PDA

View Full Version : Hoe word mens 'n berader



Francois Marais
Sep 13th 2010, 07:02 PM
Ek het die laaste paar maande gesien dat mense al meer stukkend is. Nou ek weet nie als wat ek moet weet nie, en mense nader my vir hulp.

Nou die eina vraag. Hoe word ek 'n berader? Sal ek moet gaan swot. Ek het nog altyd 'n passie gehad om stukkende mense te help. Het selfs Remedial education as 'n vak geneem toe ek begin swot het.

Ek weet nie meer na watter mense ander mense te verwys nie. Die berader wat ek sien, kom nie by al die mense uit nie, en ek weet ek sal kan help.

Enige raad?

Die Filadelfieer
Sep 14th 2010, 06:26 AM
Francois, ek glo daar is wel kursusse wat 'n mens sal kan doen, maar soos ek dit verstaan is dit nie nodig as jy berading in 'n nie-profesionele kapasiteit wil doen nie. Liefde vir die Here, 'n passie om Sy liefde te deel, en 'n bietjie lewens- en mense kennis behoort mos die ding te doen.

RR van Wyk
Sep 14th 2010, 08:40 AM
Ek stem saam. Meeste mense het in baie gevalle 'n negatiewwe uitkyk op die lewe. Daar hang 'n donker wolk oor hulle. Hulle weet nie hoe om daar uit te kom en dis wanneer hulle hulp nodig het. Daarde mense wil opgebeur word. Wil hoor daar is vir hulle lig aan die einde van die tonnel. Wat natuurlik alteid waar is, maar nie so kan wees as hulle gesindheid nie reg is nie.

Ek sien berading as mense wat ander kennis gee, 'n ander insig oor hulle omstandighede en dan positiewwe opbouende raad gee om daar uit te kom. In baie gevalle mag dit dalk ook raadsaam wees, as jy self nie 100% seker is oor iets nie, liewwer ander mense se siening en raad te kry voordat jy dit uitdeel.

Om mense te help, veral depresiewwe mense is 'n GROOT verantwoordelikheid. Partykeer is hulle so erg dat hulle jou heelteid doodpraat met hulle negatiwiteit en hulle dus net meer depresief maak..

Phil Fourie
Sep 14th 2010, 09:38 AM
Net 'n woord van waarskuwing as ek mag.

Wees versigtig om in 'n sg. nie professionele hoedanigheid berading te doen. Hoekom s ek so? Ons leef in 'n gebroke wreld ja en mense het baie hulp nodig, maar ons leef ook in n korrupte wreld en ek gaan nou 'n minder aangename voorbeeld gebruik, maar dit illustreer die punt goed.

Iemand kom na jou toe, stukkend met depressie en begin jou sien in 'n nie-professionele beradings hoedanigheid, julle bou 'n goeie band op en hy kom vir 'n paar sessie, maar na 'n paar maande breek die ou heeltemal en pleeg selfmoord, die familie kom na jou toe en vra wat het jy met hom bespreek en dit kom uit dat hy reeds genoem het dat hy selfmoord al voorheen oorweeg het, jy het dit nie aan die lig gebring nie en hom nie na die sg. profesionele hulp (al weet ons almal hier dit is 'n sieklike bedryf - sielkundiges) gestuur nie, jy word nou gedagvaar, maar probleem is, jy is nie op enige rol nie, jy is nie in 'n professionele hoedanigheid nie, jy het nie profesionele versekering vir hierdie tipe goed nie.

Wees eerder net 'n gewone Christen met 'n oor om te luister na ander se probleme en gee net raad vanuit die Bybel, moet nooit jouself in 'n hoedanigheid plaas waar jy nie-profesioneel beraad nie, dit is baie gevaarlik en is een van die redes hoekom ek dit nie meer doen nie, ek het my vingers op 'n klein skaal verbrand teenoor die voorbeeld wat ek hierbo genoem het, ander het waarlik hulle vingers verbrand met bg. voorbeeld.

As jy in die beradings rigting wil ingaan, gaan swot dit, kom op 'n rol en kry profesionele verskering vir die tipe goed. Dit is jammer dat dit moet gebeur vriende, maar soos ek aan die begin geskryf het, ons leef in 'n korrupte wreld van blaamverskuiwing en geldgierigheid.

Groete
Phil

Francois Marais
Sep 14th 2010, 01:58 PM
sjoe, okay dit is ook waar. Dankie Phil.

Ta-An
Sep 14th 2010, 02:11 PM
Francois, luister maar na wat Phil ges het.... en Fila is reg, deur die voorbeeld wat jy leef is vir ander 'n voorbeeld..... bv. om nie te stress nie maar om jou vertroue in God te h :D

CFJ
Sep 15th 2010, 10:40 AM
Hi Francois,

Ek dink hier is goeie antwoorde en Phil se plasing gee werklik perspektief. Tog moet mens nie berading sien as een globale instrument om iemand se probleme aan te spreek nie. Enige mens wat 'n ander een se hart wil deel en net belangstel, is in eie reg reeds 'n berader. Die belangrikheid van mens se beperkinge en om dit regtig ernstig op te neem, sal bepaal tot waar jy iemand gaan beraad. As jy nie die kennis het nie, wees eerlik daaroor en verwys iemand eerder, as dit bo jou vuurmaakplek is. Aan die einde van die dag is berading iets wat as 'n spanpoging gesien kan word, waar elkeen net die inset lewer wat hulle kan lewer en nie wat hulle dink hulle kan lewer nie. Mens moet jouself nooit te slim hou nie, maar moet jouself ook nie beperk nie, nie oor hoe die Here jou kan gebruik nie.

As mens net eerlik is, kan jy geweldig baie beteken vir mense en mens moenie bang wees om iemand te beraad nie, want as die Here jou inspraak en blote belangstelling in iemand se lewe wil gebruik, sal jy buite Sy wil wees, sou jy bang wees om Hom toe te laat om jou te gebruik. Sien jou rol net as deel van die plan wat God met iemand anders se lewe het en trek net duidelike lyne vir jouself en die ander een, tot waar jy kan help en tot waar nie. Op hierdie manier help jy al reeds meer as wat jy moontlik mag besef...

Ta-An
Sep 15th 2010, 11:42 AM
Francois, Galate 6:1 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. indien mens nie die nodige opleiding het nie, dan is dit maklik soos die vers aandui, om self deur die las van die persoon vir wie jy help met berading, gepla te word..... Opleiding oor hoe om berading te doen, gee aan jou die kennis oor hoe om die nodige beskerming te h teen sulke aanvalle :hug:
Opleiding vir berading....iewers hetn ek 'n adres in Fontaine Bleau gesien...... sal bietjie my o oophou...:D

CFJ
Sep 15th 2010, 01:20 PM
Iets wat my net opval, is dat die eenvoud van die boodskap in die Bybel en spesifiek dit wat in die evangelies plaasgevind het, nie meer vandag so eenvoudig verkondig word nie. Wat presies die redes is en hoekom dit t eenvoudig was en n veel meer ingewikkeld, is seker oop vir debat, maar ek oorweeg bloot die observasie wat mens maak, dat Jesus die volgende aan Sy dissipels ges het...


En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
(Mat 10:1 AOV)
Hy het aan hulle mag gegee oor onrein geeste (geestes toestande ?) en om elke siekte en kwaal te genees. Let wel, elke siekte en kwaal. Dit wat hier in Mat 10:1 staan, wat sou dit uitsluit in die moderne samelewing, waar hierdie mag skynbaar gelowiges ontwyk en sou dit anders as berading wees? Berading is tog net vir hulle wat aan een of ander kwaal lei, hetsy geestelik of fisies. Hiermee wil mens nie in debat gaan nie, maar mens wonder maar net, maak die moderne samelewing nie eenvoudige dinge geweldig kompleks nie?

Iets wil my net voorkom, dat gelowiges 'n mag het, wat eintlik baie vir hierdie stukkende wreld moet en kan beteken, wat weens verskeie aanslae soort van ontneem is van gelowiges. Ek is self nie opgelei as sielkundige nie, het bitter min psigiatriese kennis en tog was ek al 'n keer of wat betrokke saam met sielkundiges en psigiaters, waar dit wat ek reeds aan hierdie mense ges het, volledig genoeg was om alles in te sluit wat die psigiaters of sielkundiges ook ges het. Ek dink net, dat iemand wat werklik belangstel in ander en bereid is om te luister en leidende vrae te stel, op 'n baie natuurlike en spontane wyse geweldig diep kan delf.

Hier is 'n voorbeeld. 'n Passievolle evangelis loop elke dag verby my en ons groet mekaar so van tyd tot tyd. Hy stop egter een dag so 3 maande gelede by my en deel uit die bloute 'n paar dinge wat hom opval, wanneer hy sommer so op straat mense bedien. Hy is werklik 'n eenvoudige mens en vertel my dat hy net die vorige week, 3 seuntjies (so rondom 10 tot 12 jaar oud) voorkeer om met hulle oor die Here te gesels. Sy eerste woorde aan die seuntjies kom spontaan, 'ek het 'n stukkende pappa gehad en omdat hy stukkend was, het dit my hele lewe nadelig benvloed'. Terwyl hy so besig was met hulle, sien hy een outjie het weggeraak en hy dog toe, hy wil seker maar nie na hom luister nie. So gesels hy oor wat Jesus vir hom gedoen het en hoe Jesus hom, 'n reggemaakte of herstelde pappa vir sy eie seuntjie kon maak. Hy wou eintlik net aan die seuntjies iets deel, oor die feit dat al het hulle dalk self 'n stukkende pappa, hulle tog nie moed moet verloor nie. Terwyl hy so wonder oor die derde seuntjie wat verdwyn het, voel hy iemand van agter aan sy been vat. Toe hy omkyk, toe staan die seuntjie wat hy vermis agter hom en die trane loop soos riviere uit sy ogies. Hierdie seuntjie het nie 'n pappa nie en hy het hom vasgedruk en saam met hom onophoudelik gehuil.

Toe hy hierdie storie aan my vertel die dag, kon hy homself nie help met die trane nie en dit het 'n geweldige indruk op my gemaak. Min het ek geweet van 'n telefoon-oproep, net daardie middag. Iemand bel my en s hy het my nommer by iemand gekry en of ek hom nie kan kom sien nie. Ons reel toe 'n afspraak vir die volgende dag en so vertel hy my sy lewensverhaal, een van die ergste vorms van depressie. Dit is altyd kompleks om na al die verskillende opsies te kyk oor waar iemand se verlede verkeerd geloop het, maar ek moes leer dat niks toevallig is nie en die storie wat die evangelis my net die vorige dag vertel het, was sonder dat ek dit besef het, presies waaroor hierdie persoon wat toe skielik hier voor my sit, beswaard en swaarmoedig en depressief was. Ek het net spontaan geweet dat sy probleem grotendeels 'n stukkende pappa was, want die Here het my vooraf ingestel vir wat sou kom.

Toe ek dit vir hom s, het hy dit onmiddelik bevestig, want hy was iemand wat al baie tyd in sielkundiges en psigiaters se teenwoordigheid was en ook hulle het dit al aan hom gemeld. Die volgende dag het ek hom geskakel om te hoor of alles reg is, waar hy my toe die versekering gee dat hy lanklaas so goed gevoel het. Eintlik weet ek nie wat ek presies vir hom gedoen het nie en is daar niks wat ek kan toedig aan myself nie (om die eerlike waarheid te s, sy eie gebed glo ek het veel meer vir hom en ook myself beteken as myne, want ek het werklik teen die dak vas-gebid en dit was nogal aangenaam om so mooi gebed te kon hoor, toe my eie so stomp geklink het). Ek het die Here weereens sien werk, op 'n wyse wat my vermons oorskadu en wat ek nooit besin het oor nie, dit het alles net skielik en spontaan gekom en het bloot net saam met God se genade gevloei.

Berading is heel eerste nie net ons eie vermons nie en mens moet nooit jou eie vermo noodwendig oorskat nie. Dit is en bly God se domein, wanneer Sy siele sukkel en swaarkry en ons is bloot beskikbaar vir Hom, soos en wanneer Hy ons wil gebruik. Miskien was die enigste keuse wat ek moes maak, om die afspraak te reel wat sou volg, toe ek daardie selfde middag hierdie oproep ontvang het, maar wat daarna gebeur het, was tye waar my verstand vrugteloos was en ek eers na die tyd gesien het, dat dit nie ek was nie, maar Christus in my, wat alles gedoen het. Ek moes net beskikbaar wees, sodat die Here kon werk.

Berading maak eintlik nt sin, as God jou voorberei daarvoor en mens moet aan die eenkant versigtig wees om jouself voor te berei met allerlei kursusse, asof dit van mens 'n berader maak. In Psalm 127 staan daar..., As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou. Ek glo mens is net 'n berader, omdat God dit so wil en nie jyself nie. As Hy werk oorskadu dit meesal enige werk wat die mens al daaroor kon doen, maar dit is sekerlik nie verkeerd om dit wat die mens al gedoen het, in ag te neem nie. Dit gaan net vir myself oor die regte perspektief en of die Here jou lei en voorberei, want Hy maak nie foute nie.

Die heel belangrikste ding in berading, is dat jy alles 100% konfidensieel hou en alleen dan, sal die Here mens weer gebruik. Dit is kosbaar om met iemand anders se geheime te sit en mens moet dit geweldig baie respekteer en hulle privaatheid beskerm met jou hele lewe. Daar is mense, wat al het hulle watter kennis, die naam berader nie werd is nie, want dit is in wese waaroor berading gaan...

protea
Sep 15th 2010, 02:05 PM
Ferdi, dis n aangrypende verhaal wat jy vertel.

Om 'ingeprop' te wees by Jesus se 'beradings sender', om vir Hom en Sy kinders beskikbaar te wees, om net n oor te wees vir n beswaarde, om Jesus se liefde aan n ander deur te gee en hulle te verseker van Sy liefde, om opregte belangstelling vir diegene in nood te betoon ens : Is dit nie maar waaroor berading gaan nie? Diegene wat berading gaan swot leer definitief nie die 'regte antwoorde' in hulle kursus nie! As jy egter 'ingeplug' is by Jesus , spreek jy woorde wat heel , vertroos, opbou, versterk, woorde wat hoop en vrede en kalmte gee . So enigeen wat n opregte en hegte verhouding met die Groot Berader het , kan self ook berading doen want hulle Bron is reg! Hy is die Weg , die Waarheid en die Lewe!

CFJ
Sep 16th 2010, 11:12 AM
So enigeen wat n opregte en hegte verhouding met die Groot Berader het , kan self ook berading doen want hulle Bron is reg! Hy is die Weg , die Waarheid en die Lewe!

Protea,

Persoonlik sou dit my eie definisie van 'n berader wees en ek kan net AMEN s op jou laaste stelling hierbo!