PDA

View Full Version : Dankie Here!!



Ta-An
May 29th 2010, 11:23 AM
Ek sit en wik en weeg of ek 'n kans moet neem en 'vinnig' draai, daar is aankomende verkeer, dit is spitstyd en 'n kans kom nie sommer maklik in Jhb se verkeer nie.... vat ek die kans of nie??
Ek besluit, wel as ek vinnig kan wegtrek, dan kan ek dit maak, en toe...... toe vrek die ou dieseltjie in die middel van die pad :eek:!!

.... en toe ek weer tot my sinne kom...... toe staan ek veilige geparkeer in die parkeer zone waarvoor ek gemik het..... daardie gevoel van flou word en wakker word en jy is veilig!!

Dankie Here!!
:pray:

:pp

Son of the South
May 29th 2010, 12:38 PM
Sjoe, Ta-An. Dit is juis sulke noue ontkominge wat my vas laat glo dat Hy sy engele opdrag gee aangaande ons.

Ek wil ook graag vandag 'n getuienis gee oor iets. Nee, nie nog 'n noue ontkoming nie, net iets prakties hoe die Here (al weer!) voorsien het. Toe ek self probeer het, het ek my net in doodloopstrate vasgeloop. :sad: Eers toe ek dit in gebed na die Vader toe neem, toe los Hy die probleem op. :) Handelaars het vir my gesÍ hulle het nie op die oomblik die spesifieke bande wat ek nodig het in voorraad nie en dat daar eers in volgende maand nuwe vorraad beskikbaar sal wees van die vervaardiger. Ek het gister nuwe bande op my bakkie laat sit. Spesiaal vir my laat kom van Kimberley af. En dit teen meer as R200 per band laer as die laaste prys wat ek gekwoteer was. :eek:

Ta-An
May 29th 2010, 03:28 PM
SoS.... Hy is die Here wat Voorsien!!

Willem
May 30th 2010, 07:14 PM
elke dag so baie wat Hy doen... kom ons begin oplet en getuig en dankie se...

Ta -An ek dink jy goeie ding begin...


vandag wakker gehou in kar o pad guis toe, veilig oor slaggate gery ( het definitief bo-oor hom gegaan te, laat gesien en niks gevoel nie! pad soos biljart tafel .. dankie Vader! )

Willem
Jun 1st 2010, 09:51 PM
Dankie dat ons iets vir iemand kan beteken Here. !

Ta-An
Jun 5th 2010, 05:33 PM
Woensdag-middag.....
Dankie Here vir die "Driveway-robbery" wat ek vrygespring het :pray:

Son of the South
Jun 5th 2010, 06:21 PM
Woensdag-middag.....
Dankie Here vir die "Driveway-robbery" wat ek vrygespring het :pray:Haai Ta-An, wat vertel jy ons! Prys die Here, want lyk my sy engele is permanent op diens daar by jou.

Ta-An
Jun 5th 2010, 08:27 PM
Haai Ta-An, wat vertel jy ons! Prys die Here, want lyk my sy engele is permanent op diens daar by jou.Ja-nee, die Here is getrou SotS... die Here is getrou... :pp daardie stil klein stemmetjie.... mens moet net luister..

protea
Jun 6th 2010, 12:02 PM
My pa se boeke-vat-gebede is so op my hardeskyf ingebrand. Hy het baiekeer gebid: Dankie Here dat U ons by gevare verbygelei het WAARVAN ONS NIE EERS BEWUS WAS NIE.... En hoe baie gebeur DIT nie ne?

Willem
Jun 6th 2010, 01:47 PM
Eendag sal ons weet en dan dink ek gaan ons op ons rug val oor hoe baie die Here ons beskerm en oppas...

Dankie Here vir Ta-Ann se beskerm

Ta-An
Jun 6th 2010, 03:33 PM
Daardie stil klein stemmetjie...Here ek wil meer gehoorsaam wees om te reageer hierop....

Vanoggend hoor ek "Neem jou Shofar saam kerk toe, 3 keer!! en ek los dit nog steeds..... :cry:
Toe gebruik die Ds 'n vuvuzella vir 'n Call to Worship.......
Ek het lelik op my neus gekyk....Jammer Heer...