PDA

View Full Version : VROUMENSE!



Francois Marais
Sep 7th 2010, 12:11 PM
:mad:
Hoe moet mens met hulle saam lewe?

Kan hulle ooit besluit wat hulle soek of nie! Soos ek nou voel bly ek die res van my lewe alleen tot Jesus kom.

Hoe hou julle ander mense dit met vrouens? Genade. Mens kan nooit wen nie! :B:B:B:B:B:B:B

RR van Wyk
Sep 7th 2010, 01:24 PM
'n paar goed wat ek al geleer het om te oorleef:

Getroude mans kan nie hardkoppig wees nie. Al is jou vrou hardkoppig-meer rede vir jou om nie hardkoppig te wees nie :)

As man moet jy maar alteid die sterk een wees, en ek bedoel nie fisies nie. Dit vat 'n man om eenkant te staan en jou vrou sekere besluite te laat neem, en veral in die huis is hulle baas(moet dit net nie vir haar sÍ nie, dis genoeg dat jy dit weet). Buite, in jou motor en enige ander plek op aarde kan jy maar baas wees, maar nie in die huis nie. Ek is seker jy gee inelkgeval nie om nie, want wat weet ons inelkgeval watse gordyne sal mooi pas by die sitkamerstel....

Gewoonlik as sy met jou raas, is die kans baie goed dat jy skuldig is... erken dit maar. Jy weet mos nou al vuil klere kom in die mandjie....

En as sy kwaad raak vir jou.... Hoe op aarde kan jy terug baklei?(in my geval). Dit is asof sy sommer tweekeer ouliker is, sy probeer regtig ernstig lyk terwyl sy jou uittrap, intussen swel my hart,kry 'n glimlag(wat teen my tel natuurlik, want dan dink sy ek neem haar nie ernstig op nie...)

Hulle is geneig om onprakties en alteid nie baie logies op te tree of te dink nie. Maar dis maar net hoe dit vir ons lyk, want logika is ons sterkpunt.

Ek weet mens kry waarlik moeilike vroue daar buite, maar die meerderheid is darrem meer as ok...

Die vraag moet eintlik wees, hoe lewe mens sonder hulle?

Son of the South
Sep 7th 2010, 01:53 PM
Hoe moet mens met hulle saam lewe?Ja nee regtig, kan hulle nie net die toiletsitplek optel as hulle klaar is nie?

RR van Wyk
Sep 7th 2010, 02:11 PM
Ja nee regtig, kan hulle nie net die toiletsitplek optel as hulle klaar is nie?


Ek het daardie een al voorgestel... die kyk wat ek gekry het het my goed genoeg geantwoord om nie verder daaroor uit te brei nie....

Son of the South
Sep 7th 2010, 02:24 PM
Hie, hie , hie :lol:

My vrou se oupa en ouma was meer as 60 jaar getroud. Hy het gesÍ dit is omdat hy 'n buigbare man was. Ek en my liefste is hierdie jaar 10 jaar getroud. Die 'sewe jaar jeuk' is oor en as die Here wil is ons ook getroud vir die langpad.

RR van Wyk
Sep 7th 2010, 02:41 PM
Ek en my vrou is nou maar eers twee jaar getroud. Om 60jaar lank getroud te wees is werklik besonders, dis nie altyd so maklik om so lank lewendig te bly nie...

Francois Marais
Sep 8th 2010, 07:05 AM
Aai mens kan nie lank vir hulle kwaad bly nie kan mens.

Ek kan nie wag tot die dag wat Vader die regte persoon op my pad stuur nie. Een persoon het my voorgestel aan die meisie kind. En ek hou regtig van haar. Maar ooh my world kan sy mens deurmekaar maak!

Eendag is dinge fine die volgende is die hel op aarde los. Ek dink as mens diere naby haar bring op seker dae sal hulle net hardloop vir veiligheid. Maar tog kan mens nie kwaad bly nie.

Ons gaan nou Saterdag die eerste keer ontmoet by 'n troue - don't even say it - en die laaste dae kon sy nie besluit of ek moet saam of nie.

Al wat saak maak is dat sy 'n kind van ons Hemelse Vader is. So volgende week as ek 'n grumbling bear is - erger as gewoonlik - weet julle hoekom, en as ek 'n lente blommetjie is en oulik met almal is... weet net iemand het dalk iets van die hemelse Vader ontvang.

RR van Wyk
Sep 8th 2010, 08:17 AM
Hi Francois,

'n vrou is geneig om soos seisoene in een dag te verander. Dit hou ons op ons tone :)

Die feit dat sy so onseker is, onthou dat dit vir haar ook 'n nuutjie is, sy ken jou glad geensens van geen kant af nie. 'n vrou vertrou 'n man nie baie vinnig nie, vertroue is iets wat verdien moet word(met goeie rede).

Gee haar spasie. as jy haar 24 uur 'n dag pla maak jy haar skrik en hardloop sy soos 'n wildsbokkie weg. Maar moet haar ook nie te min pla nie want dan dink sy jy stel nie regtig in haar belang nie.

Wees eerlik, oop en reguit. wees jouself. Geen geheime nie. Geen speletjies nie. As julle van mekaar hou en julle bedoel is vir mekaar, sal die res seepglad verloop.

Indien nie, sy stel dalk nie belang nie, gooi haar nommer weg en moet haar nooit weer pla nie. Dit vat tyd om die regte een te kry. Ek is getroud op 30 en is nie 'n dag spyt daaroor nie. Alle goeie dinge in die lewe kom met tyd...

Francois Marais
Sep 8th 2010, 10:44 AM
Dankie RR. Wel as ek op 30 wil trou sal ek my stert in rat moet kry :)

Ek dink ek moet dan 'n vrou gewees het. Ek vertrou baie min mense tans. Nie eens my gesin nie.
Beide van ons het 'n rowwe tyd agter die rug - of gaan nog deur die proses... so ek kan verstaan. Ek het lelik seer gekry in die laaste verhouding wat ek in was, en begin dink om soos Paul te wees. Maar dit is nie my besluit nie maar die Hemelse Vader.

LOL sal haar nommer weg gooi as ek niks van hou nie. Tyd is nie te mors meer nie.

RR van Wyk
Sep 8th 2010, 11:40 AM
'n goeie vrou is van onskatbare waarde. 'n man is maar nou net nie kompleet sonder 'n vrou nie. Om alleen te wees voel gedurig of daar iets skort, tot die dag wat jy die regte een ontmoet. Dit is moeilik om te beskryf... Die gevoel is werklik wat die Bybel sÍ die vrou is gemaak uit 'n rib van 'n man, dit voel kompleet so. Probeer 'n rib uithaal en weggooi?

'n man en vrou is onskeibaar. Liefde en opoffering is die gom wat daardie verbinding aanmekaar hou. Om gelukkig te wees beteken somtyds om die minderheid te wees. Om verkeerd te wees.

'n man is die hoof van die huis. Baie mense verstaan dit verkeerd. Juis as gevolg daarvan is die man die een wat buigbaar moet wees, wat vir almal moet dink(in meeste gevalle in vandag se lewe lyk my is dit egter die vrou wat daardie rol vertolk).

'n man is verantwoordelik vir 'n vrou se geestelike lewe en opvoeding. Sy moet gelei word, meer uit dade as met die mond.

Ek was baie gelukkig in my lewe, ek is nie deur moeilike verhoudings en snaakse dinge nie. Ek ken glad nie jou omstandighede nie, verbeel my ook nie ek het die vaagste idiee nie. Ek glo ook nie dit is regtig belangrik nie. Ek babbel tien teen een 'n klomp goed wat glad nie van toepassing op jou is nie.

Al punt wat ek probeer maak is, lewe is 'n uitdaging. Mense het jou nodig. Daar is 'n vrou daar buite wat 'n steunpillaar nodig het, wat smag na liefde en beskerming. Op die einde van die dag gaan dit oor haar, nie jou nie. Ek sÍ dit, want dit is 'n goeie gesindheid om te hÍ.

Niks in die lewe verskaf meer plesier as om dit jou lewenstaak te maak om haar te probeer verstaan nie.
Onthou net, vrouens is geneig om elke tien jaar die reŽls te verander, so sodra jy dink jy ken haar, doen jy nie regtig nie :)

Ek wens jou alle sterkte toe, 'n man is nou wragtig nie gemaak om alleen te wees!!

Francois Marais
Sep 8th 2010, 12:28 PM
Sjoe, maar jy nou 'n traan kraan hier los vandag.

Iets wat ek moet sÍ wat ek mis is om vir iemand anders breakfast te maak. Dit is nie dieselfde om op 'n Saterdag op te staan breakfast te maak en terug in die bed te klim om dit self te eet nie. Dit werk net nie!

Dankie RR... Jy praat sommer die enkel looper weer moed in.

Francois Marais
Sep 13th 2010, 06:57 AM
Aai maar vroumense is soms sulke oulike goed. Die ontmoeting het wel afgegaan. Sal graaag haar weer wil ontmoet, maar dit is in die hande van Vader van nou af...

Son of the South
Sep 13th 2010, 07:20 AM
:lol: Uitstekend!

CFJ
Sep 13th 2010, 07:50 AM
'n Ou oom wat ek geken het, het altyd gesÍ, 'vroumense..., daai nasie wat agteruit loop as jy met hom dans'. :lol:

Francois Marais
Sep 13th 2010, 01:21 PM
LOL is ontrent 'n nasie op hulle se eie daai :)

Willem
Oct 9th 2010, 05:14 AM
Ja , anders as ons, SO anders en tog, sal nie sonder vroulief wil wees nie, gisteraand besef die dat sy so met my raas is miskien eerder here wat haar gebruik om my reg te help in daily goed waar ek kortkom :eek:

Sien ook meer en meer met 20 20 hindsight dat sy wel die een was wat Here vir my gekies het, ons is getroud toe ek nog in ver land was en nog nie teruggekom het nie... het dit nie eers geweet nie...en tog in genade het Hy haar vir my gegee...:cry:

Gister het 'n boetvir my vertel van vriend wat geweet het dis sy vrou en Here het vir hom en haar gese en hulle is 2 weke na ontmoet het getrou.... maar hulle het al2 van Here gehoor.... so vra...Hy SAL antwoord ...Hy se dan so en Hy jok nie!:hug:

Francois Marais
Oct 10th 2010, 07:43 PM
Aai dankie Willem. Ek voel regtig jammer vir vrou mense. Ek is een van daai ouens wat my (dink die afrikaans se dit so) hart op die mou loop.

Maar ek moet sÍ vroemense het net so ander manier om mens anderste seer te maak. Maar okay, ek is tans so deurmekaar soos 'n kar in 'n droogskoon maker masjien.

Philip dT
Oct 11th 2010, 10:23 AM
Aai dankie Willem. Ek voel regtig jammer vir vrou mense. Ek is een van daai ouens wat my (dink die afrikaans se dit so) hart op die mou loop.

Maar ek moet sÍ vroemense het net so ander manier om mens anderste seer te maak. Maar okay, ek is tans so deurmekaar soos 'n kar in 'n droogskoon maker masjien.

Terwyl jy so oor kar in 'n wasmasjien praat, wat van 'n baksteen in 'n wasmasjien? (http://www.youtube.com/watch?v=zwYW_RGWSmM)

Francois Marais
Oct 12th 2010, 12:23 PM
Dit is nogal hoe hulle mens se lewe laat voel :)

Willem
Oct 12th 2010, 08:11 PM
Hi Francois,

ja en my lief is die een mens op die aardbol wat my sonder om te probeer eers, meer kan rattle as tien gorillas in 'n mini!

Maar sonder haar !? Aikona, ek sien elke nou en dan hoe die Here haar vir my geksie het, al het ek ver van Hom geloop toe ons getrou het... Hy bly getrou en berei ons van kleins af al voor...

Sterkte

Tonton
Oct 14th 2010, 02:50 PM
Dink net aan arme Adam wat vir Eva nog in hom gehad het voordat die HERE haar uit hom uit gehaal het... Hy het seker die klere rondgegooi EN opgetel. Wag, toe het hy nog nie klere gehad nie!

Anton

CFJ
Oct 15th 2010, 10:01 AM
Dink net aan arme Adam wat vir Eva nog in hom gehad het voordat die HERE haar uit hom uit gehaal het... Hy het seker die klere rondgegooi EN opgetel. Wag, toe het hy nog nie klere gehad nie!

Anton

:lol:

Ek dink daar is manne wat hulle rib moet laat uithaal, veral as hulle nie kan dink wat hulle doen nie... :spin:

AndreHa
Feb 7th 2011, 12:17 PM
Hulle se mos "Trou is nie perdekoop nie." - ware woorde daardie. :D

Mens moet sulke dinge met onse Vader opneem - Hy kan beter sien as wat ons kan. Ek onthou nog, so 12 jaar terug - op pad huistoe, met 'n diep verlange om my ander helfte te ontmoet. Toe volg ek maar standaard prosedure en vra vir Vader. Kort voor lank vind ek uit dat my ma 'n ontmoeting gereel het met die diaken se dogter (die orrelis) net na kerk. Jo. Ek wou die bosse in hardloop. Ek dog toe later "Ag, wat kan ek tog verloor." - en speel toe saam. Wel, sy was toe die een - ons is al 10 jaar getroud. Ons eerste kindjie is laas jaar gebore - klein Michelle. Ek plak sommer 'n foto van haar hier vas. :)

http://www.flashsql.com/babypics/michelleandi.jpg

CFJ
Feb 9th 2011, 09:09 AM
Hulle se mos "Trou is nie perdekoop nie." - ware woorde daardie. :D

Mens moet sulke dinge met onse Vader opneem - Hy kan beter sien as wat ons kan. Ek onthou nog, so 12 jaar terug - op pad huistoe, met 'n diep verlange om my ander helfte te ontmoet. Toe volg ek maar standaard prosedure en vra vir Vader. Kort voor lank vind ek uit dat my ma 'n ontmoeting gereel het met die diaken se dogter (die orrelis) net na kerk. Jo. Ek wou die bosse in hardloop. Ek dog toe later "Ag, wat kan ek tog verloor." - en speel toe saam. Wel, sy was toe die een - ons is al 10 jaar getroud. Ons eerste kindjie is laas jaar gebore - klein Michelle. Ek plak sommer 'n foto van haar hier vas. :)

http://www.flashsql.com/babypics/michelleandi.jpg

Daar is darem niks soos die gesig van 'n trotste pa nie... :)

Francois Marais
Feb 10th 2011, 05:22 PM
Ek wonder of mense weet watter voorreg dit is om kinders te kry.

Ek het besluit om eerder die vriendskap te eindig met die dame wat ek gesien het. Dit was regtig nie lekker gewees nie, maar nou ja. So gaan ons maar aan op onse eige.