PDA

View Full Version : Ons moenie ons krisis mors nie



MercyChild
May 25th 2010, 09:50 AM
Die lewe is soms nie maklik nie en elke dan en wan loop ons onsself in ‘n krisis vas.
Ons beleef op die oomblik ‘n tyd waar daar baie dinge is wat om ons verkeerd gaan. Die ekonomie is af. Die waarde van eiendom is af. Werksgeleenthede is skaars en meeste besighede se omset lyk nie te goed nie. Al hierdie dinge aan die gebeur, raak ons as mens op een of ander manier, hetsy direk of indirek. Dit lyk of ons op ‘n afdraad pad is en al wat opgaan is die petrol prys.

Wat ek wel geleer het deur krisisse is dat dit geleenthede skep. Geleenthede om ons vertroue meer op God te sit in stede van die eie vlees, geleenthede om vir mekaar om te gee en die geleentheid om van die vanselfsprekende dinge ontslae te raak en te fokus op dit wat regtig saak maak. Sien die geleentheid in jou krisis.

God se liefde en getrouheid bly groter as enige krisis. Geloof verskuif nog steeds berge en laat wonderwerke gebeur.

Is dit dalk moontlik dat ons eintlik groei wanneer ons krisisse kry? Is dit dalk moontlik dat ons eintlik moeilike tye nodig het om ons volste vlak van menslikheid, ontwikkeling en groei te bereik?

Ek weet nie op watter plek ander vandag in hul lewe is nie. Maar een ding kan ek nou s: God is diep besorg oor ons. Ons moenie ons krisis mors nie. Dit kan soms die grootste geleentheid en groeityd van ons lewe wees. God gee meer om ons om as wat enige mens nog ooit vir ons omgegee het.

Al beleef jy ‘n krisis van een of ander aard vandag – weet Hy is naby jou! Hy gee om!:hug:



Mat 6:31- 34 AOV

"Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.


Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.


Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.


"Moet julle dus nie oor mre bekommer nie, want mre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie

Johnny
May 26th 2010, 10:46 AM
Ek is soooooooo bly om weer jou stem te hoor. Spesiaal vir jou......'n Psalm.

Psa 139:1 Vir die musiekleier. n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.
Psa 139:2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.
Psa 139:3 U deurvors my gaan en my l, en U is met al my we goed bekend.
Psa 139:4 Want daar is nog geen woord op my tong nieof U, HERE, U ken dit geheel en al.
Psa 139:5 U sluit my in van agter en van voor, en U l u hand op my.
Psa 139:6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
Psa 139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
Psa 139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
Psa 139:9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
Psa 139:10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Psa 139:11 En as ek s: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
Psa 139:12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
Psa 139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
Psa 139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
Psa 139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Psa 139:16 U o het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Psa 139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
Psa 139:18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
Psa 139:19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
Psa 139:20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhefu testanders!
Psa 139:21 HERE, sou ek di nie haat wat vir U haat, en n afsku h van die wat teen U opstaan nie?
Psa 139:22 Ek haat hulle met n volkome haat; vyande is hulle vir my!
Psa 139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
Psa 139:24 en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

MercyChild
May 26th 2010, 11:14 AM
Dankie Johnny!:hug:

Ek weet nie altyd hoe om my saak te stel nie, maar in die middel van 'n krisis in ons lewens raak ons soms hopeloos en moedeloos. Ons vra selfs vrae soos, hoekom en waarom?? Ons bootjies word soms so geskud deur golwe terwyl dit om ons nog blits ook. Dan wonder ons hoe ons hierdie lewens storms gaan deurmaak.

Eienaardig, ek het nie eens geweet ek eendag op hierdie punt sal kom, waar ek die Here dankbaar is vir alles wat in die lewe gebeur het, beide goed en sleg. Want dit was juis my lewenshandel, die regte en die verkeerde dinge waarmee ek doenig was, wat my tot 'n punt van inkeer gebring het waar ek God kon ontmoet en leer om op Hom staat te maak. Ons verstaan nie altyd alles nie, en pynvolle gebeure bly pynvolle gebeure. Die herhinnering van gister is altyd saam met ons, maar om te sien hoe God intree, vertroos, heelmaak en ons deurdra kan ek nie anders as om terug te staan in verwondering hoe groot ons God werklik is nie. Gisters raak soms verlore, maar God is vir ewig!

Ek hoop om ander te motiveer om in die middel van hulle storms hul o op te rig en te vertrou. Vra die Meester vrae, want Hy is tog in beheer van die wind en die see......en ons storms. Selfs die woestyn behoort aan Hom. God was en is nog altyd in beheer van alles. Hy kan heel maak, Hy kan herstel bring, Hy is die oasis in die woestyn! :hug::pp

Gene
May 26th 2010, 01:32 PM
Mercychild

Dankie vir hierdie plasing. Dis verseker so dat seerkry en swaarkry geestelike groei tot gevolg het. Ek kan persoonlik daarvan getuig - die Here gebruik seerkry-tye om 'n mens te vorm en te leer, en jy stap altyd 'n beter mens anderkant uit... mits jy bereid is om God te vertrou en Sy hand in alles raak te sien.

Ek het onlangs die boek "Secrets of Spiritual success" gelees, 'n aangrypende boek wat handel oor christene wat vervolg word ter wille van hulle geloof. 'n Mens se hare rys wanneer jy lees wat daardie mense alles moet verduur vir hulle geloof, sommige beland in die tronk en word gemartel. Maar die BLYMOEDIGHEID waarmee hulle die swaarkry aanvaar, gryp 'n mens aan. Hulle dank God wanneer hulle bid vir die voorreg wat hulle het om vir Hom te kan ly, hulle se dankie dat hulle nie in 'n westerse land bly waar hulle vry sou wees om Hom te aanbid nie. Hulle getuig deur die bank van die ongelooflike seen wat hulle ervaar in hulle lyding. Dis waarskynlik dieselfde seen wat Paulus en Silas ervaar het toe hulle in die middel van die nag in die gevangenis LOFLIEDERE tot God gesing het, nadat hulle gegesel was... Ons moet leer om anders te dink oor swaarkry en seerkry, en om God toe te laat om dit in ons lewens te gebruik tot Sy eer. Ons is immers net bywoners hier op aarde....

Gene
May 26th 2010, 01:34 PM
Ek kan nie help om te dink aan 'n se-ding wat ek onlangs gehoor het nie: "Somtyds maak die Here die storm stil, maar somtyds laat Hy die storm woed, en dan maak Hy sy kind stil..."

mari
May 26th 2010, 02:42 PM
Dankie MC ..... jy's precious !

Gene, weet jy, daardie se-ding is so waar, dis 'n leef ding ....

soms, as dinge bietjie wild raak met my annerse kind....... en uitkoms lyk of dit ontwyk ........ maak die Vader my hart stil laaaaaank voor Hy die storm laat stil word .......

laat my dink aan die bekende voetspore storie ...... een stel spore - wanneer Hy jou deur die storm dra .......


Nog gedagtes om te onthou ..

* Hy sal jou nooit laat versoek meer as wat jy kan teenstaan nie ....

* Vele male word jy deur die dal van doodskaduwee gelei, nie om dit nie .....

* met jou God kan jy oor 'n muur spring, maar jy sal nie leer hoe as Hy die muur wegneem nie .......

* in Christus is jy meer as 'n oorwinnaar, is Sy krag, nie joune nie .....

shalom
m

Johnny
May 27th 2010, 05:40 AM
Eienaardig, ek het nie eens geweet ek eendag op hierdie punt sal kom, waar ek die Here dankbaar is vir alles wat in die lewe gebeur het, beide goed en sleg. Want dit was juis my lewenshandel, die regte en die verkeerde dinge waarmee ek doenig was, wat my tot 'n punt van inkeer gebring het waar ek God kon ontmoet en leer om op Hom staat te maak. Ons verstaan nie altyd alles nie, en pynvolle gebeure bly pynvolle gebeure. Die herhinnering van gister is altyd saam met ons, maar om te sien hoe God intree, vertroos, heelmaak en ons deurdra kan ek nie anders as om terug te staan in verwondering hoe groot ons God werklik is nie. Gisters raak soms verlore, maar God is vir ewig!

MC, ek glo dat die meerderheid mense kom by die Here uit omdat hulle eie lewenswandel vol pyne en gebreke is. My eie bekering het ontstaan omdat daar vir my nie meer 'n ander uitweg was behalwe Jesus nie. Die korste gebed in die Bybel is een van redding......en dit gebeur in die storm. Dit glo ek bring ook WARE wedergeboorte mee:

(Mat 14:30) Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en s: Here, red my!

(2Ti 4:18) En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Johnny
May 27th 2010, 05:45 AM
'n Mens se hare rys wanneer jy lees wat daardie mense alles moet verduur vir hulle geloof, sommige beland in die tronk en word gemartel.

Ons het Sondag sending Sondag gehad en dus Sondagaand 'n dvd gekyk oor "The Martyr's". EK kry skaam om te sien hoe ek met God se Woord omgaan as ek na hierdie swart mense kyk wat vervolg word. Ek het ook 2 dvd's by die huis van "The Cross in China". Aangrypend hoe hierdie mense ondergrond kerk hou met partykeer met net een bladsy van die Bybel tot hulle beskikking. Ons het seker 6 Bybels in die huis en dan nog op ons rekenaars en selfone, maar die tyd wat ons daaraan spandeer is hartverskeurend.

Gene
May 27th 2010, 10:34 AM
Johnny, ek het ook "The Cross in China" gesien.. Dis soos jy se, ons aanvaar dinge vanselfsprekend, soos die geleentheid om op 'n Sondag in jou kar te klim en kerk toe te ry sonder om twee keer na te dink daaroor - daar is mense wat in die geheim moet bymekaarkom om te aanbid, terwyl hulle in lewensgevaar verkeer. 'n Predikant wat 'n aantal jare sendingwerk in Turkye gedoen het, het onlangs in ons kerk gepreek. Hy vertel dat die naaste christelike kerk aan hulle 450 km weg was, en hoe die christene gereeld Saterdagaand op 'n bus klim en deur die nag ry om die kerk die Sondagoggend te kan bywoon. Na kerk weer 'n paar uur wag vir die bus en deur die nag terugry, om Maandagoggend net betyds vir werk tuis te arriveer... Of die voorreg om 'n Bybel te kan optel wanneer jy lus het en daaruit te lees. (en boonop te kies watter vertaling) In sommige lande waar die Bybel verbied is, skeur christene 'n enkele Bybel op en ruil die bladsye aan mekaar uit, want dis die enigste Bybel wat daar is. Nadat Richard Wurmbrand 14 jaar lank in kommunistiese tronke aangehou en gemartel was vir sy geloof, is hy vrygelaat en het hy na die weste gevlug, waar hy deur die wereld gereis en gepreek het... hy het by geleentheid gese dat hy baie swaarder kry in die weste as die jare in die tronk, omdat die materialisme en die gemak wat hy in die weste beleef, 'n wig tussen hom en God indryf..... Laat mens dink, ne?

Maar soos ek gese het, wat my die meeste aangryp wanneer 'n mens hierdie verhale hoor, is die blymoedige gesindheid waarmee hierdie mense die verdrukking verduur - hulle beskou dit werklik as 'n voorreg! (Hulle dink beslis anders as ons oor swaarkry en beproewinge!) Jakobus 1:2 se iets soos: "Ag dit louter vreugde wanneer aallerlei beproewinge oor julle kom, want ons weet dat beproewinge egte geloof tot gevolg het..."

MercyChild
May 27th 2010, 10:45 AM
Hierdie gedagte van ons moet nie ons krisis mors nie het skaars by my opgekom, en hier klop dit vandag aan my deur!........

Ek is bewus dat ek hieruit moet leer. Ek is bewus dat ek op my agterhoede moet wees, maar ek het gebed nodig asb...... Hou die datum in gedagte 15 Junie 2010 en bid asb dat ek daardie dag sal deursien.

Johnny
May 27th 2010, 10:55 AM
Hierdie gedagte van ons moet nie ons krisis mors nie het skaars by my opgekom, en hier klop dit vandag aan my deur!........

Ek is bewus dat ek hieruit moet leer. Ek is bewus dat ek op my agterhoede moet wees, maar ek het gebed nodig asb...... Hou die datum in gedagte 15 Junie 2010 en bid asb dat ek daardie dag sal deursien.

MC.....al vergeet ons...en ek sal probeer om nie te vergeet nie is die HERE ALTYD by jou......juis op 15 Junie 2010 wanneer jy dalk sal dink Hy is nie.

Hebreers 13:5 "Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie."

Johnny
May 27th 2010, 11:22 AM
MC.....jammer vir die engels.

One day a young lady was driving along with her father.
They came upon a storm, and the young lady asked her father, What should I do?"

He said "keep driving". Cars began to pull over to the side, the storm was getting worse.
"What should I do." The young lady asked?
"Keep driving," her father replied.

Up ahead, she noticed that eighteen wheelers were also pulling over. She told her dad, "I must pull over, I can barely see ahead. It is terrible, and everyone is pulling over!"

Her father told her, "Don't give up, just keep driving!"

Now the storm was terrible, but she never stopped driving, and soon she could see a little more clearly. After a couple of miles she was again on dry land, and the sun came out.

Her father said, "Now you can pull over and get out."

She said "But why now?"

He said "When you get out, look back at all the people that gave up and are still in the storm, because you never gave up your storm is now over.

This is a testimony for anyone who is going through "hard times".

Just because everyone else, even the strongest, gives up. You don't have to...if you keep going, soon your storm will be over and the sun will shine upon your face again.

This story touched me! I hope it touched you!

Feel free to pass it on to some people you know. Tell them never give up, because GOD will never give up on them!

"I can do all things through Christ, who strengthens me!"

MercyChild
May 27th 2010, 11:25 AM
:hug: Dankie....................

Gene
May 28th 2010, 08:58 AM
Hierdie gedagte van ons moet nie ons krisis mors nie het skaars by my opgekom, en hier klop dit vandag aan my deur!........

Ek is bewus dat ek hieruit moet leer. Ek is bewus dat ek op my agterhoede moet wees, maar ek het gebed nodig asb...... Hou die datum in gedagte 15 Junie 2010 en bid asb dat ek daardie dag sal deursien.

MC, ek het ook so 'n krisis-dag in die vooruitsig, wat soos 'n berg voor my le - die 12de Julie! Ek sal nie vergeet om vir jou te bid elke keer as ek vir my eie krisis bid nie. Weet jy, hierdie ding kom al 'n lang pad en die 12de Julie is D-dag. Ek weet nie wat jou omstandighede is nie. Maar as dinge vir my verkeerd gaan, gaan dit BAIE verkeerd gaan, soveel so dat die hele gang van my lewe op daardie dag onherroeplik verander kan word. En ek kom al 'n lang pad hiermee. Die angs, die onsekerheid, die selfbejammering, die frustrasie en woede.... maar uiteindelik het die Here vir my volkome vrede gegee. Ek weet dat, selfs al gebeur die heel ergste, Hy steeds in beheer is en dat Hy nie sal toelaat dat ek onnodig ly nie. As lyding nodig is, dan is dit omdat Hy 'n doel daarmee het. En uiteindelik sal Sy Naam verheerlik word, want Hy sal verseker nie die krisis vermors nie! Dis nie elke dag maklik nie, maar dit is waaraan ek vashou. Ek weet ek hoef dit nie eens vir jou te se nie, maar onthou altyd dat Hy nooit vir een oomblik beheer verloor nie... en Hy maak nooit 'n fout nie. Alles SAL ten goede meewerk!

Ek bid saam met jou dat dinge positief sal uitwerk, as dit Sy wil is... maar bo alles dat Hy jou Sy vrede sal gee. Sterkte!

Johnny
May 28th 2010, 10:00 AM
Gene en MC.......ons kan net vir julle bid. Uit ons eie mesnlikheid is ons te swak. Ek plaas 'n paar teksverse oor beproewing wat ek kon opspoor. Dalk is daar iewers 'n booskap in vir julle.

BEPROEWING
(Deu 8:2) En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

(2Co 8:2) dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.

(Gal 4:14) en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as n engel van God, ja, as Christus Jesus.

(Jas 1:3) omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

(1Pe 4:12) Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;

(Rev 3:10) Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

UITKOMS
(2Ch 12:7) En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semja en s: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.

(1Co 10:13) Geen versoeking het julle aangegryp behalwe n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

:pray: