PDA

View Full Version : Dans, dans, dans, kan 'n man dan nie?



Phil Fourie
Aug 4th 2010, 06:09 AM
Goed, ek dink die titel beskryf dit redelik duidelik, wat is julle BYBELSE oortuigings aangaande dans. En ons praat hier van sekulÍre dans, nie die sg. "aanbiddings danse" nie, dit is 'n kontroversie vir 'n ander draad:rolleyes:

En moenie kom met die "Dawid het voor die ark gedans" storie nie, dit is nie dieselfde nie, dit was 'n vorm van vreugde in aanbidding en kan duidelik nie eers vergelyk word met die ge-skuifel skuifel op vuil dansvloere terwyl tween mense aan mekaar hang nie.

"Any takers" soos hulle in Ingels sal sÍ?

Die Filadelfieer
Aug 4th 2010, 07:29 AM
Ek dink ons doppers se standpunt rondom dans is volledig gedokumenteer. :)

Francois Marais
Aug 4th 2010, 07:30 AM
Well like the English would say:

1Sa 29:5 This is David! They used to dance and sing about him, 'Sha'ul has killed his thousands, but David his tens of thousands'!"
Job 21:11+12 They produce flocks of babies, and their children dance around. They sing with tambourines and lyres and rejoice to the sound of the pipe.
Ecc 3:4 a time to weep and a time to laugh, a time to mourn and a time to dance,
Jer 31:4 Once again, I will build you; you will be rebuilt, virgin of Isra'el. Once again, equipped with your tambourines, you will go out and dance with the merrymakers.
Jer 31:13 "Then the virgin will dance for joy, young men and old men together; for I will turn their mourning into joy, comfort and gladden them after their sorrow.
Luk 6:23 Be glad when that happens; yes, dance for joy! because in heaven your reward is great. For that is just how their fathers treated the prophets.
Luk 7:32 They are like children sitting in the marketplaces, calling to one another, `We made happy music, but you wouldn't dance! We made sad music, but you wouldn't cry!'

Is dit wat vandag as dans gesien word dans... Ek dink nie so nie. Dit is meer te doen met die menselike vlees begeerte vir seks. Nie meer die uitbarsting van genot nie.
Ek dink Vader het dans as 'n vorm van genot ook gegee. Meeste van ons dans glad nie meer nie (dalk omdat ons ons genot verloor het) maar ek dink mens moet mooi kyk vir watter rede mens gaan dnas (as mense dit vandag nog doen)

Phil Fourie
Aug 4th 2010, 08:52 AM
Ek dink ons doppers se standpunt rondom dans is volledig gedokumenteer. :)

Kan jy dalk vir ons bydrae hoe jy daaroor oortuig is en ook hoe julle as kerk jul standpunt huldig, dit is nou seker nie die grappie wat altyd van die doppers gemaak word dat hulle mag dans, maar dit nie geniet nie? :lol:

Laat my dink aan die grappie wat Dr. John MacArthur vertel, hy sÍ hy praat met die jeug, dan vertel hulle hoe hulle na hul bekerings nie meer danse toe gaan en met die meisies daar dans met die doel om hulle buite om die hoeke te gaan vry nie, na hulle bekering dans hulle nie meer nie, hulle gaan reguit oor na die vry om die hoeke :lol:

Francois Marais
Aug 4th 2010, 09:16 AM
Hoe kan mens iets doen uit eie wil en dit nie geniet nie (behalwe nou werk mense)

Sal G-D noem dat saam met jubel en juig gaan dans saam?

Die Filadelfieer
Aug 4th 2010, 09:18 AM
dit is nou seker nie die grappie wat altyd van die doppers gemaak word dat hulle mag dans, maar dit nie geniet nie? :lol:



Dit is presies daardie ene ja ! Seker maar iets met welluste en mormone te doen ? ( Dit kan dalk eerder hormone wees, nie heeltemal seker oor die dogma agter die ding nie. )

Phil Fourie
Aug 4th 2010, 09:30 AM
Dit is presies daardie ene ja ! Seker maar iets met welluste en mormone te doen ? ( Dit kan dalk eerder hormone wees, nie heeltemal seker oor die dogma agter die ding nie. )

Nee maar kom nou, ek is eintlik ernstig hier :lol:

Dit kan tog nie reg wees (met die mor... hormone in ag geneem) vir twee ongetroudes om styf teen die lyf die draaie op die dansvloer te maak nie? Skies, ek praat nie hier van wette op mens afdwing nie, net 'n paar praktiese implikasies rondom juis dit wat Fila noem, om kinders van die Here te beskerm teen welluste.

Phil Fourie
Aug 4th 2010, 09:38 AM
Twee tekste wat ons dalk kan verreken in die draad:

Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
1 KorintiŽrs 10:23

Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag nŠ geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
2 Timoteus 2:22

Kalahari
Aug 4th 2010, 09:55 AM
Ek het altyd gedink die ouens wat kla oor dans is die wat nie kan dans nie.

'n Lekker dans was nog altyd baie lekker gewees en goeie ontspanning. Ek het nog nooit dans beoefen om in die meisie se rok te kom nie. Partykeer net om haar te kon vashou. (toe ek op skool was)

Ek dink dit hang af van jou waardes en sedes waarmee jy groot geword het. Indien seks voor die huwelik vir jou aanvaarbaar is, sal jy dans wil gebruik of enigeiets anders. As dit egter nie 'n opsie is nie, is dans net lekker ontspanning.

Sekere dansstyle is vandag net seksuele uitlokking en ek glo nie 'n gelowige kan dit dans nie, maar ek sien niks fout met 'n lekker two step nie. Dit is te sÍ as jy op party musiek van vandag nog kan dans.

Phil Fourie
Aug 4th 2010, 10:28 AM
Dit is te sÍ as jy op party musiek van vandag nog kan dans.

Hi Kalahari

Dankie vir jou bydrae, ek dink daar raak jy nogals 'n belangrike punt aan.

Die Filadelfieer
Aug 4th 2010, 10:53 AM
Ek dink dit hang af van jou waardes en sedes waarmee jy groot geword het.

Ek stem heeltemal saam met Kalahari hierso. Indien 'n persoon geen probleem met seks voor die huwelik het nie, gaan daardie persoon nie dans as verskoning hoef te gebruik om dit wel te doen nie. Dans is vir baie mense gesonde ontspanning waaraan geen sinistÍre bedoelings gekoppel word nie.

Hoe lyk dit vir my die doppers is toe al die tyd reg gewees ? :)

Ta-An
Aug 5th 2010, 11:30 AM
Doppers en dans :D
Ek het op die Dopper Univ leer "dop" (drink) en het van die kampus af gaan dans by die mans koshuis wat nie op die kampus was nie... :D

Ek het op die dans-vloer groot geword... my Pa het 'n Boere orkes gehad, en ons is altyd saam wanneer hy gaan uitspeel het, en ek kan dans sonder om seksueel aangewakker te raak daaroor.

Dus, as jy jou hart skoon kan hou, hoekom nie dans nie :hmm: Dit help natuurlik as jy 'n dans maat het wat saam met jou kan dans..:idea:

Son of the South
Aug 5th 2010, 05:24 PM
Moenie nou aan 'n pienk olifant dink nie...'n man is nie 'n klip nie.

Nee, ek 'windsurf' nie.

Ta-An
Aug 5th 2010, 05:30 PM
Moenie nou aan 'n pienk olifant dink nie...'n man is nie 'n klip nie.

Nee, ek 'windsurf' nie. :o :lol: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

SoS as jy nou die prentjie in my kop kom sien,,,,,, dan sal jy weet hoekom ek nou my monitor van soet koffie moet skoon maak :o

Pilgrimtozion
Aug 5th 2010, 07:07 PM
Voor een Christen is alles geheiligd en kan er dus geen onderscheid gemaakt worden tussen aanbiddingsdans en seculiere dans. Als ik als Christen dans, moet ik met een goed geweten kunnen dansen. Of dat nou de cha-cha-cha is of dat ik in de kerk met een vlag sta te zwaaien en zwieren, dat maakt niet uit.

Maar het onderscheid tussen heilig en seculier bestaat voor een Christen niet.

Psalm
Aug 5th 2010, 07:19 PM
As ek my getuienis hieroor mag gee.

Ek het self altyd lekker gedans saam met vriende en familie lede by dansplekke, goeie plekke en slegte plekke.

By saam met my rowwer vriende het ek gaan dans by die "slegte" plekke om mooi meisies te sien, en dalk ook aan hulle lywe te kon vat - Ek bedoel nou net haar vashou en dans. Niks so lekker om met 'n skrale pragtige beeldskone meisie te dans en haar om haar middel vas te hou nie. - Nie so onskuldig nie en baie lekker
Saam met my ander vriende en sommige familie lede het ek gedans want dit was lekker, ek wou daar nie mooi meisies vashou of aan hulle vat nie, maar net lekker die aand geniet en ontspan en afwend van werk en dink en konsentreer en die aand geniet - onskuldig en lekker.

Deur God se genade, het Vader my dinge in Sy Woord oopgemaak, en ek het die Bybel begin opeet en my begin verlustig in God se Woord, ek het dag en nag begin dink aan skrifte en dinge in die Woord en beloftes ens.
Weereens deur God se genade het ek by 'n gemeente uitgekom - (ek gaan nie die gemeente noem nie want my plan is nie om 'n gemeente of mense te adverteer nie, maar net 'n getuienis te gee) en daar het dinge gebeur wat ek gladnie aan gewoond was nie, ek meen ek kom uit 'n goeie kerk uit, wat bekering preek, en daar is goeie mense en ek het tot bekering gekom in daai kerk, maar hier kom ek by 'n gemeente wat snaakse dinge doen, waaraan ek gladnie gewoond is nie, maar iets in my binneste het gemaak dat ek terug gegaan het soontoe en weer en weer en weer.
Nou hier is onder andere een van die snaakse dinge wat ek gesien het, die persoon daar voor wat kitaar speel (kitaar in 'n gemeente was al klaar iets waaraan ek nie gewoond was nie, dis nou een van daai gewone klassieke kitare, nou nie elektriese kitare nie)
Nou ja, die persoon daar voor wat kitaar speel het soos hy speel daar waar hy staan gedans, julle hy het gestaan en sing en kitaar speel en dans, maar dit was nie die dans wat ek geken het nie, dit was die soort dans wat uit mens se hart uit kom, soos wanneer jy regtig bly is oor iets, nie om af te "show" nie maar net 'n regte blydskap dans, en die persoon het altyd soos hy gedans het en kitaar speel op gekyk en gedans, ek het Sondag na Sondag my verkyk aan die persoon. Nou hy was ook die orkes leier en is baie streng oor heiligmaking en het amper altyd geblink soos 'n vrou wat swanger is en opgewonde is oor haar babatjie, daai soort blink, mens sien dit in die Gees, nie met vleeslike oe nie.
Die persoon het eenkeer gesÍ: Die wÍreld daarbuite klap hulle hande en juig vir hulle rugby/krieket/vliek helde as hulle iets moois en goeds doen soos 'n drie druk, of buig nadat hulle iets mooi gesing het op 'n verhoog, maar wat het daai "held" vir jou gedoen? Hy het gemaak dat jy geld moes uitgee op 'n rugby kaartjie en tussen gedrinkte mense jouself moet geniet, of hy het gemaak dat jy net nog langer tv kyk en jouself besighou met wÍreldse genietinge.
Wat het God vir jou gedoen? - Hy het vir jou hande en voete gegee, Hy het vir jou jou stem gegee waarmee jy hulle toejuig en hande voor klap en op hulle musiek dans met jou voete. Met die hande wat God jou gegee het klap jy hande vir hulle, juig jy hulle toe. Wat het God jou nog gegee, - dink daaraan, iets wat NIEMAND in die wÍreld vir jou kan gee nie, nie eers as hulle almal "saamclub" nie. Ek sal my verheug in my God, ek sal die hande wat HY vir my gevorm het gebruik om my te verheug in HOM, ek sal die voete wat HY my gegee het gebruik om my blydskap uit te leef, en ek kan dit nie weg te steek nie. DIe persoon het en doen nogsteeds - borrel van liefde en vreugde en blydskap - Hy is nie perfek nie, hy het ook foute en probleeme, maar hy borrel van blydskap vir God.
Nou ek het baie daaroor nagedink, die Woord van God deurgelees van Genesis tot Openbaring, gebid en God se Gees ervaar ek, ek stem saam met daai persoon, vandag kan ek nie anders as om my te verheug in my God nie! Die wereldse dinge het vir my vaal geword, tydelike blydskap wat eintlik 'n skyn blydskap is. Die blydskap wat die God van die Heelal vir jou kan gee, kan nie eers met woorde beskryf word nie. Wie sal hom nie verheug oor die BLYE Boodskap nie, die Goeie Nuus, die Evangelie, die Koninkryk van die Hemele - Watter groter blydskap as dit bestaan? - GEEN!

Nou ek weet daar is plekke waar mense in kerke wild tekere gaan, onordelik en heeltemal barbaars. Paulus leer ons dat alles in die gemeente welvoeglik en ordelik moet toegaan (1 Kor 14:40) Hoe het hy dit geweet? Die Heilige Gees is God se Gees van orde.

Is dit verkeerd om te dans? Waar is jou hart? Waar is jou skat? Waar is jou Liefde?
As iemand dit goedvind om te dans in die wÍreld, laat hom dans, as iemand dit goedvind om hom te verheug in God, laat hom homself verheug in God! Niks of niemand of geen krag of Mag in die heleml of o die aarde kan ons skei van die Liefde van God nie!
Dwaasheid vir die vleeslike mens.

Ta-An
Aug 6th 2010, 03:38 PM
Psalm lees die artikel op die hoofblad oor : I miss church so very much (http://bibleforums.org/content.php/79-I-miss-church-so-very-much)
En mag die Vader self die kettings om jou enkels breek sodat jy voor Hom kan dans, :hug:

Psalm
Aug 6th 2010, 09:53 PM
Dankie,

ja dis 'n baie mooi getuienis "I miss church so very much".

Ek is Vader ewig dankbaar Hy het die kettings om my enkels gebreek en deur Sy Woord sommer baie vestings van die vyhand ook afgebreek!

Groete