PDA

View Full Version : Dit is 'n leuen!!



Ta-An
Jun 3rd 2010, 04:54 PM
Ek plaas die epos graag hier wat ek ontvang het....
Outer Onbekend
Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n skildery met die titel "Skaakmat". Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaakopponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het.

Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering - hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn - en die Satan lag oorwinnend.

Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" staan oor die skildery geskryf.

'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin uitroep: 'dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!"

Ander mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die Kurator van die museum daag op.

"Meneer is hier 'n probleem, kan ek help?" Die man kyk die kurator in die oŽ en sÍ: "Ek is die Franse skaakkampioen - ek sÍ vir jou dit is 'n leuen!". Die kurator was nog steeds verward - Wat is 'n leuen?

Die man wys na die skaakbord en sÍ: "Die skilder sal die skildery moet
verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die koning het nog 'n skuif!"


- 'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

- 'n Man met die naam DaniŽl word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

- Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al drie dae dood. Die graf ruik
sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

- Die vrou in owerspel betrap, moet deur mans met klippe doodgegooi word.
Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n
skuif oor. "Gaan en moenie langer sondig nie!"

- Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam et my in die paradys wees.

- Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend:
Kruisig Hom, kruisig Hom.
Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg hom en kap Hom met spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat".
Eenkant staan mense en sÍ: Ja ander kon hy red, maar Homself kan hy nie red nie.
Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe.
Satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag en ek en jy weet. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die koning het nog 'n skuif oor!

Die land is in 'n gemors. Moorde vind orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hulle werke, huise, huwelike, lewens, selfrespek, waardes, morale, harte en verstand.. Jou lewe is 'n gemors.
Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag.
Dis verby. Sluk daardie pil, trek die sneller, gee daardie tree oor die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan.
Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir more, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag.

VREES...

Maar vandag wil ek vir jou sÍ, die spel is nie oor nie!! Die Koning het nog 'n skuif oor!!!!!!!

Willem
Jun 3rd 2010, 08:36 PM
EN Hy kom weer gou!

Johnny
Jun 4th 2010, 07:46 AM
.......en dit is gouer as wat ons DINK!

MercyChild
Jun 4th 2010, 09:18 AM
Hoeveel mense glo hierdie leuen!!! Maar dank God, as ons op ons kniee staan ek kyk na die prentjie kan ons ook die verskil sien!

David2
Jun 9th 2010, 12:35 PM
Dankie Tant An, dit is 'n mooi storie en die moeite werd om te onthou!