PDA

View Full Version : Gebed: Benodig 'n antwoord



MercyChild
Jun 2nd 2010, 11:51 AM
Ek het 'n dringende antwoord nodig op gebed. Ek het so paar minute gelede 'n oproep ontvang van 'n "ministry called: touching the hem of His garment" Hulle kom Saterdag byeen en een van die sprekers het gekanseleer. Ek is genader om biddend to oorweeg of ek nie die taak wil oorneem en my getuienis te gee nie. Alhoewel dit my grootste brandende hartsbegeerte was om God se liefde en genade met ander te deel, weet ek nie of ek emosioneel in die regte “space” is nie. Ek het ‘n groot saak wat opkom 15 Junie 2010 wat my emosioneel dreineer op hierdie staduim. Buitendien ek het nog nooit voor so ‘n groot gehoor gepraat nie. Hulle verwag oor die 400 stukkende vrouens om byeen te kom. Aan die ander kant wil ek ook nie ongehoorsaam wees as dit van God af is nie. Ek het al te veel vorige foute gemaak as dit kom by keuses vir God. Bid asb saam met my dat ek God se stem in die saak sal hoor.

Johnny
Jun 2nd 2010, 12:51 PM
MC,

Ons gaan van tyd tot tyd na die ouetehuise en hospitale om vir siekes te bid. Ek het ook al gevoel: "Here, ek kan nie". Elke keer wat ek so gevoel het en by daai hospitaal uitstap, dan is ek meer "gebles" as die een vir wie ek moes bid. Dalk wil die Here jou juis daar gebruik......soadat jy gebles kan word, sodat jy versterk kan word vir dit wat vir jou wag. Ek se nie dit is die antwoord wat jy soek nie, maar ek glo die Heilige Gees sal dit aan jou duidelik maak en jy sal ook krag van bo ontvang om dit te doen as dit God se wil is.

Gal 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

Act 1:7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Sterkte. Ek dink nog steeds aan jou en Gene in my gebede.

MercyChild
Jun 29th 2010, 10:11 AM
Ek is stadig met die terugvoering. Ek wil net dankie sè vir die gebede. Ek het my getuienis daardie saterdag gaan gee. Ek is bly ek het, want vir die eerste maal kon ek ervaar wat in 'n plek gebeur as mens vir Jesus volle beheer gee. Nie net het hy my uitgewerkte praatjie so 'n paar minute voor die tyd verander nie, maar ek het sommer so voor 'n skare van 500 gesing!

Ek het net gedoen wat ek gedink het God wou gehad het ek moes doen. Soms vrees ek om my getuienis met ander te deel, want ek is bang mense verwerp my agv my verlede, maar God het my herhinner dat Hy dit in die dieptes van die see gewerp het, en nooit weer dit teen my sal hou nie.

Ek was verbaas hoeveel mense hoop kon vind in my getuienis van wat God kan doen. Die dag was vir my oorweldigend en ek het weer opnuut besef hoe lief God ons werklik het. Dit maak nie saak waar ons vandaan kom of wat ons in die verlede gedoen het nie. God kan enige iets gebruik to eer en verheerliking van SY Naam.

Ek is God ewig dankbaar vir die geleentheid en die "boldness" wat Hy aan my geskenk het om die dag deur te sien. Aan Hom alle eer!

protea
Jun 29th 2010, 03:09 PM
Mercy Child,
Ek was ver buite bereik van die internet en selfoon ontvangs, maar het so vir jou gebid so daar langs n ysige see. DIT wat jy ervaar het, gebeur met mense wat gehoorsaam is aan die stem van ons Vader God. Die woorde wat jy moes praat , het Hy in jou mond gele sodat ander (En jyself! ) daardeur bemoedig kon word en weer hoop kon kry. Die krag waarvoor jy gebid het , het jy gekry. Nie n week voor die tyd nie , maar op die oomblik toe jy dit nodig gehad het. Die pad wat jy met ons Vader stap is vir ons een en almal op die forum n getuienis van iemand wat uitverkoop is aan Jesus! Dade spreek voorwaar harder as woorde in baie gevalle. BLy getrou en gehoorsaam aan ons Vader God. Ons is SOOOO trots op jou! Mag die Here jou ryklik seen oor jou gehoorsaamheid.
Liefde
Protea

Willem
Jun 29th 2010, 07:58 PM
Dankie Here! U bly getrou ewig en altyd en U verlaat ons nooooit ooit nie.