PDA

View Full Version : Bespreking Ons vryheid in Christus ....



Die Filadelfieer
Aug 12th 2010, 06:30 AM
Ons het al heelwat gesels oor die vryheid wat Christus vir ons aan die kruis geskenk het, maar is daar duidelike lyne waar hierdie sogenaamde vryheid stop, indien enigsins ? Ons lewe in 'n wreld waar al hoe meer dinge aanvaarbaar word, soveel so dat dit baie maklik raak vir Christene om meegesleur te raak en dalk betrokke te word by verkeerde dinge.
So, my vraag is dus, na aanleiding van tekste soos hierdie :



ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. ( 1 Kor 6:12 )

ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie. ( 1 Kor 10 : 23 )

Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. ( Rom 14 : 22 )


As die Bybel hier praat van ALLES, wat word hierby uitgesluit ? Is dit bloot 'n geval van , soos die Ingelse s " first, do no harm" , of l die antwoord op 'n ander plek ?

CFJ
Aug 12th 2010, 08:15 AM
Hi Fila,

Ek skryf sommer spontaan soos ek dit prakties verstaan en ek hoop dit maak sin. Ek glo dat die streep getrek moet word wanneer iets 'n reel word of wanneer liefde vir 'n ander een se siel eerste moet kom, want vryheid in Christus kan beteken dat per geleentheid, iemand iets sal moet doen in opdrag van God, wat die Here normaalweg nie sal goedkeur nie. Dit sluit altyd sonde uit, maar net iemand wat voorberei is deur die Here, sal byvoorbeeld die krag h om onder prostitute te werk of om onder dwelmverslaafdes te werk. Dit kan wees dat die Here iemand dring om in 'n kroeg in te gaan, want daar kan iemand daar binne wees wat presies net daar aangeraak moet word. Vir myself is een van die beste gedeeltes om ons vryheid in Christus aan te spreek hierdie deel...


Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
(Mat 10:16 AOV)
Die Here stuur mens soos skape onder die wolwe in en gesonde oordeel sal mens laat verstaan wat versigtigheid en opregtheid deurentyd moet beteken. As ek in 'n kroeg moet ingaan, kan mens dit net doen omdat jy opreg en versigtig is, nie omdat mens 'n dop wil gaan vat nie. Doen mens dit verkrag mens jou vryheid in Christus. Om versigtig te wees soos ek dit verstaan, is ook om seker te maak iemand wat jou nie daar moet sien ingaan nie, moet in gedagte gehou word, sodat mens nie so een moontlik laat struikel nie, juis omdat mens daardie persoon se behoud tot die waarheid eerste moet stel en nie jou vryheid in Christus eerste moet stel nie. Dit is presies soos ek hierdie deel verstaan, waar Paulus hierdie vryheid beredeneer het...


En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig. As iemand meen dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos n mens behoort te weet nie. Maar as iemand God liefhet, di word deur Hom geken. Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat n afgod niks in die wreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een. Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde issoos daar baie gode en baie here is tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom. Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Maar die voedsel bring ons nie nader by God nie; want as ons eet, het ons geen oorvloed nie, en as ons nie eet nie, ly ons geen gebrek nie. Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien n struikelblok word vir die wat swak is nie. Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in n afgodstempel, sal sy gewete, as hy n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie? En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis? Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus. Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.
(1Kor 8:1-13 AOV)
Vryheid in Christus is iets wat mens egter versigtig mee moet wees en net iemand wat voorberei is- of net iemand wat gestuur word deur die Here, kan gebruik maak daarvan. Dit is verseker nie iets wat goedkoop mag wees nie, asof dit sommer spontaan na willens en wetens gebruik kan word na hartelus nie. Tog kan geen volwasse Christen sonder vryheid in Christus, werklik ten volle vir die Here leef nie en dit is iets wat ek genadiglik kon ontdek, wat toe ek bepaalde grepe daaruit kon verstaan, mens nooit wil verloor nie. Sonder hierdie vryheid beteken Christus niks, in 'n wreld wat aan die bose behoort. Ons word permanent gekonfronteer met die bose en daarom moet elkeen in die godsaligheid inge-oefen wees, sodat die unieke werking van God in elkeen kan manifesteer en dit kom net omdat mens vry in Hom is.

Die feit dat genade die wet vervul het, het alles te doen met vryheid in Christus. Die wet werk bepaald teen hierdie vryheid en Jesus self het kom wys dat die sabbat nie groter as Hy is nie, want Hy is Here van die sabbat en net iemand wat Hom werklik ken, sal die vryheid wat net Hy bied kan verstaan en toepas in hul persoonlike bediening...


In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. Maar toe die Farisers dit sien, s hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie. Maar Hy s vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nietoe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen? Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie? En Ek s vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid h en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; want die Seun van die mens is Here k van die sabbat.
(Mat 12:1-8 AOV)

David2
Aug 21st 2010, 07:08 AM
Ferdi en Fila
Julle het 'n paar baie pertinente teksgedeeltes hier aangehaal waaruit mens goeie riglyne kan kry vir ons eie situasie. Die beginsel van die opheffing van die wet het ook duidelik ter sprake gekom. Ons is nou nie meer in die bedeling van "doen dit en jy sal lewe" nie. Dit is nie die dinge wat ons doen wat ons geloofstatus voor God bepaal nie. By ons werk dit nou andersom. Dit is ons geloof wat bepaal wat ons gaan doen. Die liefde van Christus is in my hart geplant en dit gaan my optrede bepaal (2 Kor. 5:14). Waar die wet in die OT op klippe en papier geskrywe was, is hy in die Nuwe Testament in die vorm van "die liefde van Christus" in my hart geskryf. Ons word nie deur 'n eksterne gebod gedwing nie maar deur 'n interne nuwe lewensbeginsel gedring.

Die voorbeeld van die offervleis in Korinthirs en in die laaste dele van Romeine is belangrik. Volgens die OT wette was dit vir 'n Jood ondenkbaar om vleis te eet wat aan afgode toegewy is. Maar in die NT weet ons dat 'n afgod vir 'n Christen niks is nie en dat daar niks is wat hom keer om sulke vleis te eet nie. Maar nou was daar mense van twee soorte in die gemeente, nuwe bekeerlinge uit die Jodendom wat nog baie vas was aan oorgelewerdre Joodse tradisies en vir wie dit 'n gruwel was om sulke vleis te eet. Wel, Paulus voed hierdie mense op in die waarheid van die Nuwe Testament, maar ter selfder tyd vermaan hy die Christene wat reeds die vryheid van die nuwe bedeling verstaan, om hierdie mense ook in ag te neem en hulle nie tot struikeling te bring nie. Wees geduldig met hulle en moet hulle nie die harnas injaag nie. Hou dus maar liewer die offervleis weg as daar sulke Christene naby is. Maar ook ter wille van jou getuienis na buite. As die heidene naby is, s Paulus, en hulle gee vir jou sulke vleis om te eet, moet dit dan nie eet nie want hy gaan die verkeerde idee kry en dink sy "god" het nou 'n oorwinning oor jou God behaal. Dink nou self hoe hierdie beginsels, met die liefde van Christus wat in ons harte uitgestort is, in verskillende ander omstandighede toegepas moet word!

Gene
Aug 23rd 2010, 10:16 AM
Hi Fila,

... en net iemand wat Hom werklik ken, sal die vryheid wat net Hy bied kan verstaan en toepas in hul persoonlike bediening...
[/i][/indent]

CFJ, ek dink jy slaan die spyker hier op sy kop.... Feit is, ons kan redeneer oor wanneer die grense oorskry word en wanneer nie, tot ons blou in die gesig is. Maar slegs wanneer jy die Here persoonlik ken en 'n pad saam met Hom loop, sal jy weet hoe en waar die streep getrek moet word. Want jy sal alles wat jy doen, doen om Hom te behaag, en die Heilige Gees sal jou lei om nie die grens oor te steek nie. 'n Rel wat ek persoonlik probeer toepas, is eenvoudig, bly weg van alles waaroor jy nie VOLKOME vrede het nie.

CFJ
Aug 23rd 2010, 10:44 AM
CFJ, ek dink jy slaan die spyker hier op sy kop.... Feit is, ons kan redeneer oor wanneer die grense oorskry word en wanneer nie, tot ons blou in die gesig is. Maar slegs wanneer jy die Here persoonlik ken en 'n pad saam met Hom loop, sal jy weet hoe en waar die streep getrek moet word. Want jy sal alles wat jy doen, doen om Hom te behaag, en die Heilige Gees sal jou lei om nie die grens oor te steek nie. 'n Rel wat ek persoonlik probeer toepas, is eenvoudig, bly weg van alles waaroor jy nie VOLKOME vrede het nie.

Gene, ek dink jy stel dit beter as wat ek graag wou, dit is presies hoe ek dit ook verstaan en dit behoort maklik begryp te kan word deur enige mens, sonder om ingewikkeld te raak.