PDA

View Full Version : Bespreking Waarom het jy getwyfel?



Johnny
May 31st 2010, 09:52 AM
Ons betree 'n tydvlak wat dinge beslis al hoe slegter lyk in die wereld en die Midde Ooste. Vir ons as kinders van die Here is daar 'n troos en 'n bemoediging.

Matteus 14:29 En Hy sę: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

Die Here roep ook vir ons soos vir Petrus: "Kom na my toe".

Matteus 14:30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sę: Here, red my!
Matteus 14:31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesę: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

Maar toe Petrus sy fokus van Jesus af neem en dit op sy omstandighed fokus......toe sink hy! As jy jou fokus af neem van Jesus in die tyd wat voorle dan gaan jy sink. Moenie twyfel as jy na die dinge kyk wat om jou en in die wereld besig is om te gebeur nie. God het gese dit gaan gebeur!

Hebreers 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflę en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lę,
Hebreers 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

As jy die wedloop wil voltooi.....dan sal jy moet volhard. Daar is 'n verhaal van 'n Tanzanier wat jare gelede aan die Olimpiese spele deelgeneem het en hy het 'n uur na die laaste man klaargemaak het oor die wenstreep gehardloop. Almal was al omtrent weg. Een van die verslaggewers vra: "Hoekom het jy nie maar opgehou nie. Kyk hoe lyk jy. Jou bene en voete is stukkend"?
Hy antwoord: "My land het my nie hierheen gestuur om te wen nie, maar om klaar te maak"!

My en jou wedloop is nie of ons eerste of laaste in die hemel gaan wees nie, maar of ons gaan klaarmaak. Hou vas aan Jesus in hierdie storm wat besig is om oor die wereld saam te pak......en BID!:pray: