PDA

View Full Version : Benodig raad Wasdag bloutes



Ta-An
Aug 3rd 2010, 06:52 PM
..... ek het onlangs 'n nuwe Speed Queen wasmasjien gekoop.
Die vorige Speed Queen het 20 jaar lank gehou, maar die nuwe ene is ek baie terleurgesteld mee.
Dit stink!! en maak swart vrot velletjies in my wasgoed!!

Hoe nou gemaak???
Is dit omdat ek nie meer Skip gebruik nie, want ek gebruik nou Sunlight, biki goedkoper.....:hmm: maar ek is raad-op :o

protea
Aug 4th 2010, 06:49 AM
Ta An, as hy nog onder waarborg is, neem hom vinniger as gou terug. Ons SA verbruikers is SO ordentlik en kla te min oor goed wat nie op standaard is nie. As jy nie gaan kla nie sal die vervaardigers nie weet nie.... n Wasmasjien wat stink....ek ruik n rot!!!

Ta-An
Aug 4th 2010, 11:57 AM
Nou waar het ek die pampiere gebere????

Ta-An
Aug 5th 2010, 09:37 AM
Die probleem is blykbaar die seep-poeier wat vet deposists in die wand tussen die drom en ?? laat opbou..... nou moet ek maar weer begin skip gebruik ..... en ek het so baie gehou van die sunlight..... :idea:
Ek was net met koue water.... dis blykbaar ook 'n probleem...:hmm:

het gister die masjien met warm water en Bio Classic 'gekook' :D dit het 'n nie-bleik jik in en die swat gemors het biki los gekom en uit gewas... en die stank is weg :)

protea
Aug 5th 2010, 12:46 PM
Ek is SO bly jy het by die oorsaak van die probleem uitgekom. Dis dan die rede hoekom sekere fabrikate spesifieke waspoeiers aanbeveel.... Mens moet maar seker dan by die reels hou....

Ta-An
Aug 5th 2010, 03:09 PM
Ja,,,, die fyn druk :)