PDA

View Full Version : Inligting Wapenrusting

Ta-An
May 20th 2010, 08:13 PM
Mense, as julle nie die program : Hartklop vanoggend of verlede Donderdag oggend kon luister oor die Wapenrusting van Efesiers 6 oor Radio Kansel nie..... bestel dit asb,. Soekie was amazing met die bespreking daarvan

BB

protea
May 23rd 2010, 02:08 PM
Ai Ta-An , ek dink so met verlange terug na n paar jaar gelede toe ons nog Radio Kansel op FM kon opvang tot 11 uur soggens op Radio 2000. Dis letterlik AL waarna ek soggens geluister het . Hierdie ander senders wat hulle nou het kan ons nie opvang op ons 'eensame boereplaas' nie... en ek huil lang trane daaroor.

Ta-An
May 23rd 2010, 02:35 PM

het jy nie 'n skottel nie??

protea
May 24th 2010, 12:21 PM
Nope.... Kan mens dit dan d.m.v die skottel opvang? Wag ek onthou nou, ek kan altyd my ouma se skottel waarin sy so lekker beskuit gebak het , gebruik. Hy staan hoeka in die pakkamer in my pad.....(giggel-giggel..)

Ta-An
May 25th 2010, 08:51 AM
Nope.... Kan mens dit dan d.m.v die skottel opvang? Wag ek onthou nou, ek kan altyd my ouma se skottel waarin sy so lekker beskuit gebak het , gebruik. Hy staan hoeka in die pakkamer in my pad.....(giggel-giggel..)

Oy Oy Oy....:lol: probeer maar, dalk patenteer jy die herwinning van beskuit-knie-skottels ;)

Willem
May 25th 2010, 08:36 PM
Nope.... Kan mens dit dan d.m.v die skottel opvang? Wag ek onthou nou, ek kan altyd my ouma se skottel waarin sy so lekker beskuit gebak het , gebruik. Hy staan hoeka in die pakkamer in my pad.....(giggel-giggel..)

Willemien hierso ( Willem se sussie:rofl: ) as jy skottel kry en kaart kry vir R20 per maand op dstv easyview kry jy radio kansel as een van die kanale daarop....:hug:

Mia Ashton
May 26th 2010, 02:41 PM
Hello Willemien (Willem se sussie ha ha ha . Ek kry nie die lag smilie nie.)
Welkom hier by ons bak-skottels. Ek het ook 'n ouma knie-skottel en haar name, my naam (een van baie) is ook Willemien. Wil jy almal hoor ....Sophie Marie Wilhelmine met aksent tekens asb op al die e's = Willemien = Mia. Ek dra maar swaar, glo ook die koningin van Nederland se name gewees. Hoop Protea kom reg met daai skotteltjie!!!!
Groete sonder beskuit vanaf FF

Ta-An
May 26th 2010, 03:52 PM
LoL Mia,,,ek stoot net so swaar aan die kruiwa met al my name,,,,dit het al tot my voordeel getref.... ACC.... toe dink die mense ek is iemand van die Gereg!! :lol:

Ta-An
May 26th 2010, 05:34 PM
Nope.... Kan mens dit dan d.m.v die skottel opvang? Wag ek onthou nou, ek kan altyd my ouma se skottel waarin sy so lekker beskuit gebak het , gebruik. Hy staan hoeka in die pakkamer in my pad.....(giggel-giggel..)

Willemien hierso ( Willem se sussie ) as jy skottel kry en kaart kry vir R20 per maand op dstv easyview kry jy radio kansel as een van die kanale daarop....

So nou weet jy.......................

protea
May 30th 2010, 05:06 PM
Dankie ! Ek gaan dit verseker kry!

Ta-An
Mar 22nd 2011, 02:49 PM
Hierdie draad is uit die Koffiehuis geskuif na die oop forum toe... :)

Ta-An
Mar 22nd 2011, 09:18 PM
Psalm 78:2 Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
3 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het,

Toe Jesus die mense toegespreek het in gelykenisse, het hy die bg. verse uit Psalms laat waar word.....

En dit het my net weer laat dink aan die wapenrusting..... want: As ons swaarde skerp is, (wanneer ons die Woord ken) sal ons Hom herken wanneer Hy weer kom :yes: