PDA

View Full Version : Die effek van TV op kinders



Son of the South
Aug 21st 2010, 05:30 PM
Ek het onlangs On Killing: The Psychological Cost of Learning to Kill in War and Society* van Dave Grossman gelees. Dit klink seker na 'n makabere manier om 'n plasing oor die effek van TV op kinders in te lei, maar dan verstaan julle seker hoe hierdie ding my bekommer.

Dave Grossman wei 'n hele afdeling van sy boek aan die bespreking van hierdie onderwerp. Hy voer aan dat dieselfde desensitasie tegnieke wat weermagte gebruik om hulle soldate te desensitiseer om hulle voor te berei op die doodmaak proses in oorlog, daagliks deur Hollywood, rekenaarspeletjies en TV op ons kinders toegepas word. Onder andere haal hy ook die bevindings van Dr. Brandon Centerwall van 1993 aan. Sy verslag fokus op die effek van TV toe dit ingevoer is in onder andere Suid Afrika in 1975, nadat dit vantevore deur die Afrikaans sprekende regering verban was. Sy bevinding: 'n 'Skouspelagtige' toename van geweldsmisdaad onder kinders...ek wonder wat hy vandag sou sÍ...

Oh be carefull little eyes what you see,
Oh be carefull little eyes what you see,
The Father up above is looking down in love,
Oh be carefull little eyes what you see.

*'n Goeie bron om te raadpleeg wanneer jy iemand is/beraad/ken wat ly aan PTSD of blootgestel word aan geweld.

Francois Marais
Aug 22nd 2010, 05:21 AM
Mark Woodman wat so paar weke terug oorlede is het dieselfde gesÍ en ook verduidelik wat presies in die gedagtes en mens gebeur as hulle na geweld en goed kyk. Ek sal bietjie die naam probeer kry. Weet nie of sy goed meer op die internet tekry is nie.

O ja. Daar is in die jong mens groep in die ingelse deel 'n gesprek gewees oor rekenaar games en goed so tydjie terug...

http://markwoodman.org/new/index.php?option=com_content&view=article&id=48:effect-of-the-media-on-our-children&catid=3:video-index&Itemid=3

Son of the South
Aug 22nd 2010, 08:18 AM
As jy die skakel volg wat Francois hier bo vir ons gegee het, sal jy by 'n Engelse webblad uitkom waar die DVD van Mark Woodman oor hierdie onderwerp aangebied word. Kyk uit vir 'n skakel op daardie blad na YouTube waar hierdie DVD gratis oor die internet gekyk kan word. Die DVD is in agt gelyke dele opgedeel. Let wel dat Mark waarsku dat sekere van die inhoud daarvan slegs geskik is vir persone bo 18. Ongelukkig is daar sekere dinge wat hy nie vir jou sal kan uitwys sonder om dit maar net eenvoudig te vertoon nie. Elke ouer behoort hierdie DVD van begin tot einde deur te kyk en te oordink.

Hier is vir julle gerief 'n paar teksgedeeltes (dankie e-Sword!) waarna Mark verwys:
Wees nugter en waaksaam, want julle teŽstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
(1Pe 5:8)
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wÍreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:12)
En hierdie mense was edelmoediger as diť in ThessalonŪka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
(Act 17:11)Welwillendheid, komende van:
G4288
προθυμία
prothumia
proth-oo-mee'-ah
From G4289; predisposition, that is, alacrity: - forwardness of mind, readiness (of mind), ready (willing) mind.
En word nie aan hierdie wÍreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
(Rom 12:2)
Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
(1Pe 1:13)
Want dit is die verbond wat Ek nŠ diť dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
(Heb 8:10)

Son of the South
Aug 22nd 2010, 08:59 AM
Gavin de Becker* raak ook aan die onderwerp van geweldadige gedrag onder kinders in die hoofstuk "The Fear of Children" in sy boek The Gift of Fear (Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/The_Gift_of_Fear)). Hy doen aan die hand dat enige voorval van fisiese geweld voorafgegaan word deur voor-insident indikators (gevaartekens) en sÍ dan (verskoon die Brits):
Of all the violence discussed in this book, being killed by one's own daughter or son** is the easiest to avoid. A precaution that is virtually guaranteed starts years before the child is big enough to hurt anyone: Be a loving parent.**Ja, die omvang van die impak van media op kinders strek so ver as dit...

Hy reken een van die grootste gevare is die hoeveelheid tyd wat kinders spandeer aan die gebruik van media produkte. Hy reken dit is nie alleen die inhoudelike van die media nie, maar ook dit wat daardeur verplaas word, bv. kwaliteit verhoudings met o.a. die ouers:
The content of media products matters, but the amount may matter more, whether it is watching television too much, playing video games too much...(ensovoorts)...but the bigger issue arises when media consumption replaces the rest of life.

*LW: Gavin is nie 'n belydende Christen nie. Ek kan sy boek sterk aanbeveel, veral aan mense wat leef in 'n greep van vrees vir fisiese geweld. Hou egter deurentyd in gedagte dat die onus deurgaans op jouself is om dit wat hy sÍ deur te trek na jou geloof in Christus.

Son of the South
Aug 22nd 2010, 09:03 AM
:idea: Nog 'n gedagte:

Dink jy dalk by jouself dat hierdie ding nou heeltemal te groot opgeblaas word? Dat die gevaar darem heelwat laer intensiteit is as wat hier voorgehou word? Dat media darem tog nie werklik so 'n groot impak op ons gedrag het nie?

Wil jy dan nie asb. jou gedagtes gaan deel met die multi biljoen Rand advertensie industrie nie...

Die Filadelfieer
Aug 23rd 2010, 10:29 AM
Soooo ..... wat is die oplossing ? Om jou kind weg te hou van enige media produkte is eenvoudig onprakties, en gaan veroorsaak dat hy/sy nie gaan inpas in 'n samelewing wat absoluut media gedrewe is nie. Ek praat natuurlik nie van net TV nie, maar radio, internet, e-pos en en en .... Is dit moontlik om kinders bo 'n sekere ouderdom en ontwikkelingsvlak te "bulletproof" teen die aanslae op hulle ?

Son of the South
Aug 23rd 2010, 06:09 PM
Dalk haal ek hierdie gedeelte nou buite konteks aan:
Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
(2Co 11:2-3), maar as ek dink aan wat daardie DVD van Mark sÍ, wonder ek of die beginsel nie tog hier van toepassing gemaak kan word nie. :confused Selfs ek as grootmens was geskok oor die dinge wat Mark uitgewys het; watter kans staan 'n kind dan? Op 'n kognitiewe vlak is dit maklik om te sÍ: ek laat nie my kinders toe om Spiderman, Herman Potgieter of Shrek 2/3 te kyk nie, want dit is ooglopend satanies geÔnspireerd. Maar jy sien, Satan speel vuil en val jou ook van die flank af aan; nie net reguit op 'n kognitiewe vlak nie. :mad:

Sinne, komende van:
G3540
νόημα
noēma
no'-ay-mah
From G3539; a perception, that is, purpose, or (by implication) the intellect, disposition, itself: - device, mind, thought.In Brits:
But I fear, lest by any means, as the serpent beguiled Eve through his subtilty, so your minds should be corrupted from the simplicity that is in Christ.
(2Co 11:3)

Son of the South
Aug 23rd 2010, 07:11 PM
Toe Anton LaVey op ‘n keer in ‘n onderhoud gevra is of hy sy eie kinders laat TV kyk, het hy nee gesÍ, 'want dit is sleg vir hulle'. Anton LaVey is ‘n opper Satanis (Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/Anton_LaVey)).

Hier (http://www.icr.org/article/know-enemy-a-critique-anton-laveys-books-satanism/) is ‘n interessante artikel (in Engels) deur Kenneth Ham waarin hy vertel wat Anton LaVey nog oor TV te sÍ gehad het.

Die Filadelfieer
Aug 24th 2010, 06:03 AM
Maar jy sien, Satan speel vuil en val jou ook van die flank af aan; nie net reguit op 'n kognitiewe vlak nie. :mad:



So wat dink jy is die oplossing SOS ? Ek dink 'n bewusmakingsveldtog onder die ouers is 'n goeie eerste stap ?

Son of the South
Aug 24th 2010, 06:45 AM
Fila, as ek net so paar punte kan bymekaarsit wat vloei uit dit wat reeds hier bespreek is, is daar al heelwat wat 'n mens kan doen :

1.) Wees 'n liefdevolle ouer vir jou kinders,
2.) Perk die hoeveelheid media waaraan jou kinders blootgestel word DRASTIES in,
3.) Kyk & luister ten minste self na die goed voor jy jou kinders daaraan blootstel,
4.) Luister na jou eie gees, asook die van jou eie kinders. Let op na hulle gedrag: Maak dit waarna hulle kyk hulle ongemaklik?
5.) Verwyder ongewenste media uit jou huis,
5.) Gee ouerleiding, nie net wanneer daar PG op die omslag staan nie, maar deurentyd,
6.) Vul jou kinders se verstandjies daagliks met 'dit wat daar bo' is en met God en Sy Woord.

Ek is seker daar is nog 'n paar wat ons kan byvoeg. As ouers bewus gemaak kan word en hulle die ouerlike plig kan opneem, is ek seker dat die risikos heelwat verlaag kan word.

Die Filadelfieer
Aug 24th 2010, 08:31 AM
As ouers bewus gemaak kan word en hulle die ouerlike plig kan opneem, is ek seker dat die risikos heelwat verlaag kan word.

Dit is vir my min of meer die kruks hierdie. Hierdie is 'n baie fyn beplande aanval, en as die ouers nie ingelig is nie gaan hulle self ook nie van hierdie probleme raaksien nie, wat nog hulle kinders waarsku en reg opvoed ?

Francois Marais
Aug 24th 2010, 07:50 PM
Soooo ..... wat is die oplossing ? Om jou kind weg te hou van enige media produkte is eenvoudig onprakties, en gaan veroorsaak dat hy/sy nie gaan inpas in 'n samelewing wat absoluut media gedrewe is nie. Ek praat natuurlik nie van net TV nie, maar radio, internet, e-pos en en en .... Is dit moontlik om kinders bo 'n sekere ouderdom en ontwikkelingsvlak te "bulletproof" teen die aanslae op hulle ?

Weet julle ek wens ons het nie 'n TV gehad nie.... Vandag het ek nie 'n TV nie. Gebruik my rekenaar om sekere media te kyk, maar dit raak maar moeilik om dinge te kyk tussen al die sex, drugs, en moord wat op die media is vandag. Selfs die kinder stories raak al bietjie erg. Sal mŰre vir julle so paar links probeer pos. My laptop het nou besluit hy het lank genoeg gewerk sonder krag...

Francois Marais
Aug 24th 2010, 07:53 PM
O ja, onthou net jou kinders word so gespoel en gevoed met al die goed dat julle nie gaan glo hoe lank dit neem om reg te kom nie. Daai kind van jou wat so op sy tande kners is dalk 'n trigger van iets wat hy deur die dag gesien het... Praat met julle kinders. Wen hulle vertroue, want kinders vandag vertrou hulle ouers so min omdat dit die norm is wat geskets word deur die media! :hug:

Francois Marais
Aug 25th 2010, 12:52 PM
http://www.youtube.com/watch?v=Na-lkRjDfdo
Net so een clip. Gaan soek so bietjie op jou beeldradio en kyk wat jou kinders sien en nie sien nie...

Son of the South
Nov 14th 2010, 02:08 PM
Hie (http://www.wayoflife.org/files/59990d7d53bdbb0e6828e10911b00d1e-673.html)r is 'n engelse artikel wat regtig die moeite werd is om deur te lees. Let veral op die Bybelse opdragte wat hierdeur onder ons aandag gebring word. Doen gerus die moeite om die artikel enduit te lees.

Die Filadelfieer
Nov 15th 2010, 06:56 AM
Dankie SOS, baie herkou-werk in daardie artikel.

Ons sit gewoonlik vir seuntjie 'n DVD aan in die oggende terwyl ons voor werk skarrel om al die takies vir die dag uit te deel aan die werkers op ons lappie grond. Vanoggend sÍ vroutjie vir seuntjie die TV is stukkend, hy kan nie 'n DVD kyk nie. Toe ek hom soek om skool toe te vat sit hy rustig en speel in sy sandput. Effens vuiler as gewoonlik maar probleem opgelos.

Ek is egter versigtig om TV heeltemal te demoniseer : met genoeg ouerlike beheer kan dit 'n goeie ding ook wees. Ons het so ruk terug die BBC "blue planet" reeks aangeskaf, en, behalwe vir die evolusie gedagte wat hier en daar opspring, is dit 'n uitstekende reeks om te kyk. Daar is nog 'n paar sulke voorbeelde van programme wat ons , en die kinders natuurlik, iets leer sonder om snaakse goeters in hulle (en ons!) koppe te wil inprent.

Johnny
Nov 15th 2010, 09:53 AM
Ons het so ruk terug die BBC "blue planet" reeks aangeskaf, en, behalwe vir die evolusie gedagte wat hier en daar opspring, is dit 'n uitstekende reeks om te kyk.

En hier is dit ons plig as ouers om ons kinders te leer dat evolusie VALS is. Hulle leer dit wel op skole en as my kind 'n vraag moet antwoord oor biljoene jare.....dan skryf sy in hakies by...(Die aarde is net 6000 jaar oud).

Die Filadelfieer
Nov 15th 2010, 10:00 AM
[COLOR="blue"]En hier is dit ons plig as ouers om ons kinders te leer dat evolusie VALS is. ..

Inderdaad so Johnny, alhoewel ons voel dat die kindertjies altwee kante van die saak moet hoor om meer ingelig te wees oor die kwessie. Ek gee dus glad nie om dat dit wel genoem word in hierdie programme nie, want dit gee ons, en enige ingeligte ouer, die geleentheid om oor die saak te gesels. In vandag se samelewing waar Evolusie op elke terein ge-"push" word met 'n amper maniese vurigheid, is dit belangrik dat 'n mens nie net teen evolusie gekant is "vir die saak " nie, maar ook dat 'n mens verstaan HOEKOM sekere Evolusie " handelsmerke " verkeerd is, en 'n inteligente teendeel daar kan stel.

Son of the South
Dec 2nd 2010, 08:47 PM
In die heel eerste plasing in hierdie draad het ek melding gemaak van Dave Grossman se bevindinge.

Hier is 'n oudio (in engels) op YouTube (http://www.youtube.com/watch?v=m6pPey1q-WU&feature=related) waar hy die onderwerp aanraak. Dit is 'n lesing "The Bullet Proof Mind" wat hy gelewer het aan wetstoepassers wat in 13 dele op YouTube geplaas is.

In my opinie sal alle ouers goed doen deur ten minste net na die eerste vier dele te luister en dit wat hy sÍ te oordink. Alle vuurwapeneienaars kan minstens tot by deel agt saamluister en daar is heelwat stof tot nadenke as mens die hele reeks deurluister.

Francois Marais
Dec 5th 2010, 08:09 PM
Daar is 'n nuwe DVD wat ek bekom het van POtHS. Wat Disney en die ander kinder prent ouens in kinder stories plaas. Mense dit is regtig siek. Een fliek wat ek die naweek begin kyk het, is so vol sataniese handtekens en goed en so baie freemason gedrag, dat ek dit fliek opgehou kyk het. Ek sal so paar screen shots probeer vang deur die loop van die week.

Mens moet so wakker wees die laaste tyd. Satan is in als besig!

Die Filadelfieer
Dec 6th 2010, 08:30 AM
In die heel eerste plasing in hierdie draad het ek melding gemaak van Dave Grossman se bevindinge.

Hier is 'n oudio (in engels) op YouTube (http://www.youtube.com/watch?v=m6pPey1q-WU&feature=related) waar hy die onderwerp aanraak. Dit is 'n lesing "The Bullet Proof Mind" wat hy gelewer het aan wetstoepassers wat in 13 dele op YouTube geplaas is.

In my opinie sal alle ouers goed doen deur ten minste net na die eerste vier dele te luister en dit wat hy sÍ te oordink. Alle vuurwapeneienaars kan minstens tot by deel agt saamluister en daar is heelwat stof tot nadenke as mens die hele reeks deurluister.

Nou hoe moet my 3G kappietjie dit nou oorleef hÍ ?

:)

Son of the South
Dec 6th 2010, 08:33 AM
Nou hoe moet my 3G kappietjie dit nou oorleef hÍ ?

:)Dit is gelukkig net die klankbaan, so dit vat ten minste nie so erg baie soos 'n video nie. :spin: