PDA

View Full Version : Jes. 19:19,20



David2
Aug 14th 2010, 01:25 PM
Verwys Jes. 19:19-20 na die groot piramide by Giza in Egipte?

Jes. 19:19 In di dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.

19:20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die lerskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanwe die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.

Is die piramides van Giza 'n gedenksteen vir die Here in Egipte?
Is daar al enige verklaring gevind hoe solide granietblokke van 80 tot meer as 100 ton in die oertyd deur mense 500 km. van Giza af uitgegrawe is en met die gereedskap van daardie tyd in perfekte vlakke gesny is wat so inmekaar pas dat 'n lemmetjie nie tussen twee blokke ingedruk kan word nie? Dat die blokke dan op die Nyl vervoer is op bote wat sulke vrag kan dra, waarvan daar geen aanduiding gevind kon word dat sulke vragbote bestaan het nie?

Is dit waar dat die klassieke grenslyn tussen die laer en hor Egipte destyds deur Giza geloop het en dat die piramide vandag op die grens van die twee dele staan en dus terselfdertyd "op die grens" en ook "in Egipte" is soos die Bybel dit stel?

Is dit waar dat pi as 'n verhouding tussen die omtrek van 'n sirkel en sy deursnee in die piramides ingebou is en dat pi eers baie lank na die bou van die piramides ontdek is?

Is dit waar dat 'n lyn van noordpool tot suidpool wat vir die langste moontlike afstand oor vasteland loop, oor die groot piramide gaan en dieselfde met 'n oos-wes lyn?

Is dit waar dat die die groot piramide se oos-wes lyn en noord-suid lyn perfek noord-suid en oos-wes loop en dat daar geen instrumente in daardie tyd bestaan het om dit te bepaal nie?

Kan hierdie en ander feite in die nabye toekoms tot gevolg h dat die hemelse oorsprong van die piramide, die status van hierdie enigste oorblywende "wonder van die klassieke wreld", gaan verhef tot die "gedenksteen van God in Egipte" en dat dit tot gevolg gaan h dat Egiptenare en ook Assirirs tot die geloof gaan kom? Wanneer gaan dit gebeur?

Jesus is die hoeksteen wat deur die bouers verwerp is. Die groot piramide het nie 'n hoeksteen (capstone) nie. Is dit dalk tekenend van die feit dat die totaal onmenslike en bo-menslike poging om hierdie piramide op te rig deur die eeue en deur die millennia nooit erken is nie. Die hoeksteen, die waarmerk van Jesus Christus, word nie daarin gesien nie. Gaan Jesus dalk by die wederkoms hierdie struktuur van 'n hoeksteen voorsien?

Let op dat die tonnel wat skuins afloop na die kelderkamer of die diepste oorsprong van die piramide, teen 'n helling van 26 grade loop en dat 'n lyn 26 grade noord-oos van die piramide, deur die stad Bethlehem loop.

Die vraag word op 'n ander draad in hierdie forum gevra waarom daar nie sigbare bewyse vir die bestaan van die geestelike dimensie hier op aarde is nie. Wel, miskien is daar, en dalk ook meer as wat ons gedink het!

CFJ
Aug 15th 2010, 09:03 AM
Interessant David en dankie vir hierdie draad, dit is iets wat my na aan die hart l. Hier is nog 'n deel wat mens kan ondersoek,


Gord dan soos n man jou heupedan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gel?
(Job 38:3-6 AOV)
Vir Job s die Here dat hy wat Job is, die afmetinge van die aarde ken, want, 'jy weet dit mos!', staan daar. Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gel? Dit is vrae wat te doen het met die piramide van Giza, wat soos ek verstaan die aarde in rots gegiet is, met elke denkbare afmeting en detail daarin vervang. Daar is 'n DVD van pastoor Dries van As (mens kan Johnny kontak), wat elkeen maar in die hande kan probeer kry, wat heelwat inligting hieroor het.

Ben Cronje
Jun 1st 2013, 10:38 AM
Hierdie is 'n baie interessante draad wat jy begin het, David. Ek het net mooi niks hiervan geweet nie en wil dit dan ook van nader by ondersoek.
En omdat dit nuut is vir my, het ek baie vrae.
Ek het onder andere na 'n webwerf hierso (http://www.cog-ff.com/site/cog_archives/booklets/who_built_the_great_pyramid.htm) gaan kyk.

Maar ek wil graag begin met Job 38 wat Ferdi hier en op 'n ander draad genoem het:


Job 38:3 Gord dan soos n man jou heupedan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.
Job 38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
Job 38:5 Wie het sy afmetinge bepaal? jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
Job 38:6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gel?
Job 38:7 Toe die mresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

Ek is nog nie so seker dat hierdie verse na die piramides verwys soos Ferdi dan ook te kenne gee in die volgende;

Na die beste van my wete gaan hierdie deel oor die piramide van Giza, wat Job gebou het. Die piramide van Giza is die aarde se afmetinge in rots gegiet en as jy dit al ondersoek het, sal daar 'n geweldige klomp kennis net uit hierdie deel kom. Die hoeksteen wat die bouers verwerp het as een voorbeeld, is Christus. Daardie piramide se boonste hoeksteen is weg en so kan mens vele dinge aandui. Ek dink nie jy kan so aanname maak nie. Nrens kan enige iemand met sekerheid s wanneer die engele geskape is nie, behalwe dat die mens heel laaste geskape is en die ander volheid van die skepping voor die mens was. Die skepping is een konsep waar God alles gemaak het en mens kan aanvoer dat alles in daardie selfde tyd gebeur het.
As mens Job 38:3-7 mooi lees, sien ek die volgende daarin (ek mag verkeerd wees):

Die vrae gaan oor waar Job was toe God die aarde

gegrond het
Sy afmetings bepaal het
Die meetsnoer gespan het
Se hoeksteen gel het

Terwyl die more ster en die seuns van God gejuig het!

Na my mening het Job baie van bou af geweet en God praat met hom in bou-terme. Daarom vra Hy dan ook dus vir Job of hy weet waarop die aarde se fondamentklippe op ingesink is... Die enigste leidraad van wat hier van gepraat word is die aarde, en ek is nie so seker of mens nou die piramide hier kan kom in-ekstrapoleer nie. Anders kan mens op dieselfde gronde ook die Tempel hier kom in plaas.

Vers 7 noem dan ook die seuns van God. Deur hul gewone mense te maak, sal teenstrydig wees met die ander tekste wat na die Seuns van God as engele verwys?
Maar ek is oop vir oortuiging.
Jesaja 19: 19-20 het meer potensiaal in hierdie verband.

Dit bring my egter terug na die webwerf wat ek hier noe, en n paar praktiese vrae as gevolg daarvan:
Hulle s byvoorbeeld dat Job en Cheops is en dan:

A noted man who helped Cheops in building the Pyramid was named "Souf". He was "chief of the works of Khufu" (Rawlinson's "Egypt", ch. 14). This man has been an enigma to the historians (see Maspero's "Dawn of Civilization", pp. 363-364). Elsewhere he is called "Saf-hotep" -- meaning "Saf the servant." He was apparently one of 12 BROTHERS who built the Labyrinth -- the "Pentagon" of Ancient Egypt -- for Amenemhet III (Wathen's "Antiquities", p. 142). Certainly there is no doubt who "Souf" was! He could be none other than JOSEPH!
Maar dit bring my weer terug na Job toe:


Job 1:6 En op n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.
Job 1:7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en s: Van n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
Job 1:8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
Was Job meer vroom en opreg, godsvresend en afwykend van die kwaad as Josef en familie as hul tydgenote was? Hoekom Job dan uitsonder?

Maar ek verwerp geensins die idee dat Job nie die piramides kon gebou het nie. Hierdie is maar net admin-vrae...

Kalahari
Jun 3rd 2013, 03:11 PM
Wie is die seuns van God? Ek het ook eens gedink dat dit engele is, maar nou blyk dit nie so te wees nie.

Kan enige iemand vir ons duidelikheid gee?

Johnny
Jun 18th 2013, 06:39 AM
Verwys Jes. 19:19-20 na die groot piramide by Giza in Egipte?

100% korrek. _____________________________________________