PDA

View Full Version : Boekie vir Moslem evangelisasie



David2
Jul 12th 2010, 10:59 AM
Gaan na kalahari.net en bestel vir jou "Inside the Revival" van Joel Rosenberg. Mens kry die boekie goedkoper as jy dit koop in pakkies van 10. Ek het 20 bestel en dit nou net gekry. Nog nie begin om dit uit te deel nie. Gaan gee dit vir 'n Moslem en vra hom/haar baie vriendelik om dit te lees en dan met jou te bespreek as hy enige vrae het. Maar dit is nie net op Moslems gemik nie. Jy kan dit ook maar vir die Moslem s vir wie jy die boekie oorhandig. Daar is ook verhale van nominele Christene, kerkmense, wat na 9/11 vir die eerste keer die waarheid van die kruis van Jesus Christus ontdek het. Die boekie bewys klinkklaar dat mense van verskillende nasies na die begin van die terreur van 9/11 op baie groter skaal tot die geloof in Jesus Christus gekom het.

Groete

CFJ
Jul 16th 2010, 10:36 AM
Ek sal ook graag van hierdie inligting wil bekom, maar jy kan nie moontlik iets skryf oor dit nie David, al is dit net so oorsig?

David2
Jul 16th 2010, 03:11 PM
Ferdi
Ek het aanvanklik Rosenberg se boek, "Inside the Revolution" gelees. Dit gaan oor drie "revolusies" wat tans in Moslemlande aan die gang is. Die eerste is natuurlik die Islamitiese revolusie waar die 7-10% radikale Moslems poog om die gematigdes aan hulle kant te kry en om die Christen-weste en Israel te teiken met terreur.

Die tweede revolusie is gematigde Moslems wat moeg geraak het vir radikalisme en wat die radikales nou openlik aanvat.

Die derde revolusie is die geestelike en Christelike ontwaking onder Moslems. 'n Klompie jare gelede was dit byna ongehoord om van 'n Moslem te hoor wat Christus as saligmaker aanvaar, maar deesdae is dit net of die tyd vir hulle ryp is en daar is talle lande waar Moslems by die honderde tot bekering kom en Christene word.

Nou het Rosenberg ook hierdie klein boeke gepubliseer, Inside the revival, waarvan die omslag en titel baie aansluit by sy groot boek, Inside the revolution. Die doel van die klein boekie is om nog meer getuienisse van geestelike ontwaking, veral in Moslem lande, na vore te bring. So kan die boekie dan ook gebruik word om vir Moslems aan te toon dat die gevolge van die 9/11 terreuraanslag in die VSA en elders nie so heeltemal die uitwerking gehad het wat hulle miskien op gehoop het nie en dat daar in plaas daarvan baie van hulle eie mense is wat moeg is vir radikalisme en daadwerklik soek na die vrede van Jesus Christus.

Nou moet ek eers gaan. Kan miskien later weer 'n paar temas aansny wat in die klein boekie behandel word.

Groete

David2
Jul 22nd 2010, 07:14 PM
Die boekie begin met "The big untold story" Hier is iets aan die gang waarvan jy bitter min hoor, nie in die nuus nie, maar selfs ook baie selde in kerke in die Weste, in die Ooste en selfs ook nie eers in kerke in die Midde-ooste nie. Hierdie storie is dat meer Moslems vandag tot geloof in Jesus Christus kom as in enige tyd in die geskiedenis. Hy gaan dan aan om verhale te vertel van "Revival in Iran", Revival in Africa, Revival in Iraq, Revival in the Holy Land, Revival in Syria, Lebanon and Jordan en nog ander.

In die tweede hoofstuk kyk hy kortliks na metodes en taktiek wat gebruik word om die evangelie by Moslems uit te bring: "Air war and ground war". Die derde hoofstukkie gaan oor die geloof, teologie en ideale van die "Revivalists" (die wat veral in die Midde-ooste betrokke is by evangelisasie van Moslems). Na verskeie gesprekke en met hierdie evangeliste het hy die volgende kern oortuigings van die "revivalists" saamgestel: (hier noem ek dit net, maar in die boekie word dit verder uitgebrei en met Skrif gestaaf) 1. God het alle mense lief. 2. Almal is sondig en van God verwyderd. 3. Jesus Christus is vir die ganse mensdom die enigste hoop op die saligheid. 4. Elke mens moe individueel kies om Jesus Christus as Here en Verlosser na te volg. Nadat 'n persoon Jesus as Here aangeneem het, is daar sewe dinge wat in sy lewe gebeur (gevolge van verlossing) wat kortliks in die boekie bespreek word. 5. Van navolgers van Jesus Christus word verwag om hulle bure en hulle vyande lief te h soos hulleself en om dissiepels van al die nasies te maak. Hierdie is 'n vreemde idee vir Moslems en iets wat vir nuwe bekeerlinge gewoonlik 'n baie groot verligting en aantrekkingskrag inhou.

Die laaste hoofstukkie s: "Join te revolution". Christene word aangemoedig om betrokke te raak.