PDA

View Full Version : Benodig raad Romeine



Ta-An
Aug 5th 2010, 11:14 AM
Ek is nog steeds besig met die Boek Romeine.... ek weet nie of die die OAV is nie of wat......... maar ek verstaan NIKS :o wat ek lees nie...

Kalahari
Aug 6th 2010, 09:40 AM
Ta-An

Bid dat die Gees dit vir jou moet oopbreek.

Groete
Kalahari

CFJ
Aug 6th 2010, 10:20 AM
Anneke,

Iets interessants oor die agtergrond van die boek Romeine, soos ek verstaan, is dat Paulus nie hierdie mense persoonlik geken het nie en hy moes die onmin wat daar tussen Christene uit die Jodedom en Christene uit die heidendom was, oplos, wat hy op meesterlike wyse gedoen het. Die hele brief gaan in wese oor hierdie verskille tussen die twee groepe en hoe hy hulle berispe en weer opbou tot een liggaam, altans, soos ekself dit verstaan.

Die Filadelfieer
Aug 6th 2010, 11:20 AM
Ta-An,
Ek het hierdie boek (http://www.kalahari.net/books/Beleef-God-se-genade/78616/33799218.aspx)saam met Romeine deurgewerk : dit is werklikwaar in my opinie 'n uitstekende uitleg en agtergrond oor " die hartklop van die Evangelie" soos die skrywer dit noem.

Ta-An
Aug 6th 2010, 07:35 PM
Dankie, ek sal biki gaan oplees :)