PDA

View Full Version : Bespreking Vroue in die Bybel



Ta-An
Jun 24th 2010, 06:49 PM
Reg so dames...
Watter vrou/e in die Bybel inspireer jou.... of sommer net, wie prikkel jou belangstelling ?? :hmm:

Mia Ashton
Jun 29th 2010, 06:29 PM
Daar is baie vroue in die Bybel wat my oor hulle laat wonder en bewonder, maar daar is twee wat my belanstelling prikkel. Die eerste een is seker nie baie bekend nie, haar naam was Jael. Sy het mos vir Sisera doodgemaak deur 'n tentpen deur sy slaap te slaan. Sjoe ...... ek kan my nie indink hoe sy dit reggekry het nie. Sy moes sterk gewees het en hard gekap het ..............die man se kopbeen was (is) mos hard.

Die ander vrou in die Bybel se naam word nie genoem nie, maar sy was die dogter van Jefta. Ek wonder so baie oor haar. Sou hy haar werklik aan die Here geoffer het? Sy moes baie dapper gewees het en Jefta moes die Here baie liefgehad het as dit die geval was.


Sorry, ek weetnie hoe die smilie daar beland het nie. Was nie so bedoel nie!

Ta-An
Jul 10th 2010, 11:22 AM
Jefta se dogter......

Mia weet jy, eintlik was dit 'n heidense gebruik om jou kind te offer, maar omdat Jefta eintlik half Kananiet was kan mens dink dat hy dit dalk tog gedoen het......

'n Mens kan dalk aflei dat Jefta haar dalk net aan die Here gewei het, daarom dat sy haar maagdelikheid gaan beween het ........ maar sÍ nou maar Jefta het haar werklik geoffer.... laat mens dink aan die woorde wat jy met jou mond spreek, en veral teenoor God.
Jefta het 'n belofte aan God gemaak wat hom baie duur gekos het.

Dalk is dit beter om nie foolish beloftes aan God te maak nie, maar eerder net in gehoorsaamheid jou lewe aan Hom te wei.
Laat my dink aan Psalms 19:15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
of ook die lied :


May the words of my mouth
and the meditation from my heart
be pleasing to you
pleasing to you (2x)
My God

You're my rock and my redeemer
You're the reason that I sing
I desire to be a blessing
in Your eyes
every hour and every moment
Lord I want to be your servant
I desire to be a blessing
in Your eyes