PDA

View Full Version : Bekommernisse van die lewe.



Mia Ashton
Jul 27th 2010, 05:26 AM
Dit is noual geruime tyd dat ek met 'n baie groot bekommernis in my lewe leef. Die omstandighede van my enigste kind is benard. Verlede week was die spanning in my so erg, dat ek werklik vir 'n paar dae siek was.

Op die oomblik is my man in Johannesburg om ons ander kind daar bytestaan in haar stryd teen borskanker. Nou moet ek baie vroeg in die oggende opstaan om te sorg dat ontbyt gereed is en aangesien ek gladnie 'n oggend-mens is nie, is dit moeilik. Tog gee dit vir my baie meer tyd vir stilwees by die Here.

Vanoggend terwyl ek vir ons kinders bid, het ek bewus geword van 'n wete in my binneste en ek wil dit graag met julle deel. Ek gaan byna ten gronde oor bekommernis oor ons twee dogters, tog weet ek hulle is gered en dat hulle die Goeie Herder ken en Hy ken hulle, maar skielik het ek oorweldigend bewus geraak van God se bekommernis oor ELKEEN van Sy kinders wat nognie gered is nie!!!!!:cry: Alhoewel ons Here sonde haat, het hy elkeen lief en soos wat ek dag na dag by Sy voete sit en huil, so is Hy hartseer oor elkeen wat Hom nie ken en wat verlore gaan.

:pray:Vergewe my asb Hemelse Vader dat ek so op myself gekonsentreer het dat ander se verlorenheid by my verbygegaan het. Dankie dat U my bewus gemaak het van U Liefde vir al U kinders en nie net vir die wat alreeds aan U behoort nie. Help my om standvastig te bly in hierdie seisoen van onsekerheid en dat ek soos Josef in die Egiptiese tronk, sal besef dat U alreeds aan die volmaakte uitkoms werk. Amen

Liefde vir almal.

CFJ
Jul 27th 2010, 03:21 PM
..., maar skielik het ek oorweldigend bewus geraak van God se bekommernis oor ELKEEN van Sy kinders wat nognie gered is nie!!!!!:cry: Alhoewel ons Here sonde haat, het hy elkeen lief en soos wat ek dag na dag by Sy voete sit en huil, so is Hy hartseer oor elkeen wat Hom nie ken en wat verlore gaan.



Hi Mia,

Hierdie stukkie is iets wat vir my uitstaan, want ons vergeet dat God wat emosies geskep het, ook emosies het...

Ta-An
Jul 27th 2010, 03:36 PM
(((((((((((hug)))))))))))

Willem
Jul 27th 2010, 09:31 PM
Hi Mia,

ek het onlangs Hettie Britz se getuienis gelees, en iets wat vir my soos voorhamer getref het en baie rus gegee het, was stukkie waar se skryfoor iets wat niks te doen het met die verkragting wat hulle in die nuus geplaas het nie ,maar wat jaar/e terug gebeur het waar Here haar laat besef het Hy is by elke kind wat seerkry en weet van elke ding wat gebeur en laat hulle nooit alleen nie....

dit het my net laat besef ek dink God is alomteenwoordig, maar dan wonder ek of Hy weet wat met kinders gebeur... nou het ek vrede ( shalom ) daaroor, dis nog steeds onaanvaarbaar, maar God weet en Hy IS in beheer al lyk dit nie vir my so nie....

ek worry ook or kinders, nie naastenby situasie wat jy in is nie, maar jy help my om fokus reg te kry en op Hom te fokus i.p.v my worries.

Dankie en liefde
Willem

Mia Ashton
Jul 28th 2010, 05:58 PM
Liewe Willem
Dit is net die gebede van ander gelowiges wat getrou vir my en haar bid, wat my help om op Hom te fokus. Ek is soos Petrus, oe op die golwe en ek sink of Thomas, ek moet eers sien en die gate in Sy hande 'voel' en dan is ek weer getroos. Ek moet gereeld bid dat ons Here my ongeloof moet tehulp kom. Nie ongeloof in Hom nie, maar ongeloof in uitkoms vir 'n wereldse saak.

Liefde en vrede vir jou.
Mia

protea
Jul 29th 2010, 05:17 PM
Mia , al twee julle dogters is in die holte van ons Vader se hande waar hulle veilig en geborge is. Wil ons ons kinders en geliefdes op ENIGE ander plek he?! By Hom alleen kan ons rustig slaap en WEET: Hy is in beheer! Lig op jou oe en sien Jesus raak . Nie die modder by jou voete nie ,maar God se volmaakte voorsiening op Sy tyd en nie ons tyd nie! Ons bly bid vir julle! Liefde. Protea

Willem
Aug 2nd 2010, 07:53 PM
Hi Mia,

vriende van ons se seuntjie is deur chemo ens. vir kanker en dis gestaak, maar so paar dae terug vertel vriend my dat hy nou vir sy pa soveel beteken en dis vir my so awesome dat God baie keer die wat ly gebruik om ons wat dink ons is ok te bedien... my ma het ook baie vir my beteken en sekere goed vasgemaak, wat ek glo omdat my ma so gese het... en die Bybel ook, maar die Here het geweet ek het nodig om dit van haar te hoor om dit te verstaan...

Weet ook, en dis persoonlike oortuiging wat min my van sal laat afsien, ma's en oumas en tannies wat bid vir kinders dink ek doen goed wat ons eendag as ons alles weet op ons rue sal laat val in terme van hoe die Here na hulle luister soos hulle elke dag bid sonder ophou vir geliefdes... julle staan in vir hulle en God hoor julle...elke dag elke keer.

Dankie vir die bid...
ook 'n kind wat nou gered is.