PDA

View Full Version : Bespreking Vleeslikheid in die letterlike 1000-jarige vrederyk...



CFJ
Jul 5th 2010, 12:36 PM
Alhoewel niemand dit kan uitsluit dat daar wel 'n letterlike 1000-jarige vrederyk sal of kan wees, waar Jesus self regeer nie, is daar sieninge rakende hierdie vrederyk wat mens laat wonder... of dit in konteks met die waarheid is rakende sekere vrae wat mens graag wil bespreek?


Is dit moontlik, dat daar vleeslike mense saam met Jesus in die 1000-jarige vrederyk gaan of kan regeer?

Ek vra juis hierdie vraag, want aan die einde van die 1000-jarige vrederyk is daar 'n oorlog (Gog en die Magog), wat net kan dui op menslike vleeslikheid..., of moet mens dit anders verstaan?

Kan vlees voor God verskyn, kan vleeslike mense direk saam met die God van die heelal regeer en met Hom in aanraking kom? Is daar Skrif wat dit kan bevestig?

David2
Jul 11th 2010, 07:30 AM
Ferdi
Goeie vraag wat jy hier vra. Ek dink nie daar is een mens wat met klinkklare sekerheid vir jou kan sÍ presies hoe die vrederyk gaan werk en al sy boute en moere bymekaar kan sit nie. Net soos wat die mense in die OT ook nie vandag se bedeling van die kerk verstaan het nie. Ek vind geen aanduiding in die OT dat een van hulle werklik die huidige bedeling verstaan het nie. Die groot probleme wat daar in die tyd van Handelinge was om die oorgang te maak van Israel na die kerk, is maar net nog 'n aanduiding dat hulle nie die bedeling van die kerk vooraf geken het nie. Vat nou maar Petrus se probleme om na Cornelius toe te gaan en die 12 apostels se onwilligheid om van die tempel afstand te doen, ens. Nee, hulle het nie die kerkbedeling vooraf verstaan nie, en ons sal ook nie die vrederyk werklik verstaan voordat ons dit sien nie.

Ek verstaan nie die drie-eenheid nie, maar ek glo dit. Sakkie sal natuurlik sÍ omdat ons nie die drie-eenheid kan verstaan en verklaar nie, moet ons dit noodwendig verwerp. Dit is hoe post-moderniste dink. Maar Christene dink nie so nie.

Ferdi, daar is honderde vrae oor die vredryk wat ek nie vir jou sal kan antwoord nie. Baie a-millennialiste sal hierdie erkenning aan my kant interpreteer as 'n wesenlike swakheid in die lering en as 'n bewys dat die verwagting van die vrederyk verkeerd is. Nee, ek dink nie so nie. Ek sien geweldig baie voorspellings vir die vrederyk in die Bybel, waaruit sommige van ons vrae ook beantwoord kan word, maar nie alles nie.

Ek kan nie eers met stellige sekerheid vir jou sÍ of ons, met ons verheerlikte liggame, saam met Christus hier op aarde gaan regeer nie. Baie soos Johan Malan is streng op die punt dat ons dit wel gaan doen, maar ek weet nie. Ek sal eerder sÍ dat ons by die wegraping weggeneem sal word hemel toe en dat ons daar gaan bly. Ek weet nie.

Dan die vraag oor die mense wat wel hier op aarde gaan wees. Soos jy tereg sÍ gaan hulle wel in die vlees wees. Daar is ook aanduidinge dat mense dan weer gaan oud word soos voor die sondvloed ens. Al wat ek kan sÍ is dat ek 'n regering van reg en geregtigheid hier op aarde verwag waarvan Christus die Hoof gaan wees. Vir my is dit nie genoeg om soos die a-millennialiste te sÍ dat God nou regeer nie. Met Obama, Zuma, Mugabe en die ou van Iran ens. aan stuur van sake sien ek nie veel van God se regering hier op aarde nie. Dat God wel oorkoepelend in beheer is en wel kan ingryp en "over-rule" is waar, maar dit is nie my begrip van "regeer" nie.

As dit die vereiste sou wees dat alles wat ons van die toekoms glo eers 100% sin moet maak en alle vrae moet kan beantwoord voordat dit wettiglik as lering aanvaar kan word, dan val ek uit die bus uit. Ek kan nie eers al my eie vrae beantwoord nie, laat staan nog ander se vrae.

Die Filadelfieer
Jul 12th 2010, 06:21 AM
Uitstekende pos David !

Philip dT
Jul 12th 2010, 02:38 PM
Een ding wat ek nie van die 1000 jarige vrederyk lering verstaan nie, is, as Christus die gereddes kom haal, los hy hulle dan alleen vir 1000 jaar om op aarde te kom regeer, of gaan Hy wel saam met hulle wees? En indien hy saam met hulle gaan wees, gaan ons hier op aarde saam met Hom regeer met verheerlikte liggame of hoe?

David2
Jul 12th 2010, 02:44 PM
Ek weet nie. Soos hierbo aangetoon meen ek dat ons waarskynlik nie hier gaan wees nie maar in die hemel.

CFJ
Jul 13th 2010, 08:13 AM
Hi David,


Ferdi
Goeie vraag wat jy hier vra. Ek dink nie daar is een mens wat met klinkklare sekerheid vir jou kan sÍ presies hoe die vrederyk gaan werk en al sy boute en moere bymekaar kan sit nie.

Dit is miskien hoekom ek so skepties is, omdat daar juis mense is wat alles 'presies' wil verklaar en dan meer skeptici skep as nodig. Ek hou egter van jou antwoord in geheel, want dit is die karakter wat mens verwag van iemand wat diť Waarheid ken, ons ken net ten dele, net Hy ken ten volle.



Ek kan nie eers met stellige sekerheid vir jou sÍ of ons, met ons verheerlikte liggame, saam met Christus hier op aarde gaan regeer nie. Baie soos Johan Malan is streng op die punt dat ons dit wel gaan doen, maar ek weet nie. Ek sal eerder sÍ dat ons by die wegraping weggeneem sal word hemel toe en dat ons daar gaan bly. Ek weet nie.

Die algemene siening in dispensasionalisme is dat die Jode uit die verdrukking met vleeslike liggame- en die weggeraapte Christene met verheerlike liggame saam met Christus gaan regeer. Ek vind dit werklik moeilik om te glo dat 'n vleeslike mens direk saam met God kan regeer in 'n virtuele werklikheid. Dit skep probleme met vele gedeeltes in die Skrif, dat geen vlees voor God kan verskyn en leef nie, dat geen vlees voor Hom kan roem nie, ens..


Vir my is dit nie genoeg om soos die a-millennialiste te sÍ dat God nou regeer nie. Met Obama, Zuma, Mugabe en die ou van Iran ens. aan stuur van sake sien ek nie veel van God se regering hier op aarde nie. Dat God wel oorkoepelend in beheer is en wel kan ingryp en "over-rule" is waar, maar dit is nie my begrip van "regeer" nie.

As die koninkryk binne in ons is, waar regeer God dan? Ek glo persoonlik dat die koninkryk is daar waar die Koning is. Ekself het egter nie 'n finale antwoord oor die eindtye nie en vanuit al die verskillende sieninge, is daar bepaalde merietes wat ek maar nog ondersoek...



As dit die vereiste sou wees dat alles wat ons van die toekoms glo eers 100% sin moet maak en alle vrae moet kan beantwoord voordat dit wettiglik as lering aanvaar kan word, dan val ek uit die bus uit. Ek kan nie eers al my eie vrae beantwoord nie, laat staan nog ander se vrae.

Ek dink ons is hier in dieselfde bootjie... :)