PDA

View Full Version : Die sewe gemeentes van Openbaring



Die Filadelfieer
Jul 26th 2010, 06:53 AM
Hoe verstaan jy die uitleg van hierdie kerke waaraan Jesus, met Johannes wat moes dikteer, elkeen 'n brief geskryf het ?

Die gemeentes het natuurlik almal bestaan, so daar is 'n baie duidelike letterlik-historiese element agter die briewe, maar wat moet die briewe vir ons huidiglik leer ?

Daar is 'n algemene opvatting dat hierdie briewe na verskillende tydgleuwe in die Christen-kerk se geskiedenis wys, en dat ons nou in die "laudesiese-tydperk" , of die sogenaamde "lou-kerk-era" is. ( As voorbeeld )

Nog 'n opvatting s dat hierdie briewe eerder na verskillende kondisies verwys wat op dieselfde tyd in verskillende gemeentes kan bestaan, of selfs in dieselfde gemeente oor verskillende tye kan heers.

Hoe verstaan jy dit ? Kan al bogenoemde ook reg wees ?


http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/45/The_angels_standing_guard_to_the_seven_churches_of _Asia.jpg

Johnny
Jul 26th 2010, 12:55 PM
Ons leef definitief in die despensasie van die kerk van die Laodisense. As ons na die kerk vandag kyk dan bevat hy al die eienskappe. Ek hoef nie eers te verduidelkik wat elke vers beteken nie, want dit is PRESIES hoe die kerk vandag is. "Lou, sonder Goddelike liefde of liefde vir die waarheid, geld en vermaaklikheid gedrewe."

Rev 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dt s die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Rev 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
Rev 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
Rev 3:17 Want jy s: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
Rev 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou o te salf, sodat jy kan sien.
Rev 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
Rev 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Rev 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
Rev 3:22 Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes s.

David2
Jul 26th 2010, 02:58 PM
Ek stem saam dat die eienskappe van vandag se kerke baie sterk by Laodicense teenwoordig is. Ek sien ook dat die sewe algemeen aanvaarde tydperke van kerkgeskiedenis taamlik duidelik en ook kronologies met hierdie sewe gemeentes in verband gebring kan word. Tog moet ons daarop let dat dit net 'n "toepassing" van die waarheid in die sewe briewe kan wees en sekerlik nie 'n "interpretasie" nie. Daar is nogal 'n groot verskil tussen interpretasie en toepassing. As ons die briewe interpreteer gaan ons eenvoudig af op die fundamentele grammaties-historiese feite wat in die briewe self voorkom en in die konteks en ons bring dan die oorspronklike bedoeling en boodskap so na vore. Dit spreek vanself dat daar niks maar niks in die briewe self voorkom om vir ons te s dat dit eintlik sketse van die sewe tydperke van die geskiedenis van die kerk moet wees nie.

Ons moet dus maar liewer versigtig wees en in ons interpretasie van die Bybel bly by die feite wat in die Bybel self aangegee word en nie enige afleidings of opinies daarby inbring wanneer ons interpreteer nie. Wanneer ons kom by die toepassing, dan gaan dit oor die omgewing waar hierdie basiese "interpretasie" wel met vrug gebruik kan word en watter boodskap dit in 'n verskeidenheid van omstandighede kan h. Ek sal die sewe tydperke van kerkgeskiedenis dus maar liewer beskou as 'n toepassing en nie as die een enkele oorspronklike betekenis van die briewe nie.

Elimelek
Aug 12th 2010, 08:38 PM
Hallo, Die Filadelfier

Buiten vir die historiese bestaan van die gemeentes, moet 'n mens nie die simboliese betekenis van die feit dat dit sewe gemeentes was uit die oog verloor nie. Dit is interessant om te sien dat van die Paulus-gemeentes nie genoem word nie. Meeste kommentare op my boekrak, beweer dat die syfer sewe, die boodskap aan die spesifieke gemeentes ook universeel maak. Dus sewe is die heilige getal van God en die sewe gemeentes dui dus op die algemene heilige kerk.

Groete

Elimelek