PDA

View Full Version : Hoe is Petrus dood?



Lizzie
Aug 22nd 2010, 01:12 PM
Hoe is Petrus dood?
Waar is hy begrawe? Is hy begrawe?

daughter
Aug 22nd 2010, 02:17 PM
Ons weet nie waar hy is begrawe. Hy was gekruisig, onderstebo.

Gene
Aug 23rd 2010, 10:22 AM
Daughter is reg, volgens oorlewering is Petrus gekruisig, maar omdat hy onwaardig gevoel het om soos sy Meester te sterf, het hy gevra dat hy onderstebo gekruisig moes word, wat dan ook uiteindelik gebeur het. Maar dit is nie vir ons in die Bybel opgeteken nie...

Francois Marais
Aug 23rd 2010, 01:32 PM
Ons weet nie waar hy is begrawe. Hy was gekruisig, onderstebo.

Katolieke siening! En die NG Kerk versaai ook die. Hierdie is 'n teks uit die Apokriewe uit.

Gene
Aug 24th 2010, 09:32 AM
Francois, alles in die apokriewe boeke is nie noodwendig leuens (of RK sieninge) nie, dit bevat baie waardevolle inligting. Dit is net nie in die Bybel opgeneem nie omdat dit nie as die HG geinspireede Woord van God beskou word nie....

Francois Marais
Aug 24th 2010, 07:14 PM
Okay... Daar is dalk goed wat nie van belang vir ons is nie. Dink so daaraan. Gaan dit enige verskil maak om te weet hoe is Peter dood? Self Paul?

Ek het wel hierdie gekry...

http://www.historicjesus.com/character/simonpeter.html

Place of death: Tradition says he died in Rome.
Circumstances of death: Tradition says he was crucified upside down.

http://www.newadvent.org/cathen/11744a.htm
Die wat meer wil lees kan hier meer info gaan kry.

Concerning the manner of Peter's death, we possess a tradition — attested to by Tertullian at the end of the second century (see above) and by Origen (in Eusebius, Church History II.1)—that he suffered crucifixion. Origen says: "Peter was crucified at Rome with his head downwards, as he himself had desired to suffer".

http://www.biblebios.com/peter/peter_in_acts.htm

Tradition states that when Nero was to have him crucified he asked to be hung upside down because he was not worthy to die in the same way as his Lord Jesus Christ.

Gene
Aug 25th 2010, 09:42 AM
Hi Francois

Dis presies wat ek in my eerste pos gesÍ het. ("VOLGENS OORLEWERING was hy onderstebo gekruisig...") Natuurlik gaan dit geen verskil aan my saligheid maak om te weet hoe hy (en Paulus) gesterf het nie, maar dis interressant om te weet.... Hier op die forum word geredeneer en gedebatteer oor 'n magdom verskillende goed, wat ook geen verskil aan ons saligheid gaan maak nie. (Watter verskil sal dit bv maak om te weet of die wegraping voor of na die groot verdrukking gaan plaasvind? Watter verskil sal driekwart van die goed waaroor hier gesels word, maak?) Tog is dit lekker en interressant om daaroor te gesels, en boeke oor hierdie onderwerpe te lees, meer uit te vind. Sou jy sÍ dit is verkeerd om oor iets te praat wat nie direk in die Bybel uitgespel word nie?

mari
Aug 25th 2010, 10:49 AM
... ietsie interessant om oor na te dink oor Petrus ......

..... Judas Iskariot het Jeus verloeen in die Tuin ....... baie gou het sy skuldgevoel hom tot selfmoord gedryf ...... die beskrywing van sy heengaan klink nogal erg ......


.... Petrus het Jesus ook verloeen - 3 keer - en dit toe die Meester gemartel is en oppad was om terreggestel te word .....
........ hy het sy sonde belei, vergifnis ontvang en het een van die grootste apostels geword .......
..... baie jare later is hy ook gevange geneem en gemartel ( ? ) en hy het gevra hulle moet hom onderstebo gekruisig - met sy eie terregstelling het Hy Jesus getrou gebly ..............

nou wonder mens ..... as Judas dan ook belei en vergifnis gevra het ..... wat sou van hom geword het ?????

( ja..... ja.... die vrye keuse debat seker weer .... ) ...

shalom
m

Francois Marais
Aug 25th 2010, 11:27 AM
Sou jy sÍ dit is verkeerd om oor iets te praat wat nie direk in die Bybel uitgespel word nie?
Glad nie. Is lekker ja, maar fokus ons op hoe iemand dood is, of hoe iemand gelewe het?

Phil Fourie
Aug 25th 2010, 11:46 AM
... ietsie interessant om oor na te dink oor Petrus ......

..... Judas Iskariot het Jeus verloeen in die Tuin ....... baie gou het sy skuldgevoel hom tot selfmoord gedryf ...... die beskrywing van sy heengaan klink nogal erg ......


.... Petrus het Jesus ook verloeen - 3 keer - en dit toe die Meester gemartel is en oppad was om terreggestel te word .....
........ hy het sy sonde belei, vergifnis ontvang en het een van die grootste apostels geword .......
..... baie jare later is hy ook gevange geneem en gemartel ( ? ) en hy het gevra hulle moet hom onderstebo gekruisig - met sy eie terregstelling het Hy Jesus getrou gebly ..............

nou wonder mens ..... as Judas dan ook belei en vergifnis gevra het ..... wat sou van hom geword het ?????

( ja..... ja.... die vrye keuse debat seker weer .... ) ...

shalom
m

Wel, ons moet net eers die verskil aandui, Judas het verraai, Petrus het verloŽn, glo daar is 'n redelike verskil by die implikasie, verder glo ek natuurlik dat Judas bestem was vir sy lot, daar is immers geskrywe:

Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
Handelinge 1:16

So die vraag is dan natuurlik, het Jesus vir Judas gekies juis met die oog daarop dat hy Hom sou verraai, ek glo so ja.

Gene
Aug 25th 2010, 12:36 PM
... ietsie interessant om oor na te dink oor Petrus ......

..... Judas Iskariot het Jeus verloeen in die Tuin ....... baie gou het sy skuldgevoel hom tot selfmoord gedryf ...... die beskrywing van sy heengaan klink nogal erg ......

.... Petrus het Jesus ook verloeen - 3 keer - en dit toe die Meester gemartel is en oppad was om terreggestel te word .....
........ hy het sy sonde belei, vergifnis ontvang en het een van die grootste apostels geword .......
..... baie jare later is hy ook gevange geneem en gemartel ( ? ) en hy het gevra hulle moet hom onderstebo gekruisig - met sy eie terregstelling het Hy Jesus getrou gebly ..............

nou wonder mens ..... as Judas dan ook belei en vergifnis gevra het ..... wat sou van hom geword het ?????

( ja..... ja.... die vrye keuse debat seker weer .... ) ...

shalom
m

Mari, enige sonde kan vergewe word as 'n mens dit voor God erken en bely. Nog 'n goeie voorbeeld in die Skrif is die verhale van Dawid en Saul. Toe Saul se sonde aan hom uitgewys is deur Samuel, het hy dit eers ontken, en toe allerlei verskonings daarvoor probeer vind. (1 Samuel 13) Die uiteinde was dat sy koningskap van hom af weggeneem is.... Maar toe Dawid se sonde aan hom uitgewys is deur Natan, het hy dit onmiddellik erken en God om vergifnis gesmeek (2 Samuel 12 & Psalm 51) En God het hom vergewe! Die verskil tussen Dawid en Saul was dat Dawid hom in berou tot God gewend het, terwyl Saul nie bereid was om sy sonde te erken as sonde nie.

Om terug te kom na Judas, ek glo met my hele hart dat Judas wel bestem was om Jesus te verraai, maar nie noodwendig bestem was om verlore te gaan nie. As hy met opregte berou na God gegaan het en dit bely het, sou God hom vergewe, daaroor het ek geen twyfel nie. (Al was sy sonde verraad en nie verloŽning nie) Maar soos jy sÍ, dit bring ons weer by die kwessie van vrye keuse. (iets waarin ek persoonlik vas glo, maar dit net so terloops.)