PDA

View Full Version : Die oulikste prentjie...



Francois Marais
Sep 28th 2010, 06:14 AM
in my gees gesien vanoggend toe ek Radio Kansel luister.

Voor ek Jesus ontmoet het en deur Hom gered is uit die duiwel se kloue was ek soos 'n tert doppie sonder daai lekker soet filling.

Altyd droog, sonder enige genot vir enige iemand. Bros en baie breekbaar en niks lekker nie.

Toe ontmoet ek Jesus. Die soet filling in die tert doppie. My lewe het verander. Dinge lyk net anders. Selfs die grootste berg wat voor mens staan word gelyk gemaak al klim mens teen die styl kante op, want Jesus help ons waar ons gaan. Daar is 'n sagte hand wat help waarokal mens beweeg, daar is liefde, genade en selfs hoop.

Soms probeer satan nog die soet uit mens se lewe druk, maar die liefde van Jesus sal altyd oorwin.

En ek kan net elke dag op my kniee gaan en dankie vir Vader sÍ vir Sy liefde en vir die soetigheid in die ou lee doppie.

Geseende dag vir almal :hug: