PDA

View Full Version : BELANGRIK Bloed en orgaan skenking



mari
Aug 18th 2010, 09:39 AM
( probeer om hierdie nie na kontro te moet skuif nie - dit is noodsaaklik dat vandag se mens van orgaanskenking bewus word en reeds daaraan dink VOOR 'n krisis ....... en met familie daaroor praat VOOR keuses gemaak moet word in tyd van trauma ..... )


Skenk jy bloed ?

Sal jy lewend 'n orgaan skenk aan 'n geliefde ?

Sal jy na jou dood jou liggaam vrystel vir orgaanskenking ?



Sal jy geskenkte bloed ontvang ?

Sal jy skenkings van lewende familie ontvang ?

Sal jy orgaanskenking van 'n afgestorwene ontvang ?


Vir ons wat alles aan die WOORD ondersoek, wat se die Bybel regtig ?

shalom
m

Francois Marais
Aug 18th 2010, 09:58 AM
Kyk bietjie die een:
http://www.gotquestions.org/Printer/organ-donation-PF.html

Hierdie skakel verwys na 'n engelse artikel wat handel oor hierdie onderwerp. SoS :)

mari
Aug 18th 2010, 10:21 AM
dankie Fransooois .....

maar ek wil juis graag JOU mening hoor ......

groetnis
m

Phil Fourie
Aug 18th 2010, 01:01 PM
Mens kan nie bloed skenk nie, die siel is in die bloed en daarom mag jou bloed nie in totaliteit jou liggaam verlaat nie, jy mag ook nie 'n bloedoortapping kry nie, want 'n ander se siel is in sy bloed en kan nie vermeng word met jou siel nie

protea
Aug 18th 2010, 04:42 PM
Phil , is jy ernstig?!?!

Kalahari
Aug 18th 2010, 05:57 PM
Protea

Ek wonder ook!?

My siel is dan seker al die land vol, want ek het omtrent 110 eenhede al geskenk.

Op 'n ernstige noot weet ek dat die Bybel jou verbied om bloed te drink en veral offerbloed. Ek weet egter nie of mens dit kan deurtrek na bloedskenk nie. Ek weet egter dat indien jy kan, bloedskenk baie gesond en voordelig vir 'n persoon is.

Net om my weer te verfris, wat is die definisie van 'n mens se siel weer?

Groete
Kalahari

David2
Aug 19th 2010, 04:08 AM
Die Bybelse woord vir "siel" dra nie altyd die presiese betekenis wat ons daarvoor het nie. Ons verstaan "siel" as die setel van jou persoonlikheid en as sulks is dit in die brein gesetel, maar "siel" kan in Bybelse terme wys op die "lewende siel" en dus op die werklike essensiele organe en vloeistowwe in jou liggaam wat jou lewe-funksies ondersteun en onderhou. As sulks is dit verstaanbaar dat die siel in die bloed kan wees, maar ek glo nie dit beteken dat die "siel" soos ons van hom praat in die bloed is nie. Ek dink werklik nie dat daar iets in die Bybel is wat ons daarvan weerhou om 'n sterwende lewe te red deur orgaan of bloedskenking nie.

Wat meer is, as "siel" die betekenis dra van "biologiese lewe" soos ek oortuig is dat dit wel dikwels in die Bybel doen, dan moet dit eerder my eer en my roeping wees om die siel te deel met iemand wie se siel bedreig word en kan dood gaan.

Kalahari, mooi so. Jy staan op 110. Ek het nou die dag my medalje vir 100 gekry.

Francois Marais
Aug 19th 2010, 06:01 AM
Daar is 'n goeie rede hoekom ek nie bloed skenk nie. Ek het al vir Vader gevra, maar nog nooit is ek gestuur om bloed te gaan skenk nie. Ek het ook 'n DNR en geen bloed oorplasing versoek aan my ouers gerig as daar iets met my sal gebeur.

Met ander woorde as ek ophou asem haal wil ek Na Vader toe gaan en nie weer terug gebring word nie. As dit Vader se wil is sal ek weer lewend word as ek sterf.

Die Filadelfieer
Aug 19th 2010, 06:25 AM
Mens kan nie bloed skenk nie, die siel is in die bloed en daarom mag jou bloed nie in totaliteit jou liggaam verlaat nie, jy mag ook nie 'n bloedoortapping kry nie, want 'n ander se siel is in sy bloed en kan nie vermeng word met jou siel nie

Jy het vergeet om 'n tong-innie-kies prentjie by te sit broer Phil ! :)

Phil Fourie
Aug 19th 2010, 06:50 AM
Jy het vergeet om 'n tong-innie-kies prentjie by te sit broer Phil ! :)

Nie vergeet nie, is sommer net aspris :saint:

Maar, op 'n ernstige noot nou, dit is die gevolge as ons los en vas met die Ou Testament omgaan, if you catch my drift ;)

As ons 'n paar dinge van toepassing wil maak, dan moet ons alles van toepassing maak ;)

Francois Marais
Aug 19th 2010, 08:42 AM
so laat ons die woord herskryf en die OT by die deur uit gooi? Want dit is soos ek die ^^^^ verstaan...

Ta-An
Aug 19th 2010, 04:07 PM
( probeer om hierdie nie na kontro te moet skuif nie - dit is noodsaaklik dat vandag se mens van orgaanskenking bewus word en reeds daaraan dink VOOR 'n krisis ....... en met familie daaroor praat VOOR keuses gemaak moet word in tyd van trauma ..... )


Skenk jy bloed ? Het altyd, maar nie meer nie


Sal jy lewend 'n orgaan skenk aan 'n geliefde ? Ek weet nie van een van my geliefdes wat 'n stukkie van my sou wou hÍ nie :D


Sal jy na jou dood jou liggaam vrystel vir orgaanskenking ? Wel, die liggaam is nie heeltemaal dood voordat die organe ge-oes word nie :o , en die skenker betaal vir die operasie om die organe te skenk :D Dus is dit nie net die organe wat jy skenk nie, maar ook die finansies om die organe te verwyder




Sal jy geskenkte bloed ontvang ? Nee wat, nie op die stadium van my lewe nie, as my nommer op-kom, dan wil ek Huis-toe gaan :yes: Sal nie graag langer as wat nodig is hier bly nie.


Sal jy skenkings van lewende familie ontvang ? Nee dankie


Sal jy orgaanskenking van 'n afgestorwene ontvang ? Nee dankie



Vir ons wat alles aan die WOORD ondersoek, wat se die Bybel regtig ?

shalom
mBloed beteken :"lewe". Die bloed vervoer tog die Suurstof in jou liggaam, dus jou bloed hou jou lewe aan die gang
In die NT sÍ Jesus duidelik dat daar vir ons Lewe in SY bloed is... daarom is die nagmaals-wyn 'n simbool daarvan.
Het jy al gehoor van Wingerd-bloed?? :hmm:

Sal ek Duitse Bloedwurst eet ... Nee Dankie.

Indien ek jonger was en my kinders klein, sou ek dalkies per miskien helemal anders gedink het, maar hier waar ek nou sit...... soek ek niks van niemand om langer te leef nie :D

trudie
Aug 19th 2010, 07:01 PM
My jongste dogter was baie siek toe sy gebore was en het twee maal bloed uit ruiling ge had en op daardie stadium was of dit reg was of nie nie eers 'n opsie nie.Ek spot nou nog dat die eenhede bloed wat wat gebruik was vir die uitruiling geskenk deur deur Jode,dit is seker die dat sy so 'n sagte plek het vir Israel

Ta-An
Aug 19th 2010, 07:50 PM
Jode wat bloed skenk,,, eerste keer dat ek dit hoor :)

Sien, die omstandighede bepaal die besluite :yes: ek stem saam, sou dit ook doen vir 'n kind

Die Filadelfieer
Aug 20th 2010, 06:39 AM
Wat dink julle sou Adam gesÍ het as hy kon kies of hy 'n rib wou skenk of nie ...... veral as hy voor die tyd geweet het waarvoor hy homself inlaat ? :)

RR van Wyk
Aug 20th 2010, 07:21 AM
Wat dink julle sou Adam gesÍ het as hy kon kies of hy 'n rib wou skenk of nie ...... veral as hy voor die tyd geweet het waarvoor hy homself inlaat ? :)

Dis eintlik alles daardie slang se skuld!!... :)

Ta-An
Aug 20th 2010, 09:20 AM
Wat dink julle sou Adam gesÍ het as hy kon kies of hy 'n rib wou skenk of nie ...... veral as hy voor die tyd geweet het waarvoor hy homself inlaat ? :)

mens sit eerder met al die konsekwensies as alleen ?? :hmm:

"It is better to have loved and lost than to never have loved at all"

trudie
Aug 20th 2010, 04:23 PM
Dit was 30 jaar gelede en ek weet toe ek nog my opleiding gedoen was daar baie dokters wat Jode was en nie almal het die Joodse gebruike gevolg nie.Uit ondervinding het ek gesien hulle is meestal hulpvaardig.

mari
Aug 22nd 2010, 10:02 PM
Sorrie ekke kom nou eers terug ..... was bietjie van lyn af .......

en dankie Phil dat jy my kat innie hoenerhok se stert kom trek ook nog ! ....... :rolleyes:

en Fila ...... moenie spot oor ribbe nie ......... na 'n operasie waar my sluitelbeen wat skeef aangegroei het verwyder is en deur 'n plaat vervang is, het ek met my laaste "check-up" mos toe nou 'n verloofring aan ..... die dok studente het heelwat te se gehad oor my adam wat uit 'n sleutelbeen kom ! ......


...... maar op 'n erenstiger noot ......

Met Augustus as orgaanskenkings maand is daar weer 'n taamilke media "campaighn" t.o.v. orgaan, weefsel en bloedskenk en ek wil graag jul mening daaroor he, veral met Bybelse backup vir enige oortuigings .....

... as x-verpleegster het ek heelwat te doen gehad met die bloedskenk en ontvang delemma en dis nogal opvallend hoe idees verander wanneer 'n krisis jou in die oee staar ........ vele kinders wie se ouers nie "skoon" bloed in hul kinders se are wou laat nie, het tog ingestem tot bloedplasma of ander produkte om hul kinders se lewens te red ......... die werklikheid van beenmurg en selfs nier skenkings van lewende familie is ook nogal traumaties en tog so hoopval ......... mense wat weer kan sien na kornea oorplantings is tog 'n wonderwerk insigself .........

..... Ta-an.... jy noem 'n teer punt ...... my ma het 2 keer baie bloed ontvang wat haar lewe gered het, beide kere toe ons kinders nog baie klein was ......... met my kleinboet se geboorte moes hy ook bloed ontvang en ja, ons spot vandag nog dat dit 'n atleet s'n moes gewees het, wat hy bly altyd aan die hardloop .......... vir hierdie gevalle is ek dankbaar vir die Vader se Genade wat die medici die instig gegee het vir sulke prosedures .......

..... nou vra ek weer die slimmes ( dis nou Phil ingesluit ;) ) .... :
wat presies se die Bybel .......... ?

shalom
m

Ta-An
Aug 23rd 2010, 05:03 PM
mari....

wat my pla is daardie laaste 5 minute voor die dood... lees bibki Ds Isak Burger se boeke oor die laaste 5 min voor die dood, en 5 minute na die dood....

Wanneer mens organe skenk, moet die organe ge-oes word voordat die skenker heeltemal dood is.... en ek voel orgaan skenking/orgaan-oes ontneem die persoon van sy laaste 5 minute voor die dood.... :dunno:

mari
Sep 1st 2010, 12:36 PM
Ta - An ...

dis die eerste keer wat ekke hiervan hoor ........ waar word daarna verwys in die Woord ? .....

shalom
m

mari
Sep 1st 2010, 12:48 PM
Orgaan skenking webblad....

https://secure.icode.co.za/Default.aspx

daar word heelwat vrae rondom die fisiese faktore beantwoord ........

Ta-An
Sep 1st 2010, 03:50 PM
Ta - An ...

dis die eerste keer wat ekke hiervan hoor ........ waar word daarna verwys in die Woord ? .....

shalom
m

Jy begin veels te veel na Phil klink :o :lol: Lees Dr Isak Burger se boeke oor die onderwerp.

Die Bybel praat ook nie van tandepaste nie.... maar ons gebruik dit religiously

mari
Sep 3rd 2010, 10:36 AM
Liewe Ta-An ....

ekke en Phillie ( oeps Phil ) ..... stem oor meer saam as dit waaroor ons koppe stamp ........ he-he ...

en nee, ek wil weet wat in die Woord staan oor die dood ( fisiese afsterwe van die liggaam ) en watter implikasies Skrif het op orgaan skenking ..... ander boeke wat sulke belangrike dinge aanraak in 'n geloofs opset sou mens seker verkies moet darem Skriftuurlik verantwoordbaar wees ( ja Johnny, ek glo selfs daaraan ! ) ..........

.... weird new age teachings het ook heelwat te se oor die oomblike voor en na die dood en het ook stories oor orgaanskenking, maar ek wil weet wat ons SKEPPER Vader daarvan dink .......

..... om te dink dat 'n stukkie van my "meatbox" wat agterbly hier op ons modderballetjie dalkies kan beteken dat iemand daar buite nog 'n kans kry en 'n siektetoestand oorleef, om dan tot bekering te kom ..... wel .... dit klink aanvaarbaar ????? ......

lekka loslitdag!
m

Ta-An
Sep 3rd 2010, 04:27 PM
....maar ek wil weet wat ons SKEPPER Vader daarvan dink .......
Vra Hom dan :D .