PDA

View Full Version : Outydse meuletjie??



Ta-An
Jul 8th 2010, 09:09 AM
Wie het een gesoek, was dit jy Protea??

protea
Jul 8th 2010, 05:08 PM
Nee , gelukkig het ek drie! Twee oudtydse koffiemeultjies (die handmodelle) wat ons by my skoonouers gekry het en n hand vleismeultjie. Ek het hom gister nog gebruik om n klein bietjie vleis te maal. Ek kan nie dink wie dit was wat die meultjie benodig het nie.

mari
Oct 22nd 2010, 01:23 PM
:pp

sowaar hierdie draadjie gemis ...... :blush: ......

Dit was ekke An-Tan ...... en soek nog ....

voorste stukkie met koekie vorms by 'n liewe ou tannie gekry, maar haar dogter het die meultjie self gegaps ........

:spin:

Ta-An
Oct 25th 2010, 09:36 AM
Okay....ek het daardie ene laat gaan... maar sal weer uitkyk, hulle maak hulle 'draai' op die 'mark'

mari
Oct 25th 2010, 10:45 AM
.....:cry:.......

:hug:

protea
Oct 26th 2010, 04:55 PM
Mari , wat wil jy maal of wil jy koekies uitdraai met hom ? Ek sal my oge hier by ons plaaslike afslaers ook dophou.

mari
Oct 27th 2010, 08:33 AM
Protea ....

Soek hom vir die koekies uitdraai .... ;) ......

protea
Oct 27th 2010, 02:59 PM
Ek sal my oegietjie ERG oophou! Krismis en koekiebaktyd kom vinnig nader!

Ta-An
Oct 27th 2010, 03:12 PM
Protea ....

Soek hom vir die koekies uitdraai .... ;) ......Kan ek kom saam bak asb?? Ek sal die meuletjie saam bring :idea:

mari
Oct 28th 2010, 07:06 AM
Kan ek kom saam bak asb?? Ek sal die meuletjie saam bring :idea:

meer as welkom ......... bring sommer die resepte vir rou groente innie koekies .... miskien kan dit die voedingswaarde bietjie lig ....... ;)

en Protea .... hier is nie krismis nodig vir koekiehonger nie ....... tussen die spenners is dit heeljaar koekietyd ........ ;) ......

shalom
m

protea
Oct 28th 2010, 05:18 PM
Hehehe! Jy kan gerus vir ons n 'Spenner- Soetkoekie' resep optower..... As jy aan groente in die koekies dink, praat jy van wortel koekies en patatkoekies en sulke verleidings? So in kollewyntjie groote?

Ta-An
Oct 28th 2010, 05:24 PM
Hehehe! Jy kan gerus vir ons n 'Spenner- Soetkoekie' resep optower..... As jy aan groente in die koekies dink, praat jy van wortel koekies en patatkoekies en sulke verleidings? So in kollewyntjie groote?

Of Olywe en droe tamaties.... in rou broodjies :idea:

trudie
Oct 29th 2010, 12:32 PM
Moenie die spinasie vergeet nie.Ons een Spar hier naby ons bak soms die heerlikste broodjies met groente in en kaas oor gestrooi.

mari
Oct 29th 2010, 02:21 PM
haai True .... hoe't jy geweet ? ...

sit nou net poffertjie megefters innie oond met spinasiemince en anner groengoete .......

;)

Ta-An
Oct 29th 2010, 03:17 PM
Moenie die spinasie vergeet nie.Ons een Spar hier naby ons bak soms die heerlikste broodjies met groente in en kaas oor gestrooi.

Die spar by one bak die lekkerse broodrolletjies in die land :idea:

protea
Oct 29th 2010, 05:20 PM
Van broodrolletjies gepraat: Het van julle dalk die resep van 'brotchen' (waar's die umlaut tog...) wat mens in Namibie kry. Dis n Duitse broodrolletjie en word met suurdeeg gebak en dilicioso lekker!

Ta-An
Oct 29th 2010, 06:49 PM
Wat van Roti....man nou is ek sommer honger!!

trudie
Oct 30th 2010, 05:07 AM
Ek het gister Ciabbata gebak ,die snye so bietjie in pan gebraai met olyfolie en toe tamaties met bietjie olyfolie,knoffel sout en peper gemeng daarop geeet.Was baie lekker.