PDA

View Full Version : 'n Man en vrou is reg vir 'n verhouding...



Phil Fourie
Jul 28th 2010, 06:28 AM
....in spesifiek tussen mans en vrouens voor die huwelik.

Ek hoop ek kry mense om deel te neem aan hierdie draad, dit is nogals iets wat na aan my hart l.

Ons jongmense en minder jong ongetroude mense het in 'n "dating" kultuur verval waar jy met soveel moontlike mense moet uitgaan sodat jy eventueel eendag kan besef wat jy in 'n man of 'n vrou soek en dan jou keuse maak. Maar is dit Bybels, soveel dinge in ons hedendaagse kultuur is beslis nie Bybels nie, is die manier hoe ons toelaat dat mense los en vas in verhoudings in- en uitval enigsins Bybels, is dit in lyn met die Woord wat leer:

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Spreuke 4:23

Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.
Hooglied 2:7

n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,
bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.
1 Timoteus 5:1-2

So, hoe behoort sulke verhoudings dan te geskied sodat die Woord van God nie belaster word, deur ons wat belei dat ons wandel volgens die Woord nie?

Wat is die regte tyd wat die liefde behaag, wanneer mag die liefde (romantiese liefde) wakker gemaak word tussen 'n man en 'n vrou voor die huwelik?

Ek hoor graag julle insette hieroor, want ek glo ons (selfs in ons kerke) is besig om die bed op te maak vir jongmense, hulle in die kamer toe te laat en selfs die deur agter hulle toe te trek, maar dan van hulle verwag om nie saam te slaap nie (skies, ek stel dinge nogals reguit hier). Waar is die gemeente en die ouers se verantwoordelikheid in hierdie proses? Behoort die gemeente en ouers 'n s en oorsigtende rol te h in verhoudings tussen jong vrouens en jong mans?

Soos julle seker al teen die tyd weet, ek maak nie sommer 'n draad oop as ek nie reeds baie oortuigings in die verband het nie, maar ek hoor eers wat julle s.

Groete
Phil

NS! Vir die pret en interessantheid heg ek sommer 'n meningspeiling hieraan ook.

Son of the South
Jul 28th 2010, 07:22 AM
Phil,

Ek het vroeg in my verhouding met Christus geleer dat 'n mens nie die manier hoe God met j gewerk het moet verhef tot wet nie. Daar is te veel mense wat reken hulle het nou mooi uitgewerk presies hoe God te werk gaan en dan 'n boek daaroor skryf: "So is dit". Ek deel dus nie my getuienis om te s: "Dit is hoe dit hoort" nie, maar eerder om 'n voorbeeld te gee van: "Dit is tog moontlik".

My vrou (ons is hierdie jaar 10 jaar getroud) is my eerste meisie. Dit is nie net die eerste meisie met wie ek uigegaan het nie, maar ook die eerste wie se hand ek vasgehou het, gesoen het...eerste en enigste. Ons het so 6 jaar van mekaar geweet en was vir 'n jaar beste vriende. Geen romanse, slegs platoniese vriendskap. Toe die skoot klap, toe is dit asof skille van ons twee se o afval en ons mekaar die eerste keer op 'n romantiese vlak raaksien en toe is die skoot sommer hoog deur. Binne ses maande het ons begin uitgaan, verloof geraak en getrou.

Voor ons getroud is, het ek en my vrou eendag 'n gesprek gehad waarin ek vir haar meegedeel het dat k haar nie kan gelukkig maak nie. As sy nie gelukkig is met God, sonder my, nie sou sy nooit kon gelukkig wees saam met my nie. Te veel huwelike vandag is gebou op die valse hoop dat 'n persoon (buiten Christus) 'n mens sal kan gelukkig maak. Sodra die sand so bietjie dikker beginne raak, val die wa se wiele sommer af, omdat ek 'onvervuld' in die huwelik is.

Beide van ons is vas oortuig dat ons deur God vir mekaar uitgekies is. Wanneer ons dan so bietjie aan mekaar beginne skaaf, is daar nie 'n ander uitweg as om die saak uit te sorteer nie. Ek kan nie s dat ek twyfel of ek ooit met die regte persoon getroud is en wonder of daar dalk 'n ander een vir my bedoel is nie. Daar is net een pad en dit is vorentoe; ons is getroud tot die dood ons skei.

So om op te som: 'n Man en vrou is (volgens my) reg vir 'n verhouding wanneer:
a) Hulle eers kenisse, dan beste vriende is, voordat dit 'n romantiese verhouding is. Om uit die staanspoor weg te spring met 'n romanse, sonder om mekaar te ken en vriende te wees, is om die wa voor die perde te span,
b) Hulle vergenoegd is in hulle verhouding met die Here,
c) Bevestiging van God het, en
d) Dit deel van jul getuienis kan wees. Om bv. 'n verhouding buite jou huwelik aan te knoop is tog mos nie deel van God se plan vir jou nie! Hoe sal jy ooit dt deel van jou getuienis kan maak?

Phil Fourie
Jul 28th 2010, 07:34 AM
SOS

Dit is presies waarvan ek praat, skies, ek mag nie sulke lang sinne in my meningspeiling plaas nie, met my eerste opsie wou ek ges het, as hulle reg is om te trou, fisies, emosioneel en geestelik, na gebed en gesprekke met goddelike raadgewers.

Die hoe en waar en pad wat die Here met elkeen stap is nie vir my die essensie hier nie, ek glo ook in die kennis, vriendskap en dan "courtship" model wat MET 'N DOEL geskied en daardie doel is om te kyk of ons met mekaar gaan trou, nie om rond te speel met mekaar se gevoelens en emosies nie. Ek het vriende wat onder die oortuiging gekom het van die Here dat hulle moet trou sonder dat daar 'n diepe vriendskap was en hulle is getroud binne 2 maande, dit glo ek was absoluut bepaal deur die Here, want hulle dien vir my as een van die beste voorbeelde van 'n huwelik wat op God gesentreer is en die liefde tussen hulle is vir my iets waarna ek sal wil strewe myself.

Die vraag kom daarop neer, is hoe ons verhoudings voer deesdae nie on-Bybels nie, om met mekaar se harte te speel vir ons eie genot? Leer die Bybel nie dat liefde 'n toewyding is nie, m.a.w. as ek liefde wil openbaar in 'n verhouding met 'n vrou, dan moet daardie liefde gepaardgaan met my toewyding aan haar? En wanneer ek seker DOODSEKER is, dit is die vrou wat God wil h vir my, dan gee ek my hart in totaliteit oor, nie om terug te ontvang nie, maar soos God liefde aan ons geopenbaar het.

Ek hoor graag verder jou sienings hieroor.

Phil Fourie
Jul 29th 2010, 05:47 AM
Dit is vir my jammer dat nie meer mense aan die draad deelneem nie, ons praat altyd van ons lewens in lyn bring met die Woord van God, hierdie is vir my 'n voorbeeld van hoe ons dit werklik prakties kan ondersoek. Nou ek neem aan meeste van julle is seker al gelukkig (hoop ek) getroud en sien nie die doel om aan so 'n draad deel te neem nie, maar ons besef tog ons het 'n verantwoordelikheid teenoor die wat nie in hierdie posisie is nie en nog meer, dat ons kinders ook eendag hierdie pad gaan stap, hoe gaan ons hulle begelei daarin?

Son of the South
Jul 29th 2010, 10:14 AM
Phil, jy vat die woorde so uit my mond uit. Miskien moes ek tog my eie getuienis eers so bietjie terug gehou het net om te kyk af daar enige ander sieninge is.

Ek is, prys die Here, gelukkig getroud. Watter raad moet 'n mens gee aan andere en waar trek mens die streep tussen raad gee an voorskriftelik raak. My kinders is gelukkig nog klein, maar ek weet voor 'n mens jou o uitvee is hulle in die tienerstadium. Watter reels / riglyne moet / kan 'n mens vir jongmense neerl om hulle op die regte pad te lei? Net omdat die Here my op 'n unieke pad gelei het, beteken nie dat Hy alle mense (selfs nie my eie kinders) op dieselfde pad sal lei nie. Glo my, my paadjie was ook nie altyd vir my lekker nie en ek kan net dink hoe sommige tieners sal rebeleer daarteen as Pa of Ma voorskriftelik is.

Phil Fourie
Jul 29th 2010, 10:24 AM
SOS

Ek dink eers moet daar van BAIE KLEIN af in mens se kinders 'n begeerte gekweek word na die Woord van God en dan bid vir hul redding, wanneer hule 'n begeerte het na die Woord van God, dan sal dit nie moeilik wees nie en is nie voorskriftelik nie. Dan kan jy vir jou 12 jarige seun s, boetie, nee, nie nou 'n verhouding nie, die Woord leer ons dat ons nie die liefde te vroeg moet wakker maak nie, want dan is dit nie jy wat voorskriftelilk is nie, maar jy wat jou kind raadgewend bystaan en draai na die Woord toe en die Woord sal die rigting wys, die Woord sal die pad vir hom bepaal.

Ek glo ons moet ons eie en ons kinders (vir die wat kinders het) se harte bewaar en hulle ook leer om hul eie harte te bewaar.

Philip dT
Jul 30th 2010, 01:30 PM
Ek het nommer een gestem, maar sou wou byvoeg saam daarmee, "en wanneer beide tot die oortuiging gekom het dat die Here hulle saamgevoeg het."

Phil Fourie
Jul 30th 2010, 01:41 PM
Hi Philip

Soos reeds genoem, ek kan nie 'n lang sin in my opsies intik nie, by no. 1 is dit 'n ABSOLUTE gegewe, soos ek ook aan Son of the South verduidelik het ;)

Dankie vir jou stem
Groete
Phil

protea
Aug 1st 2010, 04:19 PM
Toe die predikant wat ons sou trou vir ons vra: Nou hoekom wil julle tweetjies trou? Was ons antwoord: Omdat die Here ons vir mekaar bedoel het! Die predikant was baie verbaas ,want almal se: Omdat ons lief is vir mekaar. Dit was natuurlik ons tweede rede ....

Almal het groen koring op die land deesdae en ons het self nog 3 adolossente dogters. Maar jou' voorbeeld trek nog steeds meer as wat woorde wek'. Ons bid vir ons kinders lewensmaats wat waarlik 'manne van God ' is. Hulle gaan nie die plaaspad opgestap kom nie...HULLE KOM VAN BO!

Wie het gese kinders grootmaak is maklik?!?!?

CFJ
Aug 2nd 2010, 07:09 AM
Phil,

Ek wens ekself kon in die posisie wees wat SoS byvoorbeeld is, maar ongelukkig het ek nie die Here geken toe ek met liefde begin eksperimenteer het nie en in my tyd het ouers oor die algemeen ook nie veel met hulle kinders oor die dinge van die lewe gesels of gepraat nie. Ek moes leer dat liefde soos 'n volryp blom werk en net liefde is, as die blom mooi en oop is. Ongelukkig pluk mense mekaar, as die blom nog 'n knoppie is en dan dink hulle mens kan die knoppie self oopmaak en al wat gebeur is dat hulle die blommetjie totaal vernietig en op die ashoop gooi, want dis al wat so stukkende blommetjie nog kan beteken, spesifiek vir die betrokke partye.

Die teksgedeeltes wat jy aanhaal gaan juis daaroor (vir myself het daardie tekse baie betekenis en het ek dit al baie lank my eie gemaak), dat niemand hulleself moet laat pluk, as die blom nie ryp en oop is nie en dat so een ook nie 'n ander een moet pluk wat nog 'n knoppie is nie. Pluk jy een te vroeg of word jyself te vroeg gepluk, dan is jy net nooit so mooi vir mekaar, soos God bedoel het nie. Oor hierdie rede is daar absoluut geen meriete, vir los verhoudingtjies waar mens sogenaamd moet oefen in die liefdespel nie. JY LAAT JOU NIE PLUK EN PLUK OOK NIE 'N ANDER EEN, AS DIE BLOM NIE RYP IS NIE. 'n Blom is ook nie iets wat deur baie hande moet gaan nie en 'n man wat vir sy vrou 'n mooi blom wil pluk, neem nie die blom van huis tot huis nie, maar plaas dit die eerste keer in die een wat eerste kom se hande, om so mooi te wees soos net God dit bedoel het.

Ek gaan net eers tot hier skryf, want dit is iets wat vir myself baie beteken, juis omdat ek eers op 38 die heel eerste keer in my lewe verlief kon raak en wat ek kon leer uit die verkeerde kant van die liefdespel, is dinge wat mense oor gewaarsku moet word en daar is werklik baie wat ek graag wil s en ek hou hierdie draad dop, omdat dit iets is wat almal raak en baie belangriker is, as wat mens moontlik besef. Die hele beginsel van een man vir een vrou, is iets wat God so bedoel het, sodat ons nie ander afgode moet dien, wanneer God alleen ons liefdevolle Vader, ons Raadsman, ons Leidsman en ons hele wese wil wees nie. Die eerste ding wat my opgeval het met my wedergeboorte, was, hoekom kon ek U nie al ken van moederskoot af nie? As ek net die Here geken het, sou geen afgod my vernietig het nie en net so, as jy net jou vrou geken het in al die eerstes in die liefdespel, sou geen ander vrou jou blom vir haar lelik kon maak nie...

Daar is 'n les in te leer van die eerste keer, 'n les wat die satan wil verflou, omdat ons eerste liefde nie hyself is nie...

Phil Fourie
Aug 2nd 2010, 08:17 AM
Ferdi

Baie dankie vir jou skrywe hier, ek kan sien dit kom diep vanuit jou hart en ek weet dit is dikwels nie maklik nie, maar ek waardeer dat ons op 'n draad soos hierdie daaroor kan praat.

Ek het 'n wesenlike verskuiwing in my uitkyk op verhoudings ondergaan en het gedraai na die sg. "courtship" model toe. En nee, ek probeer nie wette op ander hier afdwing nie, maar ek het besef dink ek vir die eerste keer waaroor liefde werklik gaan, dit gaan nie oor neem nie, die gaan oor gee. Om bereid te wees om myself te gee, selfs al sal ek niks daarvoor terugkry nie. Ek dank die Here vir hierdie verskuiwing wat in my lewe plaasgevind het en soos jy het ek baie spyt oor die verlede en die verkeerde we wat ek gevolg het.

Huidiglik glo ek in vriendskap voor verhouding en dan wanneer God aan jou openbaar dat 'n persoon jou lewensmaat is, om eerlik te wees, reguit die saak te benader en vir die man om die inisiatief te neem en daardie vrou te nader en sy kaarte op die tafel te plaas, maar steeds deur dit alles, te sorg dat hy haar hart bewaar. En dan, dink ek begin 'n wonderlike reis van mekaar leer ken en terselfde tyd, die uitdaging om in en deur die verhouding mekaar se reinheid te bewaar, mekaar se eer te bewaar en doelgerig binne die verhouding op te tree, die doel? Huwelik, kan ons twee daar uitkom, ons is nie in hierdie verhouding vir vermaak of wellus nie, ons is in hierdie verhouding met die oog op die huwelik en om God daarin te verheerlik. Wanneer God en sy verheerliking ons fokuspunt is, besef ons dat reinheid van absolute belang is.

En nou kom die vraag, wat is my dan geoorloof binne hierdie verhouding, wat is goeie en nie goeie idees nie wanneer ons mekaar se reinheid in ag moet neem. Jesus leer ons dat sonde reeds in die gedagtes ontstaan, so dit maak dit moeilik, want as ons eerlik is met mekaar, dan kan twee persone nie fisies baie ver betrokke raak met mekaar voordat sondige gedagtes gebaar word nie, en ons onthou, intimiteit is volgens God se standaard gereserveer vir die huwelik. Die voordele van die huwelik kom egter na die toewyding aan mekaar, ek kan nie van daardie voordele gebruik maak voor ek nie myself toegewy het aan daardie persoon nie.

Vir eers stop ek hier en wil graag ander se gedagtes weer hoor voor ek verder van my kant af deel.

Die Filadelfieer
Aug 2nd 2010, 10:19 AM
Dit is baie maklik om te s dat uitgaan met ouens of meisies jou voorberei vir 'n huwelik, en ek was op die punt om so iets te skryf, maar na ek vir 'n ruk hieroor gedink het, wonder ek of dit regtig so is ?
Ek self het heelwat "uitgegaan" in my lewe, maar ek kan met alle eerlikheid s dat nie een van hierdie verhoudings eers amper dieselfde was as dit wat ek en my vroutjie nou het nie. Mens het gedink mens Ek glo egter wel dat daar sosiale interaksie tussen die geslagte moet wees, en hey, kom ons wees nou maar eerlik, dit is lekker om 'n outjie of 'n meisie te h, die probleem is egter soos wat Phil tereg s : die samelewing druk jongmense al hoe vror ryp, en dit raak al hoe meer sosiaal aanvaarbaar om soveel seks te h met verskillende mense op watter jong ouderdom ookal. Afgesien van die gesondheidsrisikos hieraan verbonde, kan 'n mens maar begin opnoem watter sosiale probleme dit skep vir jong kinders.

So, ek het geen probleem met "uitgaan" of "kys" of watookal dit deesdae genoem word nie, maar dan moet dit darem wraggies binne perke wees, en skoolkinders wat rondslaap val baie ver buite daardie perke.

Phil Fourie
Aug 2nd 2010, 10:36 AM
Hi Fila

Dankie vir jou deelname ook hier. Nou 'n vraag as ek mag. Goed, ons hoef nie doekies hier om te draai nie, jy is 'n man, ek is 'n man :lol: , nou sit jy met twee 14 jarige kinders en 'n warm gevryery, is hulle nie klaar besig om "enjins" op te start wat nie veronderstel is om opgestart te word nie en my ondervinding m.b.t. hierdie soort van "enjin" is dat dit een is wat ons liewe Vader juis gemaak het as 'n "enjin" wat nie veronderstel is om gestop te word nie, 'n "enjin" wat floreer op volle revolusies en het my tot die gevolgtrekking laat kom dat volgens my oortuiging daar net daardie 1 is wat deur God bestem is om vir my daardie sleuteltjie te draai binne die huwelik?

Of wat dink jy, hierdie is 'n interessante gesprek? :lol: