemal Bybels.

Maar natuurlik is die ander kant van die munt ook waar, en wil die wereld en die satan ook 'n paradigma skuif in ons laat plaasvind, maar na die verkeerde kant toe. Daarom is dit nodig om GOD toe te laat om daardie paradigma skuif te inisieer, soos wat Romeine 12:2 ook leer.

mari
May 26th 2010, 08:16 AM
Dus se jy dat toe Jesus uit die dode opgestaan het het hy 'n "Paradigma Skuif" gemaak?

Johnny, nee ....

Jesus is die BRON van ons paradigma skuif ..... ons, as glowiges in Christus as verlosser, moet juis die keuse maak om ons denke te vernuwe ...... 'n kopskuif van "onder die wet" na "in Christus" ...... en dit het die kerk reeds meer as 2000 jaar gevat om daarby uit te kom ! ......

Rom 8
1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

new age se "paradigma skuif" gaan oor fisiese denke verplaas met geestelike denke ..... ons as gelowigis is dit gegee in Christus, 2000 jaar gelede ( ironies genoeg volgens die s.g. astrologiese kalender was Jesus juis die simbool van die vorige "new age" toe die era van aries s.g. na pices oorgegaan het ....... )

ons is vandag nog so besig om mekaar met teologie en menslike interpretasie en veroordelende lering uitmekaar te skeur, dat die oorwinnende verlossingsboodskap in Christus meestal heeltemal verlore raak in moddergooiery ....... die "kerk" moet wakker word in haar rol as bruid van Christus ..... die kerk het haar rol as geestelike insperasie verloor met al die afbrekery en veroordeling ........ daarom kry jy soveel soekendes wat vir die skadus val ........ ons het die Lig van die Wereld lankal reeds, wat die dinge van die gees deur die Gees aan ons openbaar, en nie in allerande spookstories nie .....

.... ons is in die werklikheid van die Bybels geprofiteerde " end age " :pp en moet regmaak vir ons Bruidegom ...... daarvoor moet ons ons denke verander deur die Gees ....... dit kan net gebeur deur 'n werklike voete innie modder, kop innie Konigkryk...... elke dagse lewende VERHOUDING met die Vader...... deur die Woord .... in die Gees .......

:hmm: shalom...
m

Johnny
May 26th 2010, 09:41 AM
Ek is met julle en neem kennis van wat julle se. Ek hou egter vas aan die eenvoudige woorde wat Paulus vir ons gegee het.

GEEN SKUIF HIER NODIG NIE
2Co 1:13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,
2Co 1:14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.

Paulus se ons sal dit verstaan tot die einde toe.....ons het nie nou in die laaste dae enige spesiale middele of veranderinge van denkwyse nodig om te verstaan wat ons lees in die Woord vandag nie.:hmm:

mari
May 26th 2010, 10:12 AM
Sorrie, Johnny ........ konteks, onthou konteks ........anders weerspreek Paulus homself

II Kor 1
12 Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle. 13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan, 14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus. 15 En in hierdie vertroue wou ek vroeër na julle kom, dat julle 'n tweede genade kan ontvang .......



Paulus maak sy lering baie duidelik in Rom 8, en brei uit in Rom 12 :

3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon.......

die engels praat van carnaly minded en spritualy minded ..... kopskuif van vlees na gees .....


Rom 12

2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

KJV
2 And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.

G3339
μεταμορφόω
metamorphoō
met-am-or-fo'-o
From G3326 and G3445; to transform (literally or figuratively “metamorphose”): - change, transfigure, transform.


G3563
νοῦς
nous
nooce
Probably from the base of G1097; the intellect, that is, mind (divine or human; in thought, feeling, or will); by implication meaning: - mind, understanding. Compare G5590.


Johnny, mens kan nie een vers buite konteks gebruik om aan vas te hou ten koste van 'n hele lering wat eldes uiteengesit word nie ..... as een teks oenskylik ander teenspreek, of 'n vers anders verstaan kan word, moet jy die skrywer se lering as geheel nagaan, en natuurlik die Bybelse lering as geheel gebruik as maatstaaf ......

....... m

Johnny
May 26th 2010, 10:30 AM
Mari......lyk my jy het erens goeie lering ontvang aangaande konteks:hmm:

Daar is ook 'n vers 3:

Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Geen paradigma skuif hier nie, geen beter of meer denke as wat 'n mens behoort te dink nie......net om besadig te wees na die maat wat GOD aan jou toebedeel het.:idea:

Die Filadelfieer
May 26th 2010, 10:37 AM
Jesus is die BRON van ons paradigma skuif .....

Amen Mari ! Daar kan geen paradigma skuif groter wees as die een waar 'n mens saam met Christus gekruisig word en 'n nuwe mens opstaan nie. Jy stel dit so pragtig, ek sit dit sommer op 'n t-hemp. :hug:

mari
May 26th 2010, 10:48 AM
Liewe Johnny .....

enige goeie Bybelstudie, makie sakie warie, begin altyd met die konsep van konteks ....... ;)

dan moet mens ook onthou dat belangrike aspekte van 'n teks soms verlore raak in vertaling, soos hier.......
vers 3 bevestig weer Paulus se gedagtes oor denke want wat as " besadig " in Afrikaans vertaal, impliserend nederig, minder denkend, niedenken, is is "sober" in engels

hy se weer : moenie arogant wees nie.... dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie

G5252
ὑπερφρονεώ
huperphroneō
hoop-er-fron-eh'-o
From G5228 and G5426; to esteem oneself overmuch, that is, be vain or arrogant: - think more highly.



maak 'n kopskuif en wees sober in gedagtes en geloof ..... daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof

G5426
φρονέω
phroneō
fron-eh'-o
From G5424; to exercise the mind, that is, entertain or have a sentiment or opinion; by implication to be (mentally) disposed (more or less earnestly in a certain direction); intensively to interest oneself in (with concern or obedience): - set the affection on, (be) care (-ful), (be like-, + be of one, + be of the same, + let this) mind (-ed, regard, savour, think.

G4993
σωφρονέω
sōphroneō
so-fron-eh'-o
From G4998; to be of sound mind, that is, sane, (figuratively) moderate: - be in right mind, be sober (minded), soberly.

Paulus se hier : moenie arrogant in jou eie denke wees nie, wees wys in geloof ...... dus, maak 'n kopskuif van vleeslike na geestelike denke .... selfde boodskap as vers 2 ( onthou weer GEEN VERS NOMMERS in oorspronklike teks ) .....

shalom
m

mari
May 26th 2010, 10:54 AM
Geen paradigma skuif hier nie, geen beter of meer denke as wat 'n mens behoort te dink nie......net om besadig te wees na die maat wat GOD aan jou toebedeel het.:idea:


....... vernuwing van denke ..... is nie "meer" of "beter" denke nie .... maar juis 'n kopskuif na die eenvoud van kinderlike geloof in dit wat God vir ons gedoen het, pleks van alles op 'n intellektule vlak probeer uitfigure .....

:hug: ... m

Johnny
May 26th 2010, 12:18 PM
Amen Mari ! Daar kan geen paradigma skuif groter wees as die een waar 'n mens saam met Christus gekruisig word en 'n nuwe mens opstaan nie. Jy stel dit so pragtig, ek sit dit sommer op 'n t-hemp. :hug:

Hier is nog 'n "paradigma skuif" vir julle....of soos Prof. Johan Malan dit noem, 'n "paradigma breker".

Die Jabes-gebed is ‘n afgodsgier
In sy oorspronklike konteks was hierdie natuurlik ‘n wonderlike gebed wat deur ‘n gelowige Joodse man gebid is. Sy gebed is duidelik volgens die volmaakte wil van God gebid, en dit het hom van die groot menigte van sy tydgenote onderskei. Dit het die potensiaal om vir ‘n goeie preek en wonderlike voorbeeld gebruik te word. Om egter hierdie gebed tot ‘n “paradigma-breker” en model vir alle Christene te verhef, sou lagwekkend gewees het indien die saak nie so ernstig was nie. Daar is nie een vers in die Bybel, ook nie die “Onse Vader” nie, wat as ‘n mantra gebruik kan word nie. (‘n Mantra, wat uit die Oosterse gelowe afkomstig is, is die aanhoudende herhaling van ‘n enkele woord of sinsnede totdat geestelike ‘verligting’ en gebedsverhoring verkry word – red.). Dit word in Mattheus 6:7 deur Jesus verbied.

http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Jabes.htm

mari
May 26th 2010, 12:32 PM
aaaaai Liewe Johnny ......

daar is 'n verskil tussen kopskuif en kopafkap ......

:OFFT:

Gene
May 26th 2010, 12:54 PM
Ek is met julle en neem kennis van wat julle se. Ek hou egter vas aan die eenvoudige woorde wat Paulus vir ons gegee het.

GEEN SKUIF HIER NODIG NIE
2Co 1:13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,
2Co 1:14 soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.

Paulus se ons sal dit verstaan tot die einde toe.....ons het nie nou in die laaste dae enige spesiale middele of veranderinge van denkwyse nodig om te verstaan wat ons lees in die Woord vandag nie.:hmm:

Johnny, nee, ek is bevrees jy verstaan die teks totaal verkeerd. Hierdie is 'n geval waar die AOV ongelukkig bietjie gebrekkig is - nie dat daar soseer fout is met die vertaling as sulks nie, maar dit is in baie moeilik verstaanbare Afrikaans geskryf. Paulus se geensins dat ons alles in die Bybel sal verstaan tot die einde toe nie. Hy skryf is vers 12 dat hy (Paulus) nog altyd opgetree het, teenoor die wereld en teenoor die Korintiers, met opregte bedoelings en in eenvoud, dat hy nie op sy eie kennis staamaak nie, maar dat alles wat hy doen, op God se genade gebasseer is. Dan kom hy en se dat alles wat hy in sy briewe aan hulle geskryf het, eenvoudig en sonder enige bymotiewe of "tussen die reels-boodskappe", sodat hulle dit self kon lees en verstaan (vers 13). Hy gaan verder en se dat hy hoop dat hulle hom eendag ten volle sal verstaan. Hulle verstaan hom net gedeeltelik, maar wanneer Jesus weer gekom het, sal hulle hom ten volle verstaan en sal hulle op hom trots wees, soos hy ook op hulle trots is. 'n Mens moet versigtig wees om nie sommer enige betekenis aan enige teks te heg nie, maar om seker te maak wat daar presies staan, en soos mari ook tereg se, in watter konteks dit geskryf is. Dit is altyd goed om die hele hoofstuk (en soms voorafgaande hoofstukke) te lees om te begryp wat daar werklik gese word.

Wat Romeine 12 betref, se Paulus baie duidelik dat, as ons nie aan die wereld gelykvormig wil wees nie, ons moet toelaat dat God ons denke vernuwe (paradigmaskuif). Eers DAN sal ons werklik kan onderskei wat God se wil is en wat vir Hom aanneemlik is, eers dan sal ons werklik tot Sy eer kan lewe. (M.a.w. as ons nie toelaat dat God ons denke nuutmaak nie, dan bly ons soos die wereld en sal ons nooit werklik weet wat God se wil is nie.) In vers 3 gaan hy voort deur as't ware te se dat, wanneer 'n mens se denke vernuwe is, 'n mens jouself sal sien soos wat God jou sien, sodat daar geen greintjie hoomoed in jou sal oorbly nie, maar jy werklik nederig sal wees, omdat jy besef dat jy niks is nie, en dat alles oor God en Sy eer gaan. Alles wat jy is, is gegrond op God se genade, en dis Hy wat die geloof waarop jy roem, in jou geplant (aan jou toebedeel is) het. Self het jy niks om op te roem nie, en daarom mag ons nooit meer van onsself dink as wat ons behoort te dink nie. (As ons nie 'n paradigmaskuif gemaak het nie, sal dit nie moontlik wees om werklik nederig te wees nie....)

Ons moet onthou dat alles wat ons glo, al ons perepsies en vooropgestelde idees, gevorm is deur dit wat ons van kleins af beleef en gehoor het. En natuurlik word alles wat 'n mens doen (selfs Bybel lees) gedoen vanuit daardie perspektief. Dis net menslik. En dit beinvloed ons interpretasie van die Woord, selfs al is jy wedergebore. Daarom is daar vandag so baie verskille onder kinders van die Here. Elkeen verstaan die Bybel op 'n ander manier, gebasseer op sy/haar denke. Om daardie denke te verander, is iets wat nie maklik gebeur nie. Sekulere sielkundiges gebruik 'n baie lang proses van terapie, en soms selfs dinge soos hipnose, om mense se denke oor sekere goed te verander. Dit is nie altyd suksesvol nie, maar indien wel, neem dit soms jare. Nou se Paulus vir ons as christene, dat ons God moet toelaat om ons denke nuut te maak, en ontslae te raak van al daardie persepsies en idees, voordat ons Sy wil sal kan onderskei, en finaal met die wereld kan breek. M.a.w. daar moet 'n PARADIGMA SKUIF plaasvind wat deur God geinisieer word. Op ons eie sal ons dit nooit kan doen nie.

Johnny
May 27th 2010, 05:33 AM
Dankie Oom Gene en Mari.......laat ek maar nie my kop "afkap" hier nie. Dit is vir my 'n vreemde term wat in ons dae weer aan die Bybel gekoppel word. Ek glo elkeen sien dit maar op sy eie manier en oortuigings. Sterkte.

mari
May 27th 2010, 08:55 AM
Johnny ........:hug: