PDA

View Full Version : ken jy jou kind?



Francois Marais
Jul 30th 2010, 02:05 PM
of ken jy elke eienskap van die karakter van die sepie ster?

Ek wil eintelik nie eens die in afrikaans doen nie, want hier is net mooi geen liefde geduld of verdraagsaamheid nie. Maar kom ons probeer maar.

Ek kom uit 'n huis waar die tyd van Egoli die stiltetyd was. Waar almal om die beeld radio sit met borde kos en kyk wat in daai tyd oom Walt gedoen het. Dit is later vervang met Paula se stories en vandag nog as ek gaan kuier is daar gewoonlik stiltetyd voor die beeld radio.

So gesels ek nou die dag met moeder, toe vra sy my wat ek vir my verjaarsdag wil hÍ, want sy weet nie wat om te koop nie. Paula weet ons sal duur skoene wil hÍ, maar wat moeder se eie kinders soek weet ons niks van nie.

Die noodkreut van 'n kind wat geboelie is by skool wat op vroeŽ ouderdom ontdek het wat seker dele voor gebruik was omdat sy oom nie sy hande kon tuis hou het nie, waar een van sy maats hom verkrag het dit sal ons nie weet nie, maar wat op die beeld radio is dit weet ons.

Waar ons hart begin vinnig klop as dit lyk of pappa of mamma dalk ons 'n drukkie mag gee. Waar ons so leeg raak en net aandag soek, maar nee die satan se beeld buis lÍ beslag op elke gedagte. Waar ons ontrek omdat ons op skool dom genoem word omdat ons die hele dag liefde soek op die verkeerde manier. Waar ons net in wil wees. Waar pappa en mamma van my verjaardag vergeet en vergeet om te vra ek wil saam gaan stad toe. Maar ons sal nie vergeet dat die beeld radio aan moet wees nie.

Waar ons as kinders geleŽr is om vas geplak te sit voor die kassie, waar ons nie weet wat 'n baba bees se vel voel net na hy gebore is. Waar ons nie weet dat lammers oulike goedjies is nie. Waar ons sien wat 'n oom en tannie doen in die slaapkamer en waar ons verval in die lokval van satan.

Waar ons 'n gewig probleem ontwikkel omdat ons net sit en gedagte spoeling kry. Waar die satan se naam elke oomblik vereer word met simbool en goed wat ons nie van weet nie, want die TV heers ons lewe.

Waar jou kind se trane die kussing natmaak omdat mamma en pappa nie kom nag sÍ het nie. Waar ons aandag probeer kry deur verkeerde maats... Want pappa en mamma gee nie om oor ons nie....



Is dit dalk hoe dit is in jou huis. Hoe lank terug het jy met jou kinders gepraat? Hoe lank terug het julle om 'n tafel gesit en eet? Hoe lank terug het jy jou kinders gesÍ dat jy lief is vir hulle en dat hulle meer werd is as enige iets anders? Hoe lank terug het jy iets opboudend vir jou kinders gesÍ???

Gaan vanaand, spreek liefde en seŽn oor jou kind uit voor julle daai duiwel kassie oop maak met daai afstand beheer. Glo my dit beteken meer vir jou kind as daai R200 wat jy in sy hand stop sodat hy onder jou voete kan uit kom!

Gene
Jul 31st 2010, 04:07 PM
Ai Francois, elf uit tien vir jou vir hierdie plasing!! Wat jy hier sÍ, is so verskriklik waar. Daar word nie meer tyd gemaak vir mekaar nie, want elkeen is so behep met sy eie wedloop in die "ratrace" waarin ons ons bevind, dat daar nie tyd is om werklik aandag aan mekaar te gee nie. Selfs in gesinne leef mense so by mekaar verby. Waarom dink jy is daar soveel tiener selfmoorde vandag? Hoeveel keer het jy al die verslaendheid van ouers van sulke tieners gehoor as hulle sÍ dat hulle dit nie kan verstaan nie. Wat het die kind besiel? Hy/sy was so gelukkige kind, daar was geen aanduiding dat hy/sy ongelukkig was nie. Maar die waarheid is dat die rooiligte laaaankal begin flikker het, maar die ouers was te besig om dit raak te sien.... Dis die hartseer van die tyd waarin ons leef. Feit is, kinders het liefde en aandag nodig, meer as besittings en finasiele sekuriteit.

En natuurlik is die TV die satan se grootste wapen in hierdie vernietiging van gesinne.... In 'n ideale samelewing sou dit wonderlik wees as daar saans vir minstens twee ure geen TV uitgesaai was nie. Ons gesin het vir jare lank self voor die TV geŽet, maar en dank die Here dat Hy aan ons gewys het waarmee ons besig was.... Ons eet elke aand saam aan tafel, waarna ons vir 'n rukkie kuier en dan saam bid. En iemand wat dit nie self ervaar het nie, sal nooit kan glo hoe 'n groot verskil daardie uur of wat elke aand in ons lewens gemaak het nie! Ek wens meer christene wil hierdie waarheid besef.

protea
Jul 31st 2010, 05:20 PM
Ek onthou toe my sussie seker so 12 jaar oud was het sy eenkeer die voordeurklokkie gelui net om my ouers se aandag te kry. Hulle het SO sleg gevoel toe sy vra: Mamma , kan ek NOU vir jou iets vra.....? En dit was nog voor die TV dae.

Die afgelope vakansie was dit vir my die lekkerste om op n plek te wees waar daar nie eers krag of TV of selfoonontvangs was nie. Het ons gekuier en gelag en saam visgevang en seekatjies geterg in die poele en gestap en in grotte rond ge'explore' en die sonsondergange bewonder en seeboontjies opgetel en kunsfotos probeer neem en en. Alles SONDER krag. Dit was weereens n belewenis. Daardie saamkuiers met jou kinders en die gesels om te hoor hoe hulle hartjies tiek is kosbaarder as wat enige geld kan koop!

Francois Marais
Aug 1st 2010, 09:53 AM
Dankie vir die terug voer julle. Dit is nog 'n stukkie wat ek aan werk. En ja Gene ek weet hoe baie tieners daar buite selfmoord pleeg. Ek was ook een wat probeer het. Gelukkig het dit helemal gevlop anders was ek vandag nie meer hier nie.

Ek het Vrydag amper 'n ouer van sy voete af geslaan wat in Menlyn op sy kind geskree het, toe sy rug op hom gedraai het en vir sy vrou geskree het dat sy haar kind moet gaan haal. Dit was so amper of hierdie laatjie het hom gewapper voor sy kind. Dit lyk net of kinders nie meer liefde vir hulle kinders het nie. Hoekom... Omdat die ouers van vandag die kind nie waardeur nie, maar net geld, geluk en homself na jaag.

Protea dit is 'n wonderlike storie. Sal dit probeer as ek weer by my ouers gaan kuier en kyk wat maak hulle.

Ta-An
Aug 1st 2010, 11:16 AM
Ai, Francois, ek het baie bevoorreg groot geword in 'n tyd, toe ouers nog huisgodsdies om die ete tafel gehou het,,,,, en as die kerel nou bibi vroeg was om jou te kom haal, dan sit hy maar saam met die huisgodsdiens,,,,so het ek baie Psalms en Gesange uit my kop geleer sing, want dit was lekker.

Francois Marais
Aug 2nd 2010, 05:58 AM
Ta'An ek wens ek het daai voorreg gehad om saam met die family te sit en Vader te loof.

Francois Marais
Aug 2nd 2010, 07:32 PM
Het jy agter gekom dat jou kind iemand anders geword het die laaste tyd?
Het jy al gekyk of hy huiswerk gedoen het. Hoe lank terug het jy voor hom of haar gesit en gehelp met hulle huiswerk?
Is dit eerder van pa of ma weet nie hoe om Algebra te doen nie? Guess What. Daai kind voor jou weet ook nie! En nog beter. Die onderwyser weet tien teen een ook nie!
Vandag kan ons google en soek na hoe dit werk. Al ooit dit probeer. Hoe lank terug het jy jou kind gehlep met 'n taak, projek of werk stuk. Nee nie hoe lank terug het jy dit vir hulle gedoen nie. Jou kind is nie stupid nie. Hy of sy het dalk 'n ander probleem. Dalk kan hy nie insien hoekom so iets gedoen moet word omdat die onderwyser ook dink jou kind is stupid.

Skram jou kind weg van jou af van vrees. Vrees dat hy geslaan gaan word omdat hy dom is? Vrees omdat hy vir 'n maatjie gevra het vir hulp en toe geslaan is deur 'n onderwyser. Dalk omdat hy of sy nie kan sien nie?

Is jy nie dalk stupid omdat jy nie tyd met jou kind wil spandeer nie. Of is dit soos die uittreksel van My Family. I now have to pay for 10 minutes of joy? Is dit hoe jy oor jou kinders voel?
Weet jy pappa en mamma dat daai kind die grootste geskenk is van Vader af? Weet jy hoe baie Vader julle toevertrou om 'n kindjie vir julle te stuur? Al wat daai kind vra is liefde en 'n gevoel van ek kan voel dat ek welkom is hier...

Alle seŽn vir julle.

Willem
Aug 2nd 2010, 07:45 PM
Hi Francois,

na aanleiding van jou ondervinding ; wat soek kinders?

Mens kry nie handleiding nie en enige ekstra raad sal so welkom wees ,want het al party goed uitgefigure, maar paar maande gevat en hy het vir my gese dis ok, maar sal eerder nie so stadig wil wees nie...

Die boompie is nog jonk (5) maar as ek nou al regte gewoonte aanleer sal ek minder skade aandoen as net so voort doen..

Groete
Willem

Francois Marais
Aug 2nd 2010, 08:21 PM
Willem om die waarheid te sÍ weet ek self nie.

Met die jong mense wat ek al mee gepraat het is dit gewoonlik net iemand wat sal luister.
Toe ek deel was van 'n omgee groep het ek altyd na die tyd met die jong mense gaan praat. Die enigste beeld wat nou tot gedagte gekom het is dat van die kinders van vandag staan voor hulle ouers en skree, maar daar kom nie geluide uit hulle monde uit nie, omdat ons as kinders geleer is dat kinders gesien en nie gehoor moet word nie. Tot vandag toe nog sukkel ek met dit en ander dinge nog.

Let veral op na hoe jou kind hom gedra. As daar gedrag is van goed rond gooi en skree en vloermoer gedrag is daar gewoonlik iets nie lekker nie.

Die grootste ding wat kinders soek: Liefde en aanvaarding. Kinders en grootmense se grootste knalpunt: VERWERPING. Onthou die eerste woorde wat jy gedink het toe jy gehoor het dat jy 'n kosbare lewe in mamma se baarmoeder koester??? Was dit + of -. Wees altyd oop met jou kinders. Onthou, kinders sien hulle ouers - gewoonlik die pa - as super dad of super mom, en hulle weet dat hulle super heroes ook foute maak, maar as daai super heroes te harrekwas is om te herken dat hulle nie perfek is nie...

Ek sal oor die volgende paar dae nog so bietjie werk aan die post. Ek gaan bietjie by family kuier in die dieretuin van oom Kruger van Donderdag af...
Dankie vir die insette en vrae. Ek weet nie als nie en sal ook nooit als weet nie, maar dit is net op my hart om die te deel. Weet nie hoekom nie, maar eendag sal ek weet hoekom...

Francois Marais
Aug 3rd 2010, 07:19 PM
Vandag het pappa mamma geslaan. Nee daar is nie blou kolle wat mens kan sien nie, maar mamma het gehuil tot pappa die motor se sleutel geneem het en die deur so hard toe geslaan het dat die foto van hulle wat op die muur hang, afgeval het.
Ek het met mamma probeer praat maar mamma wil niks weet nie. Sy het geskree dat ek haar moet uitlos en weg gaan. My hartjie is so seer. Baklei hulle weer oor my? Gaan pappa my ook kom slaan met sy woorde. My vertel hoe min ek werd is. Dat hy elke dag moet gaan werk ten danke aan my?
Hoekom is pappa altyd so kwaad. Ons doen niks meer saam nie. In die aand gaan sit ons voor die TV en mag niks se nie anders word die TV net harder gesit. Pappa het vandag nie eers vir my hello gesÍ nie....

Francois Marais
Aug 14th 2010, 11:40 AM
Pappa en mamma het vandag gan kyk hoe boetie by die skool hardloop. Ek is nie eens gevra of ek wil saam gaan nie.
Is pappa en mamma skaam vir my? Ek wil so graag weg raak, dalk sal hulle dan my soek. Mamma het my gister in die supermark vergeet. Sy het gesÍ sy was net in die rak lansaan, maar ek en my maatjies kon haar nie vind nie. Die een oom wou ons help, maar ek het weg gehardloop van hom af. Hy het gaaf gelyk, maar gawe ooms doen goed soos daai ander oom van my, en ek hou nie daarvan nie. Dit is nie lekker om daai speletjie te speel nie.

Pappa en mamma het almal oorgenooi vir 'n braai. My boetie het volgens hulle baie goed gehardloop. Ek wonder of hulle weet ek het hulle lief. Niemand het my eers kom soek toe ek op my bed gaan lÍ het nie. Gelukkig kan ek saam met my "maatjies" speel....