PDA

View Full Version : "Niks anders as Jesus en Hom as gekruisigde"



David2
Aug 21st 2010, 11:54 PM
Menige predikante het al hierdie vers gebruik toe hulle nuut in die gemeente ingestap het en by die intreepreek hulle beleid uitgespel het .... en wat 'n wonderlike begin is dit nie! Maar het hulle toe daarby gebly? Wat is die praktiese implikasies van hierdie vers? Kan 'n prediker wat hierdie vers in waarheid en erns preek ooit weer terugkom en homself as 'n noodsaaklike middelman, tussenganger, priester, gesalfde of wat ookal vir die gemeente aanbied? Eintlik nogal 'n gevaarlike vers vir 'n prediker om te preek - jy maak jouself effektief "oorbodig". "Ek het niks om vir julle aan te bied nie, Jesus en sy kruis is alles en al wat ek kom doen, is om Hom vir julle te kom uitl" Wat is die implikasies van hierdie vers?

protea
Aug 22nd 2010, 07:51 AM
Hallo David!
Sou dit nie wonderlik gewees het as alle predikers van die Evangelie dit die fokus teks in hulle bediening gemaak het nie?! Maar die uitlewing daarvan bly in gebreke in n baie hoe persentasie van gevalle. Ons as mens maak die Evangelie SO ingewikkeld terwyl dit so eenvoudig is dat n kind dit kan verstaan. Dis n toets wat menige Evangelie bedienaar al gedop het: Hy wil Christus verkondig ,maar hy wil ook iets byvoeg. Christus PLUS....? Gaan hy toelaat dat Jesus deur hom werk of verkies hy om die Here te dien in n' raadgewende hoedanigheid' soos so raak gestel in n onlangse epos.

" Niks anders as Jesus en Hom as gekruisigde" is my en my man se roeping. Niks minder en niks meer wil ons verkondig in ons plaasbediening en met almal met wie ons in aanraking kom nie! Die bedienaar verdwyn en Jesus moet voorgestoot word as die Hooffokus van ons bestaan!

Ta-An
Aug 22nd 2010, 05:59 PM
David ek sal graag wil byvoeg..... 'n Jesus wat na Sy kruisiging uit die dode opgestaan het op die derde dag.... :yes:

Son of the South
Aug 23rd 2010, 08:05 AM
David ek sal graag wil byvoeg..... 'n Jesus wat na Sy kruisiging uit die dode opgestaan het op die derde dag.... :yes:Ek stem saam met jou, Ta-An, ek aanbid ook 'n opgestane Heer.

David2
Aug 23rd 2010, 09:43 AM
Julle is natuurlik reg. Die kruis sluit altyd die opstanding in. Die kruis sonder die opstanding is betekenisloos. As Paulus hom op sovele plekke beroep op die kruis alleen, soos in die aangehaalde vers ook, dan ontken hy nie die opstanding nie, dit is daarby ingesluit. As ek my vandag beroep op die kruis van Christus alleen en verklaar dat ek geen ander hoop, geen ander anker en geen ander waarborg as die kruis het nie, dan praat ek uit die aard van die saak van die kruis wat deur die opstanding bekragtig is en tot die enigste hoop vir alle mense in dood en in lewe verhef is. So, wat is die praktiese imlikasies om te verklaar dat "ek niks anders wil weet nie as net Jesus Christus en Hom as gekruisigde"?

CFJ
Aug 23rd 2010, 10:13 AM
Menige predikante het al hierdie vers gebruik toe hulle nuut in die gemeente ingestap het en by die intreepreek hulle beleid uitgespel het .... en wat 'n wonderlike begin is dit nie! Maar het hulle toe daarby gebly? Wat is die praktiese implikasies van hierdie vers? Kan 'n prediker wat hierdie vers in waarheid en erns preek ooit weer terugkom en homself as 'n noodsaaklike middelman, tussenganger, priester, gesalfde of wat ookal vir die gemeente aanbied? Eintlik nogal 'n gevaarlike vers vir 'n prediker om te preek - jy maak jouself effektief "oorbodig". "Ek het niks om vir julle aan te bied nie, Jesus en sy kruis is alles en al wat ek kom doen, is om Hom vir julle te kom uitl" Wat is die implikasies van hierdie vers?

David,

Hier is soos ek verstaan, die evangelie se ander naam is die kruisboodskap en sonder die evangelie is daar nie 'n opgestane Jesus nie, dus sonder die kruisboodskap leef Jesus nie. Hieronder is 'n paar uitsprake in die Skrif wat ek glo direkte implikasies van hierdie vers is. Ons almal moet 'n opgestane Jesus aanbid, maar ons kan Hom net in hierdie verheerlikte staat aanbid, as onsself gekruisig is en as ons Jesus konstant as opgestane Here wil dien, moet ons konstant by die kruis leef. Die kruis se doel is juis om ons Jesus in Sy opgestane heerlikheid te kan ervaar en leef. Sonder die kruisboodskap (evangelie), is daar nie 'n opgestane Jesus nie. Ons moet niks wees (by die kruis leef), sodat Hy alles in ons kan wees (Hy in ons kan opstaan).


Hy moet meer word, maar ek minder.
(Joh 3:30 AOV)

Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
(2Kor 12:10 AOV)

Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.
(2Kor 13:4 AOV)

Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal 2:20 AOV)

Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wreld vir my gekruisig is en ek vir die wreld.
(Gal 6:14 AOV)

Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met di wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
(Filp 3:7-10 AOV)
Die toegang tot Christus en Sy opstanding kom nt deur die kruis (vergelyk Romeine 7 = kruisiging en Romeine 8 = opstanding). As mens die kruis negeer, kan en sal jy nooit kan opstaan in Jesus nie. Dit is eers as jy swak is, wat jy sterk word, dit is eers as jy minder word, dat Hy meer word en dit is eers as jy gekruisig word, wat Jesus in jou opstaan. Ons moet elke dag by die kruis leef, sodat Jesus in ons kan lewe (Luk 9:23). Sonder die kruis is daar geen lewe nie en geen redding nie, want die kruis alleen is die krag van God tot redding (1Kor 1:18), niks anders nie, want die kruis het die lewe in Sy Seun gewek, soos Hy alleen bestem het (Rom 6; Kol 2). Mens mag dood eenvoudig nie die kruis verydel nie (1Kor 1:17; Gal 6:12) en 'n vyand van die kruis, kan nie saligheid ontvang nie, nooit nie (Filp 3:18-19).

Kalahari
Aug 24th 2010, 04:45 PM
"Ek het niks om vir julle aan te bied nie, Jesus en sy kruis is alles en al wat ek kom doen, is om Hom vir julle te kom uitl"

David

Dit is waaroor die evangelie gaan. Ons het niks om vir die mens te bied nie, behalwe Christus aan die kruis en Sy opstanding. Indien ons iets hier wil byvoeg, dan word ons meer en Christus minder. Dan word ons sterk en Hy swakker. Die teenoorgestelde moet egter waar wees. Ons swakker en Christus sterker.

Daarom stel Paulus dat as hy moet roem dit in sy swakheid sal wees, sodat Christus sterker sal wees.

Ons moet alhoemeer in Christus wees. Aanvaar dit wat Hy vir ons gedoen het en leef meer en meer om Hom te behaag. Ek glo nie ons kan leef om meer soos Hy te word nie. Dit kan tog nie, want Hy is God en ons is mens. Ons kan ook nie sterf aan die kruis nie, net Hy kon. Daarom moet ons meer in Hom word en nie soos Hy nie. Ons word nie gekruisig nie, want Jesus is in ons plek gekruisig. Ons moet nie probeer om te doen wat Jesus gedoen het nie, dit is tog onmoontlik. Ons moet egter daagliks meer en meer in Hom word en dank vir dit wat Hy vir ons gedoen het.

Groete
Kalahari