PDA

View Full Version : Inligting Hell's best kept secret



Son of the South
Jun 22nd 2010, 09:09 AM
Ons het gister aand 'n DVD met hierdie titel gekyk. Ja, almal sal seker vra waaroor dit gaan en dan verwag ek moet in een plasing opsom. Goed, as ek dit baie kort kan probeer opsom sou ek sÍ dit handel oor die volgende:

Evangelis Pastoor Ray Comfort het homself afgevra waarom soveel mense skynbaar tot bekering kom, net om maar weer weg te kwyn. Hy vra die vraag of die evangelie ooit op die Bybelse manier aangebied word en brei dan uit oor wat die Bybelse manier is.

Ons het almal seker al die vergelyking gehoor dat die wet 'n spiŽel is, waarin ons kan kyk en sien dat ons met sonde belaai is. Die bloed van Jesus kan ons sneeuwit skoon was van daardie sonde. Hy voer aan dat dit die manier is waarop ons die evangeie moet aanbied. Nie om mense onder die wet te plaas nie, maar sodat hulle in die eerste plek op 'n persoonlike vlak oortuig kan word van sonde. Dan sal die skuldbeleidenis opreg wees en die genadegawe van die verlossing in Christus soveel meer kosbaar.

Stukkies beeldmateriaal word gewys waar hy dit prakties op straat so doen. Die vrymoedigheid waarmee hy dit doen spreek boekdele. :o

Die video kan aanlyn gekyk word deur dit op te soek met Google, of sommer hier: http://video.google.com/videoplay?docid=-815413473552516092#

'n Transkripsie is hier beskikbaar in .pdf formaat: http://www.livingwaters.com/helps/HellsBestKeptSecret.pdf

Johnny
Jun 22nd 2010, 10:19 AM
Ons het die kursus alreeds twee keer in ons genmeente aangebeid en pas dit ook prakties toe by die Vaalmall en Casino. Hiermee spreek jy 'n ou se gewete aan en nie sy intelek nie, want almal weet mos altyd beter......en almla het 'n gewete. Ek het dieselfde manier laasjaar in Israel gebruik om met Jode te praat oor die evangelie.

Die Filadelfieer
Jun 22nd 2010, 10:46 AM
Het self die outjie by die huis, sal dit vir enige iemand aanbevel ! Comfort se Evidence Bible kan ook maar by 'n mens se versameling staan.

Philip dT
Jun 24th 2010, 01:23 PM
Dis is dieselfde beginsel wat "TheWayoftheMaster (http://wayofthemaster.com/)" gebruik.

Ek het by 'n vroeŽr geleentheid die volgende oor The Way of the Master se video's gesÍ:

1. Die sentrale element van sondebesef is uiters belangrik by bekering. Ek stem heelhartig daarmee saam. Kosteberekening vir dissipelskap hou hiermee verband.
2. Die oortuiging van sonde is primÍr die werk van die Heilige Gees (Joh 16:8), nie primÍr van die wet nie. Een van hulle sÍ bv. op ‘n kol “The law did its work in my heart.” Dit is nie die wet self wat die werk doen in mense se harte nie, maar die Heilige Gees. Om mense “te slaan met die wet” in evangelisasie mag baie effektief wees om hulle te laat skuldig voel, maar ware berou kom van die Heilige Gees. Ek is net bang hulle gaan nou weer na die ander uiterste om mens die evangelie te laat aanneem .o.g.v. skuldgevoel.
3. My gevoel is dat dit meer sinvol sal wees om oor die hele konsep van totale verdorwenheid van die mens se aard en natuur met mense te praat, en ook om te getuig van jou eie verdorwenheid voor bekering. Mense moet snap dat geen natuurlike mens “’n goeie persoon” is nie, selfs al kom hy tegnies die wet na.
4. God se morele standaard lÍ nie primÍr in die 10 gebooie of die res van die wet nie, maar in die karakter van God self gewortel. Die wet was God se openbaring teenoor sy volk in die Ou Testament. Die Nuwe Testament vervul en vervang die Ou Testament net soos enige nuwe testament die oue vervang. Die wet van die Gees van die lewe in Christus het ons totaal kom vry maak van die wet van die sonde en die dood (Rom 8:2). Dit is die Nuwe Testamentiese wet. Dit is waaraan God se morele standaard gemeet word.
5. Die wet is slegs ‘n tugmeester na Christus en ‘n afskynsel van God se morele standaard. Die wet vervat nie alle moontlike sondes nie, bv. bedrog, twis, ongeloof, selfsug, trots, grootpraat, dronkenskap, onbarmhartigheid, om te weet wat die regte ding is om te doen en dit nie te doen nie, ens. Dit is myns insiens net so geldig om met mense in evangelisasie te praat oor hierdie sondes en dat alle mense daarin faal. Maar daarmee sÍ ek nie dat daar iets inherent verkeerd is om mense te wys op sondes wat direk met die wet verband hou nie (bv. om te lieg, te steel, ens.). Die belangrike punt is maar net dat God se geregtigheid geopenbaar is sonder die wet: Rm 3:21, en dat ons skuldig is en in natuur verdorwe is voor God staan ongeag van of ons die wet onderhou of nie.
6. Die aspek van wedergeboorte is sentraal. Sonder wedergeboorte kan niemand die koninkryk van God ingaan nie. Wedergeboorte is God se werk. Dit is iets wat nie so sterk figureer by hulle nie. Ek sÍ nie dit figureer glad nie by hulle nie. Dit gaan oor klem. Evangelisasie moet getuienis wees van God en sy werk maar kan nie wedergeboorte self probeer bewerkstellig nie. My gevoel is net dat die Way of the Master ouens dalk die werk van die Gees wil oorneem d.m.v. speel op gevoel.
7. Hulle impliseer dat hulle evangelisasie-metode nie so baie backsliders sal meebring nie. Maar kan hulle dit verifieer? Ek sou sÍ dat opvolg en opname in die gemeenskap van gelowiges, groei in die Woord van die Here en in verhouding met Hom net so belangrik is indien nie belangriker is as ‘n sg. “regte manier van evangelisasie.”
8. Die ander vraag wat ek het is, watter wette gebruik hulle, slegs die 10 gebooie, wat van al die ander OT wette? Die bybel tref geen prinsipiŽle onderskeid tussen die 10 gebooie en die res van die wet nie.