PDA

View Full Version : Uitstorting van die Heilige Gees



Ta-An
Jun 16th 2010, 02:17 PM
Mees algemeen het ek gedink dat die Heilige Gees uitgestort is met Pinkster 50 dae na opstanding, en dus 10 dae na die hemelvaart van Christus..... maar nou lees ek in Johannes: Johannes 20:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=20&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En nadat Hy dit gesÍ het, blaas Hy op hulle en sÍ vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

.... en dit was toe net na Sy opstanding,,,, wat van die 50 dae intussen...???
wat mis ek??

Handelinge 2..... uitstorting van die Heilige Gees.... maar met Pinkster 10 dae na hemelvaart... :hmm:

Ta-An
Jun 17th 2010, 09:19 PM
Views = 14....
En niemand sÍ iets nie?? :hmm:

Die Filadelfieer
Jun 18th 2010, 06:16 AM
Goeie vraag !
Dalk was dit nog nie permanent, soos wat die status quo voor pinkster was nie ?

Ta-An
Jun 18th 2010, 07:12 AM
Goeie vraag !
Dalk was dit nog nie permanent, soos wat die status quo voor pinkster was nie ?

Of miskien het die gawe eers gekom nadat hulle die Gees ontvang het, en nie dadelik nie??:hmm:

RR van Wyk
Jun 18th 2010, 07:24 AM
Ek het gisteraand gelees van die Heilige Gees wat uitgestort was op die eerste Christenne.... Die Heilige Gees bly 'n baie misterieuese verskeinsel.... met ongekende krag wat ons seker nooit op aarde tenvolle sal verstaan nie. Niks is vir die Heilige Gees onmoontlik of te groot nie. Dit is basies God self.... Net jammer ek in al my kleinheid en eenvoud is vol beperkinge... op hierdie stadium is ek te dom om die volle omvang van die Heilige Gees te verstaan, dus beperk EK die Heilige Gees....

Philip dT
Jun 18th 2010, 11:34 AM
Hallo. Ek dink nie die antwoord is so eenvoudig nie. Mens sou tegnies nog verder kon teruggaan na Joh 3:3-5: geboorte uit gees/Gees. Wedergeboorte kan tog nie plaasvind sonder die vernuwende werk van die Heilige Gees nie. Dit gaan ten diepste oor twee fasette: 1) die geboorte en inwoning van die Heilige Gees en 2) die vervulling / doop met die Heilige Gees. Hierdie twee fasette is nie presies dieselfde nie. Paulus roep bv. die gemeente in Efese (Ef 5:18) op om vervul te word met die Gees, dit nadat hulle tot geloof gekom het en nadat hulle wedergebore is.

So, die uitstorting van die Gees in Hand 2 beteken nie dat die Gees voor dit nog nie daar was of nog nie beskikbaar was vir gelowiges nie, maar hulle was nog nie gedoop met die Heilige Gees voor dit nie. Hulle het gewag op die "belofte van die Vader" (Hand 1:4; 2:33,39). Mens kan dit ook sien by die gelowiges in Samaria (Hand 8). Hulle het reeds tot bekering gekom en is ook met water gedoop op grond van hulle geloof. Hulle was dus reeds wedergebore (uit Gees), maar hulle was nog nie gedoop / vervul met die Heilige Gees nie.

Om dus op te som. Soos ek dit verstaan word mens wedergebore vanuit die Gees en die Gees woon dan in jou. Wanneer die Heilige Gees beheer neem van elke faset van jou menswees, ervaar mens die vervulling of doop met die Heilige Gees. Dit gaan dikwels gepaard met handoplegging en spreek in tale (maar nie noodwendig nie) soos in die Handelinge geskiedenis.

Gene
Jun 24th 2010, 07:20 AM
Ek dink Philip slaan die spyker op die kop. Elke christen ontvang die Heilige Gees met wedergeboorte. Maar die VERVULLING (of DOPING) met die Heilige Gees het dan nog nie noodwendig plaasgevind nie. Die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 verwys na laasgenoemde, terwyl die dissipels reeds in Johannes 20 die Heilige Gees ontvang het. (CFJ praat van 'n verskil tussen die Heilige Gees IN en OP 'n mens...)

Interressant, ons lees in die Ou Testament van tyd tot tyd ook van mense wat die Heilige Gees gehad het, maar soos ek dit verstaan, was dit slegs by uitsondering, en dan ook nie permanent nie. (Psalm 51:11 "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie" Maar na Jesus se opstanding ontvang elke christen die Heilige Gees met wedergeboorte. Maak dit sin?